Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Niet schrikken - wie, Gerrit - ek? of jy?
Niet schrikken - wie, Gerrit - ek? of jy? [boodskap #21136] Ma, 15 Februarie 1999 00:00 na volgende boodskap
Koos[3]  is tans af-lyn  Koos[3]
Boodskappe: 16
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Beste Gerrit

Jy skryf: "Beste Kwarantyn, Niet schrikken, maar... ik geloof helemaal niet
in God, dat wil zeggen: ik
weet niet of God bestaat."

Dankie dat jy daarom besorg is dat ek nie sal skrik nie - ek neem aan jy
bedoel dat ek nie geskok sal
wees nie. Oor jou stelling dat jy nie in God glo nie; 'n stelling wat jy
dadelik kwalifiseer deur dat te sê jy
weet nie of God bestan nie.

Dit skok my nie, en ek skrik nie daaroor nie. Ek kom dit elke dag teë dat
mense nie in God glo nie, of
bloot net skepties is. Ek is egter bevrees dat die Bybel dit duidelik stel
dat elke mens wat nie in God glo
nie, eendag GROOT gaan skrik, maar dit gaan te laat wees.

Gerrit, ek wens ek kon jou persoonlik vertel hoe ek God al persoonlik in my
lewe sien optree het; hoe ek
Hom sien ingryp het waar dit gelyk het of geen mens iets aan my situasie kon
doen nie. Van Sy
voorsienigheid toe dit gelyk het of daar vir my geen uitkoms is nie. Nie net
vir my nie, maar ook vir my
gesin. Maar dan sal ek jou die verhaal van my lewe moet vertel - van die
begin af tot nou toe. Ek
ondervind daagliks Sy liefde en Sy sorgsaamheid. Die grootste, mees
bevrydende oomblik in my hele
lewe was toe ek my aan Hom kon oorgee en toelaat dat Hy my lewe bestuur. Dit
was die oomblik toe ek
besef het dat ek deel geword het van die ewige lewe, en dat, wanneer ek
sterf, ek in alle ewigheid by my
God sal wees. Weet jy watter groot heerlikheid dit is? Waarskynlik nie... en
dis jammer. Ek wens jy kon
dit ook beleef soos ek dit beleef.

Nee, Gerrit, ek skik nie. My hartewens vir jou is dat jy nie eendag hierdie
woord na jou toe sal hoor
terugkeer nie: "Niet schrikken, Gerrit.... ik ken je helemaal niet..."

Beste groete uit Pennsylvania

Kwarantyn

*** Posted from RemarQ - http://www.remarq.com - Discussions Start Here (tm) ***
Re: Niet schrikken - wie, Gerrit - ek? of jy? [boodskap #21147 is 'n antwoord op boodskap #21136] Di, 16 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gerrit de Blaauw  is tans af-lyn  Gerrit de Blaauw
Boodskappe: 38
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
"Johan (In oortje gehapt!)" wrote:
>
> Ek beaam Kwarantyn se skrywe ten volle.
>
> God is nie te vinde in slim redenasies of stellinge of in geleerdheid
> nie, maar as jy Hom ken, is hy 'n werklikheid.

Ik respecteer jullie opvattingen, maar kan ze niet delen. Mijn
werkelijkheid is een andere. Ik geloof niet in een God die zich
openbaart. Bij mensen die wel in God geloven constateer ik overigens een
voortdurende verschuiving van het godsbeeld. De God die Kwarantyn noemt
-- de oudtestamentische God die vóór alles eist dat je in hem gelooft --
heeft de afgelopen jaren veel aanhang verloren onder christenen.
Daarvoor in de plaats is bij velen de opvatting gegroeid dat God allen
gelijkelijk liefheeft, of ze nu in Hem geloven of niet. Maar voor mij is
de diepste waarheid dat wij God niet kennen.
Ondertussen houd ik me wel meer met de Bijbel en met theologie bezig
dan de meeste christenen. Als jullie daar een teken in willen zien, dan
vind ik dat best. :)

Vriendelijke groeten,
--
Gerrit de Blaauw

Mijn hart stond stil, maar mijn Pontiac liep.
- Wim van Est
Re: Niet schrikken - wie, Gerrit - ek? of jy? [boodskap #21148 is 'n antwoord op boodskap #21136] Di, 16 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lvano...  is tans af-lyn  lvano...
Boodskappe: 10
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
In article ,
Gerrit de Blaauw wrote:

> Bij mensen die wel in God geloven constateer ik overigens een
> voortdurende verschuiving van het godsbeeld. De God die Kwarantyn noemt
> -- de oudtestamentische God die vóór alles eist dat je in hem gelooft --
> heeft de afgelopen jaren veel aanhang verloren onder christenen.
> Daarvoor in de plaats is bij velen de opvatting gegroeid dat God allen
> gelijkelijk liefheeft, of ze nu in Hem geloven of niet.

Dit is sekerlik so dat sommige mense 'n ander "godsbeeld" het as ander. Dit
is ook waar dat daar onder bepaalde groepe veranderende "modes" mag wees
t.o.v die godsbeeld.

Dit vertel ons egter nie noodwendig iets aangaande God nie :-)

> Maar voor mij is
> de diepste waarheid dat wij God niet kennen.
> Ondertussen houd ik me wel meer met de Bijbel en met theologie bezig
> dan de meeste christenen. Als jullie daar een teken in willen zien, dan
> vind ik dat best. :)

Hmmm..... Dan is jy sekerlik bekend met die uitspraak van Karl Barth: Dat die
Bybel behels wat God van God sê. Die teologie is wat die mens van God sê :-)

Vriendelike groete, Leendert

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Niet schrikken - wie, Gerrit - ek? of jy? [boodskap #21149 is 'n antwoord op boodskap #21136] Di, 16 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek beaam Kwarantyn se skrywe ten volle.

God is nie te vinde in slim redenasies of stellinge of in geleerdheid
nie, maar as jy Hom ken, is hy 'n werklikheid.

Vir my ook, nie eers 'n baie slim ou nie, of baie geleerd nie, of baie
vooraanstaande nie, of baie ryk nie, maar vir my ook maak God moeite
en laat Hy my toe om Hom te leer ken en te leer om sy liefde te
aanvaar en te ervaar.

En om hom te leer ken, kos 'n mens niks nie - ek wil baie versigtig sê
dat daar net wins in is - niks waarmee jy met 'n bankbalans kan
verander nie, maar alles waarmee jy jou lewenskwaliteit kan verhoog.

Johan, die ewige realis / optimis.
Re: Niet schrikken - wie, Gerrit - ek? of jy? [boodskap #21176 is 'n antwoord op boodskap #21136] Wo, 17 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Gerrit de Blaauw  is tans af-lyn  Gerrit de Blaauw
Boodskappe: 38
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Leendert van Oostrum wrote:

> Die stelling dat "ons God nie (kan) ken nie", volg natuurlik logies uit die
> stelling "Ik geloof niet in een God die zich openbaart".
>
> Albei stellings maak egter aanspraak op 'n bepaalde kennis van God (nl dat
> Hy Hom nie openbaar nie, en onkenbaar is). Hulle is dus teenstrydig in
> hulself.
>
> Die idee dat iemand God kan ken, noem jy dan 'n "pretensie" - 'n valse
> voorstelling.
>
> Nou, jou argument is dus:
>
> a) God is onkenbaar vir mense ("iemand").
> b) Daaruit volg dit (of alternatiewelik is dit) dat dit nie moontlik is vir
> mense (insluitend Danie) om God te ken nie.
>
> Stelling a) impliseer dat jy die aard van God dermate ken om te weet dat Hy
> onkenbaar is vir mense. Mits mens aanneem dat Gerrit de Blaauw 'n mens is
> ("iemand" - gaan maar die etimologie daarvan na :-), is stelling a) logies
> onhoudbaar.
>
> Die enigste alternatief is dat jy, op grond van jou kennis van Gerrit de
> Blaauw, beweer dat jy die aard van mense (ook Danie dus) goed genoeg ken om
> te weet dat dit vir mense onmoontlik is om God te ken.
>
> So 'n standpunt sou ek wel 'n massiewe "pretensie" noem. Meer, ek sou dit
> die hoogtepunt van arrogansie noem.

Wederom een bizarre beschuldiging -- even bizar als de beschuldiging dat
ik Danie de mond wil snoeren.
Ik spreek in deze discussie alleen over "God" omdat gelovigen
allerlei dingen over God beweren. Persoonlijk heb ik het begrip "God"
niet nodig, omdat ik er niets zinvols over kan zeggen. Als ik zeg dat
wij God niet kunnen kennen, bedoel ik dat we niets weten van het
bovennatuurlijke en dat het geen zin heeft om over het bovennatuurlijke
te spreken, omdat dat noodzakelijkerwijs tot onzin leidt. Ik vind dat
geen arrogantie, eerder bescheidenheid.

[knip]

> As ons nog daarmee die spot dryf (mildelik of andersinds) tas ons hul
> persoonlike vryheid, insluitende hul vryheid van spraak, op die gruwelikste
> manier aan.
>
> Dit, verklaar ek, sou misbruik behels van ons eie vryheid van spraak. En dit
> is waarvan ek jou beskuldig.

Ik heb al eerder uitgelegd waarom ik dit onzin vind. Jouw opvatting van
"arrogantie", van "vrijheid" en van "aantasting van vrijheid" is, zacht
gezegd, merkwaardig.

> Vriendelike groete, Leendert

Nogtans, soos altyd, vriendelike groete,
--
Gerrit de Blaauw

Mijn hart stond stil, maar mijn Pontiac liep.
- Wim van Est
Re: Niet schrikken - wie, Gerrit - ek? of jy? [boodskap #21177 is 'n antwoord op boodskap #21136] Wo, 17 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
Gerrit de Blaauw wrote:

> Ik spreek in deze discussie alleen over "God" omdat gelovigen
> allerlei dingen over God beweren. Persoonlijk heb ik het begrip "God"
> niet nodig, omdat ik er niets zinvols over kan zeggen. Als ik zeg dat
> wij God niet kunnen kennen, bedoel ik dat we niets weten van het
> bovennatuurlijke en dat het geen zin heeft om over het bovennatuurlijke
> te spreken, omdat dat noodzakelijkerwijs tot onzin leidt. Ik vind dat
> geen arrogantie, eerder bescheidenheid.

Nee. Die "beskeie" standpunt sou wees: "Ek kan van God niks sê nie. En ook nie
van jou belewenis van God nie."

>
> Ik heb al eerder uitgelegd waarom ik dit onzin vind. Jouw opvatting van
> "arrogantie", van "vrijheid" en van "aantasting van vrijheid" is, zacht
> gezegd, merkwaardig.

Maar geensins vreemd nie. Dit verken implikasies van onlangse hof- en ander
uitsprake op die gebied van seksuele teistering, homofobie, "haatspraak" en
soortgelyke sake.

Jou reaksie (dat jy my opvattings "merkwaardig" vind) steun nogal my persepsie
dat die enigste verskil in hierdie geval daarin lê dat godsdiens nie 'n
"politiek korrekte" bedrywigheid is nie.

Vriendelike groete, Leendert

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Niet schrikken - wie, Gerrit - ek? of jy? [boodskap #21178 is 'n antwoord op boodskap #21136] Wo, 17 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Op die gevaar af dat ons heeltemal mag verval in logiese sofistikeite
(waarvoor ek nie tans die geduld of tyd het nie), nogtans die volgende:

Gerrit de Blaauw wrote in message ...

>
> Ik geloof niet in een God die zich
> openbaart.

[...]

> Maar voor mij is
> de diepste waarheid dat wij God niet kennen.

[...]

(Elders):

As hierdie stukkie theo-alogie verteenwoordigend is van die gehalte van
denke oor die saak, kan ek verstaan dat kerkskeuring so 'n gewilde
aktiwiteit is onder die 'Ollanners.

Die stelling dat "ons God nie (kan) ken nie", volg natuurlik logies uit die
stelling "Ik geloof niet in een God die zich openbaart".

Albei stellings maak egter aanspraak op 'n bepaalde kennis van God (nl dat
Hy Hom nie openbaar nie, en onkenbaar is). Hulle is dus teenstrydig in
hulself.

Die idee dat iemand God kan ken, noem jy dan 'n "pretensie" - 'n valse
voorstelling.

Nou, jou argument is dus:

a) God is onkenbaar vir mense ("iemand").
b) Daaruit volg dit (of alternatiewelik is dit) dat dit nie moontlik is vir
mense (insluitend Danie) om God te ken nie.

Stelling a) impliseer dat jy die aard van God dermate ken om te weet dat Hy
onkenbaar is vir mense. Mits mens aanneem dat Gerrit de Blaauw 'n mens is
("iemand" - gaan maar die etimologie daarvan na :-), is stelling a) logies
onhoudbaar.

Die enigste alternatief is dat jy, op grond van jou kennis van Gerrit de
Blaauw, beweer dat jy die aard van mense (ook Danie dus) goed genoeg ken om
te weet dat dit vir mense onmoontlik is om God te ken.

So 'n standpunt sou ek wel 'n massiewe "pretensie" noem. Meer, ek sou dit
die hoogtepunt van arrogansie noem.

Op grond van sulke snert matig jy jou egter aan om die spot te dryf
(mildelik of andersinds) met Danie se aanspraak dat hy God ken!

> Ondertussen houd ik me wel meer met de Bijbel en met theologie bezig
> dan de meeste christenen. Als jullie daar een teken in willen zien, dan
> vind ik dat best. :)

Hmmm..... Hieroor kan ek jou maar net verwys na die kommentaar van:

> "Johan (In't bol gepikt!)" wrote:
>> God is nie te vinde in slim redenasies of stellinge of in geleerdheid
>> nie, maar as jy Hom ken, is hy 'n werklikheid.

Die basiese stelling wat Johan hier gebruik is een wat dikwels in die Bybel
verskyn. As jy Johan se bydraes volg, sal jy egter met my saamstem dat hy
duidelik uit eie ervaring praat , eerder as uit teologiese geskrifte (dit
blyk dat hy niks lees behalwe die TV Guide en Time Magazine nie :-).

Die punt is dit: oor die inhoud van teologiese geskrifte en debatte kan ek
en jy ons lank moeg maak.

Oor die inhoud van Johan se persoonlike (en subjektiewe) ervaring - en Danie
s'n - en Henry s'n kan ek en jy ons nie uitspreek nie.

As ons nog daarmee die spot dryf (mildelik of andersinds) tas ons hul
persoonlike vryheid, insluitende hul vryheid van spraak, op die gruwelikste
manier aan.

Dit, verklaar ek, sou misbruik behels van ons eie vryheid van spraak. En dit
is waarvan ek jou beskuldig.

Vriendelike groete, Leendert
Vorige onderwerp: Taal en onafhankelijkheid (was Re: ZUIDAFRIKAANSE ZANGAVOND IN VLAANDEREN)
Volgende onderwerp: PROFESSIONELE GESONDHEIDSORG MENSE BENODIG
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 21 04:56:59 MGT 2024