Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vir Leendert
Vir Leendert [boodskap #21644] Wo, 10 Maart 1999 00:00
Oom Hans  is tans af-lyn  Oom Hans
Boodskappe: 83
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Leendert van Oostrum wrote in message ...
>
> Noorde van Namibië waaroor daar vreeslik baie staaltjies vertel word. (Hul
> van is "Robberts").
> As Hans nog lees, sal hy sekerlik meer kan vertel van die mense van die
> Noorde.
>

Daar is die "bekende" families en hulle indeling is soos volg :

Outjo het die Robbertses gehad.
Grootfontein het met die Potgieters gesukkel.
In Gobabis het die Noltes weer hare laar rys.

Dalk weet Shannon iets van die Suide se karakters - ek is 'n "Noorde" man.
Ook Bees sal dalk bydraes kan maak oor Outjo se span.

Maar dit was l a n k a l. Nou-se-dae het genoemdes se nasate al
makgeword en is oral verspreid.

Eendag in Outjo gesien hoe 'n dorpshond die wilde weghol kry toe hy
naderstap om een van die Robbertses se bakkiewiele te merk. Hoe moes die
arme brak dan weet dat ou Robberts AL die vellings met leeumis besmeer het
juis om die honde van die wiele af weg te hou ?? Tog te mooi om te sien
hoe die brak enige rigting kies solank dit net WEG van daardie bakkie af is.

Aangesien daar van tyd tot tyd ook goeie geselskap hier op die ng vertoef,
sal ek my weerhou van die ander verhale wat meesal kerk, drank, tronk,
baklei en skiet as temas het..........

Gedurende die "bosoorlog" dae het ene Potgieter van Grootfontein weer 'n
"kanon" gemaak van 6 duim waterpyp - omtrent so twee meter lank - waarmee hy
sy plaasopstal wou verdedig. Die ding het amper soos die ou skeepskanonne
gelyk : Agter toegeswys met net 'n gaatjie waar die dinamietkers se lont
moes uitsteek en die gedagte was om soos met 'n voorlaaier die ding van voor
af te pak met eerste 'n kers of twee dinamiet en dan klippe, moere, spykers
en alles wat teen 'n spoed dalk kan seermaak.

Of die kanon ooit getoets is, glo ek nie want dan sou ons die berigte in die
koerant gesien het. Die kanon het ek gesien op die plaas omtrent so 90 Km
van Grootfontein af op die Rundu pad uit - toe ek daar gaan jag het. Die
ou wat die plaas by die Potgieters gekoop het, het dit destyds vir 'n
vertoonstuk aangehou.

Groetnis
Omie
Re: Vir Leendert [boodskap #21645 is 'n antwoord op boodskap #21644] Wo, 10 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Robbert Zijlstra  is tans af-lyn  Robbert Zijlstra
Boodskappe: 111
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Oom Hans wrote:

> Leendert van Oostrum wrote in message ...
>>
>> Noorde van Namibië waaroor daar vreeslik baie staaltjies vertel word. (Hul
>> van is "Robberts").
>> As Hans nog lees, sal hy sekerlik meer kan vertel van die mense van die
>> Noorde.
>>
>
> Daar is die "bekende" families en hulle indeling is soos volg :
>
> Outjo het die Robbertses gehad.
> Grootfontein het met die Potgieters gesukkel.
> In Gobabis het die Noltes weer hare laar rys.
>
> Dalk weet Shannon iets van die Suide se karakters - ek is 'n "Noorde" man.
> Ook Bees sal dalk bydraes kan maak oor Outjo se span.
>
> Maar dit was l a n k a l. Nou-se-dae het genoemdes se nasate al
> makgeword en is oral verspreid.
>

Tss. Jammer. Zijn er geen nieuwe geweldenaren in hun voetspren getreden?

> Eendag in Outjo gesien hoe 'n dorpshond die wilde weghol kry toe hy
> naderstap om een van die Robbertses se bakkiewiele te merk. Hoe moes die
> arme brak dan weet dat ou Robberts AL die vellings met leeumis besmeer het
> juis om die honde van die wiele af weg te hou ?? Tog te mooi om te sien
> hoe die brak enige rigting kies solank dit net WEG van daardie bakkie af is.
>
> Aangesien daar van tyd tot tyd ook goeie geselskap hier op die ng vertoef,
> sal ek my weerhou van die ander verhale wat meesal kerk, drank, tronk,
> baklei en skiet as temas het..........
>

Nee, alstublief oom Hans, alstublieft. Vertel zulke verhalen met veel kerk en
drank en gevangenis en en gebakkelei en geschiet. Stoor u niet aan het goede
gezelschap, ze mogen onze lol toch niet bederven? Vertel vertel vertel! Ach, die
goeie mensen bederven het altijd voor ons zondaars!!

> Gedurende die "bosoorlog" dae het ene Potgieter van Grootfontein weer 'n
> "kanon" gemaak van 6 duim waterpyp - omtrent so twee meter lank - waarmee hy
> sy plaasopstal wou verdedig. Die ding het amper soos die ou skeepskanonne
> gelyk : Agter toegeswys met net 'n gaatjie waar die dinamietkers se lont
> moes uitsteek en die gedagte was om soos met 'n voorlaaier die ding van voor
> af te pak met eerste 'n kers of twee dinamiet en dan klippe, moere, spykers
> en alles wat teen 'n spoed dalk kan seermaak.
>
> Of die kanon ooit getoets is, glo ek nie want dan sou ons die berigte in die
> koerant gesien het. Die kanon het ek gesien op die plaas omtrent so 90 Km
> van Grootfontein af op die Rundu pad uit - toe ek daar gaan jag het. Die
> ou wat die plaas by die Potgieters gekoop het, het dit destyds vir 'n
> vertoonstuk aangehou.
>

Geweldig verhaal. Een privaat achttien centimeter kanon. Geweldig. Dat is bijna
een Long Tom. Wat moet iemand in hemelsnaam met zo'n kanon in een
Guerrillaoorlog? Wat een idee. Dat is nou mannenwaanzin. Geweldig.

Robbert
Boem-boem boy
Vorige onderwerp: Briefie vir Oom Kaspaas
Volgende onderwerp: "Doemanie" deur ADAM SMALL
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 21 00:55:16 MGT 2024