Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Ko lat ons sing" deur ADAM SMALL
" Ko lat ons sing" deur ADAM SMALL [boodskap #21680] Do, 11 Maart 1999 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Kô, lat ons sing
ADAM SMALL

Vrinne
lat ons die Bybel oepeslaan
en lat ons daaryt lies -
o Allahoegste Gies
lat hierie woorde na onse harte gaan! -
yt die twiere boek van Mosas
yt die Exoras
yt die viere hoefstuk die ee'ste en die twiere verse -
o God
maak vi' ons lig moet hierie woorde soes moet kerse! -

toe antwoord Mosas en hy sê : ma' wat
as hulle my nie glo, nie aan my woorde vat
as hulle sê die Here het nie ga-appear aan my?

ma' die Here sê vi' hom: djy sal djou mense lei
wat's in djou hand?
en Mosas sê : 'n staf

nou vrinne
dit was al wat hy gahad het
hierie man van God
'n staf
'n dooie stok
en boenop het hy nog gahakkel ok

ma' die Here het toe lank moet hom gapraat
oor hoe hy moet daai kierie doodgaslaat
het die Egiptanaar
en Mosas het sy groote kop lat hang
en toe
toe skielak was daai selfde kierie in sy hand 'n slang!

nou vrinne
die Here het gabring
aan my sy wonnerwerke oek so
hy het gavra wat's in my hand
en vrinne
in my hand was my kitaar

kô, lat ons sing
Re: " Ko lat ons sing" deur ADAM SMALL [boodskap #21705 is 'n antwoord op boodskap #21680] Vr, 12 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Robbert Zijlstra  is tans af-lyn  Robbert Zijlstra
Boodskappe: 111
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Hallo Gloudina,

Is die Adam Small zelf een kleurling? Heeft hij een bundel met gedichte
gepubliceerd. Dit gedicht is weer erg grappig.

Met vriendelijke groet,

Robbert
" Ko lat ons sing" deur ADAM SMALL [boodskap #21706 is 'n antwoord op boodskap #21680] Vr, 12 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
rex  is tans af-lyn  rex
Boodskappe: 1
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Junior Lid
Hallo Robbert,

Ja, Adam Small is 'n welbekende Afrikaanse digter en akademikus in Suid-
Afrika. En ja, hy is 'n Kleurling, ek is nie seker hoeveel bundels hy
publiseer het nie.

Hierdie einste gedig van hom is deur die Suid-Afrikaanse komponis Hans
Roosenschoon as 'n negestemminge koorstuk gekomponeer vir die Tygerberg
Kinderkoor, wat dit uitgevoer het onder leiding van dirigent Hennie
Loock. Dis is beskikbaar op hulle CD. Besonderhede te kry op die
Tygerberg Kinderkoor website.

Dis suiwer genot om daarna te luister, en vir my onmoontlik om te
onderskei wat die meeste tref, die woorde, die musiek, of die suiwer
kinderstemme.

Groete,
Rana

> Is die Adam Small zelf een kleurling? Heeft hij een bundel met gedichte
> gepubliceerd. Dit gedicht is weer erg grappig.
>
> Met vriendelijke groet,
>
>
> Robbert
>
>

--
rana
Vorige onderwerp: "Dis Al" deur JAN F. E. CELLIERS
Volgende onderwerp: "dis gevaarlik" deur FANIE OLIVIER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 04:00:20 MGT 2024