Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » ESKOM, TELKOM, YSKOR is besig om uitmekaar te val ????
ESKOM, TELKOM, YSKOR is besig om uitmekaar te val ???? [boodskap #21185] Wo, 17 Februarie 1999 00:00
cm  is tans af-lyn  cm
Boodskappe: 8
Geregistreer: Februarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Dag se

Ek kuier n bietjie in Suid Afrika, en iets oorkom my in hierdie land waarvan
ek nogal geskrik het.
Behalwe die baie ernstige misdade is daar nog n moord aan die gang. As dit
nie moord is nie dan is dit n geestelike moord op die blanke in die land.

OOrals waar ek besighede besoek sien ek mense harde werk doen. Maar die
opvallende van die saak is dat die selfde mense baie op hulle senuwes is,
hulle is amper nie meer verdraagsaam nie.
Die mense is op slaap en senuwe pille van die ergste soort.
Die mense wil die land verlaat, kry niks meer reg nie voel ongelukkig en
geboycot in hulle werk.
Die mense moet soms die werk doen wat gewoonlik deur merdere mense gedoen
moet word.
Die mense is wel daar maar is nie verantwoordelik nie, hulle is wel
ontspanne en het baie tyd.
Die ander mense werk oortyd en slaap moeilik of glad nie meer nie.
Selfmoord kom reelmatig voort, en die einde is nie in sig nie.
OOk die soek naar ander werk is nie moontlik nie omdat teen die mense
gediskrimineer word. Nie teen die kundigheid nie, die kundigheid en
ondervinding is baie beter in die meeste gevalle.
Maar omdat hulle vervang MOET word, daarna volg die gaos in die
ondernemings.
Ek adviseer die mense wat in die land wil bele om eers goed rond te kyk
voordat n investering gedoen word.
Ek voel eintlik baie jammer vir alle mense ook die wat die werk nie kan doen
nie en die poste maar invul omdat hulle kan lees en skrywe. Gewoonlik net
Engels die Afrikaanse taal het sommige mense skielik 5 jaar terug verloor.
Blybaar geheue verlies.

Asseblief reageer indien u persoonlik kennis dra van gevalle in bo-genoemde
ondernemings waar mense dit swaar kry. Reageer dan oop my privaat e-pos
c...@yebo.co.za

Groetend met n traan
Corne.
Vorige onderwerp: Hardekoolvuur!
Volgende onderwerp: Re: Taalpolitiek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 16:09:54 MGT 2024