Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Weer by Angelina
Weer by Angelina [boodskap #21584] Ma, 08 Maart 1999 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Verlede jaar het Artur Hagen in Nederland 'n nuusberig op BBC gesien oor die
swart baba wat deur die Afrikaners doodgeskiet is.

Rillend van afsku het hy opmerkings daaroor op die nuusgroep gemaak. Hy het
nie gewag vir die hofuitspraak nie.

Gloudina het nie die kans laat verbygaan om to gloat nie, en het jillend op
'n lekker vars "ikoon" afgestorm en behoorlik gerol in die modder wat sy aan
"apartheidsvarke" toegedig het. Sy het nie gewag vir die hofuitspraak nie.

Hierdie week het die hof sy beslissing bekendgemaak. Volgens die getuienis,
het die volgende gebeur:

Die "wit Afrikaner" ene Nico Steyn, woon op 'n kleinhoewe in Gauteng - hy is
dus een van die groep mense wat daagliks uitgemoor word in "plaasaanvalle".
Die dag voor die gebeure het hy teruggekom van vakansie. Terywl hy weg was,
het iemand probeer om by sy huis in te breek. Hy was by baie vorige
geleenthede die slagoffer van inbrake.

Hy het 'n beweging naby sy huis gesien, (136m weg) maar kon nie in die lang
gras sien wat aangaan nie. Hy het vermoed dat die inbreker miskien
teruggekom het, en sy pistool gaan haal. Hy het die persoon beveel om stil
te staan. Toe die persoon aanhou beweeg, het hy 'n waarskuwingskoot in die
lug geskiet, maar die persoon het aanhou beweeg. Toe hy die derde skoot in
die lug skiet, het hy 'n gil gehoor.

Toe hy by die plek kom, vind hy die twee kinders. Hul ouma was ook reeds
daar. Hy het dadelik met die gewonde kinders na die hospitaal gejaag, en
deurentyd mond-tot-mond-asemhaling toegepas op die swaargewonde Angelina. Sy
is later dood.

Die hof bevind, op grond van ballistiese getuienis, en die getuienis van die
pataloog oor die aard van die wonde, dat die koeël van 'n oorhoofse
kragdraad afgeskram het voordat dit die kinders getref het. Dit stem ooreen
met Steyn se getuienis dat hy waarskuwingskote in die lug geskiet het.

Die hof bevind dat die koeël nooit vir enige van die kinders bedoel was nie.
Steyn is onskuldig aan moord op Angelina, maar skuldig aan strafbare
manslag. Hy is onskuldig aan moord op die ander kind, maar skuldig aan
gewone aanranding.

Drie dae na die insident het "strukture" begin agiteer, Steyn is in die
tronk gegooi (waar hy later verkies het om te bly, weens dreigemente op sy
lewe) en Mandela het die goor rassestok begin swaai en 'n ANC rally gereël
op die koste van die belastingbetaler. Hy het nie gewag vir die hofuitspraak
nie.

Arthur en Gloudina het saamgedans en die ikonespel gespeel.

Gloudina se groot ikoon blyk toe 'n patetiese klein tragedie te wees vir 'n
paar klein mensies wat probeer regkom en die regte ding doen in 'n klimaat
van voorturende misdaad en geweld.

Dit is deur die ANC, die media, Arthur en Gloudina misbruik as 'n stok om
Afrikaners mee te slaan. Die soort van ding wat Afrikaners reeds vir ten
minste twee eeue moet verduur, veral uit Engelsprekende lande.

Die soort van onbeheersde verdagmakery wat veral die afgelope dekades 'n
amper daaglikse ding was. (Onthou "Sizwe" se gruwelike vals "aanhaling" van
wat kastig deur PW Botha gesê sou gewees het? Onthou die ANC-Senator uit
Venda wat in die Senaat vertel het van die boervrou wat haar werker se baba
vir die varke gevoer het?)

Is dit verbasend dat mense nou sê hulle "het nie geweet" van gruweldade soos
die rondom Biko en Vlakplaas nie?

Ek sou sê dat dit heel rasioneel is om later niks meer te glo wat die BBC,
of mense soos Arthur Hagen, Mandela, "Sizwe" of Gloudina te vertel het nie.
Mens sluit naderhand jou ore daarvoor.

By die hof, hierdie week, was die groot skares, die Mandelas en die ANC
deurlugtiges heeltemal afwesig. Omtrent 30 mense het kom luister na die
uitspraak - hoofsaaklik die familie van die betrokkenes en 'n persman of
twee.

Steyn word hierdie week gevonnis. Sy lewe is glo steeds in gevaar.

Maar die BBC sal beslis nie die uitspraak van die hof op Delmas rapporteer
waar Arthur Hagen dit kan sien nie. Arthur sal tot sy dood oortuig wees dat
Boere kafferbabatjies doodskiet vir die sports.
Re: Weer by Angelina [boodskap #21585 is 'n antwoord op boodskap #21584] Ma, 08 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Van Rooyen  is tans af-lyn  Alwyn Van Rooyen
Boodskappe: 49
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Gloudina is ongelukkig die tipe wat nie eers sal erken dat sy verkeerd was
nie. Jy gaan dalk nog hoor dat dit 'n apartheids regter was en dat hy
betrokke was in een of ander komplot.

Leendert van Oostrum wrote in message ...
> Verlede jaar het Artur Hagen in Nederland 'n nuusberig op BBC gesien oor die
> swart baba wat deur die Afrikaners doodgeskiet is.
>
> Rillend van afsku het hy opmerkings daaroor op die nuusgroep gemaak. Hy het
> nie gewag vir die hofuitspraak nie.
>
> Gloudina het nie die kans laat verbygaan om to gloat nie, en het jillend op
> 'n lekker vars "ikoon" afgestorm en behoorlik gerol in die modder wat sy aan
> "apartheidsvarke" toegedig het. Sy het nie gewag vir die hofuitspraak nie.
>
> Hierdie week het die hof sy beslissing bekendgemaak. Volgens die getuienis,
> het die volgende gebeur:
>
> Die "wit Afrikaner" ene Nico Steyn, woon op 'n kleinhoewe in Gauteng - hy is
> dus een van die groep mense wat daagliks uitgemoor word in "plaasaanvalle".
> Die dag voor die gebeure het hy teruggekom van vakansie. Terywl hy weg was,
> het iemand probeer om by sy huis in te breek. Hy was by baie vorige
> geleenthede die slagoffer van inbrake.
>
> Hy het 'n beweging naby sy huis gesien, (136m weg) maar kon nie in die lang
> gras sien wat aangaan nie. Hy het vermoed dat die inbreker miskien
> teruggekom het, en sy pistool gaan haal. Hy het die persoon beveel om stil
> te staan. Toe die persoon aanhou beweeg, het hy 'n waarskuwingskoot in die
> lug geskiet, maar die persoon het aanhou beweeg. Toe hy die derde skoot in
> die lug skiet, het hy 'n gil gehoor.
>
> Toe hy by die plek kom, vind hy die twee kinders. Hul ouma was ook reeds
> daar. Hy het dadelik met die gewonde kinders na die hospitaal gejaag, en
> deurentyd mond-tot-mond-asemhaling toegepas op die swaargewonde Angelina. Sy
> is later dood.
>
> Die hof bevind, op grond van ballistiese getuienis, en die getuienis van die
> pataloog oor die aard van die wonde, dat die koeël van 'n oorhoofse
> kragdraad afgeskram het voordat dit die kinders getref het. Dit stem ooreen
> met Steyn se getuienis dat hy waarskuwingskote in die lug geskiet het.
>
> Die hof bevind dat die koeël nooit vir enige van die kinders bedoel was nie.
> Steyn is onskuldig aan moord op Angelina, maar skuldig aan strafbare
> manslag. Hy is onskuldig aan moord op die ander kind, maar skuldig aan
> gewone aanranding.
>
> Drie dae na die insident het "strukture" begin agiteer, Steyn is in die
> tronk gegooi (waar hy later verkies het om te bly, weens dreigemente op sy
> lewe) en Mandela het die goor rassestok begin swaai en 'n ANC rally gereël
> op die koste van die belastingbetaler. Hy het nie gewag vir die hofuitspraak
> nie.
>
> Arthur en Gloudina het saamgedans en die ikonespel gespeel.
>
> Gloudina se groot ikoon blyk toe 'n patetiese klein tragedie te wees vir 'n
> paar klein mensies wat probeer regkom en die regte ding doen in 'n klimaat
> van voorturende misdaad en geweld.
>
> Dit is deur die ANC, die media, Arthur en Gloudina misbruik as 'n stok om
> Afrikaners mee te slaan. Die soort van ding wat Afrikaners reeds vir ten
> minste twee eeue moet verduur, veral uit Engelsprekende lande.
>
> Die soort van onbeheersde verdagmakery wat veral die afgelope dekades 'n
> amper daaglikse ding was. (Onthou "Sizwe" se gruwelike vals "aanhaling" van
> wat kastig deur PW Botha gesê sou gewees het? Onthou die ANC-Senator uit
> Venda wat in die Senaat vertel het van die boervrou wat haar werker se baba
> vir die varke gevoer het?)
>
> Is dit verbasend dat mense nou sê hulle "het nie geweet" van gruweldade soos
> die rondom Biko en Vlakplaas nie?
>
> Ek sou sê dat dit heel rasioneel is om later niks meer te glo wat die BBC,
> of mense soos Arthur Hagen, Mandela, "Sizwe" of Gloudina te vertel het nie.
> Mens sluit naderhand jou ore daarvoor.
>
> By die hof, hierdie week, was die groot skares, die Mandelas en die ANC
> deurlugtiges heeltemal afwesig. Omtrent 30 mense het kom luister na die
> uitspraak - hoofsaaklik die familie van die betrokkenes en 'n persman of
> twee.
>
> Steyn word hierdie week gevonnis. Sy lewe is glo steeds in gevaar.
>
> Maar die BBC sal beslis nie die uitspraak van die hof op Delmas rapporteer
> waar Arthur Hagen dit kan sien nie. Arthur sal tot sy dood oortuig wees dat
> Boere kafferbabatjies doodskiet vir die sports.
>
Re: Weer by Angelina [boodskap #21607 is 'n antwoord op boodskap #21584] Di, 09 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Arthur Hagen wrote in message ...
> Leendert van Oostrum heeft geschreven...
>> Verlede jaar het Artur Hagen in Nederland 'n nuusberig op BBC gesien oor
> die
>> swart baba wat deur die Afrikaners doodgeskiet is.
>>
>> Rillend van afsku het hy opmerkings daaroor op die nuusgroep gemaak. Hy het
>> nie gewag vir die hofuitspraak nie.
>
>
> Je vergist je, Leendert. Ik heb dat programma nooit gezien en ik heb er dus
> ook nooit iets over op deze nuusgroep geschreven. Ik heb zelfs een lichte
> aanvaring gehad met degene die het wel had geschreven, omdat ik hem ervan
> betichtte "arrogant" te zijn.

En elders:

>
> Wanneer jijzelf je van de feiten hebt vergewist, dan zou ik het op prijs
> stellen als je een rectificatie plaatst en mij je verontschuldigingen
> aanbiedt.
>
> Arthur

Ek doen dit met die grootste graagte!

Jammer, Arthur, dit was Arno vdh wat die Angeline-storie opgeslurp het. Dit
was oor iets anders waaroor ek met jou gestry het :-)

Maar, om Gloudina se varkargument te gebruik: Synde
net-maar-nog-'n-Hollander, is jy in elk geval pedanties, bevooroordeeld, an
anti-Afrikaner. Jy is dus in elkgeval ook 'n apartheidsvraat soos jou
landgenoot, Arno!

>
> Dejanews is overigens een heel handig middel om vóór je dit soort uitspraken
> doet even te checken alvorens er iemand over aan te spreken.

Inderdaad!

Ek gaan gewoonlik my feite na, en dit is nou die vierde maal in amper 2000
berigte dat my gewoonlik formidabele geheue my in die steek laat :-)

(Net om enige moontlike Hollandse gebrek aan humor voor te spring: Ek spot
eintlik hierbo - ek bied eerlik verskoning aan omdat ek jou naam aan die
verkeerde insident gekoppel het.)

Groete, Leendert
Re: Weer by Angelina [boodskap #21608 is 'n antwoord op boodskap #21584] Di, 09 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum heeft geschreven...
> Arthur Hagen wrote...
>> Wanneer jijzelf je van de feiten hebt vergewist, dan zou ik het op prijs
>> stellen als je een rectificatie plaatst en mij je verontschuldigingen
>> aanbiedt.
>
> Ek doen dit met die grootste graagte!

Dank je. Excuses aanvaard. Kunnen we tenminste op gelijke voet over andere
dingen ruzie maken......

> Synde net-maar-nog-'n-Hollander, is jy in elk geval pedanties, bevooroordeeld, an
> anti-Afrikaner.

:) Vandaar dat je nu voornamelijk met een Fries aan het bakkeleien bent!

Groeten,
Arthur
Re: Weer by Angelina [boodskap #21609 is 'n antwoord op boodskap #21584] Di, 09 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robbert Zijlstra  is tans af-lyn  Robbert Zijlstra
Boodskappe: 111
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Hoi Arthur,

"zoekt en gij zult vinden". Ik heb nu inderdaad je postings over mutimoorden
gevonden, op dejanews. Tsss, wat
ontzettend handig. Ik ben iets van twee maanden geleden begonnen met
Newgroepen te volgen en het is allemaal verbijsterend handig! Het internet en
zijn mogelijkheden zijn verbazingwekkend. Ik blijf dingen leren. In ieder
geval ontzettend bedankt voor je hulp. Ik ga nog even neuzen..............

Met vriendelijke groet,

Robbert
Re: Weer by Angelina [boodskap #21650 is 'n antwoord op boodskap #21584] Wo, 10 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Arthur Hagen wrote in message ...

>> Synde net-maar-nog-'n-Hollander, is jy in elk geval pedanties,
> bevooroordeeld, an
>> anti-Afrikaner.
>
> :) Vandaar dat je nu voornamelijk met een Fries aan het bakkeleien bent!

Soos Gloudina, moet ek jou vra om my tog nie met feite te probeer verwar nie
:-)

Groete, Leendert
Vorige onderwerp: Vir Leendert, n enkele versie oor enkels.
Volgende onderwerp: Briefie vir Oom Kaspaas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 08:57:44 MGT 2024