Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Re: gedigte 'Dis Al' en 'Die Soutpan'
Re: gedigte 'Dis Al' en 'Die Soutpan' [boodskap #21859] Di, 16 Maart 1999 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Moosebumps" writes: >

>> -"Op Hartebeesfontein"
>> -"Dis Al" en "Martjie" deur Jan F.E. Celliers
>> -"Vliegie" en "Die Soutpan" deur Leipoldt
>> Groete uit Vlaanderen.
>
> DIS AL deur Jan F.E. Celliers
>
> Dis die blond,

> DIE SOUTPAN deur Leipoldt
>
> Kaal is die ou sandwêreld hier, en kaal

OK, Moosebumps, wie van ek of jy gaan
"Martjie" intik? Dis vreeslik lank.
Wens iemand met 'n scanner kan dit
doen. In ons taamlik ouerige edisie
van die Groot Verseboek het ons nie
"Vliegie" en "Op Hartebeesfontein"
nie, dus kan ek nie daarmee help
nie. Ek wou net "Martjie" begin
intik, toe sien ek jou pos. In die
Groot Verseboek staan onder die titel
"Martjie" die woorde " 'n Fragment."
Was die oorspronklike gedig langer
en is wat ek het net 'n fragment? Ek
kan nie onthou of daar meer was nie.
Ek het dit te lank terug bestudeer.

Hoekom noem jy jou Moosebumps? Bly
jy dalk in Noord-Amerika? Het jy al
"Moose droppings" ge-eet? Yummy.

Gloudina in Moose Country,
Re: gedigte 'Dis Al' en 'Die Soutpan' [boodskap #21860 is 'n antwoord op boodskap #21859] Di, 16 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 16 Mar 1999 18:05:36 GMT, wrote:
| jy dalk in Noord-Amerika? Het jy al
| "Moose droppings" ge-eet? Yummy.
|
| Gloudina in Moose Country,
|
Nee o hel, nou dink ek weer nie ek moet jou probeer besoek nie! Netnou eet ek
snaakse goed daar in Otawwa!

Maar nou ja, in Wisconsin wou my vrou Cow Pats koop....

Ek sal vanaand kyk of ek Martjie by die huis het - ek het 'n scanner by die werk
en dalk kan dit net werk - ek weet nie hoe akuraat die OCR sagteware is nie - Ek
sal sê as ek nie regkom nie...
Re: gedigte 'Dis Al' en 'Die Soutpan' [boodskap #21861 is 'n antwoord op boodskap #21859] Di, 16 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Moosebumps  is tans af-lyn  Moosebumps
Boodskappe: 1
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Junior Lid
Inga van Meerbergen-Verreet wrote in
article ...
> Is daar dalk iemand in hierdie nuusgroep wat vir my die teks van die
> volgende gedigte kan stuur? Ek het dit dringend nodig vir die Unisa kursus
> Afrikaans. Die gedigte behoort in die Groot Verseboek te staan.
> -"Op Hartebeesfontein"
> -"Dis Al" en "Martjie" deur Jan F.E. Celliers
> -"Vliegie" en "Die Soutpan" deur Leipoldt
> Groete uit Vlaanderen.

DIS AL deur Jan F.E. Celliers

Dis die blond,
dis die blou:
dis die veld,
dis die lug;
en 'n voël draai bowe in eensame vlug -
dis al.

Dis 'n balling gekom
oor die oseaan,
dis 'n graf in die gras,
dis 'n vallende traan -
dis al.

DIE SOUTPAN deur Leipoldt

Kaal is die ou sandwêreld hier, en kaal
Die see daar buite waar die branders breek -
'n Strand vol klippies en 'n pol'tjie kweek
Van ruigtegras, nou nie meer groen, maar vaal.
Hier praat die veld 'n onverstaanb're taal;
Hier maak die son die blou soutwater bleek,
Totdat hy saans vermoeid sy kop versteek
Agter die duine, waar sy glans verdwaal.
Hier staan die soutkors sonder vou of plooi,
Glad, silwerwit, en met 'n goudgeel lys
Van modder en klei - hier dun en daar nog dig.
So arm die wêreld hier, en tog so mooi -
Stil, soos 'n oumens amper oor sy reis
En met die Dood se skadu op sy gesig.

:-)

Moosebumps
Re: gedigte 'Dis Al' en 'Die Soutpan' [boodskap #21898 is 'n antwoord op boodskap #21859] Do, 18 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan (In oortje gehapt!)) writes:

> | Ek is seker dat mense daar in Minnesota
> | klein pakkies lekkers verkoop met die
> | naam "Moose droppings" daarop. Die buite-
> | kant is of sjokolade wat dit bruin maak,
> | of yogourt en wit sjokolade wat dit wit
> | maak.
> |
> Ek sal bietjie my oë oophou, maar ek het dit nog nie hier gesien nie. Wat my pla
> is dat jy net die buitekant van die lekkers beskryf ! Afgryse: wat vind jy
> binne-in????
>
>
> So terloops, het julle moose daar naby julle - ek het nog nooit een in lewende
> lywe gesien nie.

Ek dink daar is moose in meeste dig-
beboste Kanadese woude. So nou en dan
ry iemand met 'n kar in een vas wat
op die teerpad loop. Dis hoekom mens
die padteken " deer crossing" ernstig
moet opneem.

Gloudina
Re: gedigte 'Dis Al' en 'Die Soutpan' [boodskap #21899 is 'n antwoord op boodskap #21859] Do, 18 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 18 Mar 1999 04:14:47 GMT, wrote:
|
| Ek dink daar is moose in meeste dig-
| beboste Kanadese woude. So nou en dan
| ry iemand met 'n kar in een vas wat
| op die teerpad loop. Dis hoekom mens
| die padteken " deer crossing" ernstig
| moet opneem.
|
Ek verstaan die vasry in takbokke het een of ander groot invloed in die ontwerp
van die Volvo motors?!
Vorige onderwerp: "Dis Al" deur JAN F. E. CELLIERS
Volgende onderwerp: "Toemaar die donker man"
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 07:00:23 MGT 2024