Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrikaner in Londen - Lente, name en so aan
Afrikaner in Londen - Lente, name en so aan [boodskap #21865] Di, 16 Maart 1999 00:00 na volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Lente is voorwaar in die lug hier in Engeland. Omtrent al die bome is aan
die bot, die kersiebome het al klaar hul confetti rondgestrooi en die groen
skynsel aan meeste bome is nie net die mos nie. Daar is nog heelwat bome
wat met sulke kaal knopperige artritis-vingers aan die wolke krap maar selfs
hulle sal ook een van die dae die sagte groen van nuwe blare hê. Ja, daar
is wolke (natuurlik - dis dan Engeland!) maar die laaste paar dae was al
lekker warm, sonder reën en geen wind. Die Noorde van Engeland en die
Skotte het lekker slegte weer gehad - lyk my Yorkshire het omtrent
weggespoel verlede week.

Toe ek Sondag opstaan sien ek die weer is goed en ek besluit om die kans
waar te neem. Ek ry toe so 'n lang draai na die Suidweste toe. My keerpunt
was Dorchester. Al langs die A30 af. Die pad was (snaaks genoeg) oop,
Julio Eglesias/Sting/Dire Straits/Cars en kie het sulke lekker
voet-innie-hoek musiek verskaf. Wat 'n interessante pad is die A30 nie!
Vol geskiedkundige plekke. Jy ry as't ware die geskiedenis in soos jy hom
van Londen af aanvoor. Runnymede (die Magna Carta), Windsor Castle,
Sandhurst, Winchester, Salisbury met sy ou dorp Sarum, Stonehenge, Wardour
kasteel en Plymouth (sien ek in die atlas) lê op of baie naby aan die A30 en
dek 'n stuk geskiedenis wat strek vanaf die laaste Ystydperk tot vandag toe.
Oral sien 'n mens afdraaie na so-en-so se fort/kasteel/circle/markdorpie
ens. Daar is letterlik dosyne van die 'circles' wat almal omtrent uit die
laat steentydperk kom. Ek het selfs 'n teken gesien waar jy na 'n dinosorus
kan gaan kyk (lewendig? ;-) ). Dorchester is 'n ou Romeinse nedersetting
(so-by-so is Londen, Salisbury/Sarum en Winchester natuurlik ook!).
Salisbury se katedraal en Stonehenge het ek met 'n vorige geleentheid
betrag, maar daar was ander dinge wat my op die helder Sondag (en sondag) na
buite getrek het. By Cerne het iemand 'n figuur (die 'Cerne giant') teen 'n
nabygeleë koppie uitgelê en by Fovant het 'n klomp regimente hul wapens ook
teen die koppie uitgewerk, maar nie sommer net met klippe gepak nie, hulle
het verskillende soorte heinings geplant wat mooi netjies geknip word en die
effek is nogal goed. Ek het ook so 'n anderhalfuur in die New Forest
rondgestap. Aai, so baie beelde/ervarings/gewaarwordinge, en my vingers kan
nie vertel wat ek hier binne ervaar het nie!

Iets wat my opgeval het gedurende die rit was die somtyds eienaardige name
van die plekke, ek bedoel, die Engelse plekname is snaaks, maar hierdie
name... Party name het 'n so anatomiese klank/liggaamsfunksie: Puddletown,
Tolpuddle, Piddlehinton, Piddletrenthide, Alton Pancras, Affpuddle,
Tincleton, Turners Puddle, Briantspuddle, Piddlerivier lê almal so binne 10
myl van mekaar af. Ander herinner weer baie aan die Romeinse en latere
kerk- (Latynse) invloed: Toller Porcorum, Minterne Magna, Minterne Parva,
Milton Abbas, Bere Regis, Teffont Magna en so tussendeur kry jy Franse
(Normandiese?) name ook. Daar's 'n paar wat ek nou so agterna in die atlas
ook raakgesien het (in dieselfde omgewing) wat so 'ekonomies' klink:
Sixpenny Handley, Cashmoor (seker 'n paar Skotte daar ingetrek). Die
snaakse name herinner my aan van die plaasname wat ek al in SA raakgeloop
het: Koppies, en so 'n entjie verder Pierings, Losmytjerrie (wat 'n storie
kan 'n mens nie hieruit optower nie!) en natuurlik die ou staatmakers
Pramkoppies en Tietiesbaai. Kry 'n mens hierdie soort ding in ander lande
ook?

Nou ja, groete vir Sproete en gee die windhond wind...
Dries
Re: Afrikaner in Londen - Lente, name en so aan [boodskap #21906 is 'n antwoord op boodskap #21865] Do, 18 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 18 Mar 1999 12:56:51 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:

|On Wed, 17 Mar 1999 15:30:46 GMT, e...@dot.com (Johan (In oortje
|gehapt!)) wrote:
|
|betrokkenheid van een of ander aard.>>
|
|Chester Williams???!!!

Ja jy sien, al die tyd noem julle hom 'n kleurling en nou kom dit uit: hy is 'n
latino...
Re: Afrikaner in Londen - Lente, name en so aan [boodskap #21907 is 'n antwoord op boodskap #21865] Do, 18 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 17 Mar 1999 15:30:46 GMT, e...@dot.com (Johan (In oortje
gehapt!)) wrote:

betrokkenheid van een of ander aard.>>[/color]

Chester Williams???!!!
Vorige onderwerp: mnr. President Nelson Maldena
Volgende onderwerp: Re: Leipoldt praat oor Paul Kruger
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 04:56:47 MGT 2024