Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » boereprofeet of siener
boereprofeet of siener [boodskap #21413] So, 28 Februarie 1999 00:00 na volgende boodskap
subie  is tans af-lyn  subie
Boodskappe: 56
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
weet iemand of daar iets oor die man is op die net?
laat my asb weet as jy iets oor hom weet.Ek dink sy van was van rensburg
Re: boereprofeet of siener [boodskap #21414 is 'n antwoord op boodskap #21413] So, 28 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Patti Smith  is tans af-lyn  Patti Smith
Boodskappe: 1
Geregistreer: Februarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Hallo

Probeer die volgende oor Siener Nikolaas van Rensburg:

http://www.isdnet.co.za/Lichmus/siener-a.htm

Groete
Charl
Re: Boereprofeet of siener [boodskap #21425 is 'n antwoord op boodskap #21413] So, 28 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Inga van Meerbergen-V  is tans af-lyn  Inga van Meerbergen-V
Boodskappe: 20
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ek weet nie of daar iets op die net is oor "Siener Van Rensburg"nie. Toe
ons laas in Suid-Afrika was, het ek die nuutste boek wat oor die
Boereprofeet geskryf is (deur Adriaan Snyman) gekoop. Die titel is: "Die
laaste loopgraaf". Ek het nog nie die tyd gekry om die boek te lees nie
maar hierdie is die voorwoord:
Siener van Rensburghet gesê daar sal nog vyf belangrike gebeurtenisse
plaasvind nádat 'n swartregering oorgeneem het:
-Groot oorlogsmoeilikhede wat die land in chaos gaan dompel.
-Ons geld gaan so min werd wees dat ons die mure daarmee kan uitplak.
-'n Man met 'n bruin pak klere sal die volk weer bymekaarbring.
-Daar gaan 'n staatsgreep wees.
-Algehele vryheid en voorspoed vir die Afrikaner.
Ek weet nie of dit die waarheid is nie, maar mense het vir my gesê dat al
wat Siener ooit voorspel het, het gebeur!!
Groete uit Vlaanderen.

subie wrote in article
...
weet iemand of daar iets op die net is oor die boereprofeet.
Ek is nie seker wat sy van is nie maar ek dink dit is Van Rensburg.
As jy iets weet van hierdie man laat my ook hoor asb.
subie

----------
Re: Boereprofeet of siener [boodskap #21426 is 'n antwoord op boodskap #21413] So, 28 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
writes: > Ek weet nie of daar iets
op die net is oor "Siener Van Rensburg"nie. Toe
> ons laas in Suid-Afrika was, het ek die nuutste boek wat oor die
> Boereprofeet geskryf is (deur Adriaan Snyman) gekoop. Die titel is: "Die
> laaste loopgraaf". Ek het nog nie die tyd gekry om die boek te lees nie
> maar hierdie is die voorwoord:
> Siener van Rensburghet gesê daar sal nog vyf belangrike gebeurtenisse
> plaasvind nádat 'n swartregering oorgeneem het:
> -Groot oorlogsmoeilikhede wat die land in chaos gaan dompel.
> -Ons geld gaan so min werd wees dat ons die mure daarmee kan uitplak.
> -'n Man met 'n bruin pak klere sal die volk weer bymekaarbring.
> -Daar gaan 'n staatsgreep wees.
> -Algehele vryheid en voorspoed vir die Afrikaner.
> Ek weet nie of dit die waarheid is nie, maar mense het vir my gesê dat al
> wat Siener ooit voorspel het, het gebeur!!
> Groete uit Vlaanderen.

Oor die bruin pak klere: Laaste wat ek gehoor
het van die bruin pak, was toe iemand met baie
ambisie gepraat het van die bruin pak wat Siener
van Rensburg aangedui het die eerste president
van die nuwe SA Republiek sou dra. Die ou het
altyd verklaar dat die bruin pak waaroor die
Siener praat, in sy eie kas hang. Nou hoor ek
weer die man wat die "volk" sal "bymekaarbring"
gaan 'n bruin pak aanh^e. So dit lyk vir my
die bruin pak het voete gekry, soos in alle
voorspellings, en word "gebruik" om enigiemand
se agenda te pas. En ek wonder nou: Sal ek
'n uitspraak waag: dat wat Siener van Rensburg
gesien het, die bruin vel was van die man wat
SA uiteindelik in die beloofde land ingelei
het. Hoe ouer hy word, hoe meer kan jy die
bloed van die Khoi in sy gesig sien uitkom.

Die meisie uit die Gariep-kontrei.
Re: Boereprofeet of siener [boodskap #21442 is 'n antwoord op boodskap #21413] Ma, 01 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 28 Feb 1999 19:57:49 GMT, wrote:

|> -'n Man met 'n bruin pak klere sal die volk weer bymekaarbring.

| 'n uitspraak waag: dat wat Siener van Rensburg
| gesien het, die bruin vel was van die man wat
| SA uiteindelik in die beloofde land ingelei
| het.

... of eerder in die toekoms mag doen. Ou Madiba het jou nog nie weer
teruggekry in SA nie, Gloudina - die volk is nog versprei!!!!!!!!!!
..en lyk of dit nou nog aan die uitmekaarspat is (ek gaan Donderdag
weer help om 'n nuwe familie hier op die lughawe te gaan haal.)

SA is nou nog lank nie in 'n beloofde land nie - die land val nou eers
in die sand in die woestyn vas...
Re: Boereprofeet of siener [boodskap #21443 is 'n antwoord op boodskap #21413] Ma, 01 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 01 Mar 1999 12:50:40 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:

|On Mon, 01 Mar 1999 06:08:39 GMT, e...@dot.com (Johan (In oortje
|gehapt!)) wrote:
|
|teruggekry in SA nie, Gloudina - die volk is nog versprei!!!!!!!!!!
|>..en lyk of dit nou nog aan die uitmekaarspat is (ek gaan Donderdag
|>weer help om 'n nuwe familie hier op die lughawe te gaan haal.)>>>
|
|En hoeveel van die 5 miljoen is dit?

Dis net een. Moet ek weer vir jou die storie plaas oor die melk boere in die
Russiese Revolusie?????
Re: Boereprofeet of siener [boodskap #21444 is 'n antwoord op boodskap #21413] Ma, 01 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 01 Mar 1999 06:08:39 GMT, e...@dot.com (Johan (In oortje
gehapt!)) wrote:

teruggekry in SA nie, Gloudina - die volk is nog versprei!!!!!!!!!![/color]
> ..en lyk of dit nou nog aan die uitmekaarspat is (ek gaan Donderdag
> weer help om 'n nuwe familie hier op die lughawe te gaan haal.)>>>

En hoeveel van die 5 miljoen is dit?
Siende dat jy dit reken as 'n verspreide "volk".

(N.S. Reken ons die bruin mense in hier?)
Re: Boereprofeet of siener [boodskap #21445 is 'n antwoord op boodskap #21413] Ma, 01 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan (In oortje gehapt!)) writes:
> On Mon, 01 Mar 1999 12:50:40 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:
>
> |On Mon, 01 Mar 1999 06:08:39 GMT, e...@dot.com (Johan (In oortje
> |gehapt!)) wrote:
> |
> | |weer
> |>teruggekry in SA nie, Gloudina - die volk is nog versprei!!!!!!!!!!
> |>..en lyk of dit nou nog aan die uitmekaarspat is (ek gaan Donderdag
> |>weer help om 'n nuwe familie hier op die lughawe te gaan haal.)>>>
> |
> |En hoeveel van die 5 miljoen is dit?
>
> Dis net een. Moet ek weer vir jou die storie plaas oor die melk boere in die
> Russiese Revolusie?????

Het jy dit ook in die dokter
se spreekkamer gelees?

Die tannie met die spreekbuis.
Re: Boereprofeet of siener [boodskap #21446 is 'n antwoord op boodskap #21413] Ma, 01 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 28 Feb 1999 17:34:14 GMT, "Inga van Meerbergen-Verreet"
wrote:
|-Groot oorlogsmoeilikhede wat die land in chaos gaan dompel.

O gaats!!!!! Hy's al amper in chaos - dit hang net af van jou
perspektief, né.

|-Ons geld gaan so min werd wees dat ons die mure daarmee kan uitplak.

Die een is seker nou vinnig besig om waar te word.

|-'n Man met 'n bruin pak klere sal die volk weer bymekaarbring.

Ek hoop net nie Martinus van Schalkwyk het al vir hom 'n bruin pak
gaan koop nie !!!!!!!!!!!!!!! :^)

|-Daar gaan 'n staatsgreep wees.

Niks nuut in Afrika nie......

|-Algehele vryheid en voorspoed vir die Afrikaner.

.....and the crowd goes wild !!!!!!!!!!!
Re: Boereprofeet of siener [boodskap #21447 is 'n antwoord op boodskap #21413] Ma, 01 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 28 Feb 1999 17:34:14 GMT, "Inga van Meerbergen-Verreet"
wrote:

wat Siener ooit voorspel het, het gebeur!! >>>[/color]

Soos dat die Boere die Anglo-Boere-oorlog sal wen?
Re: Boereprofeet of siener [boodskap #21448 is 'n antwoord op boodskap #21413] Ma, 01 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bryan  is tans af-lyn  Bryan
Boodskappe: 26
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Junior Lid
On Mon, 01 Mar 1999 06:03:07 GMT, e...@dot.com (Johan (In oortje
gehapt!)) wrote:

>
> Ek hoop net nie Martinus van Schalkwyk het al vir hom 'n bruin pak
> gaan koop nie !!!!!!!!!!!!!!! :^)
>

Toemaar, daaroor hoef jy nie te worry nie. Hy is die laaste ou wat
enige 'volk' bymekaar sal kan bring. Van Schalkwyk is maklik die
swakste politikus wat ek in 'n lang tyd gesien het. Niemand weet wat
hy wil hê of wat hy wil doen nie, en terwyl hy self wonder, het
amper 50% van sy partylede(en kiesers) reeds oorgeloop DP toe. Nie
dat daar 'n probleem daarmee is nie. Tony Leon laat hierdie skoolseun
maar sleg lyk.

Bryan

*===================000o=============================*
Reply via e-mail? Remove the KAAP from my e-address
Bryan's World! http://springbok.cjb.net/
My Rugby Site http://sarugby.cjb.net/
Afr-nuusgroep: http://www.oocities.org/Athens/Troy/2308/
*===================0ooo=============================*
Re: Boereprofeet of siener [boodskap #21470 is 'n antwoord op boodskap #21413] Di, 02 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 1 Mar 1999 20:14:09 GMT, wrote:

| Het jy dit ook in die dokter
| se spreekkamer gelees?
|
| Die tannie met die spreekbuis.
|
Nee, my dokter het meesal vroue tydskrifte in sy wagkamer gehad en daarin is nie
juis iets intelegents te lese nie (dis die tandarts wat die kus- en kunsboeke en
Life reekse in sy wagkamer aangehou het)

Jy kan laat opereer vir daai buis van jou. Of gaan sien 'n sjaman daar in daai
nuwe First Nations Preserve, ...Province, van julle.

Waar is die plek? Ek is al heel haastig dat my groenkaart moet opdaag sodat ek
Kanada makliker kan besoek. Ek het familie in Saskatchewan en lyk my 'n ander
niggie van my wil nou Manitoba toe trek, nie so ver van hier af nie.

Ons Kanadese vriende sê vir my Saskatchewan is maar baie plat. Hoe lyk die
wereld daar by julle, Gloudina?
Re: Boereprofeet of siener [boodskap #21520 is 'n antwoord op boodskap #21413] Do, 04 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 01 Mar 1999 17:47:23 GMT, e...@dot.com (Johan (In oortje
gehapt!)) wrote:

[/color]
> Dis net een. Moet ek weer vir jou die storie plaas oor die melk boere in die
> Russiese Revolusie????? >>>

Nee. Ek sal my Russiese revolusie elders lees.
Net een, he?

Nie juis die volk wat versprei nie.....
Verwar jy nie dalk "die volk" met jou gemoed nie?
Re: Boereprofeet of siener [boodskap #21521 is 'n antwoord op boodskap #21413] Do, 04 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 04 Mar 1999 08:18:26 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:

|Nie juis die volk wat versprei nie.....

Ook nie juis een wat saamgetrek en verenig word nie, né!
Re: Boereprofeet of siener [boodskap #21678 is 'n antwoord op boodskap #21413] Do, 11 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Flip Kilian  is tans af-lyn  Flip Kilian
Boodskappe: 1
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Junior Lid
Siener van Rensburg kan gesoek word onder "Siener". Hy is wel op die Net.
Het hom al daar gesien, by "Lichtenburg", dink ek. Soek en kry...
subie wrote in message ...
weet iemand of daar iets op die net is oor die boereprofeet.
Ek is nie seker wat sy van is nie maar ek dink dit is Van Rensburg.
As jy iets weet van hierdie man laat my ook hoor asb.
subie
Vorige onderwerp: "Doemanie" deur ADAM SMALL
Volgende onderwerp: Global Warming - nog bewyse?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jun 21 20:34:40 MGT 2024