Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oor Sebetiela (was Zebediela)
Oor Sebetiela (was Zebediela) [boodskap #21497] Wo, 03 Maart 1999 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
wrote:

> Johan, Zebediela was 'n breinkind van 'n
> westerse regering wat gemik het op die
> produksie van groot hoeveelhede sitrus-
> vrugte, sodat hulle dit kon uitvoer en
> geldmaak. Dit was kunsmatige grondgebruik.
> Ek neem aan dat die boikot van SA goedere
> alreeds vir Zebediela 'n nekslag toegedien
> het. Ek neem aan dat die mense wat nou op
> daardie grond bly, hulle eie besluite en
> hulle eie lewensstyl kies, en nie slawe
> is van produksie-kwotas nie.

Presies soos Hendrik Verwoerd dit beoog het!

En in Oos-London loop nog net 30% vn die ambulanse. Die adjunk-hoof van die
ambulansdiens verwag dat ons mense binnekort op straat sal sien sterf.

(So kies ons nie net ons eie lewenstyl nie, maar ons sterfstyl ook.)

Vriendelike groete, Leendert

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Oor Sebetiela (was Zebediela) [boodskap #21498 is 'n antwoord op boodskap #21497] Wo, 03 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 3 Mar 1999 18:45:44 GMT, wrote:
| Join the crowd. Anyway, hier in Kanada
| sterf talle mense op straat. In Toronto
| is die probleem van die huisloses en
| hulle welsyn 'n nasionale krisis. En
| ek is seker dit sal nie die wittes wees
| wat in Oos-London se strate sterf nie.
| Dit sal maar wees, soos in die verlede,
| die mense wat nie-blank is, die mense
| wat nie telefone het nie.

Sies man, los jou rassisme - wat het jou velkleur te doen met die behandeling
wat jy in 'n noodgeval of van gesondheidsdienste kry?

Jy het nou net op 'n ander plek gesê hoe "hulle" nou in SA leef en nou sê jy dit
sal maar net weer wees soos in die verlede....

Moet ons dit aan die volmaan toeskryf of is jy maar net in die algemeen
deurmekaar? Gloudina, dinge sal nooit weer in SA soos in die verlede wees nie.
Jy het regtig nodig om weer so ses maande of wat daar te gaan bly om al die los
drade weer op te tel.

Ek voel al van baie aspekte van die land afgesny - hoe jy nog enigsinds iets oor
SA kan sê en geloofwaardig klink, gaan my verstand te bowe.

Ek hoop ek kan jou een of ander tyd besoek of hier by my verwelkom dat ons
mekaar beter leer ken - dit sal so lekker wees om te besef, hopelik, dat jy net
'n normale mens is, en nie 'n vertrekte bittere ou vrou nie.
Re: Oor Sebetiela (was Zebediela) [boodskap #21501 is 'n antwoord op boodskap #21497] Wo, 03 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 3 Mar 1999 18:45:44 GMT, wrote:

| En kom ek wed
| jou, vir elke wit ou in SA wat nie 'n
| telefoon het nie, is daar ten minste
| tien-duisend swartes

...wat nou met 'n selfoon elk rondloop.
Re: Oor Sebetiela (was Zebediela) [boodskap #21502 is 'n antwoord op boodskap #21497] Wo, 03 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
oos...@geocities.com writes:

> En in Oos-London loop nog net 30% vn die ambulanse. Die adjunk-hoof van die
> ambulansdiens verwag dat ons mense binnekort op straat sal sien sterf.

Hy klink nes die ouens hier in Ontario
wat aanhoudend kla oor die sny aan die
geld wat die provinsie aan die gesond-
heidsdienste bestee. In Ontario kla
hulle oor Mike Harris, in Alberta kla
hulle oor Ralph Klein se sny van die
gesondheidsdienste, in New Zealand kla
hulle oor die drastiese sny van dienste.
Join the crowd. Anyway, hier in Kanada
sterf talle mense op straat. In Toronto
is die probleem van die huisloses en
hulle welsyn 'n nasionale krisis. En
ek is seker dit sal nie die wittes wees
wat in Oos-London se strate sterf nie.
Dit sal maar wees, soos in die verlede,
die mense wat nie-blank is, die mense
wat nie telefone het nie. En kom ek wed
jou, vir elke wit ou in SA wat nie 'n
telefoon het nie, is daar ten minste
tien-duisend swartes.

Gloudina
Re: Oor Sebetiela (was Zebediela) [boodskap #21503 is 'n antwoord op boodskap #21497] Wo, 03 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
wrote:
> oos...@geocities.com writes:
>
> En
> ek is seker dit sal nie die wittes wees
> wat in Oos-London se strate sterf nie.
> Dit sal maar wees, soos in die verlede,
> die mense wat nie-blank is,

Jy is heeltemal reg. Dit lyk egter nie asof dit jou pla nie, wit of swart.

> die mense
> wat nie telefone het nie. En kom ek wed
> jou, vir elke wit ou in SA wat nie 'n
> telefoon het nie, is daar ten minste
> tien-duisend swartes.

Jy ontwyk die probleem doelbewus: Dit gaan daaroor dat 70% van die ambulanse
weens wanaanwending en gebrek aan onderhoud nie meer loop nie. Telefoon help
niks as daar geen ambulans is om te roep nie. En ambulans help niks as die
dokter aan die ander kant ge-emigreer het nie.

En jy weet duidelik niks van die voorsiening van telefone in SA nie.

Liefies, Leendert

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Oor Sebetiela (was Zebediela) [boodskap #21506 is 'n antwoord op boodskap #21497] Wo, 03 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Doudie, doudie

Luister na jouself. Soms het jy iets interresant te se, maar jy praat
soveel keer so gou, en maak soms sulke ongelooflik oningeligte,emosionele of
eensydige stellings, dat jy totaal ongeloofwaardig is.

> Hy klink nes die ouens hier in Ontario
> wat aanhoudend kla oor die sny aan die
> geld wat die provinsie aan die gesond-
> heidsdienste bestee. In Ontario kla
> hulle oor Mike Harris, in Alberta kla
> hulle oor Ralph Klein se sny van die
> gesondheidsdienste, in New Zealand kla
> hulle oor die drastiese sny van dienste.
> Join the crowd.

Dis absoluut absurd om eers 'n poging aan te wend om Kanada, NZ se
staatds-gesondheidsdienste met SA s'n te probeer vergelyk. Genade vrou,
wanneer laas was jy daar? SA het nie eers in die apartheidsjare mediese
dienste (vir blankes) gehad wat werklik vergelykbaar is met wat in Kanada is
op die oomblik, vir die hele Kanadese bevolking. As dit in enige Kanadese
stad gebeur dat net die helfte van ambulanse nie diensbaar is nie, sal die
hare waai.

Anyway, hier in Kanada
> sterf talle mense op straat. In Toronto
> is die probleem van die huisloses en
> hulle welsyn 'n nasionale krisis.

Jy het geen idee hoe 'n krisis lyk as jy Toronto se probleem 'n krisis noem
nie. Ek se nie dat dit nie 'n probleem vir Toronto is nie, net dat SA maar
net te dankbaar sal wees om so 'n teekopppie-krisis te he. Dit sal nie eers
hulle radarskerm haal nie.

En kom ek wed
> jou, vir elke wit ou in SA wat nie 'n
> telefoon het nie, is daar ten minste
> tien-duisend swartes.

Luister na hierdie nonsens. Doen hierdie sommetjie saam met my. Daar is
ongeveer 30 miljoen swartmense in SA. Selfs al het GEEN swartmens 'n foon
gehad dan impliseer dit dat daar net 30,000,000 / 10,000 = 3000 blankes is
wat nie 'n telefoon het nie. Jy yl.

Bees
Re: Oor Sebetiela (was Zebediela) [boodskap #21528 is 'n antwoord op boodskap #21497] Do, 04 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
wrote:
> En wat weet jy van gesondheidsdienste in SA?
> Ek word daagliks verbaas oor die verbasende
> effektiewe gesondheidsbediening wat my suster
> in Pretoria kry, deur die HMO waaraan sy
> behoort. Sy het ook 'n vriendin wat na New
> Zealand gegaan het met haar man, en hulle
> het die gesondheidsdienste daar so duur
> gevind, dat die vrou haar premiums by haar
> SA se HMO aangehou het, en nou vir enige
> groterige mediese nood SA toe kom. So wat
> se soort indruk moet ek nou van ten minste
> Pretoria se gesondheidsdienste h^e?

As jy kan betaal, kan jy enigiets kry - selfs hartoorplantings. Ek het dit in
Griekeland ook gesien: Goeie mediese dienste vir diplomate en rykes, gelewer
deur buitelanders of Grieke wat in die buiteland studeer het.

Maar ek weet van kleinboere wat hul erfgrond verkoop het om die dienste in die
private hospitale in Athene te kan beskostig.

> Ek weet
> dat die dienste vir die oorgrote meerderheid
> van SA se bevolking nie baie goed is nie,
> maar what's new? Ek sou aanneem dat dit beter
> is as gedurende die vorige regime, toe jy
> moes wag vir die ambulans met die regte kleur
> om jou op te laai.

Jammer, jou aanname is foutief:

a) Nou is daar veel minder ambulasndienste van _enige_ aard, behalwe as jy
kan betaal vir 'n private ambulans, soos hennrietjie se ant dilsie. (Ja,
witdulsies werk nie in Zuma se stelsel nie).

b) By sommige hospitale moet pasiënte hul eie kos saambring, sien ek nou die
dag in die koerant.

c) Beddegoed is in baie staatshospitale nie meer beskikbaar nie, en sommige
pasiënte loop nakend rond, want slaapklere word nie meer voorsien nie.

Dis nou maar wat ek van hoor, want ek self gebruik maar die beskikbare private
geriewe (mens moet net erg oppas dat hulle jou nie uitbuit en onnodige
behandelings toepas om hul rekeninge te laat klop nie).

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Oor Sebetiela (was Zebediela) [boodskap #21529 is 'n antwoord op boodskap #21497] Do, 04 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Bees" writes: > Doudie, doudie
>
> Luister na jouself. Soms het jy iets interresant te se, maar jy praat
> soveel keer so gou, en maak soms sulke ongelooflik oningeligte,emosionele of
> eensydige stellings, dat jy totaal ongeloofwaardig is.

> Dis absoluut absurd om eers 'n poging aan te wend om Kanada, NZ se
> staatds-gesondheidsdienste met SA s'n te probeer vergelyk. Genade vrou,
> wanneer laas was jy daar? SA het nie eers in die apartheidsjare mediese
> dienste (vir blankes) gehad wat werklik vergelykbaar is met wat in Kanada is
> op die oomblik, vir die hele Kanadese bevolking. As dit in enige Kanadese
> stad gebeur dat net die helfte van ambulanse nie diensbaar is nie, sal die
> hare waai.

En hier kom ou Bees, uit een van die meestal
wit enklaves in die meestal nie-wit Alberta,
en praat van hoe dit in "Kanada" is. Weet
jy van gesondheidsdienste in die uitgestrekte
dele van Alberta wat deur die First Nations
bewoon word.As jy uitgevind het, kom praat
weer met my.

En wat weet jy van gesondheidsdienste in SA?
Ek word daagliks verbaas oor die verbasende
effektiewe gesondheidsbediening wat my suster
in Pretoria kry, deur die HMO waaraan sy
behoort. Sy het ook 'n vriendin wat na New
Zealand gegaan het met haar man, en hulle
het die gesondheidsdienste daar so duur
gevind, dat die vrou haar premiums by haar
SA se HMO aangehou het, en nou vir enige
groterige mediese nood SA toe kom. So wat
se soort indruk moet ek nou van ten minste
Pretoria se gesondheidsdienste h^e? Ek weet
dat die dienste vir die oorgrote meerderheid
van SA se bevolking nie baie goed is nie,
maar what's new? Ek sou aanneem dat dit beter
is as gedurende die vorige regime, toe jy
moes wag vir die ambulans met die regte kleur
om jou op te laai.

Doudie
Vorige onderwerp: Waars al die boodskappe?
Volgende onderwerp: Hardekoolvuur!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 08:15:59 MGT 2024