Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Zimbabwe: Helen Suzman-stigting verslag.
Zimbabwe: Helen Suzman-stigting verslag. [boodskap #21456 is 'n antwoord op boodskap #21457] Ma, 01 Maart 1999 00:00 na volgende boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Hier volg enkele (vertaalde) uittreksels uit 'n verslag deur RW Johnson,
direkteur van die Helen Suzman stigting, wat in die London Review of Books
verskyn het:

"Daar is nie mieliemeel in Zimbabwe se winkels nie, maar al die ministers is
skatryk, en die hoof van die leër besit 17 plase. Die slaggate in strate en
die rioool-oorlope is die gevolg van munisipale korrupsie. Die inkomste per
kapita het gedaal na wat dit 'n geslag en langer terug was. Van die bevolking
is 61% onder die broodlyn en 45% word geklassifiseer as 'baie arm' - hul
inkomste is minstens 45% onder die broodlyn.

"Uit desperaatheid om geld in die hande te kry, het die regering
hospitaaltariewe nie net so verhoog dat baie dit nie kan bekostig nie, maar
het hy ook al die verpleegsters ontslaan. Van die land se 16
distrikshospitale is 5 steeds leeg 2 jaar nadat dit gebou is, omdat daar geen
dokters of verpleegsters is nie.

"Die staat het op baie gebiede opgehou om te funksioneer. NOCZIM, die
oliemaatskappy waarin die staat 'n aandeel het, skuld Z$4 miljard nadat dit
van binne geplunder is. Die departement van volkswelsyn het nie geld om te
betaal vir die vervoer van kos na 54 000 sterwende gesinne in Guruve nie.

"Mugabe se adjunk, Joshua Nkomo, het belange in 16 plase. Die hoof van die
leër, genl. Solomon Majuru, is met 17 plase die land se grootste grondeienaar.

"Skoolgelde in die ineenstortende staatsonderwysstelsel(7 000 onderwysers is
afgedank) is nou so hoog dat baie ouers hul kinders uit die skool moet haal.
Vir die eerste keer die eeu neem ongeletterdheid toe.

"Die beslissing om militêr in te gryp in die DRK is 'om vir SA te wys dat
Zimbabwe die voorste mag in die gebied is. Mugabe het nie ontken dat
joernaliste wat in hegtenis geneem is, gemartel is nie, maar gesê hulle het
gekry wat hulle verdien.

Lae hou no1: "Ek is jammer vir my vriende wat Smith so volhardend beveg het en
alles gedoen het om Mugabe te help, en nou in afgryse moet terugdeins van die
regering.

Lae hou no2: "Ian Smith is onlangs uitgenooi om 'n seminaar aan die Univ van
Zimbabwe toe te spreek, en is deur die oorvol saal swart studente as 'n held
begroet."

Aldus, RW Johnson.

Jy mag vra hoekom ek dít plaas, Gloudina. Wel, dit lyk vir my "mag" word nie
verkry deur grond te kry nie. Grond word verkry deur "mag" te kry! Maar dit
verbeter nie noodwendig die lewe van die gewone landsburger nie.

Groete

Henri Burger
Re: Zimbabwe: Helen Suzman-stigting verslag. [boodskap #21457 is 'n antwoord op boodskap #21456] Ma, 01 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Doudie blaker:

> Ou Ian Smith is direk verantwoordelik vir
> die toestand van sake, deur sy hooghartige
> onafhanklikheidsverklaring en sy instand
> hou van 'n wit staat in Rhodesi"e vir so
> baie jare.

Dit, en net dit? 100% Smith se skuld, 0% iemand anders? Mugabe?

Hierdie stelling word nerens in die res van jou skrywe gekwalifiseer nie.
Ek dink dit is of naief, of oningelig, of net gewoon onnosel.

Sure, Ian Smith was 'n kortsigtige rassis, nes Verwoerd, Vorster, Botha....
Maar hy is egter nou al meer as 15 nie meer aan bewind nie - en dinge gaan
niks beter nie. Inteendeel, veral die laaste twee jaar, gaan dinge beroerd
in Zim. Weet jy hoe Mugabe demokrasie en vrye spraak onderdruk? Lees jy ooit
oor die plek? Wanneer laas was jy daar? Ooit?

Nee Doudie, daar is nie verskoning vir blatante, onnosel-eensydige stellings
nie.

En in geval jy nie glo dat Mugabe die spoor totaal byster is nie - lees my
bydrae "Zimbabwe - alles Smith se skuld?".

Bees
Re: Zimbabwe: Helen Suzman-stigting verslag. [boodskap #21465 is 'n antwoord op boodskap #21457] Di, 02 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Van Rooyen  is tans af-lyn  Alwyn Van Rooyen
Boodskappe: 49
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Alles Smith se skuld? Gaan ons ook oor 15 jaar nog steeds hoor dit is
apartheid se skuld? Word wakker.

@igs.net wrote in message ...
> hen...@my-dejanews.com writes:
>
>
>> Jy mag vra hoekom ek dít plaas, Gloudina. Wel, dit lyk vir my "mag" word nie
>> verkry deur grond te kry nie. Grond word verkry deur "mag" te kry! Maar dit
>> verbeter nie noodwendig die lewe van die gewone landsburger nie.
>
>>
>> Henri Burger
>
>
> Ou Ian Smith is direk verantwoordelik vir
> die toestand van sake, deur sy hooghartige
> onafhanklikheidsverklaring en sy instand
> hou van 'n wit staat in Rhodesi"e vir so
> baie jare. Enige wit groep wat dit doen,
> verseker dat daar 'n burgeroorlog sal
> ontwikkel, en dan is die kanse goed dat
> die "vryheidsvegters" later die politieke
> leiers word. Dieselfde as wat in SA gebeur
> het. As ons politieke integrasie op 'n
> beredeneerde skaal in die tweede deel van
> die eeu in SA gehad het, dan was daar geen
> burgeroorlog en geen vryheidsvegters nie.
> Laasgenoemde is die maaksels van die
> apartheidsvarke.
>
> Gloudina
>
Re: Zimbabwe: Helen Suzman-stigting verslag. [boodskap #21466 is 'n antwoord op boodskap #21457] Di, 02 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
hen...@my-dejanews.com writes:

> So, Mugabe is ook 'n "apartheidsvark", sê jy? Dus Nelson ook?

Nee, Mugabe is die babetjie wat gebaar is
uit die geheulery van Ian Smith, een van
die ou wit ooms waarmee die suidelike deel
van SA opgesaal gewees het in die middel
van die eeu. Net soos in SA die ou wit ooms
gesorg het dat die vryheidsvegters, na
hulle die burgeroorlog gewen het, oorgeneem het.
As die ou wit ooms tog maar net nie in 1948
oorgeneem het nie, en die beleide wat Jan
Hofmeyer vir geleidelike integrasie van die
hele SA bevolking gevolg het, dan het die
nageslag van die ou wit ooms nou nie soveel
klagtes gehad nie.

Ek was vir 'n ruk in kontak met 'n swart
Rhodesier wat in Matabele-land gebly het.
Weet jy watter soort skade aan die land
aangerig is deurdat Ian Smith die grond
vrugbaar gemaak het vir burgeroorlog, en
dus Zimbabwe opgesaal het by vrywording
met twee rebelle-leiers? Hoekom het ou
Ian Smith sy ou wit neus ingesteek in die
politieke sake van 'n land wat omtrent
heeltemal swart was? Om groot plase met
wit boere, die helfte met Afrikaanse name,
wat tabak kweek, se belange te beskerm?
En wat het dit hom toe in die sak gebring?
As jy begin hardebal speel, dan moet jy
verwag dat die ander kant jou reels sal
volg en met jou hardebal speel.Ou Ian
Smith verdien Mugabe.

Gloudina
Re: Zimbabwe: Helen Suzman-stigting verslag. [boodskap #21467 is 'n antwoord op boodskap #21457] Di, 02 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Ou Ian Smith is direk verantwoordelik vir
> die toestand van sake, deur sy hooghartige
> onafhanklikheidsverklaring en sy instand
> hou van 'n wit staat in Rhodesi"e vir so
> baie jare.

Ek was 4 jaar gelede in Zimbabwe, toe het 'n mens $Z2 vir 'n rand gekry. Die
laaste keer wat ek gekyk het, kon jy $Z6 kry, en die rand het intussen ook 'n
lelike knou gekry. So ver ek weet het Ian Smith niks met Zim politiek, en
ekonokiese beleid te doen gehad in die tyd nie.

> Enige wit groep wat dit doen,
> verseker dat daar 'n burgeroorlog sal
> ontwikkel, en dan is die kanse goed dat
> die "vryheidsvegters" later die politieke
> leiers word. Dieselfde as wat in SA gebeur
> het. As ons politieke integrasie op 'n
> beredeneerde skaal in die tweede deel van
> die eeu in SA gehad het, dan was daar geen
> burgeroorlog en geen vryheidsvegters nie.
> Laasgenoemde is die maaksels van die
> apartheidsvarke.

So, Mugabe is ook 'n "apartheidsvark", sê jy? Dus Nelson ook?

O, en as my antie 'n snor en 'n paar ander goed gehad het, was sy my oom.
Overgeset synde, ons leef in 1999, met 1999 se realiteite. Maar ek dink ek het
dit al gesê.

Groete

Henri

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Zimbabwe: Helen Suzman-stigting verslag. [boodskap #21468 is 'n antwoord op boodskap #21457] Di, 02 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
hen...@my-dejanews.com writes:

> Jy mag vra hoekom ek dít plaas, Gloudina. Wel, dit lyk vir my "mag" word nie
> verkry deur grond te kry nie. Grond word verkry deur "mag" te kry! Maar dit
> verbeter nie noodwendig die lewe van die gewone landsburger nie.

>
> Henri Burger

Ou Ian Smith is direk verantwoordelik vir
die toestand van sake, deur sy hooghartige
onafhanklikheidsverklaring en sy instand
hou van 'n wit staat in Rhodesi"e vir so
baie jare. Enige wit groep wat dit doen,
verseker dat daar 'n burgeroorlog sal
ontwikkel, en dan is die kanse goed dat
die "vryheidsvegters" later die politieke
leiers word. Dieselfde as wat in SA gebeur
het. As ons politieke integrasie op 'n
beredeneerde skaal in die tweede deel van
die eeu in SA gehad het, dan was daar geen
burgeroorlog en geen vryheidsvegters nie.
Laasgenoemde is die maaksels van die
apartheidsvarke.

Gloudina
Re: Zimbabwe: Helen Suzman-stigting verslag. [boodskap #21469 is 'n antwoord op boodskap #21457] Di, 02 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Bees" writes:

> Sure, Ian Smith was 'n kortsigtige rassis, nes Verwoerd, Vorster, Botha....
> Maar hy is egter nou al meer as 15 nie meer aan bewind nie - en dinge gaan
> niks beter nie. Inteendeel, veral die laaste twee jaar, gaan dinge beroerd
> in Zim. Weet jy hoe Mugabe demokrasie en vrye spraak onderdruk? Lees jy ooit
> oor die plek?

Ja, ek weet wat aangaan. En hoe meer ek sien
wat aangaan, hoe kwater word ek vir die ou
skynheilige wit oom Ian Smith vir die deel
wat hy daaraan gehad het. Vir die rol wat
hy gespeel het om meedoenlose mercenaries
met hulle ou trigger happy vingers los te
laat in 'n land wat doodgelukkig was totdat
Rhodes en sy trawante opgedaag het en begin
roof en plunder het. Ian Smith het maar net
aangegaan waar Cecil Rhodes opgehou het. En
wat het dit alles gebaat? 'n Klomp wit mense
vir 'n paar jaar langer tabak laat kweek
om die longe van die wereld te vernietig?

Doudie
Re: Zimbabwe: Helen Suzman-stigting verslag. [boodskap #21480 is 'n antwoord op boodskap #21457] Di, 02 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 01 Mar 1999 20:47:38 GMT, hen...@my-dejanews.com wrote:
|"Daar is nie mieliemeel in Zimbabwe se winkels nie, maar al die ministers is
|skatryk, en die hoof van die leër besit 17 plase. Die slaggate in strate en
|die rioool-oorlope is die gevolg van munisipale korrupsie. Die inkomste per
|kapita het gedaal na wat dit 'n geslag en langer terug was. Van die bevolking
|is 61% onder die broodlyn en 45% word geklassifiseer as 'baie arm' - hul
|inkomste is minstens 45% onder die broodlyn.
|

Hoekom stress die mense so - skryf net vir Helen Suzman en sê vir haar Gloudina
het die antwoord: die plase, (ook die 16 oortollige plase van die hoof van die
leër, Gloudina?) moet eenvfoudig net afgeneem word en aan die mense gegee word
vir subsistance farming en dan het die mense mag en dan is daar mos nie klagtes
nie.....

Hulle sal nie kan e-mail bekostig om te kan hoor hoe Gloudina oor hulle lot
pontifikeer uit haar luukse woning in Otawwa nie.
Re: Zimbabwe: Helen Suzman-stigting verslag. [boodskap #21490 is 'n antwoord op boodskap #21457] Wo, 03 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 2 Mar 1999 22:35:50 GMT, wrote:
| Ek was vir 'n ruk in kontak met 'n swart
| Rhodesier wat in Matabele-land gebly het.

Leef hy nog, Gloudina? Ek het gehoor dat so baie van die Matabeles uitgemoor is
nou so agt-tien jaar terug. Iemand wat saam met my gewerk het, was in Buluwayo
in die doodskis bedryf en die ou moes glad begin karton kiste gebruik op 'n kol
toe hy nie meer met hout kon voorbly nie.

Ek dink jy is geweldig naief om al die wereld se swart op swart geweld aan
witmense toe te skryf. Dis darem lekker om enige iets wat verkeerd gaan
eenvoudig aan die eertydse regering of Ian Smith toe te skryf. Dit vat al die
verantwoordelikheid weg van die huidige regering. Besef jy nie watse kwaad jy
hiermee aan die swart mense van Afrika aanrig nie?! Jy sorg dat jy altyd, as
blanke, in 'n soort paternalistiese verhewe posisie is ten opsigte van swart
mense. Dis tyd dat hulle evrantwoordelikheid vir hulle eie dade dra en dan kan
hulle trots skouer aan skouer langs ons kom staan en vorentoe gaan, in stede van
altyd in ons voetspore te loop en dan moet ons die skuld dra vir die plekke war
hulle hulle voete neergesit het. En dis net 'n kwessie van "attitude" verander
- sien die swart man as jou gelyke met gelyke verantwoordelikhede.

Johan - die ewige realis/optimis
Re: Zimbabwe: Helen Suzman-stigting verslag. [boodskap #21491 is 'n antwoord op boodskap #21457] Wo, 03 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
wrote:

> Ja, ek weet wat aangaan. En hoe meer ek sien
> wat aangaan, hoe kwater word ek vir die ou
> skynheilige wit oom Ian Smith vir die deel
> wat hy daaraan gehad het. Vir die rol wat
> hy gespeel het om meedoenlose mercenaries
> met hulle ou trigger happy vingers los te
> laat in 'n land wat doodgelukkig was totdat
> Rhodes en sy trawante opgedaag het en begin
> roof en plunder het.

Tsk...tsk...tsk...

Jy weet nie juis van ou Silkaats met sy spies- (en later ook trigger-) happy
impis en die Shonas nie, nie waar nie?

Ek kan nou nog nie agterkom of jy regtig dom is en of jy net
hiperpolariserende brillense dra nie.

Liefies, Leendert

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Zimbabwe: Helen Suzman-stigting verslag. [boodskap #21492 is 'n antwoord op boodskap #21457] Wo, 03 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
wrote:
> hen...@my-dejanews.com writes:
>
>> Jy mag vra hoekom ek dít plaas, Gloudina. Wel, dit lyk vir my "mag" word nie
>> verkry deur grond te kry nie. Grond word verkry deur "mag" te kry! Maar dit
>> verbeter nie noodwendig die lewe van die gewone landsburger nie.
>
>>
>> Henri Burger
>
> Ou Ian Smith is direk verantwoordelik vir
> die toestand van sake, deur sy hooghartige
> onafhanklikheidsverklaring en sy instand
> hou van 'n wit staat in Rhodesi"e vir so
> baie jare. Enige wit groep wat dit doen,
> verseker dat daar 'n burgeroorlog sal
> ontwikkel, en dan is die kanse goed dat
> die "vryheidsvegters" later die politieke
> leiers word. Dieselfde as wat in SA gebeur
> het.

> As ons politieke integrasie op 'n
> beredeneerde skaal in die tweede deel van
> die eeu in SA gehad het, dan was daar geen
> burgeroorlog en geen vryheidsvegters nie.

Sorrie, ou ding! Wat jy hier bepleit is _presies_ wat Ian Smith se beleid in
Rhodesië was! (En wat ou Sir Dif en sy garde hier gepropageer het.) 'n Ander
weergawe daarvan was die beleid in Angola en Mosambiek.

Soos jy hierbo aantoon, het dit nie in Rhodesië gewerk nie. Soos jy by Graca
kan vasstel, het dit nie in Msoambioek gewerk nie, en ook nie in Angola nie.

> Laasgenoemde is die maaksels van die
> apartheidsvarke.

Hoeveel "apartheidsvarke" is daar in die "Demokratiese" republiek van die
Congo, Gloudina (of in enige van die ander tientalle Afrikastate wat vervuil
is van burgeroorlog en "vryheids"-vegters"?)

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Zimbabwe: Helen Suzman-stigting verslag. [boodskap #21493 is 'n antwoord op boodskap #21457] Wo, 03 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com

Dis tyd dat hulle evrantwoordelikheid vir hulle eie dade dra en dan kan
> hulle trots skouer aan skouer langs ons kom staan en vorentoe gaan, in stede van
> altyd in ons voetspore te loop en dan moet ons die skuld dra vir die plekke war
> hulle hulle voete neergesit het. En dis net 'n kwessie van "attitude" verander
> - sien die swart man as jou gelyke met gelyke verantwoordelikhede.

Hier is Johan weer op sy ou ramkietjie
met net een snaar: "hulle" moet dit doen,
"hulle" loop in "ons" voetspore, En dan
die advies par excellence, wanneer dit van
Johan kom: "sien die swart man as jou gelyke."
Word wakker, ou Johan. In SA is "hulle" al
aan bewind. "Hulle" het die getalle, en "hulle"
het die reg aan hulle kant. En "hulle" sluit
in Afrikaners wat doodtevrede in SA bly en
vir hulself deel van die SA nasie sien. Ek
dink jy moet nou ophou kekkel oor SA. Waarom
begin jy nie kekkel oor "ons" en "hulle" in
"Amerika" nie.

Gloudina
Re: Zimbabwe: Helen Suzman-stigting verslag. [boodskap #21494 is 'n antwoord op boodskap #21457] Wo, 03 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
LT Zijlstra  is tans af-lyn  LT Zijlstra
Boodskappe: 5
Geregistreer: Februarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Johan (In oortje gehapt!) heeft geschreven in bericht
...
> On 2 Mar 1999 22:35:50 GMT, wrote:
> | Ek was vir 'n ruk in kontak met 'n swart
> | Rhodesier wat in Matabele-land gebly het.
>
> Leef hy nog, Gloudina? Ek het gehoor dat so baie van die Matabeles uitgemoor is
> nou so agt-tien jaar terug. Iemand wat saam met my gewerk het, was in Buluwayo
> in die doodskis bedryf en die ou moes glad begin karton kiste gebruik op 'n kol
> toe hy nie meer met hout kon voorbly nie.
>
> Ek dink jy is geweldig naief om al die wereld se swart op swart geweld aan
> witmense toe te skryf. Dis darem lekker om enige iets wat verkeerd gaan
> eenvoudig aan die eertydse regering of Ian Smith toe te skryf. Dit vat al die
> verantwoordelikheid weg van die huidige regering. Besef jy nie watse kwaad jy
> hiermee aan die swart mense van Afrika aanrig nie?! Jy sorg dat jy altyd, as
> blanke, in 'n soort paternalistiese verhewe posisie is ten opsigte van swart
> mense. Dis tyd dat hulle evrantwoordelikheid vir hulle eie dade dra en dan kan
> hulle trots skouer aan skouer langs ons kom staan en vorentoe gaan, in stede van
> altyd in ons voetspore te loop en dan moet ons die skuld dra vir die plekke war
> hulle hulle voete neergesit het. En dis net 'n kwessie van "attitude" verander
> - sien die swart man as jou gelyke met gelyke verantwoordelikhede.
>
Inderdaad. Als je de blanken de schuld geeft voor alles wat er mis gaat,
geef je in feite aan dat je de negers niet als volwaardig beschouwt maar als
een soort grote kinderen. Een kenmerk van volwassenheid is dat je de
verantwoordelijkheid voor je daden op je neemt en dat anderen jouw ook
varantwoordelijk stellen voor je daden. Geen "white man's burden". Laat de
neger zijn eigen last maar dragen.

Robbert

> Johan - die ewige realis/optimis
Re: Zimbabwe: Helen Suzman-stigting verslag. [boodskap #21495 is 'n antwoord op boodskap #21457] Wo, 03 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 3 Mar 1999 18:33:06 GMT, wrote:
| Hier is Johan weer op sy ou ramkietjie
| met net een snaar: "hulle" moet dit doen,
| "hulle" loop in "ons" voetspore,

Onsamehangend, maar nou ja, die stand van die maan is daar vir almal om waar te
neem.

| En dan
| die advies par excellence, wanneer dit van
| Johan kom: "sien die swart man as jou gelyke."

As jy dit as goeie advies sien, goed so, Gloudina. Dan is ek bly.

| Word wakker, ou Johan.

Ek dink nie ek is die een in hierdie geval wat aan die slaap is nie - in elk
gevan nie so aan die slaap soos Rip van Bouwer in Otawwa nie (30 jaar is lank,
nè).

| In SA is "hulle" al
| aan bewind. "Hulle" het die getalle, en "hulle"
| het die reg aan hulle kant.

... en jy, Gloudina, en "hulle" blammeer nou nog apartheid en slawerny en Europa
en Amerika en almal behalwe "hulle"self dat "hulle" bewind nie so goed gaan nie
en omdat "hulle" nie kan bereik wat "hulle" wil nie.

| En "hulle" sluit
| in Afrikaners wat doodtevrede in SA bly en
| vir hulself deel van die SA nasie sien.

Hier verloor jy my in die maanskyn, maar ek dink nie dis iets warvan jy uit 1968
kan pontifikeer nie.
Re: Zimbabwe: Helen Suzman-stigting verslag. [boodskap #21516 is 'n antwoord op boodskap #21457] Do, 04 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
wrote:
> "LT Zijlstra"
>
>> Inderdaad. Als je de blanken de schuld geeft voor alles wat er mis gaat,
>> geef je in feite aan dat je de negers niet als volwaardig beschouwt maar als
>> een soort grote kinderen. Een kenmerk van volwassenheid is dat je de
>> verantwoordelijkheid voor je daden op je neemt en dat anderen jouw ook
>> varantwoordelijk stellen voor je daden. Geen "white man's burden". Laat de
>> neger zijn eigen last maar dragen.
>
> Jy kan lekker in Nederland sit en pontifikeer.
> Dis in my land wat 'n klomp skurke die mag
> oorgeneem het, en so 'n verskriklike skending
> van menseregte veroorsaak het, dat die mense
> met 'n burgeroorlog moes begin om dinge omver
> te werp. Dis in my land wat 'n hele generasie
> 'n intefada moes veg en nie in skole gesit het
> nie. En dis in jou land waar daar blykbaar nou
> "apartheid" ontwikkel, en niemand wil daaroor
> praat nie. So, meneer Hollander, moet nie op
> hierdie nuusgroep vir my kom sit en preek nie.

En, ou sweetie-pie,

Dis in _jou_ land (Kanada) waar julle nou tuislande instel. Wat jy regverdig
met presies die retoriek van HF Verwoerd in die 1950's.

Dit maak jou 'n apartheidsvark, weet jy?

Liefies, Leendert

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Zimbabwe: Helen Suzman-stigting verslag. [boodskap #21517 is 'n antwoord op boodskap #21457] Do, 04 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
lourens  is tans af-lyn  lourens
Boodskappe: 3
Geregistreer: Februarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
@igs.net wrote:
>
> hen...@my-dejanews.com writes:
>
>> Jy mag vra hoekom ek dít plaas, Gloudina. Wel, dit lyk vir my "mag" word nie
>> verkry deur grond te kry nie. Grond word verkry deur "mag" te kry! Maar dit
>> verbeter nie noodwendig die lewe van die gewone landsburger nie.
>
>>
>> Henri Burger
>
> Ou Ian Smith is direk verantwoordelik vir
> die toestand van sake, deur sy hooghartige
> onafhanklikheidsverklaring en sy instand
> hou van 'n wit staat in Rhodesi"e vir so
> baie jare. Enige wit groep wat dit doen,
> verseker dat daar 'n burgeroorlog sal
> ontwikkel, en dan is die kanse goed dat
> die "vryheidsvegters" later die politieke
> leiers word. Dieselfde as wat in SA gebeur
> het. As ons politieke integrasie op 'n
> beredeneerde skaal in die tweede deel van
> die eeu in SA gehad het, dan was daar geen
> burgeroorlog en geen vryheidsvegters nie.
> Laasgenoemde is die maaksels van die
> apartheidsvarke.
>

So jy sê ons Vryheids vegters is in Mugabe se klas? :)

Ek sal die een file!
Re: Zimbabwe: Helen Suzman-stigting verslag. [boodskap #21518 is 'n antwoord op boodskap #21457] Do, 04 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"LT Zijlstra"

> Inderdaad. Als je de blanken de schuld geeft voor alles wat er mis gaat,
> geef je in feite aan dat je de negers niet als volwaardig beschouwt maar als
> een soort grote kinderen. Een kenmerk van volwassenheid is dat je de
> verantwoordelijkheid voor je daden op je neemt en dat anderen jouw ook
> varantwoordelijk stellen voor je daden. Geen "white man's burden". Laat de
> neger zijn eigen last maar dragen.

Jy kan lekker in Nederland sit en pontifikeer.
Dis in my land wat 'n klomp skurke die mag
oorgeneem het, en so 'n verskriklike skending
van menseregte veroorsaak het, dat die mense
met 'n burgeroorlog moes begin om dinge omver
te werp. Dis in my land wat 'n hele generasie
'n intefada moes veg en nie in skole gesit het
nie. En dis in jou land waar daar blykbaar nou
"apartheid" ontwikkel, en niemand wil daaroor
praat nie. So, meneer Hollander, moet nie op
hierdie nuusgroep vir my kom sit en preek nie.

Gloudina Bouwer

>
Vorige onderwerp: Au pair in Columbus
Volgende onderwerp: Re: Please help us fight the South African baby butchers!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 14:30:07 MGT 2024