Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "dis gevaarlik" deur FANIE OLIVIER
"dis gevaarlik" deur FANIE OLIVIER [boodskap #10600] Vr, 05 September 1997 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
dis gevaarlik
fanie olivier

dis gevaarlik om alleen te reis
deur die kongo deur kanada
selfs deur die herfserige kro.
die alleenreisiger stel hom bloot
aan bedelaars wat dreigend vra
losborsmeisies wat vraend eis
of aan die helder geel en rooi
die aandruik naby richmond na
'n onverdiende laatjaarreën.
die hele karoo is oortulp van vreugde
pers en groen teen die koppies gestrooi.
soveel gedigte gaan verlore verlore
in die koue mis uit die vol weirs
die populiere wat afdryf in moddervore
'n wit lam wat teen die donker huil
en mense bruin en harde mense wat agter
dik klipmure en die oopgevoude bybel skuil
hier stóók 'n mens nog in die winter vuur
as jy wil bad. voëls vlieg : hulle spel
jou naam, jou noemnaam want die regte een
is langer en hulle is so min en moeg.
hoe lank kan so 'n hartséér duur?:
tulpe is giftig die lusern laat die beeste swel
soveel gedigte gaan verlore ingeploeg
deur die dink die veërs wat spook teen die reën.
dis gevaarlik om alleen te reis
o, dis gevaarlik om alleen te reis.
Re: "dis gevaarlik" deur FANIE OLIVIER [boodskap #10643 is 'n antwoord op boodskap #10600] Ma, 08 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Len Haasbroek  is tans af-lyn  Len Haasbroek
Boodskappe: 17
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Junior Lid
@igs.net wrote:

Klink my mos soos moderne digkuns, maar wag, ek is mos self 'n digter
van formaat,
veral as ek dink ek kan dit beter doen... HOU VAS!!!
>
> dis gevaarlik
> fanie olivier
>
dis gevaarlik om alleen te reis
deur die kongo deur kanada
selfs deur die herfserige kro.
die alleenreisiger stel hom bloot
aan bedelaars wat dreigend vra
losborsmeisies wat vraend eis
of aan die helder geel en rooi
die aandruik naby richmond na
'n onverdiende laatjaarreën.
die hele karoo is oortulp van vreugde
pers en groen teen die koppies gestrooi.
soveel gedigte gaan verlore verlore
in die koue mis uit die vol weirs
die populiere wat afdryf in moddervore
'n wit lam wat teen die donker huil
en mense bruin en harde mense wat agter
dik klipmure en die oopgevoude bybel skuil
hier stóók 'n mens nog in die winter vuur
as jy wil bad. voëls vlieg : hulle spel
jou naam, jou noemnaam want die regte een
is langer en hulle is so min en moeg.
hoe lank kan so 'n hartséér duur?:
tulpe is giftig die lusern laat die beeste swel
soveel gedigte gaan verlore ingeploeg
deur die dink die veërs wat spook teen die reën.
dis gevaarlik om alleen te reis
o, dis gevaarlik om alleen te reis.
ek sit en dink, soms dink ek nie
ek sit en drink, soms drink en nie
ek reis, soms reis ek nie.
eensaam, sit 'n muishond op 'n klip
die mis hang oor die teerpad,
waar, o, waar is my padkaart ?
ek slaap oor in 'n herberg
skril lag die vrouens, mans vloek
dis gevaarlik om alleen te reis
goudgeel breek die dag, 'n ontwaking
spek en eiers vir ontbyt, koffie vir die lekker,
die telefoonpale flits verby, swiep... swiep.
hoe lank is die pad ?
AMA GLUG-GLUG SOSAL FOR NOW, SASOL FOREVER!

HAHA!!!!
As iemand vir my gratis verf het, sal ek selfs my hand aan moderne kuns
waag!!!!
My groot droom is om 'n 20x20m seil te verf, met so 300 liter verf,
maak dit mooi groot oop, start een van daai groot vliegtuie (miskien sal
Com Air ene vir my leen?)
se propellors op, gaan staan op die vlerk, en gooi liters en liters verf
in die wind.
Dan kan ek die kunswerk aan een of ander popsanger (met 'n uiters
moderne kunstenaars liefhebber hart)
gaan afsmeer vir sowat 10 miljoen pond, of dink julle dis selfs te
goedkoop vir 'n egte handgemaakte
Haasbroek kunswerk ?

Groetnis
Len
Re: "dis gevaarlik" deur FANIE OLIVIER [boodskap #10679 is 'n antwoord op boodskap #10600] Di, 09 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 9/8/97 1:25PM, in message , Len Haasbroek
wrote:

> As iemand vir my gratis verf het, sal ek selfs my hand aan moderne kuns
> waag!!!!
> My groot droom is om 'n 20x20m seil te verf, met so 300 liter verf,
> maak dit mooi groot oop, start een van daai groot vliegtuie (miskien sal
> Com Air ene vir my leen?)
> se propellors op, gaan staan op die vlerk, en gooi liters en liters verf
> in die wind.
> Dan kan ek die kunswerk aan een of ander popsanger (met 'n uiters
> moderne kunstenaars liefhebber hart)
> gaan afsmeer vir sowat 10 miljoen pond, of dink julle dis selfs te
> goedkoop vir 'n egte handgemaakte
> Haasbroek kunswerk ?
>
> Groetnis
> Len

Ek dink dit sou 'n wonderlike beginpunt maak ~ soort van Jackson Pollock...
Jy kan altyd sê dit konstrueer jou angs vir vlieg, veralgemeende stress van
vlug ondervind deur baie NSAers, vryheid van swerwe, sirkularieit van
propellers teenoor die vierkantige/reghoekige basis van piramidale
grondvastigheid "striving ever upwards" (words fail me), ens. Ons kan 'n hele
PR exercise doen oor die uitgestresde psyche van die Afrikaner in die 90er
jare, en slim mense sal oor die jare heen boeke skryf oor die haastige
Haasbroek se grote stryd teen die verkramptheid van die lewe.

:-) Ek hoop jy nooi my uit na hierdie kultureel-historiese gebeurtenis.

Graperig,
Vira.
Re: "dis gevaarlik" deur FANIE OLIVIER [boodskap #10680 is 'n antwoord op boodskap #10679] Di, 09 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 9/9/97 12:02PM, in message ,
"Jasper die Barbaar" wrote:

>
> Lê die kuns in die maak van die kunswerk (soos hier beskryf) of
> in die
> finale produk?
>
>
Dit hang daarvan af, wat elke individu daarvan wil hê. As jy net jou
skeppingskrag wil uiter, is water goed genoeg. Veral as jy nie verder
daaraan wil werk nie. Party kunstenaars het werke wat hulle nooit
voltooi nie. Hulle hou 'n leeftyd aan daarmee, en "groei saam met
dit". As jy dit wil verkoop, watookal jou rede daarvoor, sal jy aan
'n voorgestelde koper se eise moet voldoen. Jy sal moet besluit oor
materiale en prys, oor hoeveel ander generasies die werk moet
oorleef, ens. Elke werk het redes vir sy bestaan, al duur daardie
bestaan net 'n paar sekondes. Jy sit iets in, in die maak daarvan,
en jy kry iets daaruit. Daardie "iets" kan enige form neem.

Groete,
Vira.
Re: "dis gevaarlik" deur FANIE OLIVIER [boodskap #10681 is 'n antwoord op boodskap #10600] Di, 09 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
> PS. Gepraat van raaisels, hier is een waarmee ek al baiemaal mense tot
> raserny gedryf het:
>
> Gestel 'n trein reis van oos na wes en 'n vlieg vlieg (:)) van wes na oos.
> Die vlieg bots met die trein. Stop die vlieg?
> Ja, want hy verander van rigting. Wanneer stop die vlieg? Wanneer dit bots
> met die trein. As twee voorwerpe in kontak is en die een stop dan stop die
> ander ook. Hoekom stop die trein nie?
>
> Die antwoord is nie heeltemal voor die hand liggend nie.
>
Mmm, veral gesien in die lig van Newton se derde wet wat se:
"Vir elke aksie is daar 'n gelyke en teenoorgestelde reaksie."

Alwyn
Re: "dis gevaarlik" deur FANIE OLIVIER [boodskap #10682 is 'n antwoord op boodskap #10600] Di, 09 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Len Haasbroek writes: >

> soveel gedigte gaan verlore ingeploeg
> deur die dink die veërs wat spook teen die reën.
> dis gevaarlik om alleen te reis
> o, dis gevaarlik om alleen te reis.

> Dan kan ek die kunswerk aan een of ander popsanger (met 'n uiters
> moderne kunstenaars liefhebber hart)
> gaan afsmeer vir sowat 10 miljoen pond, of dink julle dis selfs te
> goedkoop vir 'n egte handgemaakte
> Haasbroek kunswerk ?
>
> Groetnis
> Len

Ha Len, die gees is gewillig maar
die vlees is swak. Daar is 'n verskil
tussen dink en doen. Skryf die gedigte
(en kry iemand om dit te publiseer).
Doen die verfwerk. Praat is goedkoop.
En moenie vir my kom vertel jy kan doen
wat Picasso doen nie. Hy het homself
eers bewys as goeie tradisionele skilder
(kyk na sy pink en blou periodes) en
daarom die reg gehad om ander paaie ook
te loop. Nie dat hy nie baie potboilers
ook gemaak het nie.
Re: "dis gevaarlik" deur FANIE OLIVIER [boodskap #10683 is 'n antwoord op boodskap #10679] Di, 09 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
Hallo Alwyn

Ek's bly om te sien jy's nog hier! Ons het lank laas van jou gehoor.
Dog jy's skoonveld.

Laat bietjie meer van jou hoor.

Groete,
Vira.
Re: "dis gevaarlik" deur FANIE OLIVIER [boodskap #10684 is 'n antwoord op boodskap #10600] Di, 09 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jasper die Barbaar  is tans af-lyn  Jasper die Barbaar
Boodskappe: 28
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Junior Lid
| My groot droom is om 'n 20x20m seil te verf, met so 300 liter verf,
| maak dit mooi groot oop, start een van daai groot vliegtuie (miskien sal
| Com Air ene vir my leen?)
| se propellors op, gaan staan op die vlerk, en gooi liters en liters verf
| in die wind.
| Dan kan ek die kunswerk aan een of ander popsanger (met 'n uiters
| moderne kunstenaars liefhebber hart)
| gaan afsmeer vir sowat 10 miljoen pond, of dink julle dis selfs te
| goedkoop vir 'n egte handgemaakte
| Haasbroek kunswerk ?
|
| Groetnis
| Len

Lê die kuns in die maak van die kunswerk (soos hier beskryf) of in die
finale produk?

As dit in die maak van die kunswerk lê kan ek netsowel met water verf
(nogal 'n idee ;) )
As dit in die finale produk lê dan het 'n kopie netsoveel waarde as die
oorspronklike.

Hierdie is 'n raaisel waarop ek nie die antwoord het nie.

Jasper die Barbaar

PS. Gepraat van raaisels, hier is een waarmee ek al baiemaal mense tot
raserny gedryf het:

Gestel 'n trein reis van oos na wes en 'n vlieg vlieg (:)) van wes na oos.
Die vlieg bots met die trein. Stop die vlieg?
Ja, want hy verander van rigting. Wanneer stop die vlieg? Wanneer dit bots
met die trein. As twee voorwerpe in kontak is en die een stop dan stop die
ander ook. Hoekom stop die trein nie?

Die antwoord is nie heeltemal voor die hand liggend nie.
Re: "dis gevaarlik" deur FANIE OLIVIER [boodskap #10713 is 'n antwoord op boodskap #10600] Wo, 10 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 9 Sep 1997 22:54:38 GMT, "Alwyn Nel" wrote:
<<>Mmm, veral gesien in die lig van Newton se derde wet wat se:
> "Vir elke aksie is daar 'n gelyke en teenoorgestelde reaksie.">>

Dis 'n baie ou "dilemma" of so iets. New Scientist het vroeer vanjaar
dit in sy vraag en antwoord blad gehad.
Ek dink dis iets soos - die trein stop nie, maar sy vaart verminder
wel.
Die denkfout le dan in die "mind structure" wat vereis dat iets moet
stop voor dit anderkant toe gaan.

"Stop" in verhopuding tot wat?

Die trein staan natuurlik stil in verhouding tot 'n motor wat langs
dit ry.
Re: "dis gevaarlik" deur FANIE OLIVIER [boodskap #10714 is 'n antwoord op boodskap #10600] Wo, 10 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Len Haasbroek  is tans af-lyn  Len Haasbroek
Boodskappe: 17
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Junior Lid
Koos wrote:
>
> On 9 Sep 1997 22:54:38 GMT, "Alwyn Nel" wrote:
>
> > "Vir elke aksie is daar 'n gelyke en teenoorgestelde reaksie.">>
>
> Dis 'n baie ou "dilemma" of so iets. New Scientist het vroeer vanjaar
> dit in sy vraag en antwoord blad gehad.
> Ek dink dis iets soos - die trein stop nie, maar sy vaart verminder
> wel.
> Die denkfout le dan in die "mind structure" wat vereis dat iets moet
> stop voor dit anderkant toe gaan.
>
> "Stop" in verhopuding tot wat?
>
> Die trein staan natuurlik stil in verhouding tot 'n motor wat langs
> dit ry.

Ek dink is amper dieselfde as met 'n klip ge beur wat jy in die lug
opgooi, sy spoed verander,maar sy versnelling is -10m/s^2 opwaarts en as
dit dan letterlik to 0 m/s tref (omdraaipunt) verander die snelheid na
10/m/s^2. Dus is spoed net relatief tot jou verwysings raamwerk. My
wiskunde is maar swak, maar ek dink jou spoed van die muggie verander
van 100 km vorentoe na 100 km agtertoe. Nou kan jy dit afbreek met
Delta T (vir baie klein tyd) -- meeste fisici kan mos enigiets
verduidelik met delta T en probeer bewys dat die muggie weg
stilgestaan het, maar ek dink nie dit het nie.
Of is dit nou heeltemal verkeerd ?

Miskien kan ek ook iets vra!
As jy in 'n sirkel hardloop , en jy maak die sirkel 'n elips en jy maak
die elips al hoe nouer maar jy hardloop nog steeds, hoe nou moet jy die
elips maak voordat jy "stilstaan" en terughardloop op 'n reguitlyn en
nie meer in 'n sirkel nie ?

Groetnis
Len
Re: "dis gevaarlik" deur FANIE OLIVIER [boodskap #10715 is 'n antwoord op boodskap #10600] Wo, 10 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 08 Sep 1997 13:25:29 +0200, Len Haasbroek wrote:
<<>As iemand vir my gratis verf het, sal ek selfs my hand aan moderne kuns
> waag!!!!>>>

Ek is seker jy sal.
Re: "dis gevaarlik" deur FANIE OLIVIER [boodskap #10716 is 'n antwoord op boodskap #10679] Wo, 10 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Len Haasbroek  is tans af-lyn  Len Haasbroek
Boodskappe: 17
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Junior Lid
V wrote:
X>
X> On 9/8/97 1:25PM, in message , Len Haasbroek
X> wrote:
X>
X> > As iemand vir my gratis verf het, sal ek selfs my hand aan moderne kuns
X> > waag!!!!
X> > My groot droom is om 'n 20x20m seil te verf, met so 300 liter verf,
X> > maak dit mooi groot oop, start een van daai groot vliegtuie (miskien sal
X> > Com Air ene vir my leen?)
X> > se propellors op, gaan staan op die vlerk, en gooi liters en liters verf
X> > in die wind.
X> > Dan kan ek die kunswerk aan een of ander popsanger (met 'n uiters
X> > moderne kunstenaars liefhebber hart)
X> > gaan afsmeer vir sowat 10 miljoen pond, of dink julle dis selfs te
X> > goedkoop vir 'n egte handgemaakte
X> > Haasbroek kunswerk ?
X> >
X> > Groetnis
X> > Len
X>
X> Ek dink dit sou 'n wonderlike beginpunt maak ~ soort van Jackson Pollock...
X> Jy kan altyd sê dit konstrueer jou angs vir vlieg, veralgemeende stress van
X> vlug ondervind deur baie NSAers, vryheid van swerwe, sirkularieit van
X> propellers teenoor die vierkantige/reghoekige basis van piramidale
X> grondvastigheid "striving ever upwards" (words fail me), ens. Ons kan 'n hele
X> PR exercise doen oor die uitgestresde psyche van die Afrikaner in die 90er
X> jare, en slim mense sal oor die jare heen boeke skryf oor die haastige
X> Haasbroek se grote stryd teen die verkramptheid van die lewe.
X>
X> :-) Ek hoop jy nooi my uit na hierdie kultureel-historiese gebeurtenis.

Vira,
In die Nuwe SA sal ek met die idee 'n franshize begin!
ps : Jy is welkom by my gala-aand vir aspirant moderne kunstenaars :)
Groete
Len

>
> Graperig,
> Vira.
Re: "dis gevaarlik" deur FANIE OLIVIER [boodskap #10738 is 'n antwoord op boodskap #10600] Do, 11 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 10 Sep 1997 16:35:37 +0200, Len Haasbroek wrote:
<<>Miskien kan ek ook iets vra!
> As jy in 'n sirkel hardloop , en jy maak die sirkel 'n elips en jy maak
> die elips al hoe nouer maar jy hardloop nog steeds, hoe nou moet jy die
> elips maak voordat jy "stilstaan" en terughardloop op 'n reguitlyn en
> nie meer in 'n sirkel nie ?>>>

Fuck me Charlie!!!

Miskien moet ons vir Percy Montgomery vra, ek dink hy het dit 'n paar
keer vanjaar al gedoen!
Re: "dis gevaarlik" deur FANIE OLIVIER [boodskap #10755 is 'n antwoord op boodskap #10600] Vr, 12 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Knormoer[1]  is tans af-lyn  Knormoer[1]
Boodskappe: 16
Geregistreer: Julie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Alwyn Nel wrote in article
...
>
>
>> PS. Gepraat van raaisels, hier is een waarmee ek al baiemaal mense tot
>> raserny gedryf het:
>>
>> Gestel 'n trein reis van oos na wes en 'n vlieg vlieg (:)) van wes na oos.
>> Die vlieg bots met die trein. Stop die vlieg?
>> Ja, want hy verander van rigting. Wanneer stop die vlieg? Wanneer dit bots
>> met die trein. As twee voorwerpe in kontak is en die een stop dan stop die
>> ander ook. Hoekom stop die trein nie?
>>
>> Die antwoord is nie heeltemal voor die hand liggend nie.
>>
> Mmm, veral gesien in die lig van Newton se derde wet wat se:
> "Vir elke aksie is daar 'n gelyke en teenoorgestelde reaksie."
>
> Alwyn
>

Die wet op behoud van momentum is eintlik waarna jy op soek is.
momentum (p) = massa (m) x snelheid (v)
Momentum bly behoue en daarom moet die momentum voor die botsing gelyk wees
aan die momentum na die botsing.

Kies van oos na wes as positiewe bewegingsrigting (wes na oos sal dan
negatief wees)

momentum voor botsing = momentum na botsing
p1 (trein) - p2 (vlieg) = p3 (vlieg + trein, wat nou saam beweeg)
(massa van trein x spoed van trein) - (massa van vlieg x spoed van vlieg) =
(massa van trein en vlieg) x (spoed van trein en vlieg,wat nou saam beweeg)

Uit die vergelyking kan mens sien dat p1 BAIE BAIE BAIE groter as p2 gaan
wees, weens die MOERSE massaverskil tussen 'n trein en 'n vlieg. Gevolglik
sal p3 basies dieselfde wees as p1, wat beteken die trein gaan maar net aan
soos gewoonlik (met 'n plat vlieg op die voorkant)
Re: "dis gevaarlik" deur FANIE OLIVIER [boodskap #10756 is 'n antwoord op boodskap #10600] Vr, 12 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Knormoer[1]  is tans af-lyn  Knormoer[1]
Boodskappe: 16
Geregistreer: Julie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Jasper die Barbaar wrote in article
...
>

> PS. Gepraat van raaisels, hier is een waarmee ek al baiemaal mense tot
> raserny gedryf het:
>
> Gestel 'n trein reis van oos na wes en 'n vlieg vlieg (:)) van wes na oos.
> Die vlieg bots met die trein. Stop die vlieg?
> Ja, want hy verander van rigting. Wanneer stop die vlieg? Wanneer dit bots
> met die trein. As twee voorwerpe in kontak is en die een stop dan stop die
> ander ook. Hoekom stop die trein nie?
>
> Die antwoord is nie heeltemal voor die hand liggend nie.

Het jy by die venster uitgekyk toe jou onderwyser die behoud van momentum
verduidelik het of weet jy net nie 'n vlieg en 'n trein se massa verskil
nie?

knormoer
Re: "dis gevaarlik" deur FANIE OLIVIER [boodskap #10757 is 'n antwoord op boodskap #10600] Vr, 12 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Petri Jooste  is tans af-lyn  Petri Jooste
Boodskappe: 3
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Junior Lid
Len Haasbroek wrote:
> Miskien kan ek ook iets vra!
> As jy in 'n sirkel hardloop , en jy maak die sirkel 'n elips en jy maak
> die elips al hoe nouer maar jy hardloop nog steeds, hoe nou moet jy die
> elips maak voordat jy "stilstaan" en terughardloop op 'n reguitlyn en
> nie meer in 'n sirkel nie ?

Dit hang af van die akkuraatheid van jou meetinstrument :-)

Dit laat my aan 'n ander klassieke vraag dink:
'n Man loop verby 'n boom en sien 'n eekhoring teen die stam.
Hy gee 'n tree nader en die eekhoring kruip sywaarts tot aan die
agterkant van die stam. Die man belsuit om nie nader te beweeg
nie maar hy wil tog die eekhoring dophou. Hy begin toe in 'n wye
sirkel om die book te loop. Die eekhoring wil nie dopgehou wees
nie en begin toe om sywaarts teen die stam te beweeg sodat die
stam altyd tussen hom en die man bly.
Nou is die vraag:
As die man eenmaal om die boom geloop het, het al om die
eekhoring geloop? Of het hy en die eekhoring om mekaar gewentel?

--
# Petri Jooste (mailto:rkw...@puknet.puk.ac.za)
# Computer Science and Information Systems
# Potchefstroom University for Christian Higher Education
# Vaal Triangle Campus (http://watuni.puk.ac.za/ntw/rkw)
Re: "dis gevaarlik" deur FANIE OLIVIER [boodskap #10784 is 'n antwoord op boodskap #10600] Ma, 15 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
cobus van bosch  is tans af-lyn  cobus van bosch
Boodskappe: 46
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
> On Mon, 08 Sep 1997 13:25:29 +0200, Len Haasbroek wrote:
<<>As iemand vir my gratis verf het, sal ek selfs my hand aan moderne kuns
> waag!!!!>>>

die skildery of kunswerk is slegs die eindproduk van 'n proses - dis
die dokumentasie van 'n idee. Altwee (proses en produk) is ewe
belangrik. die manier hoe jy oor moderne kuns praat, skep die indruk
dat jy dit as een of ander fopspel beskou. ek kan jou verseker dis net
so moeilik om goeie moderne kuns te maak as wat dit is om soos
rembrandt of rubens te skilder. ek stem saam dat daar baie gemors is
wat in die modernisme (en veral die postmodernisme) as kuns opgedis
word. die tyd sal hulle uitfaseer. die mense wat sulke kuns maak, word
bestempel as kansvatters of artistieke analfabete. Veral laasgenoemde
groep sukkel om oor 'n bykomende hekkie te kom, en dit is dat kuns al
hoe meer serebraal word. in watter groep val jy: kansvatter of
analfabeet?

groete
cobus
Re: "dis gevaarlik" deur FANIE OLIVIER [boodskap #10785 is 'n antwoord op boodskap #10600] Ma, 15 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Knormoer wrote in article
...

> Uit die vergelyking kan mens sien dat p1 BAIE BAIE BAIE groter as p2 gaan
> wees, weens die MOERSE massaverskil tussen 'n trein en 'n vlieg. Gevolglik
> sal p3 basies dieselfde wees as p1, wat beteken die trein gaan maar net aan
> soos gewoonlik (met 'n plat vlieg op die voorkant)
>
Knormoer,

Ja shame jong, dat die arme vlieg nou op so pynlik korrekte en wiskundige
manier 'n ring om sy nek moet kry :-) Jou verduideliking is puik, baie
dankie.

Ek is nou eintlik 'n vlieg entoesias, en ek weet dat dit hierdie basiese
wet van aksiekrag=reaksiekrag is wat die silwer voëls daar bo kry en daar
bo hou! Daar is natuurlik baie meer aan verbonde maar ons gaan nie nou op
kultuur tone kom trap nie.

Groetnis, Alwyn
Re: "dis gevaarlik" deur FANIE OLIVIER [boodskap #10786 is 'n antwoord op boodskap #10600] Ma, 15 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
> die skildery of kunswerk is slegs die eindproduk van 'n proses - dis
> die dokumentasie van 'n idee. Altwee (proses en produk) is ewe
> belangrik. die manier hoe jy oor moderne kuns praat, skep die indruk
> dat jy dit as een of ander fopspel beskou. ek kan jou verseker dis net
> so moeilik om goeie moderne kuns te maak as wat dit is om soos
> rembrandt of rubens te skilder. >
>
> groete
>
> cobus
>
Kobus,

As daar nou 'n analfabeet is wat (moderne) kuns aanbetref, dan is dit ek.
Net vir interrisantheid: Ek het eenkeer 'n prominente kunstenaar hoor se
dat Pablo Picasso se werke louter snert is. Die enigste rede hoekom dit
ooit verhef is tot "kuns", is omdat hy 'n goeie bemarkingsbestuurder gehad
het.

Groetnis, Alwyn
Re: "dis gevaarlik" deur FANIE OLIVIER [boodskap #10800 is 'n antwoord op boodskap #10600] Di, 16 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Len Haasbroek  is tans af-lyn  Len Haasbroek
Boodskappe: 17
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Junior Lid
Hi Cobus

Ek dink ek behoort darem hierop te antwoord.
Moderne kuns se populariteit word vir my gemeet aan sy rariteit.
Ek onthou dat daar so 'n rukkie gelede 'n program op TV was van die
olifant wat skilder, dan kompleet ook sy naam onderaan die skildery
teken. Mens kan dit seker klassifiseer as modern ?
En as die olifant sterf, word die skilderye onsterflik ?
Om nie eens te praat van snobs wat se, "Ek het 'n Picasso nie". Ek dink
elke kunswerk moet op sy eie meriete beoordeel word. Dit laat my soms
dink aan die katte advertensies waar kietsie 5 pierengs melk lek, en dan
die een heeltemal oplek. Kwansiuis beter produk.
Laat dit val waar dit wil!
Groetnis
Len

PS : Dis beter om 'n analfabeet te wees sonder 'n Picasso as 'n
analfabeet met 'n Picasso!!

Alwyn Nel wrote:
>
>> die skildery of kunswerk is slegs die eindproduk van 'n proses - dis
>> die dokumentasie van 'n idee. Altwee (proses en produk) is ewe
>> belangrik. die manier hoe jy oor moderne kuns praat, skep die indruk
>> dat jy dit as een of ander fopspel beskou. ek kan jou verseker dis net
>> so moeilik om goeie moderne kuns te maak as wat dit is om soos
>> rembrandt of rubens te skilder. >
>>
>> groete
>>
>> cobus
>>
> Kobus,
>
> As daar nou 'n analfabeet is wat (moderne) kuns aanbetref, dan is dit ek.
> Net vir interrisantheid: Ek het eenkeer 'n prominente kunstenaar hoor se
> dat Pablo Picasso se werke louter snert is. Die enigste rede hoekom dit
> ooit verhef is tot "kuns", is omdat hy 'n goeie bemarkingsbestuurder gehad
> het.
>
> Groetnis, Alwyn
Re: "dis gevaarlik" deur FANIE OLIVIER [boodskap #10801 is 'n antwoord op boodskap #10600] Di, 16 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
cobus van bosch  is tans af-lyn  cobus van bosch
Boodskappe: 46
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
> As daar nou 'n analfabeet is wat (moderne) kuns aanbetref, dan is dit ek.
> Net vir interrisantheid: Ek het eenkeer 'n prominente kunstenaar hoor se
> dat Pablo Picasso se werke louter snert is. Die enigste rede hoekom dit
> ooit verhef is tot "kuns", is omdat hy 'n goeie bemarkingsbestuurder gehad
> het.

> Groetnis, Alwyn

'n Baie groot deel van Picasso se werk is nie watwonders nie. Jy is
reg, hy was goed bemark, maar daar was ook iets anders aan hom: hy was
'n ''celebrity'', wat beteken hy hoef net in sy sakdoek te genies het
en dit vir duisende verkoop het. Dink maar net wat mense nou sal
betaal vir 'n tekening deur prinses Diana.
Picasso se groot waarde in die kunsgeskiedenis is dat hy
verantwoordelik was vir mylpale, veral die kubisme wat onder meer die
paadjie na abstrakte kuns vergemaklik het. In sy latere lewe het hy
net gedoen wat hy wou. Sy ego het gegroei en sy werk het al hoe
swakker geword, maar duurder. Dis maar die geval met baie kunstenaars.
Boonzaier, byvoorbeeld, het so pas 'n groot tentoonstelling van
selfportrette op Stellenbosch gehou. Van sy swakste werk nog, maar
baie duur en totaal op homself gerig.

groete

Cobus
Re: "dis gevaarlik" deur FANIE OLIVIER [boodskap #10802 is 'n antwoord op boodskap #10600] Di, 16 September 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
So van vlie"e gepraat. Wie van julle het al Langenhoven se storie oor die
vlieg gelees? Hy reken mos 'n vlieg moet eerder 'n sit genoem word, en jy
kry nie 'baba'-vlie"e nie, die kleintjies wat jy sien is eintlik ou-ou
vlie"e met baie wysheid en ondervinding van die vlieg(sit-)lewe - daarom
dat dit so moeilik is om hulle raak te slaan.

Dries Venter
Pretoria
Re: "dis gevaarlik" deur FANIE OLIVIER [boodskap #21589 is 'n antwoord op boodskap #10600] Ma, 08 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robbert Zijlstra  is tans af-lyn  Robbert Zijlstra
Boodskappe: 111
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Beste Gloudina,

Dit is nu het derde gedicht wat u post, mevrouw Gloudina,
waar ik erg van geniet. Ik ben niet zo'n dichtkunstliefhebber maar....
ik dreig nu toch bekeert te worden. Dis gevaarlik........ Ik wil bijna
zeggen dat
Afrikaans net zo superieur is als het edele Nederlands. Maar ik ben te
trots.;-)

"dis gevaarlijk"
"die miskruier" en
"Jong dames dynamiek"

zijn prachtig. En erg humoristisch! "My siel is een groot, blink
shopping centre". Ha!

Een paar vragen.

Wat is de "KJA"?
Wat is een "weir"

En

Het "refrein" van "Jong dames dynamiek"
"en ons eet en ons drink en ons werk en ons bid
en ons slaap en ons swem en ons teel en ons sit"
waar komt dat vandaan?

Met vriendelijke groet,

Robbert
Re: "dis gevaarlik" deur FANIE OLIVIER [boodskap #21590 is 'n antwoord op boodskap #10600] Ma, 08 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Robbert Zijlstra wrote in message

> Het "refrein" van "Jong dames dynamiek"
> "en ons eet en ons drink en ons werk en ons bid
> en ons slaap en ons swem en ons teel en ons sit"
> waar komt dat vandaan?
>

Van 'n naaimasjien af?
Re: "dis gevaarlik" deur FANIE OLIVIER [boodskap #21591 is 'n antwoord op boodskap #10600] Ma, 08 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Robbert Zijlstra writes:

> Een paar vragen.
>
> Wat is de "KJA"?

Ek is nie heeltemal seker nie. Klink
vir my na iets met "jongeliede" vir
die J. Kan Leendert verduidelik.

> Wat is een "weir"

Dis 'n Engelse woord wat hy daar gebruik.
Kyk in 'n Engelse woordeboek. Dit het te
doen met waterkontrole en waterdiversie.
Kom ons vra vir Arthur Hage wat die
Nederlands is.

> Het "refrein" van "Jong dames dynamiek"
> "en ons eet en ons drink en ons werk en ons bid
> en ons slaap en ons swem en ons teel en ons sit"
> waar komt dat vandaan?

Ek weet nie. Blykbaar is hierdie 'n
studenteliedjie. Of ten minste die
refrein is.

Gloudina
Re: "dis gevaarlik" deur FANIE OLIVIER [boodskap #21592 is 'n antwoord op boodskap #10600] Ma, 08 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
Sjuuuuuiieeeeeouuuu Gloudina - jy IS lank uit die land uit!!!

|Robbert Zijlstra writes:
|
|> Een paar vragen.
|>
|> Wat is de "KJA"?
|
Dis die kerk jeug vereniging wat 'n mens by skole vind.
|
|> Het "refrein" van "Jong dames dynamiek"
|> "en ons eet en ons drink en ons werk en ons bid
|> en ons slaap en ons swem en ons teel en ons sit"
|> waar komt dat vandaan?
|
Jong Dames Dinamiek is so 'n snob sosiale klub vir dames in SA. En wat hier
beskryf word is presies wat hulle reputasie voor het wat hulle op hulle
vergaderings doen. - seker maar so effe onregverdiglik.
Re: "dis gevaarlik" deur FANIE OLIVIER [boodskap #21617 is 'n antwoord op boodskap #10600] Di, 09 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina heeft geschreven...
>
>> Wat is een "weir"
>
> Dis 'n Engelse woord wat hy daar gebruik.
> Kyk in 'n Engelse woordeboek. Dit het te
> doen met waterkontrole en waterdiversie.
> Kom ons vra vir Arthur Hage wat die
> Nederlands is.
>

Een waterkering of een stuw. Zijn er soms in de Karoo spaarbekkens ten
behoeve van irrigatie en de drinkwatervoorziening?

Arthur
Re: "dis gevaarlik" deur FANIE OLIVIER [boodskap #21654 is 'n antwoord op boodskap #10600] Wo, 10 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Arthur Hagen wrote in message ...
> Gloudina heeft geschreven...
>>
>>> Wat is een "weir"
>>
>> Dis 'n Engelse woord wat hy daar gebruik.
>> Kyk in 'n Engelse woordeboek. Dit het te
>> doen met waterkontrole en waterdiversie.
>> Kom ons vra vir Arthur Hage wat die
>> Nederlands is.
>>
>
> Een waterkering of een stuw. Zijn er soms in de Karoo spaarbekkens ten
> behoeve van irrigatie en de drinkwatervoorziening?

Op Afrikaans is die naaste woord 'n "keerwal". (By Vereniging praat hulle
sommer van "die barrage").

Ja. Maar in die Karoo is daar nie genoeg water om oppervlakdamme te maak
nie.

Hulle maak daar "saaidamme". Die opvangkom agter die keerwal slik baie gou
toe - binne 'n paar seisoene. Hierdie slikdam word dan gebruik om in te
saai, want genoeg water word onder die oppervlak vasgehou om een vinnige oes
mee te maak.

Vroeër jare, het ek gehoor, het boere hul eie koring daar geplant vir
huisgebruik. Waar dit vandag nog gebruik word, dink ek is dit hoofsaaklik
vir groenvoer.

Maar so 'n saaidam is skaars groot genoeg vir 'n behoorlike groetetuin, en
dis maar 'n beperkte verskynsel wat uitsterf, dink ek.

Miskien weet iemand anders meer van die hedendaagse gebruik van saaidamme?

Groete, Leendert
Re: "dis gevaarlik" deur FANIE OLIVIER [boodskap #21825 is 'n antwoord op boodskap #10600] Ma, 15 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
jan schrik  is tans af-lyn  jan schrik
Boodskappe: 22
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Junior Lid
Hmm... vreemd ik had altijd gedacht dat het woord van duitse oorsprong is, in
het Zwarte Woud waar ik ieder jaar ga skien heb je ook een aantal "Weiers" die
dan in de aanzet van een dal liggen.
Jan

Leendert van Oostrum wrote:

> Arthur Hagen wrote in message ...
>> Gloudina heeft geschreven...
>>>
>>>> Wat is een "weir"
>>>
>>> Dis 'n Engelse woord wat hy daar gebruik.
>>> Kyk in 'n Engelse woordeboek. Dit het te
>>> doen met waterkontrole en waterdiversie.
>>> Kom ons vra vir Arthur Hage wat die
>>> Nederlands is.
>>>
>>
>>

--
The most exciting phrase to hear in science, the one that heralds new
discoveries, is not "Eureka!" (I found it!) but "That's funny ..."
-- Isaac Asimov

J.H. Schrik
IOC-dokumentatie
Gak Nederland bv
Postbus 8300
1005 CA Amsterdam
tel: +206872545
email: jsc...@gak.nl
http://www.gak.nl
Vorige onderwerp: " Ko lat ons sing" deur ADAM SMALL
Volgende onderwerp: "Dis Al" deur JAN F. E. CELLIERS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 01:53:39 MGT 2024