Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nkosi Wilhelmus
Nkosi Wilhelmus [boodskap #21736] Sa, 13 Maart 1999 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Robbert skryf:

> Het Nederlandse volkslied is het oudste volkslied wereldwijd dat nog gebruikt
> wordt.

Daar word beweer dat daar vroeër jare pogings was om daardie sot kroonprins
van Engeland (Charles) te interesseer in een van die Hollandse prinsesse. Hy
het egter blykbaar beswaar gehad teen die prinses se dik bene.

Die prinses se reaksie, volgens oorlewering, was dat dit te wagte was, want:
"Die Huis van Oranje staan veel langer as die Huis van Windsor".

> Het is in de 16de eeuw gedicht door Marnix van Sint-Aldegonde, uit Antwerpen in
> Vlaanderen.
>
> De vraag is nu: wat wordt bedoeld met: "van duytsen bloet" in de tweede regel
> van het eerste couplet.

Dieselfde as wat bedoel word met "Duits" in die naam van die Nederduitse
Gerformeerde Kerk in Suid-Afrika?

Dieselfde as wat die Engelse bedoel as hulle van 'Ollanners praat as "the
Dutch"?

>
> Geef mij nou in ruil de tekst van het nieuwe volkslied van NSA. "Nkosi dinges
> dinges". En de betekenis.

"Wilhelmus" mag die oudste volkslied wees. "Nkosi" is die mooiste :-)

Daar is baie weergawes van Nkosi. Die weergawe wat ek ken het ek 30 jaar
gelede in die skoolkoor gesing. Dit verskil van die huidge amptelike een.

Onder volg een in Xhosa, en een in Afrikaans en dan die huidge amptelike
volkslied.

Nkosi Sikelel' iAfrika:

Nkosi Sikelel' iAfrika
Maluphakanyisw' uphondo lwayo
Yiva imathandazo yethu
Nkosi Sikelela Nkosi Sikelela
Nkosi Sikelel' iAfrika
Maluphakanyisw' uphondo lwayo
Yiva imathandazo yethu
Nkosi Sikelela
Thina lusapho lwayo.
Chorus
Yihla moya, yihla moya
Yihla moya oyingcwele
Nkosi Sikelela
Thina lusapho lwayo.

Seen ons Here God, Seen Afrika:

Seen ons Here God, seen Afrika,
Laat sy mag tot in die hemel reik,
Hoor ons as ons in gebede vra,
Seen ons in Afrika,
Kinders van Afrika.
Daal neer o Gees, Heilige Gees,
Daal neer o Gees, Heilige Gees,
Kom woon in ons,
Lei ons, O Heilige Gees.
Hou U hand o Heer oor Afrika,
Lei ons tot by eenheid en begrip,
Hoor ons as ons U om vrede vra,
Seen ons in Afrika,
Kinders van Afrika.
Seen ons Here God, seen Afrika,
Neem dan nou die boosheid van ons weg,
Maak ons van ons sonde ewig vry,
Seen ons in Afrika,
Kinders van Afrika.

Volkslied van SA:

Nkosi sikel' iAfrika,
Maluphakanyis' uphondo Iwayo,
Yizwa imithandazo yethu,
Nkosi sikelela, thina lusapho Iwayo.
Morena boloka serihaba sa heso,
O fedisa dintwa le matshwenyeho,
O se boloko, O se boloko setjhaba sa heso,
Setjhaba sa South Africa - South Africa
Uit die blou van ons se hemel,
Uit die diepte van ons see,
Oor ons ewige gebergtes,
Waar die kraanse antwoord gee. [sic - SARFU se webblad!]
Sounds the call to come together,
And united we shall stand,
Let us live and fight for freedom,
In South Africa our land.

Groete, Leendert
Re: Nkosi Wilhelmus [boodskap #21797 is 'n antwoord op boodskap #21736] Ma, 15 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 13 Mar 1999 19:42:47 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:
|
|Daar is baie weergawes van Nkosi.

Jy kan dit weer sê - ek moes 'n paar jaar gelede die ding op leer
vaslê vir iemand en kon nie eers een amptelike weergawe vaspen nie -
die amptelike weergawe het ook verskil volgens die bron! Ek het toe
maar die 12 of so weergawes wat ek toe al versamel het en waarvan vier
"amptelik" was, aan die persoon gegee en hy het toe gekies watter
weergawe hy wou gehad het.

Johan, die ewige realis / optimis.
Re: Nkosi Wilhelmus [boodskap #21798 is 'n antwoord op boodskap #21736] Ma, 15 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
fizzer[1]  is tans af-lyn  fizzer[1]
Boodskappe: 16
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Junior Lid
Weet enige van julle dalk hoeveel lande Nkosi as hul amptelike volkslied het?
Ek weet daar is meer as een.

Dankie

Leendert van Oostrum wrote:

> Daar is baie weergawes van Nkosi. Die weergawe wat ek ken het ek 30 jaar
> gelede in die skoolkoor gesing. Dit verskil van die huidge amptelike een.
Vorige onderwerp: "Dankgabet van die Skollie" deur ADAM SMALL
Volgende onderwerp: Amerika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 08:16:04 MGT 2024