Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Astronomie" deur LUCAS MALAN
"Astronomie" deur LUCAS MALAN [boodskap #21484] Di, 02 Maart 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
ASTRONOMIE
Lucas Malan
('n Bark vir die ontheemdes,
1961)

Ou profete en die sterrewiggelaars
lees bedrewe hoe 'n toekoms en verlede
duister in die lyne op jou palm voeg
óf in samehangende gebeurlikhede
vaag weerkaats in digte sterverband.

Ék weet van jou vreemde wese skaars
die oorsprong; van jou aardse hand
alleen dat dit kan sluit, 'n warm skede,
bruin en vaardig: milde surrogaat
waaruit 'n melkweg soms ontspring.
Vorige onderwerp: "Litanie van die Lyf" deur LINA SPIES
Volgende onderwerp: "die miskruier" deur BREYTEN BREYTENBACH
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 17:09:02 MGT 2024