Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Streekstale - Transvaal aan die beurt
Streekstale - Transvaal aan die beurt [boodskap #21181] Wo, 17 Februarie 1999 00:00
Oom Hans  is tans af-lyn  Oom Hans
Boodskappe: 83
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Tot dusver het ons :



Pôp

Ek wonder of so baie Pretorianers nog strônthuise by Plet het....?
Enige ôp kôn dôt dôn.

Iets is ge"mweb" - met dank aan Henri.

Hoe noem hulle hul katte ??? (Geen Nederlanders hier ASSEBLIEF nie)
Die "gewone" katte wat ek daar gesien het, was die rondlopers sonder huise.
Die katte IN die huise se stambome oordonder normaalweg die ander inwoners
se herkoms - dis nou die Siamese katte, die Persiese katte, ens. ens.

Kommentaar:
In my dae het 'n student sy "bounie" varsity toe getrap maar NET een geslag
na my het nie geweet dat dit 'n fiets is nie. Toegegee, dit was
studentetaal wat vandag in die mode is en more uit. Kan ook wees dat die
gemiddelde inkomste/rykdomme aansienslik toegeneem het onder latere studente
en dus ook die rygoed se status........

Nog voorbeelde asb van die Groenkloof-Waterkloof-Brooklyn-Hatfield
streektaal.

Gegroet
Omie
Re: Streekstale - Transvaal aan die beurt [boodskap #21182 is 'n antwoord op boodskap #21181] Wo, 17 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
"Oom Hans" skryf:

> Iets is ge"mweb" - met dank aan Henri.

Ek hoop nie jy klassifiseer dit onder 'Transvaal-speak' nie, Hans. Dan sal dit
seker 'ge-ômWôb' moet wees!

> na my het nie geweet dat dit 'n fiets is nie. Toegegee, dit was
> studentetaal wat vandag in die mode is en more uit. Kan ook wees dat die
> gemiddelde inkomste/rykdomme aansienslik toegeneem het onder latere studente
> en dus ook die rygoed se status........

Ek het darem self in my finale jaar nog fiets getrap, Hans. Maar dit was nie
net om ekonomiese redes nie. In daai vroegoggend Pretoria verkeer kon jy met
'n fiets vinniger by 'n plek kom as met 'n motor.

> Nog voorbeelde asb van die Groenkloof-Waterkloof-Brooklyn-Hatfield
> streektaal.

Eenkeer dié stukkie Menlopark-speak gehoor:

'Vôsity is woes lêkker'!

Groete

Hônri Bôrger
Vorige onderwerp: PROFESSIONELE GESONDHEIDSORG MENSE BENODIG
Volgende onderwerp: Hardekoolvuur!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 22:56:40 MGT 2024