Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Karamelsnytjies
Karamelsnytjies [boodskap #21] So, 20 Mei 2018 09:01
Boerekok  is tans af-lyn  Boerekok
Boodskappe: 38
Geregistreer: Junie 2018
Karma: 0
Volle Lid
KARAMELSNYTJIES

1 pak (200 g) marie-beskuitjies
1 blik (380 g) karamelkondensmelk
40 g klapper (1/2 k)

Smeer elke beskuitjie taamlik dik met die kondensmelk en druk dit aan mekaar vas om 'n rol te vorm (soos dit verpak was). Smeer die oorblywende kondensmelk buite-om die rol. Strooi die klapper op 'n groot stuk aluminiumfoelie en rol die rol daarin totdat dit rondom goed met klapper bedek is. Vou die rol in die alumiumfoelie toe en vries dit. Om op te dien: Sny die rol met `n skerp mes skuins in snytjies.

Lewer ongeveer 20 snytjies.
Vorige onderwerp: Sjokoladeroomtert
Volgende onderwerp: Sjokolade-en-pofryshappies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 13:06:59 MGT 2024