Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Identiteitsoorlog
Identiteitsoorlog [boodskap #21727] Sa, 13 Maart 1999 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Robbert skryf:

> Leendert skryf:
>
>> Die antwoord is eenvoudig: Mense het doodeenvoudig nie sulke bewerings geglo
>> nie. En dit is wat die redelike mens doen - jy glo nie dinge wat 'n bekende
>> leuenaar kwytraak nie. Selfs geregshowe aanvaar hierdie beginsel.
>>
>
> Ja, ik zie wat u bedoelt. Ik heb dit fenomeen ook opgemerkt dat bijvoorbeeld
> Afrikaners bepaalde zaken die wereldwijd algemeen aanvaard worden, in twijfel
> trekken uit wantrouwen tegen bijvoorbeeld de Engelsen en hun media. Bijvoorbeeld
> over de tweede wereldoorlog. En, geïnteresseerd geraakt vond ik hetzelfde bij
> bijvoorbeeld: Ieren, Arabieren (Palestijnen, Jordaniërs en Egyptenaren)
> Israëlis, en Indiërs en Pakistani.

En iemand soos Robbert Zijlstra glo nie wat Time Magazine skryf oor Swede en
ander Europese lande wat kinders gesteriliseer het omdat hulle "duidelike
Sigeunergelaatstrekke" vertoon het nie.

> Waar heftige conflicten woeden, wordt niet
> alleen militaire macht gebruikt, maar ook en soms zelfs vooral propaganda
> ingezet om de wil van een tegenstander te breken. En om de wil tot weerstand (of
> de wil tot identiteit) is het waar het uiteindelijk om gaat in een conflict.
> Een bijeffect van een dergelijk beleid is dat individuen die zich tot partijen
> rekenen, de stellingen van de tegenpartij bijna per definitie afwijzen omdat zij
> aan het liegen van de tegenpartij gewoon zijn geraakt.

Besonder interessante opmerking wat jy hierbo maak: Die gebruik van
propaganda om "die wil tot identiteit" te vernietig. Op individuele vlak gee
dit 'n insiggewende perspektief op Gloudina se aktiwiteite op hierdie
nuusgroep - as mens die prentjie in ag neem van haar persoonlikheid soos sy
dit hier geskets het. (Ek bedoel: kan jy jou voorstel - 'n vrou wie se man
haar verbied om haar eie vooroordele te bevraagteken, ingeval dit dalk sy
eie onder die soeklig mag plaas. G'n wonder sy vereenselwig haar, op haar
oudag, so sterk met Antjie Krog se pornografiese feminisme nie.) Ek vind
haar keuse byvoorbeeld insiggewend, van die gedigte wat sy deesdae plaas.
Maar dit pas goed by die skel krete oor "apartheidsvarke" en die wyse waarop
sy enigiets opraap wat moontlik gebruik kan word om die identiteit van
Afrikaners af te breek soos haar eie aan flarde lê.

Op kollektiewe vlak, vind ek die opmerking van die Sweedse minister van
gesonheid ook veelseggend - dat haar party "kollektiewe skuld" dra vir die
wetenskap van "racial biology" wat hulle bedryf het, en die
sterilisasieprogram wat daaruit gevolg het. Dit is ook opmerklik uit die
berigte dat dit lyk asof die Swede die storie moeilik hanteer - juis omdat
dit teenstrydig is met die identiteit wat hulle vir hulself geskep het.

'n Ander aspek van die sterilisasiestorie is natuurlik die verskoning wat
(blykbaar al die verskillende lande, bv. Belgieë en Oostenryk se)
woordvoerders aanbied: Dat die program openlik en binne die geldende wet
uitgevoer is. Interessant: Hier het ons 'n stuk blatante rassisme, op 'n
vlak waarvan selfs Wouter Basson in sy beweerde (hy is nog nie verhoor nie -
en sy beweerde optrede was _onwettig_ ingevolge die SA reg) kriminele
projekte skaars kon droom. In Europa word dit verontskuldig op grond daarvan
dat dit openlik en wettig bedryf is. Maar let wel: Gloudina se man se
beswaar teen "apartheid" is dat dit nie verskuil is soos in Kanada nie, maar
openlik en wettig bedryf is!

Nou moet jy weet: Behalwe die 'Ollanners, was die Swede al die jare die volk
wat die luidste te skreeu had oor "apartheid"!

Oor die kollektiewe dimensie dus: In premoderne salemelewings is dit
algemeen dat die gemeenskap hom reinig van sy kollektiewe skuld deur een of
meer individue uit te soek as "sondebokke". Hierdie individue word (deur
meganismes van beskuldiging) belaai met die identiteitskenmerke wat die
gemeenskap wil ontwyk. Die gekose "sondebok"-individue word dan vernietig.
Dikwels nie net na die identiteit of deur uitwerping nie, maar deur hulle
fisies dood te maak. Dit is die belangrikste sosiale funksie van
hekseverbrandery. Soos jy jou kan voorstel, is die meganisme van
hekseverbranding uiters kwesbaar vir politieke misbruik - daar is hoeveel
sulke verhale uit die tyd van die inkwisisie in Europa. In Suid-Afrika het
ons dit in die tagtigerjare baie gesien met die necklace murders, en ons
sien dit nou nog.

Geen wonder die Swede assosieer "apartheid" met die grofste vorm van
mensregteskendings nie - dis hul eie dade wat hulle op ons situasie
geprojekteer het, met die aanname dat Afrikaners net so gewetenloos is as
die Swede!

Hoe lekker vir die Swede en die 'Ollanners en Gloudina om die vinger te wys
na Afrikaners om die aandag af te lei van die dinge oor hulself waaroor
hulle liewer wil swyg! (Het jy opgelet die datum waarop die betrokke wet in
Swede afgeskaf is? 1976!)

>
> De waarheid is niet dat wat door mensen gekend wordt. Het is een ander woord
> voor de werkelijkheid. De dingen zoals ze werkelijk plaats hebben gevonden.

Hmmmm... Jy maak die aanname dat "de dingen zoals ze werkelijk plaats hebben
gevonden" werklik kan ken.

>>
>> Wat sou jy voorstel?
>>
>
> Zwijg toch liever. En wacht tot het tij keert. Als men maar wacht komt een
> nieuwe tijd met nieuwe kansen. "Uitoorle" is een Afrikaans woord dat misschien
> van toepassing is?

Hmmmm... Jy beveel swye aan - soos 'Ollanners swyg oor die dinge wat ons
ongemaklik laat voel. Ek dink jy laat buite rekening dat Afrikaners heel
veel Franse bloed het, en nogal veel van die temperament.

Maar daar is 'n ander probleem - die logiese reël, wat ook in die reg
funksioneer, is "silence denotes konsent". M.a.w. as iemand my vals
beskuldig en ek protesteer nie, gee ek te kenne dat ek daarmee instem.

En dan moet jy weet - soos Gloudina hier op die nuusgroep week in en week
uit beskuldigings loods teen Afrikaners is maar 'n vulletjie teen die gewone
praktyk van ons regeringsminsiters - ekle ding wat met die regering verkeerd
gaan word afgeskryf as 'n "legacy of apartheid".

[Geknip - Beeld en Tim du Plessis]

>> Ongelukkig werk die standpunt van "onverbondenheid" ook nie. Dit kom eerder
>> oor as "nou kritiseer ons alles wat voorkom" - 'n erg adolessente soort van
>> benadering. Mens kry dit ook by radiostasies soos Punt en, minder prominent,
>> by RSG. Insig, onder die nuwe redaksie, gaan ook vir hierdie "oplossing".
>>
>
> Niet erg volwassen. Maar men is in verlegenheid gebracht door een volkomen
> andere, nieuwe situatie, weet zich geen houding te geven en "doet maar
wat".

Soos jy tereg sê: die ouens het 'n identiteitsprobleem, nou probeer hulle
wegkom sonder identiteit!

Jy sien, die ouens is bekommerd oor "wat sal ons kinders van ons dink".

Dit lyk asof hulle verkies dat die kinders niks sal hê om van hulle te dink
nie.

> Soms levert dit brilliante resultaten, soms zeer twijfelachtige, maar het is
> zelden saai.

Hmmm... Kan jy voorbeelde gee van wat jy bedoel met briljante resultate?

>> Ek het lank gelede in hierdie nuusgroep geskryf dat geen "nasiebou" kan
>> geskied sonder dat daar gemeenskaplike betekenis aan die geskiedenis gegee
>> word nie. Die WVK het die kans gehad om so 'n gemeenskaplike betekenisgewing
>> te onderhandel.
>>
>
> Voor de leiders van het ANC is natiebouw niet een hoogste prioriteit,
> veronderstel ik Het zou leuk en fijn zijn als de blanken ook geïntergreerd
> werden in het Nieuwe Zuid-Afrika, maar als het niet gebeurt, is het nog geen
> halszaak.

Jy verstaan nie die ubuntu-kultuur nie. 'nasiebou' is juis vir hulle van die
hoogste prioriteit (gaan kyk maar op hul webblad). Ubuntu laat nie toe vir
uitsonderings of "afwykings" van die norm nie. Dit vereis dat alles
"holisties" betrek word. Dit wat nie betrek kan word nie, moet vernietig
word, sodat dit is asof dit nooit bestaan het nie.

>
>> Dit het nie gebeur nie. Die WVK het die betekenis wat die ANC aan die
>> geskiedenis gee, verklaar tot die gemeenskaplike geskiedenis.
>>
>> Daarmee sluit hy my uit die gemeenskap uit, en daarmee is ek nie gedien nie.
>>
>> Ek kan daarmee verlief neem en 'n nuwe identiteit gaan soek in Minnesota of
>> in Montreal.
>>
>> Of ek kan 'n Tim du Plessis doen, en die ANC se betekenis van die
>> geskiedenis klakkeloos as my eie aanvaar.
>>
>> Ek kan 'n Frikkie Potgieter doen, en die moontlikheid van gemeenskaplikheid
>> ontken.
>>
>> Al hierdie keuses sanksioneer die leuen.
>>
>
> Hebt u al iets beters gevonden, Leendert? Of bent u nog steeds op zoek?

Ek dag dis duidelik? My keuse is protes. Ek is geensins van plan om swygend
na die brandstapel geneem te word om te boet vir die sondes van die Swede in
Swede, die 'Ollanners in Indonesië, die ANC in die strate van Attridgeville,
of Gloudina se man in Ottowa nie.

Ek protesteer daarteen wanneer ander mense (uit Kanada, Swede of die ANC)
aan my 'n identiteit toeken gegrond op hul eie vooroordele en gekonstrueer
om hul doeleindes te dien.

Om nie te protesteer nie, beteken om daardie identiteit te aanvaar. Dis wat
Gloudina oorgekom het (toe sy deur haar man verbied is om te protesteer) en
dit is daarom dat sy hier van haarself moet sê: "Skulidg, skuldig, skuldig!"

>> weiering
>>>> van Thabo Mbeki en die ANC om die oordeel van die WVK te aanvaar oor die
>>>> menseregteskendings wat die "vryheids"-vergters gepleeg het.
>>>>
>>>
>>> Dit is inderdaad angstwekkend. Ik vrees het ergste voor de inwoners van een land
>>> met zo'n Pharao.Die zijn hart heeft verhard. Maar verhard nou niet jouw hart,
>>> Leendert.
>>
>> Ek moet. Die enigste uitweg is om jou hart te verhard teen die voortgesette
>> leuen wat die menslikheid ontken.
>
> Verhard uw hard nou maar niet, meneer van Oostrum. Dat heeft de Pharao toen
> ook geen goed gedaan.

Farao het sy hart verhard teen mense. Die Israeliete het hul hart verhard
teen die Farao se leuens.

Groete, Leendert
Re: Identiteitsoorlog [boodskap #21728 is 'n antwoord op boodskap #21727] Sa, 13 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
wrote:
>
> blah, blah, blah, blah. Jy probeer
> wegkom van die waarheid deur my man
> se ernstige oordeel oor die apartheids-
> varke de demoniseer. Vintage Leendert.

Hierdie "ernstige oordeel": Is dit nou die idee dat "institusionele rassisme"
meer blaamwaardig is as enige ander soort?

Snaaks: minister Margot Wallrot in Swede verskil oënskynlik van hom. Sy dink
weer die institusionele weergawe is verskoonbaar!(Dis nou as mens 'n definisie
van "rassisme" eenkant laat.)

Nou wat presies is die "waarheid" van sy oordeel waarna jy hierbo verwys?

>
> My liewe Leendert, die keuse is die van
> my geliefde suster in Pretoria, die een
> wie se naam op 'n publikasie oor kerke
> in SA is, onthou? My suster is blykbaar
> minder preuts en meer "with it" as jy.

Nou ja, ek dink nie ek het jou suster al goed leer ken nie (buiten miskien
hier en daar op 'n poslys) so hieroor kan ek nie oordeel nie.

Wat ek wel kan sê, is dat dit my groot kommer sou verskaf as ek volgens jou
oordeel as "with it" sou kwalifiseer!

Vriendelike groete, Leendert

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Identiteitsoorlog [boodskap #21729 is 'n antwoord op boodskap #21727] Sa, 13 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes: >

Die gebruik van
> propaganda om "die wil tot identiteit" te vernietig. Op individuele vlak gee
> dit 'n insiggewende perspektief op Gloudina se aktiwiteite op hierdie
> nuusgroep - as mens die prentjie in ag neem van haar persoonlikheid soos sy
> dit hier geskets het. (Ek bedoel: kan jy jou voorstel - 'n vrou wie se man
> haar verbied om haar eie vooroordele te bevraagteken, ingeval dit dalk sy
> eie onder die soeklig mag plaas.

blah, blah, blah, blah. Jy probeer
wegkom van die waarheid deur my man
se ernstige oordeel oor die apartheids-
varke de demoniseer. Vintage Leendert.

G'n wonder sy vereenselwig haar, op haar
> oudag, so sterk met Antjie Krog se pornografiese feminisme nie.) Ek vind
> haar keuse byvoorbeeld insiggewend, van die gedigte wat sy
deesdae plaas.

My liewe Leendert, die keuse is die van
my geliefde suster in Pretoria, die een
wie se naam op 'n publikasie oor kerke
in SA is, onthou? My suster is blykbaar
minder preuts en meer "with it" as jy.

Gloudina
Re: Identiteitsoorlog [boodskap #21753 is 'n antwoord op boodskap #21727] So, 14 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
oos...@geocities.com writes:

> wrote:
>>
>> blah, blah, blah, blah. Jy probeer
>> wegkom van die waarheid deur my man
>> se ernstige oordeel oor die apartheids-
>> varke de demoniseer. Vintage Leendert.
>
> Hierdie "ernstige oordeel": Is dit nou die idee dat "institusionele rassisme"
> meer blaamwaardig is as enige ander soort?

>
> Nou wat presies is die "waarheid" van sy oordeel waarna jy
hierbo verwys?

Die "waarheid" is dat 'n klomp skurke
nes geskop het in my vaderland. Dit
het nie om "apartheid" gegaan nie.
(Hoeveel apartheid was daar wel?)
Dit het gegaan oor mag, brute oorheer-
sing van 'n klomp witvelle oor die
80 persent van die bevolking wat nie
"wit" was nie. Brute terrorisering
van witmense wat nie met hulle saamge-
stem het nie. Dis die waarheid oor die
apartheidsvarke in SA, en jy kan praat
tot jy blou in die gesig is, en jy sal
dit nie kan wegpraat nie. En moenie vir
my kom vertel dat daar Nasionaliste
was wat geweet het verandering moet kom,
en "daarvoor gewerk het" nie. Hulle moes
liewer hulle wapens opgeneem het en die
duiwels in die see gedryf het.

Gloudina
Re: Identiteitsoorlog [boodskap #21754 is 'n antwoord op boodskap #21727] So, 14 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robbert Zijlstra  is tans af-lyn  Robbert Zijlstra
Boodskappe: 111
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote:

> En iemand soos Robbert Zijlstra glo nie wat Time Magazine skryf oor Swede en
> ander Europese lande wat kinders gesteriliseer het omdat hulle "duidelike
> Sigeunergelaatstrekke" vertoon het nie.
>
>> Waar heftige conflicten woeden, wordt niet
>> alleen militaire macht gebruikt, maar ook en soms zelfs vooral propaganda
>> ingezet om de wil van een tegenstander te breken. En om de wil tot weerstand (of
>> de wil tot identiteit) is het waar het uiteindelijk om gaat in een conflict.
>> Een bijeffect van een dergelijk beleid is dat individuen die zich tot partijen
>> rekenen, de stellingen van de tegenpartij bijna per definitie afwijzen omdat zij
>> aan het liegen van de tegenpartij gewoon zijn geraakt.
>
> Besonder interessante opmerking wat jy hierbo maak: Die gebruik van
> propaganda om "die wil tot identiteit" te vernietig.

De in Nederland (!) woonachtige Zuid-Afrikaanse dichteres (in 1992 beloont met
de P.C. Hoofdprijs, de hoogste onderschijding in de Nederlandse taal en
letterkunde) E. Egbers zegt: "eenheidsdrift is doodsdrift"

> Op individuele vlak gee
> dit 'n insiggewende perspektief op Gloudina se aktiwiteite op hierdie
> nuusgroep - as mens die prentjie in ag neem van haar persoonlikheid soos sy
> dit hier geskets het. (Ek bedoel: kan jy jou voorstel - 'n vrou wie se man
> haar verbied om haar eie vooroordele te bevraagteken, ingeval dit dalk sy
> eie onder die soeklig mag plaas. G'n wonder sy vereenselwig haar, op haar
> oudag, so sterk met Antjie Krog se pornografiese feminisme nie.) Ek vind
> haar keuse byvoorbeeld insiggewend, van die gedigte wat sy deesdae plaas.
> Maar dit pas goed by die skel krete oor "apartheidsvarke" en die wyse waarop
> sy enigiets opraap wat moontlik gebruik kan word om die identiteit van
> Afrikaners af te breek soos haar eie aan flarde lê.

Twijfelachtig. Weinig relevant.

Met vriendelijke groet,

Robbert
Re: Identiteitsoorlog [boodskap #21755 is 'n antwoord op boodskap #21727] So, 14 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robbert Zijlstra  is tans af-lyn  Robbert Zijlstra
Boodskappe: 111
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote:

> Robbert skryf:
>
>> Leendert skryf:
>>
>>> Die antwoord is eenvoudig: Mense het doodeenvoudig nie sulke bewerings geglo
>>> nie. En dit is wat die redelike mens doen - jy glo nie dinge wat 'n bekende
>>> leuenaar kwytraak nie. Selfs geregshowe aanvaar hierdie beginsel.
>>>
>>
>> Ja, ik zie wat u bedoelt. Ik heb dit fenomeen ook opgemerkt dat bijvoorbeeld
>> Afrikaners bepaalde zaken die wereldwijd algemeen aanvaard worden, in twijfel
>> trekken uit wantrouwen tegen bijvoorbeeld de Engelsen en hun media. Bijvoorbeeld
>> over de tweede wereldoorlog. En, geïnteresseerd geraakt vond ik hetzelfde bij
>> bijvoorbeeld: Ieren, Arabieren (Palestijnen, Jordaniërs en Egyptenaren)
>> Israëlis, en Indiërs en Pakistani.
>
> En iemand soos Robbert Zijlstra glo nie wat Time Magazine skryf oor Swede en
> ander Europese lande wat kinders gesteriliseer het omdat hulle “duidelike
> Sigeunergelaatstrekke” vertoon het nie.

Correct. Maar ik heb me laten overtuigen.

Robbert
Koppige kaaskop
Re: Identiteitsoorlog [boodskap #21777 is 'n antwoord op boodskap #21727] Ma, 15 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 14 Mar 1999 02:38:22 GMT, wrote:

| dit nie kan wegpraat nie. En moenie vir
| my kom vertel dat daar Nasionaliste
| was wat geweet het verandering moet kom,
| en "daarvoor gewerk het" nie. Hulle moes
| liewer hulle wapens opgeneem het en die
| duiwels in die see gedryf het.
|
...of soos Gloudina gou-gou opgepak het en die lekker lewe elders gaan
opsoek het. :-) ...soos ek ook....

Johan, die ewige realis / optimis.
Vorige onderwerp: Vriende van Suidwes/Namibia
Volgende onderwerp: "Dankgabet van die Skollie" deur ADAM SMALL
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 08:26:09 MGT 2024