Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Alan Boesak
Alan Boesak [boodskap #21856] Di, 16 Maart 1999 00:00 na volgende boodskap
bent lislerud  is tans af-lyn  bent lislerud
Boodskappe: 15
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Junior Lid
Ek is `n burger van Noorweë, en tussen 1980 toe 1990 het ons höer viel van
die anti-apartheid held ;Alan Boesak. Maar ek het nie meer gehöer nie. Kan
julle meedeel wat hy maak vandag.

ekskuus my spelling

Benedikt
Re: Alan Boesak [boodskap #21857 is 'n antwoord op boodskap #21856] Di, 16 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"bent lislerud" wrote:
> Ek is `n burger van Noorweë, en tussen 1980 toe 1990 het ons höer viel van
> die anti-apartheid held ;Alan Boesak. Maar ek het nie meer gehöer nie. Kan
> julle meedeel wat hy maak vandag.

Hy verdedig homeself voor die Kaapse hoërhof. Denemarke se Danish Aid of so
iemand het glo gekla dat hy nie wou/kon verduidelik wat hy gemaak het met al
die geld wat hulle hom gegee het vir die armes en onderdruktes nie.

Die hofsaak kos blykbaar al veel meer as die bedrag geld wat verdwyn het, en
dis nog nie klaar nie.

>
> ekskuus my spelling
>

Gladnie - dis baie kreatief :-)

Groete, Leendert
Re: Alan Boesak [boodskap #21870 is 'n antwoord op boodskap #21856] Wo, 17 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
brya...  is tans af-lyn  brya...
Boodskappe: 52
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
On Wed, 17 Mar 1999 19:35:06 GMT, brya...@KAAPemail.com (Bryan1810) wrote:
>
> Hy moet nog gevonnis word. Van die ongeveer R1.1miljoen wat die
> amerikaanse sanger Paul Simon aan Boesak se liefdadigheidsorganisasie
> geskenk het, het ou Allan R259 000 vir hom en sy vrou gehou. Hy het
> 'n totaal van R1.3 miljoen verduister. Meeste van die geld is gebruik
> om die koop van sy huis in Constantia te finansier en natuurlik om sy
> vrou Elna se inkopies uit te sorteer. Dit moet nogal baie verg om
> soveel geld van hawelose kinders te steel en met so 'n glimlag uit die
> hof te stap.
> (hy kwalifiseer ook darem nou as apartheidsvark of hoe? ;o))
>
> Bryan
>

Oeps.. korreksie; hy het R682 000 ontvang van Paul Simon maar het net
R423 000 aan die spesiale trust gegee wat die kinders moes help.

*===================000o=============================*
Reply via e-mail? Remove the KAAP from my e-address
Bryan's World! http://springbok.cjb.net/
My Rugby Site http://sarugby.cjb.net/
Afr-nuusgroep: http://www.oocities.org/Athens/Troy/2308/
*===================0ooo=============================*
Re: Alan Boesak [boodskap #21871 is 'n antwoord op boodskap #21856] Wo, 17 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
subie  is tans af-lyn  subie
Boodskappe: 56
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Die anti apartheid held (ha ha ha ) hier in suid afrika noem ons dit
sommer skelm hotnot is toe uiteindelik na vele miljoene van die
belasting betaler se geld skuldig bevind aan diefstal. Dit is darem
nie rede tot bekommernis nie ek is seker dit kwalifiseer hom vir
n pos as buitelandse diplomaat, hou maar die pers dop.
Re: Alan Boesak [boodskap #21872 is 'n antwoord op boodskap #21856] Wo, 17 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
brya...  is tans af-lyn  brya...
Boodskappe: 52
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
On Tue, 16 Mar 1999 22:17:39 +0100, "bent lislerud"
wrote:

> Ek is `n burger van Noorweë, en tussen 1980 toe 1990 het ons höer viel van
> die anti-apartheid held ;Alan Boesak. Maar ek het nie meer gehöer nie. Kan
> julle meedeel wat hy maak vandag.
>
> ekskuus my spelling
> Benedikt

Allan Boesak is vandag skuldig bevind aan 18(?) aanklagte van diefstal
en 5 van bedrog. Sy bestuurder/rekenmeester, Freddie Steenkamp, het
6 jaar tronkstraf ontvang vir die diefstal van R900 000.

Hy moet nog gevonnis word. Van die ongeveer R1.1miljoen wat die
amerikaanse sanger Paul Simon aan Boesak se liefdadigheidsorganisasie
geskenk het, het ou Allan R259 000 vir hom en sy vrou gehou. Hy het
'n totaal van R1.3 miljoen verduister. Meeste van die geld is gebruik
om die koop van sy huis in Constantia te finansier en natuurlik om sy
vrou Elna se inkopies uit te sorteer. Dit moet nogal baie verg om
soveel geld van hawelose kinders te steel en met so 'n glimlag uit die
hof te stap.
(hy kwalifiseer ook darem nou as apartheidsvark of hoe? ;o))

Bryan

*===================000o=============================*
Reply via e-mail? Remove the KAAP from my e-address
Bryan's World! http://springbok.cjb.net/
My Rugby Site http://sarugby.cjb.net/
Afr-nuusgroep: http://www.oocities.org/Athens/Troy/2308/
*===================0ooo=============================*
Re: alan boesak [boodskap #21885 is 'n antwoord op boodskap #21856] Do, 18 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Van Rooyen  is tans af-lyn  Alwyn Van Rooyen
Boodskappe: 49
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Ek sal ook wees. Moenie dit terugvra nie, want dis klaar bestee.

bent lislerud wrote in message ...
> ek het geld toe die man geskenk (tussen die labour party in Noorweë), en ek
> is baie teleurgestel.
>
Re: Alan Boesak [boodskap #21886 is 'n antwoord op boodskap #21856] Do, 18 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jean-Pierre Botha  is tans af-lyn  Jean-Pierre Botha
Boodskappe: 85
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
In skrywe het su...@incnet.co.za die
volgende te sê gehad ...

> nie rede tot bekommernis nie ek is seker dit kwalifiseer hom vir
> n pos as buitelandse diplomaat, hou maar die pers dop.

Ja. Die Essybiesie het gisteraand klaar begin sê dis eintlik sy (wit)
vrou wat hom maak steel het ...

___
Johan le Riche (JLR)
Bfn.
Re: Alan Boesak [boodskap #21887 is 'n antwoord op boodskap #21856] Do, 18 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan (In oortje gehapt!)) writes:


> Binnekort sal die vorige regime natuurlik ook al die skuld kry - dis after all
> die NG Kerk wat hom uit die gutter gehaal het en vir
al sy studies betaal het...

Oppas wat jy sê, ou Johan. Hy is 'n seun
van Kakamas. Dis nie 'n gutter nie.
En hy het daarop gestaan om sy studies in
Nederland te voltooi, ten spyte van die
feit dat hulle nie gedink het dat hy
"genoeg" Hebreeus ken nie.

Alan Boesak het maar net dieselfde pad
gevolg as honderde en honderde apartheids-
varke wat ander vir hulle eie gewin besteel
het. Soos sommige van die I.O.C. lede
onlangs, soos die administrasie van die
European Union in die laaste week. What
is new? Soos 'n hele klomp charities
hier in Noord Amerika.

Gloudina
Re: Alan Boesak [boodskap #21888 is 'n antwoord op boodskap #21856] Do, 18 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 16 Mar 1999 23:36:51 GMT, oos...@geocities.com wrote:

die geld wat hulle hom gegee het vir die armes en onderdruktes nie.>>[/color]

...en eersdaags gaan hy waarskynlik possakke maak.
Re: Alan Boesak [boodskap #21889 is 'n antwoord op boodskap #21856] Do, 18 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message

> Priesters,
> Rooms Katolieke priesters en Anglikaanse
> priesters, het 'n goeie rekord in Suid-
> Afrika van doen,wat die Bybel hulle vra
> om te doen.
>
> Gloudina

Liewe Gloudina. Ons het egter reeds gesien dat jou idee van wat in die Bybel
staan, erg selektief is, nie waar nie?

Jou voorliefde vir kerke met 'n episkopaalse bediening lyk vir my dus meer
op estetiese voorkeure gegrond as op skrifgegronde kritiek.
Re: Alan Boesak [boodskap #21890 is 'n antwoord op boodskap #21856] Do, 18 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"bent lislerud" writes:

> Dankie vir die antwoord. `n Priester !!!!

Nee, nee. Nie 'n "priester" nie. Maar 'n
predikant in die Nederduits Gereformeerde
Kerk - wat nie 'n goeie rekord het van
preek wat in die Bybel staan nie. Priesters,
Rooms Katolieke priesters en Anglikaanse
priesters, het 'n goeie rekord in Suid-
Afrika van doen,wat die Bybel hulle vra
om te doen.

Gloudina
Re: Alan Boesak [boodskap #21891 is 'n antwoord op boodskap #21856] Do, 18 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 18 Mar 1999 10:24:14 +0200, j...@gmx.net (JLR) wrote:
|
|Ja. Die Essybiesie het gisteraand klaar begin sê dis eintlik sy (wit)
|vrou wat hom maak steel het ...
|
Binnekort sal die vorige regime natuurlik ook al die skuld kry - dis after all
die NG Kerk wat hom uit die gutter gehaal het en vir al sy studies betaal het...
Re: Alan Boesak [boodskap #21892 is 'n antwoord op boodskap #21856] Do, 18 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "bent lislerud" writes:
>
>> Dankie vir die antwoord. `n Priester !!!!
>
> Nee, nee. Nie 'n "priester" nie. Maar 'n
> predikant in die Nederduits Gereformeerde
> Kerk - wat nie 'n goeie rekord het van
> preek wat in die Bybel staan nie.

Ja, hy het nie. Hy's in Nederland opgelei, sine!

> Priesters,
> Rooms Katolieke priesters en Anglikaanse
> priesters, het 'n goeie rekord in Suid-
> Afrika van doen,wat die Bybel hulle vra
> om te doen.
>
> Gloudina
>
Re: Alan Boesak [boodskap #21893 is 'n antwoord op boodskap #21856] Do, 18 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes: >

>> Priesters,
>> Rooms Katolieke priesters en Anglikaanse
>> priesters, het 'n goeie rekord in Suid-
>> Afrika van doen,wat die Bybel hulle vra
>> om te doen.
>>
>> Gloudina
>
>
> Liewe Gloudina. Ons het egter reeds gesien dat jou idee van wat in die Bybel
> staan, erg selektief is, nie waar nie?
>
> Jou voorliefde vir kerke met 'n episkopaalse bediening lyk vir my dus meer
> op estetiese voorkeure gegrond as op skrifgegronde kritiek.

Ek het geen voorliefde vir enige "kerk"
op die oomblik nie. Maar in SA gedurende
die apartheidsjare het die Rooms Katolieke
Biskop van Durban aanhoudend weerstand
probeer bied teen die ergste vergrype wat
in SA deur die "regering" gepleeg is. En
Trevor Huddleston was Anglikaans. Daar,
ou Leendert, was nou 'n ikoon wat die
apartheidsvarke geskep het and which came
back to haunt them.

En sê my, was die besluit van die Kerkbode
dat apartheid skrifgegrond is, nou iets
om oor trots te wees? Is die NG Kerk so
vreeslik skrifgegrond? Is die NG kerk trots
op sy rekord die laaste halfeeu?

Gloudina
Re: Alan Boesak [boodskap #21894 is 'n antwoord op boodskap #21856] Do, 18 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
JLR wrote in message ...
> In skrywe het su...@incnet.co.za die
> volgende te sê gehad ...
>
>> nie rede tot bekommernis nie ek is seker dit kwalifiseer hom vir
>> n pos as buitelandse diplomaat, hou maar die pers dop.
>
> Ja. Die Essybiesie het gisteraand klaar begin sê dis eintlik sy (wit)
> vrou wat hom maak steel het ...

Ja. Boesak het in sy getuienis gesê dis Elna se dinge wat gemaak het dat hy
die geld nodig het.

So dis weer "blame the Boer".

Maar as hy dit nie gesê het nie, sou Gloudina dit gesê het.
Re: Alan Boesak [boodskap #21895 is 'n antwoord op boodskap #21856] Do, 18 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos van der Merwe[1]  is tans af-lyn  Koos van der Merwe[1]
Boodskappe: 2
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Junior Lid
On Tue, 16 Mar 1999 22:17:39 +0100, "bent lislerud"
wrote:

> Ek is `n burger van Noorweë, en tussen 1980 toe 1990 het ons höer viel van
> die anti-apartheid held ;Alan Boesak. Maar ek het nie meer gehöer nie. Kan
> julle meedeel wat hy maak vandag.

Ons verneem hy preek voortaan uit die agt oorblywende gebooie ...
(of is dit sewe?)
Re: Alan Boesak [boodskap #21896 is 'n antwoord op boodskap #21856] Do, 18 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 17 Mar 1999 20:58:23 +0200, "subie" wrote:

sommer skelm hotnot >>>[/color]

Well. Jy is 'n rassis. Hy het geld gesteel.

Ek sal nie my geld aan hom leen nie, maar sal baie, baie eerder met
hom vriende wees as met jou.
Re: Alan Boesak [boodskap #21922 is 'n antwoord op boodskap #21856] Vr, 19 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Fizzer wrote in message ...
> Hierdie Wie-Het-Wat-Wanneer-Gedoen Storie is volgens my 'n mors van tyd. Ek
> weet dalk nie soveel van wat regtig aangegaan het nie (dit was so bietjie voor
> my tyd), maar volgens my moet mense so bietjie saam werk vorentoe. Ek meen dit
> klink al amper erger as die WVK hier.
>
> Ek ken 'n paar mense in die NG kerk (ek is nie self daar nie), en meeste van
> hulle voel baie sleg oor die slegte dinge wat gebeur het in daardie tye. Die
> probleem is dat meeste mense net in die slegte dinge vaskyk.

Ek weet nie deur watter bril jy kyk nie, maar deur myne sien ek 'n
onvergenoegde ou tante in Kanada, wat die heeldag, die res van ons se
gesigte sit en smeer met goed wat in die verlede gebeur het.(terwyl sy self
agter die deur gestaan het)
Re: Alan Boesak [boodskap #21923 is 'n antwoord op boodskap #21856] Vr, 19 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> e...@dot.com (Johan (In oortje gehapt!)) writes:
>
>
>> Binnekort sal die vorige regime natuurlik ook al die skuld kry -
> dis after all
>> die NG Kerk wat hom uit die gutter gehaal het en vir
> al sy studies betaal het...
>
> Oppas wat jy sê, ou Johan. Hy is 'n seun
> van Kakamas. Dis nie 'n gutter nie.
> En hy het daarop gestaan om sy studies in
> Nederland te voltooi, ten spyte van die
> feit dat hulle nie gedink het dat hy
> "genoeg" Hebreeus ken nie.
>
> Alan Boesak het maar net dieselfde pad
> gevolg as honderde en honderde apartheids-
> varke wat ander vir hulle eie gewin besteel
> het. ens. ens.
Is dit nou al verskoning wat jy kon uitkrap, vir die motivering van sy
stelery? En nou weereens die sinnelose verwysing na die apartheidsvarke.
Die feit staan dat baie mense voor die versoeking kom: gaan ek steel of nie.
Of jy toegee, het met jou basiese opvoeding en lewenswaardes te doen: o.a.
hoe beginselvas is jy, hoeveel beteken jou geloof vir jou en tot watter mate
koppel jy dit aan jou leefwyse. Wat eintlik aan my krap: waarom misken jy
jou agtergrond so?
Re: Alan Boesak [boodskap #21924 is 'n antwoord op boodskap #21856] Vr, 19 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> e...@dot.com (Johan (In oortje gehapt!)) writes:
>
>
>> Binnekort sal die vorige regime natuurlik ook al die skuld kry -
> dis after all
>> die NG Kerk wat hom uit die gutter gehaal het en vir
> al sy studies betaal het...
>
> Oppas wat jy sê, ou Johan. Hy is 'n seun
> van Kakamas. Dis nie 'n gutter nie.
> En hy het daarop gestaan om sy studies in
> Nederland te voltooi, ten spyte van die
> feit dat hulle nie gedink het dat hy
> "genoeg" Hebreeus ken nie.
>
> Alan Boesak het maar net dieselfde pad
> gevolg as honderde en honderde apartheids-
> varke wat ander vir hulle eie gewin besteel
> het.

Terwyl jy nou wel na die apartheidsvarke verwys, waarom nie in dieselfde
asem verwys na die huidige regering nie? Of sal jy enige iets doen, behalwe
om hulle aan te val?

Skrikwekkend baie mense misbruik opsetlik hul posisies, dit is nou net wie
kan dit die beste wegsteek!

Soos sommige van die I.O.C. lede
> onlangs, soos die administrasie van die
> European Union in die laaste week. What
> is new? Soos 'n hele klomp charities
> hier in Noord Amerika.
>
> Gloudina
>
Re: Alan Boesak [boodskap #21925 is 'n antwoord op boodskap #21856] Vr, 19 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
>
> Oppas wat jy sê, ou Johan. Hy is 'n seun
> van Kakamas. Dis nie 'n gutter nie.

You could have fooled me.

Maar miskien is dit net sy boorlinge wat 'n voorliefde vir guttergedrag en
gutterpoësie het.

> En hy het daarop gestaan om sy studies in
> Nederland te voltooi, ten spyte van die
> feit dat hulle nie gedink het dat hy
> "genoeg" Hebreeus ken nie.

Ja. En hy hou nog steeds daarvan om so 'n ersatz-Nederlandse aksentjie aan
te sit, veral as hy onder druk verkeer.

(Klink soos 1930's kanseltaal.)

>
> Alan Boesak het maar net dieselfde pad
> gevolg as honderde en honderde apartheids-
> varke wat ander vir hulle eie gewin besteel
> het. Soos sommige van die I.O.C. lede
> onlangs, soos die administrasie van die
> European Union in die laaste week. What
> is new? Soos 'n hele klomp charities
> hier in Noord Amerika.

Wow! Wat is 'n apartheidsvark, Gloudina?

Jy het tevore beweer dat al die poste in swart onderwys beset is deur
apartheidsvarke. (Toe was jou definisie van "apartheidsvark" 'n witvel wat
'n pos aanvaar in swart onderwys, tot die nadeel van swartvelle. Jy was ook
mos een van hulle, nie waar nie?)

En jy het nog nie my vraag beantwoord nie:

Hoeveel apartheidsvarke was daar in swart onderwys in 1948, en hoeveel was
daar in 1994? (Of dan: Watter persentasdie van die onderwysers in swart
onderwys was swartvelle in 1948, en watter persentasie was swartvelle in
1994?)
Re: Alan Boesak [boodskap #21926 is 'n antwoord op boodskap #21856] Vr, 19 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
>
>
> Ek het geen voorliefde vir enige "kerk"
> op die oomblik nie.

Dit lyk nie asof dit jou daarvan weerhou om jou pornografiese bek aan
sommiges af te vee nie.

> Maar in SA gedurende
> die apartheidsjare het die Rooms Katolieke
> Biskop van Durban aanhoudend weerstand
> probeer bied teen die ergste vergrype wat
> in SA deur die "regering" gepleeg is.

Nogal, né!

En dan verklaar jy hom sommer tot ere-Christen. Wat het dan geword van jou
stroperige dwepery met die arme Beyers Naudé, of het hy ok maar al die jare
buite die skrif omgepreek? (En jy sal nie eers weet van die Nico Smits ens
nie.)

> En
> Trevor Huddleston was Anglikaans. Daar,
> ou Leendert, was nou 'n ikoon wat die
> apartheidsvarke geskep het and which came
> back to haunt them.

Yep. Daardie ou sot het ook 'n loopbaan gemaak uit 'n pose.

Lekker besigheid hierdie, die icon business. Maar jy en Holiwood weet dit
ook, nie waar nie?

>
> En sê my, was die besluit van die Kerkbode
> dat apartheid skrifgegrond is, nou iets
> om oor trots te wees?

'n "Besluit"? Van die Kerkbode? Jy weet iets wat ek nie weet nie.

Vertel asseblief. (Maar ek twyfel of jy sal - hierdie een het al die
kenmerke van nog een van jou koorsige hersenskimme. Die goed wat jy "ikone"
noem.)

> Is die NG Kerk so
> vreeslik skrifgegrond? Is die NG kerk trots
> op sy rekord die laaste halfeeu?

"Kerke" is nie veronderstel om trots te wees nie, Gloudina. Hulle is
veronderstel om nederig te wees.

Maar as trots by kerke 'n goeie hoedanigheid was - waarom sou die Ned Gerf
Kerk _nie_ trots wees nie?

(Hulle het tot dusver darem die teenwoordiheid van gees gehad om, ten spyte
van groot druk, nie die Boesakbeleidenis te aanvaar nie.)
Re: Alan Boesak [boodskap #21927 is 'n antwoord op boodskap #21856] Vr, 19 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Leendert,

Jy't hierdie vraag, so herinner ek my, al meer as 'n jaar terug die eerste
keer vie vir Gloudina gevra en sy't jou toe ook nie geantwoord nie. Het die
nuusgroep nou volle sirkel gekom?


>
> Hoeveel apartheidsvarke was daar in swart onderwys in 1948, en hoeveel was
> daar in 1994? (Of dan: Watter persentasdie van die onderwysers in swart
> onderwys was swartvelle in 1948, en watter persentasie was swartvelle in
> 1994?)
>
Re: Alan Boesak [boodskap #21928 is 'n antwoord op boodskap #21856] Vr, 19 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
fizzer[1]  is tans af-lyn  fizzer[1]
Boodskappe: 16
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Junior Lid
Hierdie Wie-Het-Wat-Wanneer-Gedoen Storie is volgens my 'n mors van tyd. Ek
weet dalk nie soveel van wat regtig aangegaan het nie (dit was so bietjie voor
my tyd), maar volgens my moet mense so bietjie saam werk vorentoe. Ek meen dit
klink al amper erger as die WVK hier.

Ek ken 'n paar mense in die NG kerk (ek is nie self daar nie), en meeste van
hulle voel baie sleg oor die slegte dinge wat gebeur het in daardie tye. Die
probleem is dat meeste mense net in die slegte dinge vaskyk. Ek weet ons kerk
en die NG kerke hier naby het 'n Opheffingsentrum in Walacedene ('n nabygeleë
plakkerskamp) vir die kinders gestig, waar hulle elke dag kos kry ens.

Kyk eerder na die beter goed.

Leendert van Oostrum wrote:

> @igs.net wrote in message ...
>>
>>
>> Ek het geen voorliefde vir enige "kerk"
>> op die oomblik nie.
>> Maar in SA gedurende
>> die apartheidsjare het die Rooms Katolieke
>> Biskop van Durban aanhoudend weerstand
>> probeer bied teen die ergste vergrype wat
>> in SA deur die "regering" gepleeg is.
>
>> En
>> Trevor Huddleston was Anglikaans. Daar,
>> ou Leendert, was nou 'n ikoon wat die
>> apartheidsvarke geskep het and which came
>> back to haunt them.>
>> En sê my, was die besluit van die Kerkbode
>> dat apartheid skrifgegrond is, nou iets
>> om oor trots te wees?
>> Is die NG Kerk so
>> vreeslik skrifgegrond? Is die NG kerk trots
>> op sy rekord die laaste halfeeu?
>
Re: Alan Boesak [boodskap #21937 is 'n antwoord op boodskap #21856] Sa, 20 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
Jy verdedig die ou net omdat hy aan 'n sekere kant van die politieke
spektrum gestaan het - soos die Amerikaanse Demokrate - gesonde
verstand geld glad nie - net emosionele oogklappigheid.

Johan, die ewige realis / optimis.
Re: Alan Boesak [boodskap #21938 is 'n antwoord op boodskap #21856] Sa, 20 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 18 Mar 1999 23:30:09 GMT, wrote:

| Oppas wat jy sê, ou Johan. Hy is 'n seun
| van Kakamas. Dis nie 'n gutter nie.

Watse geleenthede dink jy was daar in Kakamas vir 'n kleurling
seun....?

Johan, die ewige realis / optimis.
Re: Alan Boesak [boodskap #21939 is 'n antwoord op boodskap #21856] Sa, 20 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 18 Mar 1999 23:30:09 GMT, wrote:
| Alan Boesak het maar net dieselfde pad
| gevolg as honderde en honderde apartheids-
| varke wat ander vir hulle eie gewin besteel
| het.

Two wrongs make a right !?!?!

Johan, die ewige realis / optimis.
Re: Alan Boesak [boodskap #21961 is 'n antwoord op boodskap #21856] So, 21 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Castet  is tans af-lyn  Castet
Boodskappe: 10
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Junior Lid
On Thu, 18 Mar 1999 12:56:57 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi
Greyling) wrote:

> On Wed, 17 Mar 1999 20:58:23 +0200, "subie"
> wrote:
>
> dit
>> sommer skelm hotnot >>>
>
> Well. Jy is 'n rassis. Hy het geld gesteel.
>
> Ek sal nie my geld aan hom leen nie, maar sal baie, baie eerder met
> hom vriende wees as met jou.

Ja hier gaan ons al weer. Dit is darem fantasties hoe alles, maar
absoluut alles die skuld van apartheid en die blankes en spesifiek die
'wit' Afrikaners is.

Ek neem aan Ferdinand neem of aanstoot teen of die beskrywing van
skelm of die woord hotnot.

Ek kan Mnr ferd...@icon.co.za se beswaar teen die term 'skelm' goed
begryp want as ek na ons land se leiers luister, is Boesak is
definitief nie skelm (of skuldig) nie. Vergelyk die onderstaande
aanhalings:

Minister van Justisie, Dullah Omar:
1) Ontmoet Allan Boesak by die lughawe saam met derduisende
aanhangers.
2) "'Struggle bookkeeping' may be to blame for the charges (against
Boesak)"

President Nelson Mandela
1) Samel fondse in vir Allen Boesak se verdediging.
2) "It was 'quite clear that they (the prosecution) have not been able
to establish even a prima facie case against Boesak.'"

Mojaku Gumbi, legal adviser to Deputy President Thabo Mbeki:
1) "Exonerated Boesak when the charges against him were first made
public."

En so gaan dit aan want sou ek polities korrekte brilletjies opsit,
dan is dit ooglopend dat die boere en die Afrikaner hierdie struggle
accounting op Boesak afgedwing het, hom geforseer het in 'n hoek van
deprivasie waar die verdrukte siel net nie anders kon nie (luister jy
Gloudina?)

Die feit dat Boesak 'n geleerde teoloog en 'n gewese pastorale
bediener is moet ook bygereken word tot sy onskuld. Natuurlik was
Allen ook 'n vername en gesiene leier van die UDF in die donker jare
van die onderdrukking deur apartheid, 'n bewys van sy integriteit!

Duidelik dra apartheid die skuld vir dade waarvoor Allen Boesak
homself net nie kon help nie, en dus is hy onskuldig. Reken ook die
feite by dat daar 'n wit vrou was wat die geld uitgegee het en die
regter wat Allen Boesak skuldig bevind het moes eenvoudig vanuit die
apartheid verlede afstam anders sou Boesak by implikasie onskuldig
gevind word. Dan ook, kyk net hoe swaar het die man reeds gekry, hy
is die ambassadeurskap by die VN kwyt, en hy moes vir bykans 'n jaar
in die VSA wegkruip. Duidelik het hy reeds vir sy 'geringe'
oordeelsfoute indien enige, betaal!

Noudat Allan Boesak se onskuld bo alle twyfel bevestig is (gesien deur
my politiese korrekte brilletjies) laat dit nog die term 'Hotnot' oor.

'Skelm Hotnot' is natuurlik 'n derogatiewe term in Afrikaans wat in
onbruik geval het vanwee die sosiale onaanvaarbaarheid van die term.
Daar sou 'n saak gemaak kon word dat die term so derogatief is dat dit
wel toepaslik is op mense wat in die openbare oog bekend is en regtig
walglike dinge doen soos om geld te steel van hulpbehoewendes,
onderdruktes en hawelose honger kinders. Maar natuurlik is Allen
Boesak nie skelm nie gevolglik IS die term rassisties.

In ander tale sou die konteks waarin idiomatiese uitdrukkings (hoe
derogatief ook al) gebruik word, in ag geneem word, maar dan weer
(gesien deur my politieke korrekte brilletjies) diskwalifiseer die
taal Afrikaans (soos geuiter deur 'n blanke persoon) homself as
inherent rassisties vanwee apartheid en die gruwels van die verlede.
(Luister jy Gloudina, vul nog 'n bietjie politieke korrektheid hier in
teen apartheid aub! Dis nou jou kans!).

Aldus die volgende politieke korrekte terminologie wat 'subie' eerder
moes gebruik in plaas van 'skelm hotnot' om vir Allan Boesak te
beskryf:

"'n Voorheen verontregde slagoffer van apartheid wat deur die
omstandighede van die brutale onderdrukking deur die wrede witmense
ontneem is van die opsie om 'n 'eerlike' vegter vir die vryheidstryd
teen die onderdrukkers te wees."

(Kom aan Gloudina, doen jou ding en vul nog 'n bietjie politieke
korrektheid teen apartheid en die Afrikaner in die besonder in, ek is
nuut hier en leer maar nog.)

Voor ek vergeet, voeg ook nog agteraan die polities korrekte
beskrywing van Allen Boesak die volgende "en waardige vriend van die
polities korrektes in die 'nuwe' Suid-Afrika."

Ja-nee Ferdinand van die ikone.co.za, Allen Boesak sal 'n waardige,
opregte vriend wees en saam kan julle die euwels van apartheid, die
Afrikaner en die rassiste bekla (luister jy Gloudina, dis nou jou
oomblik van glorie, politieke korrektheid word hier vereis, val in by
die goeie burgers aub!)

En as ek my polities korrekte brilletjies afhaal sou ek graag wil sê
dat geen vriend van die edele Allen Boesak, 'n vriend van my is nie.

En laastens, wil ek met die lesers hiervan 'n 'side bet' aangaan,
naamlik dat Gloudina nie die gulde geleentheid om op hierdie skrywe te
reageer sal mis nie veral omdat sy dan Apartheid, die gruwels van die
verlede en die Afrikaner van nuuts af kan verinneweer.

En vanaf hierdie 'No Friend Of Boesak' sê ek tjeers!
Re: Alan Boesak [boodskap #21975 is 'n antwoord op boodskap #21856] Ma, 22 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Dries Venter" writes:

> Leendert,
>
> Jy't hierdie vraag, so herinner ek my, al meer as 'n jaar terug die eerste
> keer vie vir Gloudina gevra en sy't jou toe ook nie geantwoord nie. Het die
> nuusgroep nou volle sirkel gekom?
>
>
>>
>> Hoeveel apartheidsvarke was daar in swart onderwys in 1948, en hoeveel was
>> daar in 1994? (Of dan: Watter persentasdie van die onderwysers in swart
>> onderwys was swartvelle in 1948, en watter persentasie was swartvelle in
>> 1994?)

Ek praat gewoonlik nie met liggewig-
tjommies wat niks beter het as om oor
my te sit en praat nie. Ek verag ook
whities wat van "swartvelle" praat.
Maar, ou Dries, kan ek weer herhaal:
Ek was in 'n swart skool. Ek het 'n
swart prinsipaal gehad. Toe begin
"Bantoe-Onderwys" oorneem. Toe skielik
waai my swart prinsipaal en sit ek met
'n wit prinsipaal, en aan die hoof van
die hele Adams College sit Mr. van
Heerden, die president, wat sy job gekry
het omdat hy vir die Verwoerds gebabysit
het. So hoe's daai vir "aparte ontwikkel-
ing" vir jou? Die enigste ding wat hy
reggekry het voordat hy weer verkas het
om 'n meer betalende job in die wit
wereld te gaan neem, was om wit en swart
aan aparte kante van die saal te laat
staan vir oggendgodsdiens. (Voor die tyd
het mans aan die eenkant van die saal
gestaan, vrouens aan die anderkant.)

Gloudina
Re: Alan Boesak [boodskap #21980 is 'n antwoord op boodskap #21856] Ma, 22 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Dit kan wees dat dit dieselfde vraag was.

Gloudina antwoord nie vrae oor haar vooroordele nie.

Groete, Leendert

Dries Venter wrote in message ...
> Leendert,
>
> Jy't hierdie vraag, so herinner ek my, al meer as 'n jaar terug die eerste
> keer vie vir Gloudina gevra en sy't jou toe ook nie geantwoord nie. Het die
> nuusgroep nou volle sirkel gekom?
>
>
>>
>> Hoeveel apartheidsvarke was daar in swart onderwys in 1948, en hoeveel was
>> daar in 1994? (Of dan: Watter persentasdie van die onderwysers in swart
>> onderwys was swartvelle in 1948, en watter persentasie was swartvelle in
>> 1994?)
>>
>
Re: Alan Boesak [boodskap #22015 is 'n antwoord op boodskap #21856] Di, 23 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Haai Ferdi,

Dit gaan nou oor konteks en so aan:

Dink jy die term "witvel" is rassisties?

Groete, Leendert

In article ,
ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:
> On Sun, 21 Mar 1999 16:35:49 GMT, cas...@act.co.za (Casper) wrote:
>
> > wel toepaslik is op mense wat in die openbare oog bekend is en regtig
>> walglike dinge doen soos om geld te steel van hulpbehoewendes,
>> onderdruktes en hawelose honger kinders. Maar natuurlik is Allen
>> Boesak nie skelm nie gevolglik IS die term rassisties.>>
>
> Die term is rassisties en enigiemand wat dit beledigend gebruik is n
> rassis.
>
> Die res is selfregverdigende warra warra.
>
>

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Alan Boesak [boodskap #22017 is 'n antwoord op boodskap #21961] Di, 23 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 21 Mar 1999 16:35:49 GMT, cas...@act.co.za (Casper) wrote:

wel toepaslik is op mense wat in die openbare oog bekend is en regtig[/color]
> walglike dinge doen soos om geld te steel van hulpbehoewendes,
> onderdruktes en hawelose honger kinders. Maar natuurlik is Allen
> Boesak nie skelm nie gevolglik IS die term rassisties.>>

Die term is rassisties en enigiemand wat dit beledigend gebruik is n
rassis.

Die res is selfregverdigende warra warra.
Vorige onderwerp: Re: Die lekker lewe elders- was: Identiteitsoorlog
Volgende onderwerp: Watse, wie se Afrikaners?: Brief in Die Burger: Brink, Breytenbach, Coetzee, van Zyl Slabbert
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 06:03:44 MGT 2024