Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Verknoeide Mirakel" deur HENNIE AUCAMP
"Verknoeide Mirakel" deur HENNIE AUCAMP [boodskap #21575] Ma, 08 Maart 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
VERKNOEIDE MIRAKEL
Vir Nataniël le Roux
Hennie Aucamp (Teen latenstyd, 1987)

Die son wat jy beloof het,
het nooit die dag geskyn nie;
die drank wat jy geskink het,
was water en geen wyn nie.

Jou haardos wat geblink het,
het hennarooi besiel,
maar toe ek dit vertroetel,
was jou lokke van akriel.

Jou borste wat beloof het
'n koninklike buit,
was onbestand teen passie:
sinteties ingespuit.

Jou rokke wat geval het
soos water van 'n krans,
het om jou spits bly karring:
en kyk, ons was twee mans.

Die son wat jy beloof het,
is uitgedoof tot nag;
en na ek jou vermoor het,
het ek jou weer verkrag.
Vorige onderwerp: "Jong Dames Dinamiek" deur die "Naaimasjiene."
Volgende onderwerp: "Blinde Knoop" deur PIETER VAN DER LUGT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 05:55:20 MGT 2024