Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "mooi marilyn monroe foto in rooi" deur T. T. CLOETE
"mooi marilyn monroe foto in rooi" deur T. T. CLOETE [boodskap #21350] Di, 23 Februarie 1999 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Uit: Toepassings van Dante
mooi marilyn monroe foto in rooi

T T Cloete
("Idiolek" 1986)

[N'e pur le creature che son fore
d'intelligence, quest'arco saetta
ma quelle c'hanno intelletto ed amore'.
Par. 1.118-120

Ne le sue braccia mi parea vedere una
persona dormire nudo, salva che
involta mi parea in uno drappo san-
guigno leggeramente...
Vita nuova]

sy lê diagonaal
op 'n plooi
op plooi fluweelrooi
kleed somaties geniaal

haar huid kyk
het van rosig tot sag
blosend tot teer gesproet soos die vag
van 'n abbesynse kat diep tyk

sy is gemoduleerde lug
wynrooi sag golwend asof
van diep binne uitgepof
holrug asof sy elasties dans of ekstaties
vlug

die lewende omtrek
tref dié nofret
met haar silhoeët
fundamenteel perfek

'n fenomeen
liefderyk
deur 'n lenige Volmaakte Vinger gestryk
skrander van skedel tot skeen
Re: "mooi marilyn monroe foto in rooi" deur T. T. CLOETE [boodskap #21374 is 'n antwoord op boodskap #21350] Do, 25 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Daniel" writes:

> Beste igsnet,
>
> Ek sit daagliks in groot opwagting en wag vir jou gereelde bydra in die vorm
> van 'n gedig. Hou so aan...dit is sielskos vir
my hier onder in Australië.

> Jan (in Perth)

Dankie vir die aanmoediging. Ek het dit
soms nodig op hierdie nuusgroep.

Ek stuur 'n epos aan jou bigfoot.com
adres. Het jy my vorige een gekry waarin
ek vir jou raad gegee het hoe om met
Karen Botha in aanraking te probeer kom?
Indien jy nie my antwoord die volgende
dag of twee kry nie, antwoord my weer
op die nuusgroep. (Julle is so ver voor
ons wat tyd betref. Ek skryf in die
middel van die oggend. Dis seker al
laataand by jou? Laas keer toe ek gefokus
het, was julle 11 uur verskil van ons.
Het Australia twee tydsones?

Gloudina Bouwer
Re: "mooi marilyn monroe foto in rooi" deur T. T. CLOETE [boodskap #21375 is 'n antwoord op boodskap #21350] Do, 25 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daniel  is tans af-lyn  Daniel
Boodskappe: 68
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Beste igsnet,

Ek sit daagliks in groot opwagting en wag vir jou gereelde bydra in die vorm
van 'n gedig. Hou so aan...dit is sielskos vir my hier onder in Australië.

Ek kon nog nie kontak maak met Karen Botha nie.

Is daar 'n manier wat jy vir my jou emailadres kan aanstuur - ek sal graag
van my eie "goed" met jou wil deel!

Groete,

Jan (in Perth)

@igs.net wrote in message ...
>
>
> Uit: Toepassings van Dante
> mooi marilyn monroe foto in rooi
Re: "mooi marilyn monroe foto in rooi" deur T. T. CLOETE [boodskap #21394 is 'n antwoord op boodskap #21350] Vr, 26 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Daniel  is tans af-lyn  Daniel
Boodskappe: 68
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Dankie Gloudina, ek het jou besonderhede ontvang, en ook 'n email aan jou
gestuur. Waar is vandag se gedig!!!! Die plek is leeg daarsonder....

>> Beste igsnet,
>>
>> Ek sit daagliks in groot opwagting en wag vir jou gereelde bydra
> in die vorm
>> van 'n gedig. Hou so aan...dit is sielskos vir
> my hier onder in Australië.
>
>> Jan (in Perth)
>
>
> Dankie vir die aanmoediging. Ek het dit
> soms nodig op hierdie nuusgroep.
>
> Ek stuur 'n epos aan jou bigfoot.com
> adres. Het jy my vorige een gekry waarin
> ek vir jou raad gegee het hoe om met
> Karen Botha in aanraking te probeer kom?
> Indien jy nie my antwoord die volgende
> dag of twee kry nie, antwoord my weer
> op die nuusgroep. (Julle is so ver voor
> ons wat tyd betref. Ek skryf in die
> middel van die oggend. Dis seker al
> laataand by jou? Laas keer toe ek gefokus
> het, was julle 11 uur verskil van ons.
> Het Australia twee tydsones?
>
> Gloudina Bouwer
>
Vorige onderwerp: Uit "Skipper onder God" (Domus) van MARLISE JOUBERT
Volgende onderwerp: "Lied vir Azania" deur ROBERT J. PEARCE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 14:44:20 MGT 2024