Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Aan Shannon - tweede probeerslag
Aan Shannon - tweede probeerslag [boodskap #21140] Di, 16 Februarie 1999 00:00 na volgende boodskap
Oom Hans  is tans af-lyn  Oom Hans
Boodskappe: 83
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Laasnag het Iafrica se nuusbediener my booskap ge"mweb". Dis nou al 24 uur
na die eerste pos en nog geen lewe uit Iafrica nie. Byvoorbaat verskoning
as boodskap 1 uit die niet sal verskyn.....

Hier's die eerste een oor streektale en nog wat.

Van pure weet-nie-wat-om-te-doen-nie, blaai ek so bietjie deur die ouer
boodskappe op die ng voordat Outlook Express hulle binnekort die buitenste
duisternis toe stuur (waar sommige in elk geval na toe moes gaan voordat
hulle op die ng geland het) en kom toe op hierdie enetjie van Shannon af
wat sy op 10 Feb gepos het :

> Ons was 'n aantal jare gelede in S.. ek meen in Namibië.
Sê dit maar gerus hardop. Waar was julle ?

> Dit het my opgeval dat die mense 'n ander Afrikaans praat,

As die Transvalers ????

> Maar ek dink dit kan deels toegeskryf word aan
> streeksgebondenheid

Not'n dêm - ons dink min van afstande en ons reis nie net nie - ons REIS.
Meer ernstig nou. Dit was jou eerste kennismaking met 'n area waar daar 'n
groter Afrikaans / Duits wisselwerking is as Afrikaans / Engels. Ek is
GEEN taalkundige nie maar my vermoede is dat Transvaal Afrikaans soos wat ek
hom al gehoor het, vreeslik moes gely het ......

Oudste dogter gaan draf toe mos BA Kommunikasie op Potch. Weet vandag nog
nie in watter klas dit was nie en die kind wou ook nooit die dosent aan my
uitwys nie - maar sy bel een aand baie ontsteld. "Pa, hulle sê my Afrikaans
is PLAT" en sy noem toe nog woorde wat ek nooit voor die kinders gebruik
het nie. Soos e-l-o-k-u-s-i-e en andere wat ek nou al vergeet het.
Haar aaaa's, haar oooo's, haar ê in "ek" hoort glo ook nie in ordentlike
geselskap nie........ Het die kind maar getroos en gesê sy moet maar alles
wat die
dosent sê baie getrou in haar toetse en eksamens herhaal anders pluk sy dalk
en ek's g'n lus om ekstra jare te betaal nie. Vakansietyd hoor ek nog 'n
nuwe ding : ek is "Pô" . Eerste keer dat sy so praat, dog ek die hond
het iets simpel aangevang en sy raas met hom. Eers toe sy naderstap en my
op die skouer tik en wou weet of die familie moet saamgooi vir 'n
gehoordingetjie vir my, TOE kom ek agter die "Pô" is seker iets wat EK
gedoen het. Die hond is onskuldig. Vier jaar lank 'n stryd gehad.

om weer 'aan te pas' by die Transvalers. By my jongste het jare geneem.[/color]
Jammer, regtig jammer. :-)

> Soms verstom ek my weer aan die tipe Afrikaans wat Tossie Lochner en die
> andere wat nuus van Italië en ander lande per TV of radio stuur.

Tossie Lochner (haar nooiensvan want sy's met 'n Italianer getroud en bly
permanent daar) is 'n boorling van Tsumeb. Haar pa is Afrikaans en haar ma
een van die egte ou Suidwes Duitsers en sy is natuurlik VLOT in albei tale.
Sedert ons streek die naamsverandering ondergaan het, hoor ons haar nie meer
oor die radio nie. Jammer.

'n Duitse vriend wou een middag by my weet :
"Watse nasie is die 'Peuloë' ?"
"Hoe sê ??????????????"
"Ja man, die Peuloë. Is jy blerrie doof ?"
"Jy's gek - daar's gan stuk so 'n nasie nie. Waar kom jy daaraan ?"
"Tossie praat oppie radio altyd van hulle"
"Wat sê sy van hulle ???"
"Hulle en die Jode is die moer in vir mekaar"

Dis waar die vuurhoudtjie vir my by die kerspit uitgekom het.
Dis Tossie Lochner se Duits/Afrikaanse tong wat P.L.O. net-net te
vinnig uitspreek.
:-))

Wederom
Omie

ICQ 26839292
Die water in my adres is om spammers te versuip)
Re: Aan Shannon - tweede probeerslag [boodskap #21141 is 'n antwoord op boodskap #21140] Di, 16 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 16 Feb 1999 22:37:33 +0200, "Oom Hans"  wrote:

|en ek's g'n lus om ekstra jare te betaal nie.   Vakansietyd hoor ek nog 'n
|nuwe ding :  ek is "Pô" .    Eerste keer dat sy so praat, dog ek die hond
|het iets simpel aangevang en sy raas met hom.   Eers toe sy naderstap en my
|op die skouer tik en wou weet of die familie moet saamgooi vir 'n
|gehoordingetjie vir my, TOE kom ek agter die "Pô" is seker iets wat EK
|gedoen het.

Ek wonder of so baie Pretorianers nog strônthuise by Plet het....?
Re: Aan Shannon - tweede probeerslag [boodskap #21167 is 'n antwoord op boodskap #21140] Wo, 17 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Oom Hans  is tans af-lyn  Oom Hans
Boodskappe: 83
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Johan P wrote in message ...
> On Tue, 16 Feb 1999 22:37:33 +0200, "Oom Hans"

> wrote:
> |Vakansietyd hoor ek nog 'n nuwe ding : ek is "Pô"
> Ek wonder of so baie Pretorianers nog strônthuise by Plet het....?

Hier kan iets kom - kom ons melk die idee so bietjie !!

Omie
Re: Aan Shannon - tweede probeerslag [boodskap #21168 is 'n antwoord op boodskap #21140] Wo, 17 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Johan P wrote in message ...
> On Wed, 17 Feb 1999 08:46:17 +0200, "Shannon"
> wrote:
>
> Waar hou Lyttelton/Verwoerdburg/Centurion se mense deesdae vôkônsie?

Waaat, vakansie hou , ons het nie nodig nie, die naam verander soveel kere,
ons is sommer elke nou en dan in 'n ander dorp/stad! ;-)

Groete

Shannon
Re: Aan Shannon - tweede probeerslag [boodskap #21169 is 'n antwoord op boodskap #21140] Wo, 17 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 17 Feb 1999 19:02:44 GMT, wrote:
| Sien, ou Johan, jy is so nuut in die VSA
| en jy eien jou dit toe om oor dinge "in
| Amerika" te praat of jy al lank daar is
| en alles baie goed ken.

Ek het seker al meer ure in die VSA spandeer as jy!!!! En jy sal verbaas wees
hoe wyd in die VSA ek kontakte kry - meeste oud studente wat nou ook hier kom
werk en met wie ek maar altyd kontak hou.

| Jy weet dus nie
| van die bottelnekke en die verwarring
| minder as twee jaar gelede veroorsaak
| deur America On Line nie.

Ek is self deur die AOL slapriem gevang!! In die begin was dit maklik om by
hulle aan te sluit - hulle programme is vooraf op meeste rekenaars gelaai. Maar
dit neem regtig nie lank voordat hulle swak diens 'n mens eenvoudig net dwing om
na ander meer profesionele verskaffers toe te gaan nie. Ek vermoed AOL word aan
die lewe gehou deur die deel van die Internet gebruikers wat 'n laer vlak van
sofistikasie nodig het om net e-mail te kan hanteer. Niks daarmee verkeerd om
op so vlak op te tree nie - net 'n feit.

Elke week hou ons Internet Leerwerk Gulde vergadering oor 'n iRC kanaal en jy
sien hoe nuwe ouens aansluit met AOL, telkens van die vergadering afgegooi word
as AOL sommer hulle verbinding verbreek en dan daag hulle 'n maand later op met
'n nuwe verskaffer.

| Ek kan onthou
| hoe die mense in die VSA op die eposlyse
| wat ons kry, gekla het. Buitendien weet
| jy heelwaarskynlik net van hoe dinge in
| Minnesota verloop.

Buitendien weet jy heelwaarskynlik net van hoe dinge in Ottawa verloop.

| En daar is meer
| kalkoene, varke en eende in die "sloughs"
| in Minnesota as wat daar mense is. Ons
| het volop moeilikheid met ons bediener
| hier in Ottawa. Soos almal maar in 'n
| vinnig-uitbreidende industrie.
|
Ek het nog nie 'n enkele diensonderbreking van citilink gehad nie - en ek is al
omtrent 15 maande by hulle.

Jy klink maar jaloers, Gloudina. Ek sal nou glad nie van Otawwa weet nie, maar
waar ek in Minnesota is, en Washington staat en Oregon en Illinois en Texas en
Iowa en Indiana en Wisconsin is my ervaring dat mense baie meer bewus is van
goeie diens - beide die verskaffers en die ontvangers daarvan wat daarop
aandring.

Jy moet onthou - die deel van Amerika wat binne jou ryafstand is, is maar 'n
snaakse klomp - vir ons Minnesotans amper soos die weirdos wat in Kalifornie
bly. Maar ek dink nie New York en Kalifornie is verteenwoordigend van Amerika
nie. Ek dink eweneens nie die plekke wat ek opgenoem het is verteenwoordigend
van die VSA nie. Die VSA is 'n heerlike mengsel van mense en oortuigings, van
maniere van doen en van allerhande mooi dinge wat net wag om raakgesien te word.

My simpatie as jy in 'n plek bly sonder goeie dienslewering! Sheimmmm!
Re: Aan Shannon - tweede probeerslag [boodskap #21170 is 'n antwoord op boodskap #21140] Wo, 17 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan P) writes:

> Ja, ek - en voor Ferdi kla dat ek te veel sê oor hoe wonderlik dit in Amerika
> is, sal ek niks meer sê oor hoe diens-gerig die samelewing hier is nie. My ou
> skoonma sukkel nou al 'n maand met haar diensverskaffer wat daar in Bethlehem
> is, en die ouens karring maar net voort. Sulke swak diens sou daardie selfde
> ous nie lank laat oorleef het in Amerika nie.

Sien, ou Johan, jy is so nuut in die VSA
en jy eien jou dit toe om oor dinge "in
Amerika" te praat of jy al lank daar is
en alles baie goed ken. Jy weet dus nie
van die bottelnekke en die verwarring
minder as twee jaar gelede veroorsaak
deur America On Line nie. Ek kan onthou
hoe die mense in die VSA op die eposlyse
wat ons kry, gekla het. Buitendien weet
jy heelwaarskynlik net van hoe dinge in
Minnesota verloop. En daar is meer
kalkoene, varke en eende in die "sloughs"
in Minnesota as wat daar mense is. Ons
het volop moeilikheid met ons bediener
hier in Ottawa. Soos almal maar in 'n
vinnig-uitbreidende industrie.

Gloudina
Re: Aan Shannon - tweede probeerslag [boodskap #21171 is 'n antwoord op boodskap #21140] Wo, 17 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 17 Feb 1999 08:46:17 +0200, "Shannon"  wrote:
|Is daar iemand wat nié met hul nuusbediener sukkel nie.

Ja, ek - en voor Ferdi kla dat ek te veel sê oor hoe wonderlik dit in Amerika
is, sal ek niks meer sê oor hoe diens-gerig die samelewing hier is nie.  My ou
skoonma sukkel nou al 'n maand met haar diensverskaffer wat daar in Bethlehem
is, en die ouens karring maar net voort.  Sulke swak diens sou daardie selfde
ous nie lank laat oorleef het in Amerika nie.

|>>Dit het my opgeval dat die mense 'n ander Afrikaans praat,
|>
|>As die Transvalers ????
|Gmf! Ek woon nou al 10 jaar hier in Transvaal(ou Verwoerdburg, nou
|Centurion) en dié mense dink verniet dis hier waar die son opkom....dis
|eintlik in die Vrystaat!! :-)

Waar hou Lyttelton/Verwoerdburg/Centurion se mense deesdae vôkônsie?

Ek hoor hulle gaan ou 'n Disney World in SA oprig - wel, eintlik is meeste al
daar - dis nog net die doringdraad wat hulle om die Vrystaat moet span.....
En jy sal moet betaal om uit te kom.
|
Re: Aan Shannon - tweede probeerslag [boodskap #21172 is 'n antwoord op boodskap #21140] Wo, 17 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Oom Hans wrote in message ...
> Laasnag het Iafrica se nuusbediener my booskap ge"mweb". Dis nou al 24 uur
> na die eerste pos en nog geen lewe uit Iafrica nie. Byvoorbaat verskoning
> as boodskap 1 uit die niet sal verskyn.....

Is daar iemand wat nié met hul nuusbediener sukkel nie. Ek het nog altyd
gewonder of daar nie 'n ander manier is om ons ng se goed te ontvang nie.
Dis by tye baie frustrerend. Ek sien ek skryf aan die ng groep en sommige
verskyn nie en selfs van die wat wel op die ng verskyn kry ook geen reaksie
nie, die klomp is ietwat gevrek. ;-)

>
> Hier's die eerste een oor streektale en nog wat.
>
> Van pure weet-nie-wat-om-te-doen-nie, blaai ek so bietjie deur die ouer
> boodskappe op die ng voordat Outlook Express hulle binnekort die buitenste
> duisternis toe stuur (waar sommige in elk geval na toe moes gaan voordat
> hulle op die ng geland het) en kom toe op hierdie enetjie van Shannon af
> wat sy op 10 Feb gepos het :
>
>> Ons was 'n aantal jare gelede in S.. ek meen in Namibië.
> Sê dit maar gerus hardop. Waar was julle ?

Keetmanshoop en dit was die wonderlikste jare wat ek (buiten my kinderjare)
gehad het.

>
>> Dit het my opgeval dat die mense 'n ander Afrikaans praat,
>
> As die Transvalers ????
Gmf! Ek woon nou al 10 jaar hier in Transvaal(ou Verwoerdburg, nou
Centurion) en dié mense dink verniet dis hier waar die son opkom....dis
eintlik in die Vrystaat!! :-)

Kyk, mens leer bietjie op skool van die bry-r en op universiteit van
streekstale, maar ek was verstom toe ons in Namibie kom en werklik die
verskil in uitspraak hoor. Dit was eintlik fassinerend. Ek het ondervind
dat indien jy onder die mense van 'n ander streek woon, kom mens al meer die
verskille in uitspraak agter. En toe ek weer sien praat ek nes die
Suidwesters!

> Ek is
> GEEN taalkundige nie maar my vermoede is dat Transvaal Afrikaans soos wat ek
> hom al gehoor het, vreeslik moes gely het ......

Ek stem saam. En dan dink die spul in Waterkloof e.a. dis 'n geval van
klas! Dis eenvoudig oorronding en enige ôp kôn dôt dôn.

> Oudste dogter gaan draf toe mos BA Kommunikasie op Potch. Weet vandag nog
> nie in watter klas dit was nie en die kind wou ook nooit die dosent aan my
> uitwys nie - maar sy bel een aand baie ontsteld. "Pa, hulle sê my Afrikaans
> is PLAT" en sy noem toe nog woorde wat ek nooit voor die kinders gebruik
> het nie. Soos e-l-o-k-u-s-i-e en andere wat ek nou al vergeet het.

Ek was ook daar. Jy wil nie weet wat hulle te sê gehad het van ons
Vrystaters se uitspraak nie.

> Het die kind maar getroos en gesê sy moet maar alles
> wat die
> dosent sê baie getrou in haar toetse en eksamens herhaal anders pluk sy dalk
> en ek's g'n lus om ekstra jare te betaal nie. Vakansietyd hoor ek nog 'n
> nuwe ding : ek is "Pô" . Eerste keer dat sy so praat, dog ek die hond
> het iets simpel aangevang en sy raas met hom. Eers toe sy naderstap en my
> op die skouer tik en wou weet of die familie moet saamgooi vir 'n
> gehoordingetjie vir my, TOE kom ek agter die "Pô" is seker iets wat EK
> gedoen het. Die hond is onskuldig. Vier jaar lank 'n stryd gehad.
>

My jongste het die manier as sy iets wil hê sê-vra sy altyd "Ma......". Ek
reageer altyd en sê sy moenie vir my blêr nie. (my 'status' verander van
mamma na ma) 'n Week gelede kom "Mô" sy toe by my en meer uit skok as iets
anders spot ek toe met haar en antwoord "Jô"!!

Ek het nog altyd gewonder wie gee sommige mense die reg om te besluit so
spreek mens 'n woord korrek in Afrikaans uit? En dan moet jy dit nog
'opswot' ook! Ek het/moes dieselfde raad volg as wat jy aan jou dogter
gegee het! Op daardie stadium was dit nog Pieter Mulder by wie ek klas
gedraf het(Pa en seuns mos almal in die politiek) Sy uitspraak was self ook
nie om oor huistoe te skryf nie, hy het altyd gesê 'hiersi' en 'daarsi'.
Die 'i' se uitspraak is soos die graadjies op skool leer klank. (hierso/
daarso)

> Tossie Lochner (haar nooiensvan want sy's met 'n Italianer getroud en bly
> permanent daar) is 'n boorling van Tsumeb. Haar pa is Afrikaans en haar ma
> een van die egte ou Suidwes Duitsers en sy is natuurlik VLOT in albei tale.
> Sedert ons streek die naamsverandering ondergaan het, hoor ons haar nie meer
> oor die radio nie. Jammer.
>
> Dis waar die vuurhoudtjie vir my by die kerspit uitgekom het.
> Dis Tossie Lochner se Duits/Afrikaanse tong wat P.L.O. net-net te
> vinnig uitspreek.
> :-))

Soos ek sê Tossie en Gloudina se Afrikaanse taalgebruik stem baie ooreen, ek
begin nou al meer vat kry aan Leendert se woord 'argaïse', maar ek wil nie
nou in 'n geveg betrokke raak nie!

Groete

Shannon
Re: Aan Shannon - tweede probeerslag [boodskap #21173 is 'n antwoord op boodskap #21140] Wo, 17 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Johan P wrote in message ...
> On Wed, 17 Feb 1999 08:46:17 +0200, "Shannon"
> wrote:

> Ja, ek - en voor Ferdi kla dat ek te veel sê oor hoe wonderlik dit in Amerika
> is, sal ek niks meer sê oor hoe diens-gerig die samelewing hier is nie. My ou
> skoonma sukkel nou al 'n maand met haar diensverskaffer wat daar in Bethlehem
> is, en die ouens karring maar net voort. Sulke swak diens sou daardie selfde
> ous nie lank laat oorleef het in Amerika nie.

Die probleem is net, in baie gevalle is daar nie kompetisie nie, of dan nie
veel nie.

> Waar hou Lyttelton/Verwoerdburg/Centurion se mense deesdae vôkônsie?

Mense is deesdae maar versigtig vir vakansie hou, as jy terugkom is jou hele
huis dalkies nog gesteel, wat nog te sê die inhoud daarvan. :-) Op die nuus
het hulle na Desember gesê dat die mense nou vir korter tye weggaan en selfs
vroeër as beplan teruggaan. Die ekonomie knyp die mense.

Wel, van die wat op George vakansie gaan hou, besluit sommer om daar te bly.
Ek is bevrees Plet en ander is nou nie meer soveel die 'in ding' nie of
misgis ek my?

> Ek hoor hulle gaan ou 'n Disney World in SA oprig - wel, eintlik is meeste al
> daar - dis nog net die doringdraad wat hulle om die Vrystaat moet span.....
> En jy sal moet betaal om uit te kom.
> |

Al waarom jou mond so groot is en jy sulke waaghalsige dinge van die
Vrystaat kwytraak, is omdat jy weet jy is buite die grense van ons land!

Groete

Shannon
Re: Aan Shannon - tweede probeerslag [boodskap #21206 is 'n antwoord op boodskap #21140] Do, 18 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 18 Feb 1999 12:09:34 GMT, wrote:
| Hulle is dus, soos Hennerietjie altyd
| sê, ge-mweb. En dit nou binne die
| die VSA, die perfekte VSA, die een wat
| deur die s.t in Minnes.ta in stand
| gehou word.
|
|
|> Jy moet onthou - die deel van Amerika wat binne jou ryafstand
| is, is maar 'n
|> snaakse klomp -
|
|
| Vintage Johan: nou is die klomp in die
| VSA wat naby my bly - upper New York
| Staat, ook maar 'n snaakse klomp.
| Ha, ha, ha, he, he, he. Nie deel van
| jou perfekte "Amerika" nie, Johan?
|
Jy yl al weer sleg, ou tante. Vra jou kinders moet sommer vir jou
paar botteltjies Bob Martins terugbring.
Ek hou die VSA in stand???? Sjuuuuuu, wat 'n job, né!!!!!!

Ek praat van New York City in die staat New York, Gloudina, ja, en
hulle is baie snaakse mense, met baie minder bedagsaamheid as die
middeweste se mense wat byvoorbeeld hier in Minnesota van
"MineesotaNice" praat. As jy net die moeite wil doen om weer my
plasing te lees sal jy sien ek sluit hulle heel by die VSA in, en gaan
verder om te sê dat hulle deel van die land se diversiteit uitmaak.

Ek vermoed jy is dalk die enigste een wat die wilde idee het dat ek
dink die VSA is "perfek". Ek het dit nog nooit gesê nie - al wat ek
doen is om nou en dan te pontifikeer oor iets wat ek hier van hou -
dis seker my goeie reg!

Volgens jou eie klagtes oor Kanada is die VSA beter. Volgens my
ervaring en die van almal met wie ek kontak het, is daar menige
aspekte van die VSA wat beter is as wat dit in SuidAfrika is.

Geen land is perfek nie Gloudina, en hoe gouer jy dit begin besef, hoe
gouer sal jy ophou jaloers wees oor die van ons wat hier in die VSA
bly. Geniet jou lewe, man!

Ek jou sê, my Amerika is 'n damn site meer perfek as wat my SuidAfrika
was. Moet nou weer net nie "airbrain" afleidings maak nie - ek sê
nie SA is net sleg nie...

(hoeveel keer moet 'n mens hierdie redenasies vir die ou tannie
herhaal voor dit bly vassteek???)

Johan, die ewige realis / optimis.
Re: Aan Shannon - tweede probeerslag [boodskap #21207 is 'n antwoord op boodskap #21140] Do, 18 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 18 Feb 1999 07:41:50 +0200, "Shannon"
wrote:

|Ek aanvaar sy was op Kovsies, my broer ook en hulle het so 'n natuurlike
|trots op hul 'valley' wat natuurlik aangevuur was met die feit dat hulle ons
|basies jaar vir jaar getrap het met intervarsity.
|
Ja, en dit maak dit so lekker om die been te trek - veral oor die
Vrystaat wat hom so daartoe leen....
Re: Aan Shannon - tweede probeerslag [boodskap #21208 is 'n antwoord op boodskap #21140] Do, 18 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 18 Feb 1999 16:02:24 GMT, wrote:

| En laat ek my nou waag aan 'n
| ander veralgemening: dat jy probeer praat
| oor die New Yorkers en die Eastern Seaboard
| en was jy al ooit hier?

Nee ek was nog nooit in daardie streek nie, maar ek is mos baie goed en kan
pontifikeer en weet alles, so ek weet presies hoe die mense daar is, PRESIES!

Hene ou vrou, nou het jy my al glad uitgelok om sarkasties te wees. Sies!

My veralgemenings is die veralgemenings van die hele VSA en van jouself ook,
man: "...julle daar in Minnesota 'n bietjie die butt van grappe is in die
VSA..."

Dit IS veralgemeende sienings, Gloudina en mens mag dit maar gebruik. Hemel,
gesprekke sou maar saai gewees het as 'n mens net oor jou eie direkte ervarings
kon praat - jou eie gegorrel sou heelwat minder gewees het.

| En weet jy dat julle
| daar in Minnesota 'n bietjie die butt van
| grappe is in die VSA oor dom mense (Hanz en
| Franz op Saturday Night Live is veronderstel
| om daarvandaan te kom, meen ek.)

Ja, ons weet daarvan - netsoos een van die dames op die sitcom Golden Girls ook
mos van St Olaf af kom en DIS NOU DUHHHH!!!! met meer as hoofletters!!!!!!
Maar jy sien, ek merk op dat hier by die meerderheid mense wat jy daaroor uitvra
net 'n gelatenheid oor heers. In daardie opsig het die Minnesotans nie 'n
selfbeeld probleem nie. Hulle gee nie om as die res van die wereld hulle
gebruik om te spot nie. Want hulle weet dis net dit, niks meer nie.

Ek het ook al die lelike kant daarvan gesien: By ons leerwerk kompetisie in
Texas het ek gehoor waar een van die ouens - ek weet nie waar in die VSA hy
vandaan kom nie - een van my mede Minnesotans, Randy Knudsen, aanspreek as "the
SSCCHHHHWWEEEED from Minnesota. Hulle ken mekaar al van vorige shows, en almal
het maar net gesmile, maar jy kon sien die ou het dit op 'n lelike manier
bedoel.

| Soos ons
| hier in Kanada spot oor die Newfoundlanders,

...en ek met die Vrystaters .... ...en met die uitgewekenes wat al dekades lank
in Kanada bly .....

| soos mense in KwaZulu-Natal spot oor Umbumbulu,
| so spot die mense in die VSA oor Minnesota.
|
| Minnehaha vir die maan wat seker nou weer begin swel.....
|
Re: Aan Shannon - tweede probeerslag [boodskap #21209 is 'n antwoord op boodskap #21140] Do, 18 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan (In oortje gehapt!)) writes:

> Hene ou vrou, nou het jy my al glad uitgelok om sarkasties te wees.
Sies!

Heel effektief is ek, nie waar nie.
die uwe,
Minnehehehaha

> | En weet jy dat julle
> | daar in Minnesota 'n bietjie die butt van
> | grappe is in die VSA oor dom mense (Hanz en
> | Franz op Saturday Night Live is veronderstel
> | om daarvandaan te kom, meen ek.)
>
> Ja, ons weet daarvan - netsoos een van die dames op die sitcom Golden Girls ook
> mos van St Olaf af kom en DIS NOU DUHHHH!!!! !!!!!

Dankie dat jy vir my daaraan herinner het.
Ja, St. Olaf! Is daar werklik so 'n plek
in Minnesota? Ek was nogal lief vir Rose.
"Blessed are the meek."

Gloudina
Re: Aan Shannon - tweede probeerslag [boodskap #21210 is 'n antwoord op boodskap #21140] Do, 18 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Johan (In oortje gehapt!) wrote in message
...
> On Wed, 17 Feb 1999 21:40:13 +0200, "Shannon"
> wrote:
>
> |Al waarom jou mond so groot is en jy sulke waaghalsige dinge van die
> |Vrystaat kwytraak, is omdat jy weet jy is buite die grense van ons land!
> |
> |Groete
> |
> |Shannon

In my skoonfamilie meet hulle 'n provinsie aan die prestasie van sy rugby,
die Vrystaat het vir jare onder hul tong deurgeloop. Hulle het nou al
aanvaar ek skree vir die Blou Bulle. Ek moet egter erken ek is ietwat
verwaand en wil net beklemtoon dat ek van die Noord-Vrystaat kom. Daar is
nou darem 'n verskil!

> |
> |
> Ja, maar ek moet ook maar versigtig wees - die baas het daar gestudeer
> en sy is gou om die plek te verdedig (hoekom mens dit sou doen weet ek
> nie).

Ek aanvaar sy was op Kovsies, my broer ook en hulle het so 'n natuurlike
trots op hul 'valley' wat natuurlik aangevuur was met die feit dat hulle ons
basies jaar vir jaar getrap het met intervarsity.

Groete

Shannon
Re: Aan Shannon - tweede probeerslag [boodskap #21211 is 'n antwoord op boodskap #21140] Do, 18 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan (In oortje gehapt!)) writes:


> (hoeveel keer moet 'n mens hierdie redenasies vir die ou tannie
> herhaal voor dit bly vassteek???)

Soveel kere as wat jy stupid veralgemenings
oor die VSA maak, en ek onmiddellik vir jou
vastrap en jy dan met die waarheid moet voor
die dag kom. En laat ek my nou waag aan 'n
ander veralgemening: dat jy probeer praat
oor die New Yorkers en die Eastern Seaboard
en was jy al ooit hier? En weet jy dat julle
daar in Minnesota 'n bietjie die butt van
grappe is in die VSA oor dom mense (Hanz en
Franz op Saturday Night Live is veronderstel
om daarvandaan te kom, meen ek.) Soos ons
hier in Kanada spot oor die Newfoundlanders,
soos mense in KwaZulu-Natal spot oor Umbumbulu,
so spot die mense in die VSA oor Minnesota.

Minnehaha
Re: Aan Shannon - tweede probeerslag [boodskap #21212 is 'n antwoord op boodskap #21140] Do, 18 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
> e...@dot.com (Johan P) writes:
> My ou skoonma sukkel nou al 'n maand met haar diensverskaffer wat daar in
Bethlehem

Ek's bly daar is nog iemand wat oor sy skoonma bekommerd is.

En Gloudina skryf:

> Ons het volop moeilikheid met ons bediener
> hier in Ottawa. Soos almal maar in 'n
> vinnig-uitbreidende industrie.

Ek het ook al genoem dat news.perth.enternet.com.au nie beter is nie. Jy pos
en dan wag jy. Somtyds se die ding daar is geen boodskappe om te lees nie en
dan skielik kry jy 120 op 'n slag, twee dae later. Ek is bly ek is nie
alleen nie.

Alwyn>
Re: Aan Shannon - tweede probeerslag [boodskap #21213 is 'n antwoord op boodskap #21140] Do, 18 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan P) writes:

> | van die bottelnekke en die verwarring
> | minder as twee jaar gelede veroorsaak
> | deur America On Line nie.
>
> Ek is self deur die AOL slapriem gevang!! In die begin was dit maklik om by
> hulle aan te sluit - hulle programme is vooraf op meeste rekenaars gelaai. Maar
> dit neem regtig nie lank voordat hulle swak diens 'n mens eenvoudig net dwing om
> na ander meer profesionele verskaffers toe te gaan nie. Ek vermoed AOL word aan
> die lewe gehou deur die deel van die Internet gebruikers wat 'n laer vlak van
> sofistikasie nodig het om net e-mail te kan hanteer.

Ha, ha, ha, ha, ha, ha, he, he, he.

> sien hoe nuwe ouens aansluit met AOL, telkens van die vergadering afgegooi word
> as AOL sommer hulle verbinding verbreek en dan daag hulle 'n maand later op met
> 'n nuwe verskaffer.

Hulle is dus, soos Hennerietjie altyd
sê, ge-mweb. En dit nou binne die
die VSA, die perfekte VSA, die een wat
deur die s.t in Minnes.ta in stand
gehou word.

> Jy moet onthou - die deel van Amerika wat binne jou ryafstand is, is maar 'n
> snaakse klomp -

Vintage Johan: nou is die klomp in die
VSA wat naby my bly - upper New York
Staat, ook maar 'n snaakse klomp.
Ha, ha, ha, he, he, he. Nie deel van
jou perfekte "Amerika" nie, Johan?

Die Otjie in Tawa
Re: Aan Shannon - tweede probeerslag [boodskap #21214 is 'n antwoord op boodskap #21140] Do, 18 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 17 Feb 1999 19:02:44 GMT, wrote:

| en alles baie goed ken. Jy weet dus nie
| van die bottelnekke en die verwarring

Dit is die ou woordjie "dus", wat jy so sukkel om in bedwang te hou,
wat jou so 'n skewe idee van die lewe gee. Jy maak te maklik
verwronge afleidings, nes ou Leendert.

Johan, die ewige realis / optimis.
Re: Aan Shannon - tweede probeerslag [boodskap #21215 is 'n antwoord op boodskap #21140] Do, 18 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 18 Feb 1999 19:30:30 GMT, wrote:
|> Ja, ons weet daarvan - netsoos een van die dames op die sitcom
| Golden Girls ook
|> mos van St Olaf af kom en DIS NOU DUHHHH!!!! !!!!!
|
|
| Dankie dat jy vir my daaraan herinner het.
| Ja, St. Olaf! Is daar werklik so 'n plek
| in Minnesota? Ek was nogal lief vir Rose.
| "Blessed are the meek."
|
Ja, ek kon nie haar naam onthou nie! Seker een van die beste sitcoms ooit - net
suiwer ontspanning en niks dink nie. Ek geniet dit om nou nog 'n episode of wat
te kyk laataand op die Lifetime Channel.

Daar is werklik 'n St Olaf!! Maar hy is in Iowa. En ek het nou die aand weer
gehoor hoe Rose praat van Minnsota.

In Minnesota is daar wel 'n College of St Olaf in Northfield, Minnesota.

Trouens, ek het nou al 'n paar keer uitsendings oor Public Radio gehoor van die
St Olaf koor - baie goed!

""One of America's great Christmas traditions," the St. Olaf Christmas Festival
features five choirs, including the world renowned St. Olaf Choir, and the
magnificent
St. Olaf Orchestra in its annual concert held each year on the campus of St.
Olaf Col lege in Northfield, Minnesota. It's "One of ten Christmas events in the
United
States not to be missed" according to the New York Times. "

Gaan kyk gerus by:

http://www.stolaf.edu/stolaf/depts/music/stolaf_choir/
Re: Aan Shannon - tweede probeerslag [boodskap #21216 is 'n antwoord op boodskap #21140] Do, 18 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 17 Feb 1999 21:40:13 +0200, "Shannon"
wrote:

|Al waarom jou mond so groot is en jy sulke waaghalsige dinge van die
|Vrystaat kwytraak, is omdat jy weet jy is buite die grense van ons land!
|
|Groete
|
|Shannon
|
|
Ja, maar ek moet ook maar versigtig wees - die baas het daar gestudeer
en sy is gou om die plek te verdedig (hoekom mens dit sou doen weet ek
nie).

Johan, die ewige realis / optimis.
Re: Aan Shannon - tweede probeerslag [boodskap #21241 is 'n antwoord op boodskap #21140] Vr, 19 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 19 Feb 1999 08:31:08 +0200, "Shannon" wrote:
|Wat se leerwerk is dit?

Soos in "leathercraft" - dis my stokperdjie.
|
|>...en ek met die Vrystaters .... ...en met die uitgewekenes wat al dekades
|lank
|>in Kanada bly .....
|
|
|Gelukkig weet die Vrystaters wanneer om, met grasie, eenvoudig die gesprek
|daar te laat. ;-)
|
...hhhmm......hhhmm ... wragtig kan ek nie aan iets slim dink om te sê nie!!!!
Jy wen!!!
Re: Aan Shannon - tweede probeerslag [boodskap #21242 is 'n antwoord op boodskap #21140] Vr, 19 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 19 Feb 1999 14:39:06 GMT, oos...@geocities.com wrote:
|> the world renowned St. Olaf Choir,
|
|Wel, ja.
|As jy dink die wêreld eindig by Boston Bay aan die een kant en Golden Bridge
|aan die ander, klink "world renowned" seker betekenisvol.
|
|(Ek verstom my dikwels hoe mind Amerikaners weet van wat buite hulle land
|aangaan.)
|
Dat die "hoogsgeleerde en wydbelese" Leendert nou sowaar met hierdie vlak
stelling uitkom en boonop homself nog daarmee in die voet skiet!!!!

In een asem gee jy te kenne dat jy nog nie van die St Olaf Koor gehoor het nie
en kritiseer jy 'n ander omdat hulle van min weet !?! Tipiese SuidAfrikaanse
verwaande oogklappe.

Na ek hier gekom het, het ek eers agter gekom hoe min(d) SuidAfrikaners weet van
wat byvoorbeeld in Amerika aangaan, myself ingesluit. Maar ou Leendert, die
ergste van alles is, dat dit nie saakmaak nie - jy moet vrede met jouself maak
dat jy nooit alles oor alles sal weet nie. Dan sal jou
ek-het-kennis-van-alles-snobisme ook nie so pynlik opmerklik wees nie.

Ek dink werklik nie dis net Amerikaners wat nie 'n diepgaande studie maak oor
die buiteland nie. Ek dink jy kry dit maar in elke land in elke bevolking. Jy
self het al oor en oor bewys dat jy nie alwetend is nie. Hierbo weer.

Wat ek wel waarneem is dat die Amerikaners waarmee ons te doen kry, baie gretig
is om meer te leer sodar hulle besef daar is iets waarvan hulle nie veel weet
nie. Toe my ma hier was is sy byvoorbeeld een dag na die seuns se skool genooi
om hulle meer van SuidAfrika te vertel. Op Kansas City lughawe vra 'n
grondwaardin my een aand: "Tell me more about South Africa, we hear so little
about the country". By die kerk kom amper elke Sondag mense na ons toe en vra
uit wanneer hulle verwysing na SuidAfrika gehoor het, soos toe Tutu nou hier
was.

Nee, Amerikaners is nie perfek nie, netsoos SuidAfrikaners en Britte en al die
ander mense van die wereld nie perfek is nie.
Re: Aan Shannon - tweede probeerslag [boodskap #21243 is 'n antwoord op boodskap #21140] Vr, 19 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Johan (In oortje gehapt!) wrote in message
...
> On 18 Feb 1999 16:02:24 GMT, wrote:
>
> | En laat ek my nou waag aan 'n
> | ander veralgemening: dat jy probeer praat
> | oor die New Yorkers en die Eastern Seaboard
> | en was jy al ooit hier?

> My veralgemenings is die veralgemenings van die hele VSA en van jouself ook,
> man: "...julle daar in Minnesota 'n bietjie die butt van grappe is in die
> VSA..."
>
> Dit IS veralgemeende sienings, Gloudina en mens mag dit maar gebruik.

'n Mens is geneig om op grond van jou eie persepsies veralgemenings te maak.
Ons is per slot van rekening nie besig om die een of ander tesis te skryf
nie. As ons nie meestal oor 'n veralgemening sal kan kyk nie, sal ons
uiteindelik heeldag ingewikkelde besprekings hou oor die betekenisse van
woorde veral die woord 'veralgemeen'!

Hemel,
> gesprekke sou maar saai gewees het as 'n mens net oor jou eie direkte ervarings
> kon praat - jou eie gegorrel sou heelwat minder gewees het.

> Ek het ook al die lelike kant daarvan gesien: By ons leerwerk kompetisie in
> Texas >

Wat se leerwerk is dit?

> ...en ek met die Vrystaters .... ...en met die uitgewekenes wat al dekades lank
> in Kanada bly .....

Gelukkig weet die Vrystaters wanneer om, met grasie, eenvoudig die gesprek
daar te laat. ;-)

Groete

Shannon
Re: Aan Shannon - tweede probeerslag [boodskap #21244 is 'n antwoord op boodskap #21140] Vr, 19 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
e...@dot.com (Johan (In oortje gehapt!)) wrote:

> the world renowned St. Olaf Choir,

Wel, ja.

As jy dink die wêreld eindig by Boston Bay aan die een kant en Golden Bridge
aan die ander, klink "world renowned" seker betekenisvol.

(Ek verstom my dikwels hoe mind Amerikaners weet van wat buite hulle land
aangaan.)

Vriendelike groete, Leendert
Vorige onderwerp: Stadig oor die klippe, Alwyn!
Volgende onderwerp: Stem . . .?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 06:04:30 MGT 2024