Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Au pair in Columbus
Au pair in Columbus [boodskap #21525] Do, 04 Maart 1999 00:00
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Gisteraand het Azell geskakel om te laat weet hoe dit daar gaan. Sy klink
soos die Azell van ouds, altyd iets om oor te lag en te babbel. Sy het al
lekker aangepas en kom goed oor die weg met die twee dogtertjies wie sy
versorg. Sy hou haar tans besig met 'n kursus in rekenaars en leer ook om
te figuurskaats.

Sy vertel dit sneeu steeds en mis die warm weer wat ons tans het, vreeslik.

Johan, was dit jy wat so 'n ruk terug jou brief aan die familie op die
nuusgroep geplaas het oor julle leefwyse en die weer? Ek sal eendag wanneer
ek groot is, oorsee gaan reis, net om die lewenswyses van ander mense te
gaan verken!

Aangesien van die mense op die nuusgroep moeg is van die politiek sal ons
maar oor die weer gesels! :-)
Re: Au pair in Columbus [boodskap #21526 is 'n antwoord op boodskap #21525] Do, 04 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 4 Mar 1999 10:28:24 +0200, "Shannon" wrote:
|
|Johan, was dit jy wat so 'n ruk terug jou brief aan die familie op die
|nuusgroep geplaas het oor julle leefwyse en die weer? Ek sal eendag wanneer
|ek groot is, oorsee gaan reis, net om die lewenswyses van ander mense te
|gaan verken!
|
|Aangesien van die mense op die nuusgroep moeg is van die politiek sal ons
|maar oor die weer gesels! :-)
|
Ja ek dink dit was ek. En soos ek hier sit het dit nou net begin sneeu - hulle
voorspel minder as 'n duim sneeu en dit sal seker een van die laaste sneeuvalle
van die winter wees. Met ons temperature wat nou vir 'n paar dae al bedags
bokant vriespunt beweeg, het meeste van die sneeu op die grond en op die hope in
parkeerterreine al gesmelt.

Die weer was nog nooit so prominent in ons lewens as nou nie - in die winter wil
'n mens maar altyd bewus wees van die temperatuur en wind, want die twee saam
kan dit lewensgevaarlik maak om buite te wees. Die kinders word byvoorbeeld nie
toegelaat om buite te speel tydens pouses by die skool as die windchill die
temperatuur veel onder -10°C dwing nie. (Dis al klaar vir ons al te snaaks om
te hoor dat hule in Texas skole sluit as die temperatuur naby 0°C kom.)

Die weer beinvloed 'n mens hier op baie ander gebiede ook: Almal word
aangemoedig om in die winter met nood stelle in die kar rond te ry: dis nou hoë
energie kos soos "energy bars", komberse, ekstra warm klere, kerse, flits,
graaf, ens. sodat wanneer jou kar vasval, jy sal kan oorleef tot hulp opdaag.

Elke jaar is hier mense wat so doodgaan en wat nie voorsiening gemaak het nie.
As jou kar eers gaan staan en die enjin loop nie meer nie, is dit net minute
voor die kar begin koud word en binne enkelle ure kan jy in jou kar verkluim en
doodgaan.

Daar is baie groot seisoenswisselings hier (groot verskille tussen die seisoene)
en nou hier so teen die einde van die winter, met die dae wat begin langer word,
begin ons nou uitsien na die lente. Ons daaglikse maksimums is nog maar so
tussen -3°C en 5�C, maar meeste dae is sjampanje-sonskyn dae. Met dat die son
ook nou hoër begin sit (in die winter kom hy nie juis veel hoër as 45� bo die
horison nie) het hy ook meer invloed en bak hy byvoorbeeld bedags ons huis baie
warm.

In die middel van die winter, wanneer ons gemiddelde dagtemperatuur -16°C is,
beteken die son nie veel sover dit hitte aangaan nie - hy verskaf net lig.
Noudat die son begin effek kry, het die weermag met 'n nuutontwikkelde projek
begin. In 1997 het die Red River hier in Noord Minnesota in die Red River
Valley (wie ken nog die ou liedjie?) sleg oorstroom en baie dood en skade
veroorsaak. Verlede jaar is toe ge-eksperimenteer en hierdie jaar word dit nou
volluit toegepas: die weermag vlieg met hellikopters oor die gevriesde riviere -
onder aan hang daar reuse emmers donker, skoon, riviersand wat oor die riviere
se ys gestrooi word. Die son se hitte veroorsaak dan dat die riviere se ys
solank geleidelik begin smelt en daar nie groot blokke ys ontstaan later as die
temperature begin styg nie. Die blokke ys het glo in die verlede opdammings
veroorsaak wat bygedra het tot die skade.

Ek wens ek het een van hierdie video kamarras aan die rekenaar gehad sodat ek
julle kon wys hoe dig die sneeu nou val. Dis te pragtig! En daar's nou nog 'n
ding wat 'n mens hier kry: ELKE kar het 'n sneeuborsel en skraper in. Jy moet
die sneeu van die vensters afvee voor jy ry en as dit dalk begin smelt het is
dit op die ruit vasgevries en dan is die enigste manier om dit afte kry om dit
af te krap met die skerp kant van die skraper. Die ruitveers het ook nie water
in nie, maar 'n spesiale alkohol mengsel wat nie sommer sal ys nie.

Nou ja, klink of SA deur groot hitte en droogte gaan!?! Ons is blykbaar in vir
'n somer van abnormale hoë voorkoms van tornados! Komplimente van La Nina.
Sal maar sien...
Vorige onderwerp: Re: Still the same shit
Volgende onderwerp: Zimbabwe: Helen Suzman-stigting verslag.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 22 10:51:40 MGT 2024