Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Wie weet wat wanneer? (nuwelinge en ou hande)
Re: Wie weet wat wanneer? (nuwelinge en ou hande) [boodskap #21281] Sa, 20 Februarie 1999 00:00 na volgende boodskap
Oom Hans  is tans af-lyn  Oom Hans
Boodskappe: 83
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Bees het geskryf ...

> Dit laat my wonder. Ek vermoed dat 'n volwasse mens die helfte wat hy of sy
> in 'n leeftyd sal leer van 'n spesefieke omgewing in die eerste paar jaar
> leer. Mens neem fyn waar gedurende daardie tyd, iets wat verander soos mens
> 'n nuwe "gemaksone" skep.

Goed verwoord - en ek glo 'n baie geldige punt.

Ek het MAAR NET drie maande in die VSA deurgebring maar dis die mees intense
drie maande van my hele lewe. Intens in alle opsigte : ander
kultuursieninge, ander mense (van graafgooiers tot miljoeners), ander
winkels, ander kosse, absoluut niks behalwe die werk wat ek gaan doen het,
het in my ervaringsraamwerk gepas nie.
>
> Verder, ek dink baiekeer sien die nuweling dinge vir wat dit is,
> terwyl die wat al lank daar is, die skerpsinnigheid onvermydelik verloor.

Prakties ervaar. As mens met die nuwe vriende gesels en (baie diskreet)
uitvra na "verskille", kom jy gou agter dat die inwoners daar al onbewus
geraak het van wat om hulle aangaan en dat hulle onder mekaar dan nogal
hewig kan verskil in die menings wat uitgespreek word - maar dit het iemand
van "buite" af gekos om die aandag op sekere goedjies te vestig.

> Al opgelet hoe mense wat slaap in 'n kar wat beweeg, skielik wakker word as
> die kar tot stilstand kom?

En as jy hulle nou die m^&%$ in wil hê, vang die remme so effe. Amper soos
wanneer 'n koedoe of vlakvark uit die gras langs die pad tevoorskyn kom.

>
> O ja, die veralgemening van waarnemings is die eerste stap tot begrip.
>
Wens ek het dit gesê......

Wat probeer ek sê ?? Verdraagsaamheid en begrip vir mekaar se
waarnemings, interpretasies en kultuur.
P.G. du Plessis definieer "kultuur" as volg : Kultuur is bloot wat JY IS.
Hoe jy leef, eet, slaap, vry, praat, ad infinitum. Net jammer dat hierdie
ou woordjie word so gekaap vir allerhande doelstellinge.

Gegroet
Omie
Re: Wie weet wat wanneer? (nuwelinge en ou hande) [boodskap #21282 is 'n antwoord op boodskap #21281] Sa, 20 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Doudie se:

> "Gloudina is al te lank in
> Noord-Amerika. Gloudina se opinies tel
> nie meer nie. Luister na Johan as hy
> vertel wat die "Amerikaners" dink en
> doen.

My punt is kan eenvoudig opgesom word: Nuwelinge en "ou hande" se opinies
mag verskil (want hulle perspektiewe verskil), maar dit beteken nie
noodwendig dat die nuweling se opinie en waarnemings nie waardevol is nie.
Verder, die leerkurwe is steil in die eerste paar jaar of so, en plat dan
vinnig af.

Ek het nie kommentaar gelewer oor die spesifieke onderwerp waaroor jy en
Johan geskryf het nie - dit interreseer my nie. My punt gaan oor
perspektiewe, waarnemings, en die relatiewe waarde van laasgenoemde.

tot later
bees
Re: Wie weet wat wanneer? (nuwelinge en ou hande) [boodskap #21283 is 'n antwoord op boodskap #21281] Sa, 20 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Bees" writes: > Doudie bits:
>
> "Sien, ou Johan, jy is so nuut in die VSA en jy eien jou dit toe om oor
> dinge "in Amerika" te praat of jy al lank daar is en alles baie goed
> ken...."
>
> Dit laat my wonder. Ek vermoed dat 'n volwasse mens die helfte wat hy of sy
> in 'n leeftyd sal leer van 'n spesefieke omgewing in die eerste paar jaar
> leer. Mens neem fyn waar gedurende daardie tyd, iets wat verander soos mens
> 'n nuwe "gemaksone" skep.

Verder, ek dink baiekeer sien die nuweling dinge vir wat dit is,
> terwyl die wat al lank daar is, die skerpsinnigheid onvermydelik verloor.
> (Amper soos die suigeling wat nog nie geleer het om te jok nie.)

> So, Gloudina, moet nie te goed voel oor jou baie jare in een plek nie. Jy
> het waarkynlik nie veel nuut daarvan geleer in die laaste tien jaar nie. Jy
> is waarskynlik so afgestomp dat jy voor jou rekenaar sit en wag vir Johan om
> sy mond oop te maak sodat jy sy tjank kan aftrap.

Bees bits: "Gloudina is al te lank in
Noord-Amerika. Gloudina se opinies tel
nie meer nie. Luister na Johan as hy
vertel wat die "Amerikaners" dink en
doen. Luister na Hans, wat na drie
maande in die VSA en 'n ondervinding
op 'n trein, verklaar dat "julle daar
in Noord-Amerika" so en so is.

Johan antwoord op klagtes van mense uit
SA dat hulle bedieners nou nie 100% is
nie, dat "Amerikaners dit nooit sal toe-
laat nie." Ek dui aan dat dit nog onlangs
in die VSA aangegaan het, veral op groot
skaal met "America On Line." Johan beken
geredelik dat dit aangegaan het, en nou nog
aangaan (iets wat ek nie geweet het nie.)
So hoekom verklaar Johan "In Amerika sal
hulle dit nooit toelaat nie." Dis omdat
Johan 'n agenda het: om een of ander obskure
rede voel Johan onder 'n kompulsie om vir
homself en mense in SA te oortuig dat alles
in Noord-Amerika moonshine and roses is.
Hoekom doen hy dit? Wil hy die mense in SA
jaloers maak? Dink hy sy Amerikaanse domisiel
gee hom status? Hoekom verdraai hy die waar-
heid telkens? Hoekom praat hy in een asem
van hoe wonderlik die "Amerikaners" is en
in dieselfde asem beswadder hy die mense
wat in die oostelike state bly, waar hy nog
nooit was nie? En so nou en dan die "Kanadese"
ook, waar ek aanneem hy ook nog nooit was nie,
alhoewel Kanada se grens nie vreeslik ver noord
is van waar Johan in Minnesota bly nie.

Nou Bees, ek gee vir jou dit ter ere. Ek het
nog nooit vir jou veralgemenings hoor maak
oor "Kanada" en Noord-Amerika nie. Jy weet van
beter. Ek kan nie dieselfde sê van iemand wat
oorspronklik van SA kom en nou in die groterige
stad noord van jou bly nie (die een met die groot
mall en die wave pool.) Hy agoniseer die
hele tyd oor SA en oor die oostelike deel van
Kanada. Ek dink hy het ook 'n agenda.

Piggy op die bevrore Rideau
Re: Wie weet wat wanneer? (nuwelinge en ou hande) [boodskap #21284 is 'n antwoord op boodskap #21281] Sa, 20 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> Ek dink dus dit is heeltemal sinvol om idees en gevoelens oor 'n nuwe plek
> te deel, veral as jy dit duidelik kwalifiseer as die mening is van 'n
> nuweling.

Hallo Bees

Ja, en ons weet Johan is 'n nuweling en daarvolgens besluit mens self
hoeveel waarde mens gaan heg oor wat hy vertel. (veral betreffende
Vrystaters! ;-))

Verder, ek dink baiekeer sien die nuweling dinge vir wat dit is,
> terwyl die wat al lank daar is, die skerpsinnigheid onvermydelik verloor.
> (Amper soos die suigeling wat nog nie geleer het om te jok nie.)

Dit is baie waar.

Jy
> is waarskynlik so afgestomp dat jy voor jou rekenaar sit en wag vir Johan om
> sy mond oop te maak sodat jy sy tjank kan aftrap.

En daar is natuurlik iemand anders, wat ook wat voor sy rekenaar sit en wag,
om veral Gloudina en van die ander se tjank af te trap. Hoe jammer dat
sulke mense eintlik die genot van die aangename gebabbel van die nuusgroep
bederf.

Groete aan Leendert!

Shannon
Re: Wie weet wat wanneer? (nuwelinge en ou hande) [boodskap #21312 is 'n antwoord op boodskap #21281] So, 21 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 20 Feb 1999 15:23:46 GMT, wrote:
| om een of ander obskure
| rede voel Johan onder 'n kompulsie om vir
| homself en mense in SA te oortuig dat alles
| in Noord-Amerika moonshine and roses is.

Geen kompulsie nie - ek wil maar net bloot my ervaringe deel - dis JY
wat allerhande obskure dinge in my plasings lees - relax, man!

| Hoekom doen hy dit? Wil hy die mense in SA
| jaloers maak? Dink hy sy Amerikaanse domisiel
| gee hom status? Hoekom verdraai hy die waar-
| heid telkens? Hoekom praat hy in een asem
| van hoe wonderlik die "Amerikaners" is en
| in dieselfde asem beswadder hy die mense
| wat in die oostelike state bly, waar hy nog
| nooit was nie?

Nie een van jou sinistere redes geld nie - ek het al lank reeds op al
hierdie redenasies geantwoord en ek gaan nie gou weer mense se tyd
daarmee mors nie - dalk oor 'n paar maande weer of volgende jaar....

| En so nou en dan die "Kanadese"
| ook, waar ek aanneem hy ook nog nooit was nie,
| alhoewel Kanada se grens nie vreeslik ver noord
| is van waar Johan in Minnesota bly nie.

Jy kom nie agter dat dit NET jou been is wat ek so nou en dan trek
nie?! Lees weeer al die plasing in daardie lig....
|

| Piggy op die bevrore Rideau
|
'n Bevrore Touche beteken Gloudina se brein werk baie stadig - en my
ouma het altyd gesê: "jou brein sit nie in jou boude nie!" - nou
wonder ek oor Gloudina....

Johan, die ewige realis / optimis.
Vorige onderwerp: Die porn-posser
Volgende onderwerp: South African Dinner
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 07:35:33 MGT 2024