Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » briefie vir oom kaspaas
briefie vir oom kaspaas [boodskap #21037] Vr, 12 Februarie 1999 00:00
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
liewe oom kaspaas

My pa sê die oom wat die lelike kiekies gestier het is van die net af gegooi
so nou mag ek weer skryf. Weet oom lat die oorle Fanie Botha dam hier op
Tsanien nou al vir 'n week oor loop van al die reens.

Ma' dis nie hoekom ek skryf nie, oom. Oom my pa is so woerend lat hy sê hy
gaan mal word. As oom my vra is hy klaar mal want vir twee weke lank het hy
sy sypery gelos. Nou gaan dit seker nog meer reent.

Alles het begin toe iemand vir my pa 'n faks wou stier by sy werk twee weke
trug. Toe antwoord 'n ander antie die foun en sê dis haar niewe foun nommer
wat sy net daai oggend gekry het na maande se gewag. Ma' dis my pa se faks
nommer wat telkom gesteel en vir die antie gegee het oom! Na 'n week se gekla
kom kyk telkom se mense toe. Hille sê die probleem is lat die kabels is nat
van al die reent. Toe sê my pa die oom moenie nat strooi staan en praat nie
hille het die nommer vir iemand anders gegee en haar kabel is nie nat nie.
Toe daai oom sien my pa is kwater as die keer toe die aamie oom die strepies
in sy aaidie wou sien, toe is daai kabel skielik droog.

Eer gister is ons foun by die hys weer dood. Toe is my pa nog woerender en hy
bel die groot baas van telkom. Hy sê hy sal onder laat soek. Gelukkig kom kyk
daai ooms voor my pa by die hys kom. Hille sê vir my ma die kabels is nat toe
loop hille. Oom moes my pa gesien het toe hy die storie hoor. Ek dink hy sou
daai ooms met nat kabels gewirg het lat 'n mens nat strooi in alle rigtings
sien spat het. My ma vrees wat vandag gaan gebeer. Sy dink Syd Afrika se moord
syfer gaan verdibbel.

Ma' dis nie al nie oom. Met die lat die foun stikkend is val antie Dilsie van
die kwekery en breek haar been. Hille het vir meer as 'n ier gesikkel om my
pa in die hande te kry. Toe moet antie Dilsie Pieters Burg toe na 'n
spessilis toe. Voor die hospitaal staan 4 ambulanse ma' my pa moet Pieters
Burg toe bel om toe stemming te kry om haar te vat. Die oom daar sê hy sal
iemand op Tsanien vra om te kom kyk of dit nood is. Toe my pa vra of die
ambulans man beter as 'n doktir sal weet toe raak daai oom kwaad. Hy sê my pa
probeer prosedures saaid step. Toe sê my pa die oom moet sy ambulans in drik
waar nat strooi vandaan kom. Toe reel hy 'n privaat ambulans om antie Dilsie
te kom haal. My pa sê die ergste is lat ons provinsie nie geld het nie en as
hille die kans kry om geld te vir dien hendikep hille hille self met
prosedures.

Soos oom kan vir staan is my pa nou woerend vir by. Hy sê hy wonder of hille
in Neeu Seeland 'n mens se faks lyn sal steel, en of jy Sidnie toe moet bel
as jy 'n ambulans in Pirth soek. Hy sê ook die mense in Kannada moet baie
swaar hê met nat kabels van die baie sneeu. Ma' hy sê ook hy wonner of oom en
oom Frikkie sal dink hys 'n lands verraaier as hy wil gaan yt vind.

Koebaai oom Kaspaas, oom moet oom nie op hou met nat strooi nie.

Hennerietjie

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Vorige onderwerp: Rekenaarprogrammering/speletjies
Volgende onderwerp: Seën
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 02:03:47 MGT 2024