Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrikaner in Londen
Afrikaner in Londen [boodskap #21546] Sa, 06 Maart 1999 00:00 na volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Is lekker hier in Ingeland by die beach n^e? Net jammer dit re:en al weer
en die temperatuur is 9 grade C (ek begin al dink dat 10 grade 'warm' is!)
en die water is in elk geval te koud om selfs jou toon in te sit. Wonder
van alle wonders is dat die strand (!) van klippe is - sulke rondes so groot
soos my vuis.

Ek is hier met 'n jaar werkkontrak (gaan al weer in Junie terug) en wat 'n
snaakse plek is dit tog nie!

1) Ek 'parkeer' elke oggend my kar op die M25 (vir die oningeligtes - dis
die ringpad om Londen sowat 100 myl se meesal 4-baan snelweg en waarskynlik
een van die besigste paaie in Europa) Ben Schoeman/R21 eat your heart out!

2) Rondomtalies ('Roundabouts' / sirkels / minisirkels): miljuisende van die
goed en as jy nie gou leer om op die EERSTE bord te kyk watter paadjie om te
vat nie ry jy om en om die d^em ding tot jy dink jy wys in die regte
rigting..'n Halfuur later is jy weer terug by dieselfde minisirkel, want dit
was toe nie die regte rigting nie. Ek hoor in Swindon is daar glad een wat
hulle 'n 'Magic Roundabout' noem - 'n grote met so vier of vyf 'kalfies' om
hom - die joos alleen weet hoe jy om hom kom. Hier in Farnham het ons
waarskynlik die grootste een in Engeland - daar's 'n hele dorpie in die
middel van die roundabout!

3) Ek bly in Surrey naby Guildford - pragtige stuk aarde vol bome/blomme:
sulke regte 'Engelse' landskappe. Maar dis ook naby die hoofsentra van die
weermag - Aldershot is 'n klipgooi ver, Farnborogh net 'n bietjie verder,
Southampton so 30 myl suidwes Bisley 'n hanetreetjie doei kant toe en
Mytchett langs my. Wat dit alles beteken is dat hier gedurig
krygsoefeninge/grofgeskut rondom ons is - die eerste paar dae wou ek net
vervaard dekking slaan as ek die geweervuur hoor. Die landkaart is vol
sulke groot oop groen gedeeltes met baie paadjies op maar oral staan in rooi
letters - Danger Area - Rifle range of Long Range Bombing aea of sulke
horriebale goete.

4) Hulle idee van wild is hasies wat op jou grasperk rondspring of die
takbokke in Richmond Park. Hulle't nie eens een behoorlike giftige slang of
spinnekop nie. G'n wonder die leeus vreet die buitelanders by die dosyne
;-) in Krugersdorp se wildtuin op nie !

5) Nog 'n ding wat my al amper in groot moeilikheid laat beland het is
voetoorgange - die eerste paar weke het ek kort-kort byna 'n voetganger
ge-'score' as hulle sommer so voor my begin oorstap - salig onbewus dat
hierdie rooi kar waarskynlik nie gaan stop nie!

Cheers vir eers
Dries Venter
Re: Afrikaner in Londen [boodskap #21559 is 'n antwoord op boodskap #21546] So, 07 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Olympus" writes:

> Haai Dries....... Dit is seker jou eerste keer in die buiteland - in hierdie
> geval London. Dis mos ou nuus jong... of dink jy ons Afrikaners reis nie?
> Goeie raad - vergeet van die weer en verdiep jou in die kultuur en
> kunsskatte - dit is baie belangriker as jou ervarings met tipiese Europese
> weer. Groete ou groot man.

Dis snaaks hoe mens iemand se karakter-
trekke na 'n ruk kan uitmaak op die manier
waarop hy pos. Hierdie "Olympus" ou is
hovaardig.

Dries. Gaan aan om oor Londen en omgewing
te pos. Ek geniet dit. Ek dink Bees sal dit
geniet. Baie mense wat vantevore in Engeland
was, sal dit geniet. Waar werk jy? Naby die
middestad? Dit klink asof jy effens ver
daarvandaan af bly, maar dan onthou mens ook
weer hoe vinnig jy van die een plek na die
ander kan gaan in die suidelike deel van
Engeland. Ek sien daarna uit om te hoor hoe
die lente daar jou gaan tref. Ek onthou Maart
egter as 'n gure maand met baie wind (net
soos SA se Augustus.) En April, volgens Chaucer,
is ook nog cruel somtyds. Hoop jy sal van
die beste dele van Engeland kan sien voordat
jy teruggaan na SA. Ek beveel die New Forest
aan. En natuurlik Stonehenge. Ek dink ek het
juis in Maart soontoe gegaan, net om in
Salisbury uit te vind dat die busse nie na
Stonehenge loop daardie tyd van die jaar
nie. Toe begin ek loop na Stonehenge. Hele
paar myl. Net met 'n pakkie liquorice all-
sorts in my jas se sak.

Ek dink die mooiste stad wat ek in Engeland
gesien het (behalwe Edinburgh) is Chester.
Dis op die grens van Wallis, maar daardie
dele is die moeite werd om te gaan kyk.

Gloudina in Oostelike Ontario
(waar ons nou in Maart die een groot sneeu-
storm na die ander kry, en die temperatuur
op die oomblik -17 C is.)
Re: Afrikaner in Londen [boodskap #21560 is 'n antwoord op boodskap #21546] So, 07 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Olympus  is tans af-lyn  Olympus
Boodskappe: 22
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Junior Lid
Haai Dries....... Dit is seker jou eerste keer in die buiteland - in hierdie
geval London. Dis mos ou nuus jong... of dink jy ons Afrikaners reis nie?
Goeie raad - vergeet van die weer en verdiep jou in die kultuur en
kunsskatte - dit is baie belangriker as jou ervarings met tipiese Europese
weer. Groete ou groot man.

----------------------------
Dries Venter wrote in message ...
> Is lekker hier in Ingeland by die beach n^e? Net jammer dit re:en al weer
> en die temperatuur is 9 grade C (ek begin al dink dat 10 grade 'warm' is!)
> en die water is in elk geval te koud om selfs jou toon in te sit. Wonder
> van alle wonders is dat die strand (!) van klippe is - sulke rondes so groot
> soos my vuis.
>
> Ek is hier met 'n jaar werkkontrak (gaan al weer in Junie terug) en wat 'n
> snaakse plek is dit tog nie!
>
> 1) Ek 'parkeer' elke oggend my kar op die M25 (vir die oningeligtes - dis
> die ringpad om Londen sowat 100 myl se meesal 4-baan snelweg en waarskynlik
> een van die besigste paaie in Europa) Ben Schoeman/R21 eat your heart out!
>
> 2) Rondomtalies ('Roundabouts' / sirkels / minisirkels): miljuisende van die
> goed en as jy nie gou leer om op die EERSTE bord te kyk watter paadjie om te
> vat nie ry jy om en om die d^em ding tot jy dink jy wys in die regte
> rigting..'n Halfuur later is jy weer terug by dieselfde minisirkel, want dit
> was toe nie die regte rigting nie. Ek hoor in Swindon is daar glad een wat
> hulle 'n 'Magic Roundabout' noem - 'n grote met so vier of vyf 'kalfies' om
> hom - die joos alleen weet hoe jy om hom kom. Hier in Farnham het ons
> waarskynlik die grootste een in Engeland - daar's 'n hele dorpie in die
> middel van die roundabout!
>
> 3) Ek bly in Surrey naby Guildford - pragtige stuk aarde vol bome/blomme:
> sulke regte 'Engelse' landskappe. Maar dis ook naby die hoofsentra van die
> weermag - Aldershot is 'n klipgooi ver, Farnborogh net 'n bietjie verder,
> Southampton so 30 myl suidwes Bisley 'n hanetreetjie doei kant toe en
> Mytchett langs my. Wat dit alles beteken is dat hier gedurig
> krygsoefeninge/grofgeskut rondom ons is - die eerste paar dae wou ek net
> vervaard dekking slaan as ek die geweervuur hoor. Die landkaart is vol
> sulke groot oop groen gedeeltes met baie paadjies op maar oral staan in rooi
> letters - Danger Area - Rifle range of Long Range Bombing aea of sulke
> horriebale goete.
>
> 4) Hulle idee van wild is hasies wat op jou grasperk rondspring of die
> takbokke in Richmond Park. Hulle't nie eens een behoorlike giftige slang of
> spinnekop nie. G'n wonder die leeus vreet die buitelanders by die dosyne
> ;-) in Krugersdorp se wildtuin op nie !
>
> 5) Nog 'n ding wat my al amper in groot moeilikheid laat beland het is
> voetoorgange - die eerste paar weke het ek kort-kort byna 'n voetganger
> ge-'score' as hulle sommer so voor my begin oorstap - salig onbewus dat
> hierdie rooi kar waarskynlik nie gaan stop nie!
>
> Cheers vir eers
> Dries Venter
>
Re: Afrikaner in Londen [boodskap #21561 is 'n antwoord op boodskap #21546] So, 07 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 6 Mar 1999 19:56:25 -0000, "Dries Venter"
wrote:

|Is lekker hier in Ingeland by die beach n^e? Net jammer dit re:en al weer
|en die temperatuur is 9 grade C (ek begin al dink dat 10 grade 'warm' is!)
|en die water is in elk geval te koud om selfs jou toon in te sit. Wonder
|van alle wonders is dat die strand (!) van klippe is - sulke rondes so groot
|soos my vuis.
|
|Ek is hier met 'n jaar werkkontrak (gaan al weer in Junie terug) en wat 'n
|snaakse plek is dit tog nie!
|
Dries, dankie vir die lekker vertelling - jy kan gerus meer so maak!
Daai sirkels en vier bane verkeer het my in 'n ongeluk laat beland
iewers in Bucks naby Chalfont St Giles. Gelukkig niemand seer gekry
of iets nie... maar dis 'n lang en interesante storie vir later!

Johan, die ewige realis / optimis.
Re: Afrikaner in Londen [boodskap #21562 is 'n antwoord op boodskap #21546] So, 07 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
rana  is tans af-lyn  rana
Boodskappe: 25
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Junior Lid
Dries, ek ken die omgewing en dit wat jy beskryf, en geniet dit tog so
om te hoor ander mense vind die sirkels net so verwarrend!

Ek het gister my ultimate vuurdoop met motorbestuur hier gehad.. met die
M25 verby Heathrow, M4, en toe die A40M tot binne-in sentraal London, ek
was langs Hyde park, Leicester Square, Nottingham Hill, Kensington, you
name it. Dit was net black cabs, red London busses rondom my, en die
jongmanne in hulle blink sportmotors wat deur die kleinste gapingkies in
die verkeer probeer vleg..

Dis nou my voorland. Vervoer my meisiekind met haar 'draagbare' klavier
na allerhande plekke vir sang/klavier optredes. Kom luister gerus na
haar, ons kan doen met die ondersteuning van Suid-Afrikaners hier in
London.

Rits optree datums in die suide van Engeland.. Volgende London optrede
is in die Acoustic Cafe in Soho, op Dinsdag 6 April Haar verhoognaam is
Madeline Milla. Sy skryf al haar liedjies self, lirieke en musiek, en
begelei haarself op die klavier. Haar eerste CD is beskikbaar by
optredes, en by Virgin store in Hastings, binne twee weke.

Groete,
Rana
--
rana
Re: Afrikaner in Londen [boodskap #21594 is 'n antwoord op boodskap #21546] Ma, 08 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Olympus  is tans af-lyn  Olympus
Boodskappe: 22
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Junior Lid
Ou Igs, of wat ook al..... so jy is toe sommer siener, aanklaer en regter
ook.... 'n soort van bossielkundige..... laat my so dink aan 'n dolosgooier
se interpretasies. Nie boetie ek is nie hovaardig nie . Jy is kleinlik
pretensieus. Maar so ken ek jou soort mos, nie waar nie?

----------------
@igs.net wrote in message ...
> "Olympus" writes:
>
>> Haai Dries....... Dit is seker jou eerste keer in die buiteland - in hierdie
>> geval London. Dis mos ou nuus jong... of dink jy ons Afrikaners reis nie?
>> Goeie raad - vergeet van die weer en verdiep jou in die kultuur en
>> kunsskatte - dit is baie belangriker as jou ervarings met tipiese Europese
>> weer. Groete ou groot man.
>
>
> Dis snaaks hoe mens iemand se karakter-
> trekke na 'n ruk kan uitmaak op die manier
> waarop hy pos. Hierdie "Olympus" ou is
> hovaardig.
>
> Dries. Gaan aan om oor Londen en omgewing
> te pos. Ek geniet dit. Ek dink Bees sal dit
> geniet. Baie mense wat vantevore in Engeland
> was, sal dit geniet. Waar werk jy? Naby die
> middestad? Dit klink asof jy effens ver
> daarvandaan af bly, maar dan onthou mens ook
> weer hoe vinnig jy van die een plek na die
> ander kan gaan in die suidelike deel van
> Engeland. Ek sien daarna uit om te hoor hoe
> die lente daar jou gaan tref. Ek onthou Maart
> egter as 'n gure maand met baie wind (net
> soos SA se Augustus.) En April, volgens Chaucer,
> is ook nog cruel somtyds. Hoop jy sal van
> die beste dele van Engeland kan sien voordat
> jy teruggaan na SA. Ek beveel die New Forest
> aan. En natuurlik Stonehenge. Ek dink ek het
> juis in Maart soontoe gegaan, net om in
> Salisbury uit te vind dat die busse nie na
> Stonehenge loop daardie tyd van die jaar
> nie. Toe begin ek loop na Stonehenge. Hele
> paar myl. Net met 'n pakkie liquorice all-
> sorts in my jas se sak.
>
> Ek dink die mooiste stad wat ek in Engeland
> gesien het (behalwe Edinburgh) is Chester.
> Dis op die grens van Wallis, maar daardie
> dele is die moeite werd om te gaan kyk.
>
> Gloudina in Oostelike Ontario
> (waar ons nou in Maart die een groot sneeu-
> storm na die ander kry, en die temperatuur
> op die oomblik -17 C is.)
>
Re: Afrikaner in Londen [boodskap #21595 is 'n antwoord op boodskap #21546] Ma, 08 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
M^ore oom,

1) Toevallig was ek al 'n paar keer in die buiteland, Londen ook, en die
hele Europa, Peking, die hele Suidelike Afrika (dis seker nie 'oor sie see'
nie, n^e?). Dit is wel die eerste keer wat ek voel om so iets met die ng te
deel. Ek het al helemal genoeg politiekery op die ng tussen Johan met die
hap innie oor, die handdoek tannie by @igs en Leendert en iemand wat homself
'n eekhoring noem. Ferdi was ook op 'n stadium hier maar ek sien nie meer
sy naam nie (Ferdi Greyling dalk?)

2) Bill Bryson het na tien jaar se verblyf hier 'n boek geskryf 'Notes from
a small island' en dit is 'n blitsverkoper. Hy het (onder andere) ook die
roundabouts snaaks gevind, die weer 'n grap, en so meer. Definitief was dit
vir sy lesers nie 'ou nuus' nie. Vir my mense in SA is dit ook nie 'ou
nuus' nie. Selfs Gloudina het nie 'n rede gekry om my 'n apartheidsvark te
noem nie, en ek is seker ander mense kon dalk ook 'n glmlaggie om die
mondhoeke kry al was dit dan ook net by herinnering aan die ou nuus.

3) Die weer is vir my belangrik - ek is 'n gereelde stapper/kamper/buitelewe
mens. Dis MY kultuur. As joune is oor prente en sulke dinge, mooi so.

4) Te oordeel aan die baie Afrikaans wat ek in Londen hoor, reis ons ou
volkie voorwaar die hele w^erld vol. Maar daar is baie wat nie kan/wil reis
nie. Ag jouself gelukkig dat dit vir jou ou nuus is omdat jy so berese is.
Ek probeer net om nie blas'e oor die hele ou ding te raak nie.

5) Ou biel, probeer eerder 'n positiewe bydrae maak as om altyd net op ander
se pos te reageer en te probeer afkraak.

Mooi loop ou grote,
Dries

Olympus wrote in message ...
> Haai Dries....... Dit is seker jou eerste keer in die buiteland - in hierdie
> geval London. Dis mos ou nuus jong... of dink jy ons Afrikaners reis nie?
> Goeie raad - vergeet van die weer en verdiep jou in die kultuur en
> kunsskatte - dit is baie belangriker as jou ervarings met tipiese Europese
> weer. Groete ou groot man.
>
Re: Afrikaner in Londen [boodskap #21596 is 'n antwoord op boodskap #21546] Ma, 08 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
Londen was my eerste ervaring van die buiteland - oorsee, behalwe vir Angola en
Zimbabwe. Ek het my ouers vergesel op vakansie.

In die vliegtuig is ons al gewaarsku dat die Treindiens staak en dat ons of rooi
busse of taxi's of die underground moet neem van Heathrow af. Toe ons uit doane
stap, hoor ons die underground staak in simpatie met British Rail en ons enigste
opsie is die rooi busse (taxi het te duur geklink) (Destyds was die wisselkoers
twee rand vir 'n pond.)

Ons moes lank in die rooi busse se tou staan en ek het gou gaan koeldrank koop.
Die kleingeld het ek sonder om te kyk in my baadjiesak laat val. Toe ons bus
uit Heathrow wegtrek wys die drywer ons die ander busse parkeer die terrein toe
- syne was die laaste bus om te vertrek (wonder of hulle kickback gekry het van
die taxi drywers?).

Die bus laai ons by Victoria Stasie af (enigste stop) en nou moet ons taxi kry
hotel toe... en dit begin reen. In die konfusie van reen jasse en sambrele
uithaal kom daar so cocky klein Cockney en gryp my sambreel en soek kamma vir my
'n taxi. Almal wat by die bushalte staan lag vir hom want hy het 'n baie
koddige figuur en lag vir my want ek is vies omdat ek dink ek is nou my sambreel
kwyt en ek is die een wat nou natreen.

Die volgende oomblik stop 'n taxi voor my wat iemand aflaai en ek vra of hy nou
beskikbaar is. Ja, en ek laai ons tasse in en my ouers klim in. Ek wou ook net
inklim toe onthou ek my sambreel en met die staan die ou mannetjie agter my met
my sambreel. Ek neem dit terug en sy hand staan bakhand uit. Half vies, want
hy het niks vir my gedoen nie, steek ek my hand in my baadjiesak en gee hom die
paar munte. Onmiddelik word ek oorspoel deur 'n stroom vloekwoorde waarvan
meeste my army vriende soulaat bloos en die ander is woorde wat ek nog nie eers
gehoor het nie. Baie kwaad dump die ou mannetjie weer die 4pennies in my hand
terug en laat vat!

Die ou taxi drywer het seker nie mooi besef waarom ek hom twee pond getip het
nie!!!

Die volgende more het ek mooi by die hotel navraag gedoen oor die regte
hoeveelheid om te tip en is toe met baie meer selfvertroue by die hotel uit -
ons moes weer taxi ry na die punt toe waar ons 'n toerbus sou haal vir tien dae
deur Europa. Op die sypaadjie buite die hotel is daar weer 'n local yokel wat
wil weet of ek 'n taxi wil hê - ek sê ja, en ek vang 'n baie stewige grip op my
sambreel!

Waarheen wil ek gaan? Trafalgar Square, net buite loop afstand met die tasse.
Met dié begin hy wild waai en nie lank nie of 'n ander taxi stop.

Ek laai weer almal in, gereed met die regte munte in my sak vir tips. Ek kom
toe net regop om hom te tip, toe "tap" 'n ander ou my op die skouer -
Metropolitan Police in siviele klere. Kan hy my net gou 'n paar vrae vra
asseblief. Met die sien ek die polisie dame saam met hom, het die ou wat vir my
'n taxi "geflag" het, gaan haal waar hy in sy eie taxi wou klim en sy bring hom
nou nader.

"Het die man geweet ek wil 'n taxi hê?".

"Ja, hy het my gevra" sê ek en agter die twee konstabels se rug beduie hy vir my
ek moet sê nee, maar ek kan nie nog met die waarheid ook toor nie.

"Het die man geweet waarheen ek wou gaan?".

"Ja, hy het my gvra".

Baie dankie vir my hulp en daar gaan hulle met die ou .... en ek klim in my taxi
- heeltemaal deurmekaar oor wat nou gebeur het. Ons vra toe die taxi bestuurder
en hy vertel dat hulle onder direkte en baie streng beheer staan van die
Metropolitan Police. Hulle mag nie 'n "fare" weier nie en wat die ou gedoen
het, was om buite die hotelle te vra waarheen jy wil gaan - as dit ver is soos
Heathrow of Wimbeldon, dan vat hy jou want dit betaal meer - as dit 'n kort rit
is soos wat ons wou maak, dan waai hy vir 'n ander taxi.

Toe ons die dag weer van Heathrow af vertrek kon ek nie help om vir my 'n
stelletjie van driekarretjies te koop wat by die res van my Corgi Toys inpas
nie: 'n rooi Londen bus, 'n swart diesel taxi en 'n polisie motor!

Daar moes nou nog net 'n gehuurde motor ook by gewees het - Ford Feista, as ek
reg onthou, maar dis 'n ander lang storie.....
Re: Afrikaner in Londen [boodskap #21620 is 'n antwoord op boodskap #21546] Di, 09 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 8 Mar 1999 22:00:54 -0000, "Dries Venter"
<ven...@FreeNet.co.uk> wrote:

<< Ferdi was ook op 'n stadium hier maar ek sien nie meer
> sy naam nie (Ferdi Greyling dalk?)>>>

Ja.
En skryf nog uit Londen. Ek lees dit. Dit is vir my nuwse insigte en
ek geniet dit.
Re: Afrikaner in Londen [boodskap #21621 is 'n antwoord op boodskap #21546] Di, 09 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 8 Mar 1999 21:19:46 -0800, "Olympus" <sup_...@hotmail.com> wrote:

<<>Ou Igs, of wat ook al..... so jy is toe sommer siener, aanklaer en regter
> ook.... 'n soort van bossielkundige..... laat my so dink aan 'n dolosgooier
> se interpretasies. Nie boetie ek is nie hovaardig nie . Jy is kleinlik
> pretensieus. Maar so ken ek jou soort mos, nie waar nie?>>

Wel jy het geklink soos n windgat wat in 'n katerdraal praat.
Re: Afrikaner in Londen [boodskap #21622 is 'n antwoord op boodskap #21546] Di, 09 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 09 Mar 1999 13:38:00 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:
|Ek was onlangs net vir twee dae in Londen en het begin paranoid raak
|omdat die mense te wit is en almal swart aantrek.
|
|n Bleek massa in swart so reg uit Elliot se Waste Land wat soos skape
|verby stroom. Eindeloos.....
|
|
|
Ek het eers werklik in Londen besef wat die term "baie mense" beteken!
Re: Afrikaner in Londen [boodskap #21623 is 'n antwoord op boodskap #21546] Di, 09 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 8 Mar 1999 22:00:54 -0000, "Dries Venter" wrote:
| Dit is wel die eerste keer wat ek voel om so iets met die ng te
|deel. Vir my mense in SA is dit ook nie 'ou
|nuus' nie. Selfs Gloudina het nie 'n rede gekry om my 'n apartheidsvark te
|noem nie, en ek is seker ander mense kon dalk ook 'n glmlaggie om die
|mondhoeke kry al was dit dan ook net by herinnering aan die ou nuus.
|Te oordeel aan die baie Afrikaans wat ek in Londen hoor, reis ons ou
|volkie voorwaar die hele w^erld vol. Maar daar is baie wat nie kan/wil reis
|nie. Ag jouself gelukkig dat dit vir jou ou nuus is omdat jy so berese is.
|Ek probeer net om nie blas'e oor die hele ou ding te raak nie.
| Ou biel, probeer eerder 'n positiewe bydrae maak as om altyd net op ander
|se pos te reageer en te probeer afkraak.
|
Dries,
Dankie vir jou vertelling - moet asseblief nie dat een javel se klagtes jou stop
nie - die res van ons geniet dit terdee.

Johan - die ewige realis/optimis
Re: Afrikaner in Londen [boodskap #21624 is 'n antwoord op boodskap #21546] Di, 09 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 08 Mar 1999 15:58:42 GMT, e...@dot.com (Johan (In oortje
gehapt!)) wrote:

Zimbabwe. Ek het my ouers vergesel op vakansie.>>[/color]

Ek was onlangs net vir twee dae in Londen en het begin paranoid raak
omdat die mense te wit is en almal swart aantrek.

n Bleek massa in swart so reg uit Elliot se Waste Land wat soos skape
verby stroom. Eindeloos.....
Vorige onderwerp: We have taken legal action
Volgende onderwerp: Re: vigs is an expert on OZ...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 26 14:49:43 MGT 2024