Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die antwoord is aanpasbaarheid ..
Die antwoord is aanpasbaarheid .. [boodskap #21864] Di, 16 Maart 1999 00:00
Camilion  is tans af-lyn  Camilion
Boodskappe: 5
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Junior Lid
Afrikaans en die Afrikaner staar tans baie probleme in die gesig , en dit
is nou maar eenmaal so dat aanpasbaarheid noodsaaklik is vir Afrikaans sowel
as Afrikaners om te oorleef en sy voortbestaan te verseker .

Die enigste manier om Afrikaans se voortbestaan te verseker, is deur dit te
laat groei en ontwikkeling toe te laat deur middel van aanpasbaarheid .

En dan moet ons nog kyk hoe ons as Afrikaners in die buite wêreld as
muishonde bestempel word en volgens hulle ons verdiende loon gekry het .

Dan word daar ook nog die vraag gevra "Is Afrikaans die moeite werd om
gered te word?" Die natuurlike en logiese antwoord is , ja dit is . Maar
ons moet dit doen vir die regte rede en nie omdat daar sekere persone is wat
voel hulle moet Afrikaans red sodat dit gebruik kan word om teen die nuwe
bedeling te velde te trek nie .

Dit is wel so dat verswelging versnel word deur die integrasie van skole,
hospitale universiteite en welsynsdienste . ons moet ook misdaad , etniese
konflik , verstedeliking , instroming uit Afrika , politieke onstabiliteit
en regstellende aksie in die oë kyk . Ons moet aan onsself asook die res van
die wêreld bewys dat die Afrikaner nie met sy broek om sy knieë gevang sal
word nie , maar hoe ?

Die antwoord is aanpasbaarheid en daar is die pioniers tussen ons wat aan
die ander moet bewys dat die droom uitvoerbaar is . Ons sal moet begin bou
terwyl ander nog sal sit en kyk of dit sal werk .

Om aan te pas is inderdaad wat gedoen moet word . Ons sal moet ophou
neersien op ons broers wat Afrikaans met 'n Kaapse aksent praat , wat djy en
djou maar in hul harte ons passie deel ,
ons mede broers wat na takhare lyk , maar hulle net in my en jou moedertaal
kan uitdruk

Het u geweet dat daar passievolle Afrikaners is wat neusringe dra ,nie aan
die NG-kerk behoort nie en in krokke rond ry ; dat hul kinders eendag in
Afrikaanse skole wil skool gaan en dat Engelse woorde wat hul taal so
deurvlek nie van hulle Rooinekke maak nie.

Hierdie mense is die mense wat moet weet hulle is ons mede Afrikaners en dat
hulle welkom is om hulle uit te druk in ons pragtige , buigbare en
aanpasbare taal .

Hou op om Afrikaans perfek te hou , maar verklaar Afrikaans eerder oop tot
verandering sodat almal welkom en tuis sal voel , maar ook sodat ons taal
kan ontwikkel en groei .

Onthou net , of dit nou Afrikaans van Langa of Waterkloof is, van Dimbaza of
die Vetkoekpaleis , in sy wese bly dit Afrikaans , my en jou moedertaal .

Kom ons kyk op na hierdie moderne sprekers en erken hulle as taalverykers en
die opbouers van ons moedertaal . Kom ons erken Afrikaans as ons nommer een
peoriteit en vergeet vir 'n oomblik van ander goed soos status ,geld en
aansien .

Kom ons vergeet van die " Winternag " Afrikaans waar druppelsdou verbleek in
die kou en erken gedigte soos die van Annetjie Krog waar sy die volgende
skryf MA EK SKRYF VIR JOU 'N PLATVOET GEDIG SONDER FANSIE LEESTEKENS .
In woorde klink dit tog plein of miskien selfs common maar in mening sal dit
enige ma se hart verryk.

Dit is tog hoe ons taal nog altyd was , beskrywend , ryk en uitdrukkingsvol
. En alhoewel dit vir sommiges verbasend mag klink kan ons , ons taal so hou
al beteken dit ons moet aanpassings maak .
Onthou net Pendoring se treffende slagspreuk NIKS SE DIT SOOS AFRIKAANS NIE
!!!!

Juan van Zyl cham...@bigfoot.com
George Campbell Tegniese Hoerskool
Durban
Vorige onderwerp: "Die Soutpan" deur C. LOUIS LEIPOLDT
Volgende onderwerp: mnr. President Nelson Maldena
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jun 28 08:18:52 MGT 2024