Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Eksperiment met anargie
Eksperiment met anargie [boodskap #20849] Di, 09 Februarie 1999 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Die ding van die Unabomber/Raka met die godslastering en ander gruwels op
die nuusgroep - 'n paar losserige gedagtes daaroor:

Die anargie van die internet is miskien 'n erg kwesbare soort anargie, as
mens moet oordeel aan die oproepe tot die skepping van 'n gemodereerde
nuusgroep, ens.

Maar sommige van ons het ons self al beroep op die anargie van die
internet - as verweer teen aanklagte van kopieregskending, byvoorbeeld.

Die vergelyking met die Unabomber is doelbewus - die individu het 'n
bepaalde boodskap, al is dit bietjie obskuur vir iemand soos ek.

Maar ook die Raka - is dit die vroue wat hom ingenooi het?

Is daar, per slot van rekening, 'n verskil tussen die nuusgroep se
Rakabydraes en die van Antjie Samuels, gedissemineer deur Gloudina met die
seën van haar besadigde suster wat - op papier - assosieer met Christina?
Juffrou Trudie/Doedie, as sy "Bybel" studeer het sou tog seker ook iewers
gelees het dat kinderhuwelike met dogters so jonk as drie maande oud,
behoorlik gekonsumeer op die gebruiklike wyse, lank deel was van die Joodse
familiereg.

En as sy iets anders ook studeer het, sou sy miskien wou beweer dat die
taboe teen kinderpornografie bloot 'n eietydse konvensie is, wat getoets kan
word soos enige van die konvensies wat Antjie, Gloudina & Suster so graag
toets?

Dalk sê die Unabobmber vir ons: Raka is reeds binne die skermmure - ingenooi
deur Antjie & Kie. Dis tog verspot om nou skielik te wil beweer dat Raka die
kinders moet respekteer?

Iets val 'n mens op : Globalisme is die wagwoord wat grense laat vervaag,
multikultiraliteit en "toleransie" gee ons vrye toegang tot wat-ook-al. Die
positiewe aspek hiervan gee ons 'n vryheid wat min samelewings ooit gehad
het.

Maar wat-ook-al kry terselfdertyd toegang tot ons. Ook Raka is nou nie meer
beperk tot "buite" nie.

Die ironiese gevolg is dat postmodernisme al meer gekenmerk word, nie deur
vrye verkeer nie, maar deur wegkeer en inkeer tot die eie en die kleingroep.

Ek reken ons kan binnekort 'n gemodereerde Afrikaanse nuusgroep sien - iets
wat ek jammer vind. Maar baie mense sal moontlik bloot (e)migreer na een of
meer van die poslyste, waar die verkeer "beheer" kan word.

Die weerlose kind op Juffrou Trudie se foto is 'n slagoffer wat uitgebuit
word op presies dieselfde wyse as wat die verse van ander (meesal dooie)
digters deur Antjie Krog uitgebuit word om legitimiteit te verleen aan haar
eie prul.

Op presies dieselfde wyse as wat vryheid van spraak op hierdie nuusgroep
uitgebuit is deur Gloudina ter salwing van haar eie ego.

Miskien wil die nuusgroep se Unabomber sê dat daar geen wesenlike verskil is
nie tussen die mansfiguur op die foto en die rol van feministiese
pornografiedigters en hul publisiteitsbeamptes op die nuusgroep.

Albei partye buit die weerlose uit.

Groete, Leendert
Re: Eksperiment met anargie [boodskap #20935 is 'n antwoord op boodskap #20849] Wo, 10 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:
> On Tue, 9 Feb 1999 01:17:22 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> verskil is
>> nie tussen die mansfiguur op die foto en die rol van feministiese
>> pornografiedigters en hul publisiteitsbeamptes op die nuusgroep.
>>
>> Albei partye buit die weerlose uit.>>
>
> Leendert, gaan sien asseblief 'n sielkundige oor jou haat vir
> Gloudina. Dis in jou eie belang dat jy dit doen.

Tsk....tsk.... Ek haat Gloudina niks nie. Ek wys maar net op die gevolge van
haar optrede.

>
> (P.S. In sommige kulture word dit as medisinaal beskou om jou eie
> urine te drink. Piepie en bier het ook in die algemeen dieselfde
> kleur. Net Engelse bier is dit ook warm. So vat jou argument wat jy
> gepos het, gaan sit met 'n glas piepie in jou hand, kyk baie goed na
> wat jy geskryf het. En doen dan wat jou verstand vir jou se jy moet
> doen.)

Dankie vir die aanbeveling.

Dit is egter duidelik wat die piepieraat aan jou verstand gedoen het. Ek sal
liewer hou by die bier.

Vriendelike groete, Leendert

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Eksperiment met anargie [boodskap #20938 is 'n antwoord op boodskap #20849] Wo, 10 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 9 Feb 1999 01:17:22 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:
Re: Eksperiment met anargie [boodskap #20939 is 'n antwoord op boodskap #20849] Wo, 10 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 10 Feb 1999 11:34:55 GMT, oos...@geocities.com wrote:

|Ek het nie die vaagste benul waarvan jy hier praat nie.

Te veel bier .....
Re: Eksperiment met anargie [boodskap #20940 is 'n antwoord op boodskap #20849] Wo, 10 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:
> On Tue, 9 Feb 1999 01:17:22 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> > die nuusgroep - 'n paar losserige gedagtes daaroor:>>
>
> 1. Sou jou die coke kartelle van Colombia as gesonde mark ekonomiee
> beskou?
>
> 2. Omdat daar reeds hoogs ontwikkelde samelewings was wat mense se
> harte lewendig en in die openbaar uitgesny het om dinge beter te laat
> gaan met die mense, beteken dit dat daar nie 'n onderskeid op
> byvoorbeeld die morele vlak is tussen dit en die welfare state van
> Swede nie?
>
> 3. Omdat die samelewing waarin ons leef kosmetiese chirurgie
> kondoneer, is dit OK om mes te steek in die donker?
>
> 4. Omdat ons koeie eet, is Geoffry Dahmer OK?
>
> 5. Omdat die sexy meisie met my vriend geslaap het, is dit OK as ek
> haar ook met die minimum geweld en met bewondering in my hart "rape"?

Ek het nie die vaagste benul waarvan jy hier praat nie. Ek vermoed egter dat
jy (soos gewoonlik) half gelees het, en nie die moeite gedoen het om kennis
te neem van die verskillende aspekte wat ek aangespreek het nie.

Wat wel duidelik is, is dat jy dit (op onverstaanbare, maar reeds bekende
wyse) iewers in jou kop gekry het dat ek die plasing van Raka se fotografiese
slagoffer regverdigbaar vind of kondoneer.

Ek sal nie eens die moeite doen om daarop te reageer nie. Ek weet uit vorige
ervaring dat dit nutteloos is vir enige werklikheid om met jou hersenskimme te
probeer kompteteer.

>
> 6. Omdat Verwoerd swartes in ghetto's gesit het, sou dit OK wees as
> die ANC wittes in ghetto's sit?
>

Het jy al gesien in watter ghetto's die _ANC_ nou die swartes sit? Verwoerd se
vermaledyde "matchbox houses" (wat hy wel gelewer het) is palyse teen Mandela
se HOP-huisies (wat maar nie gelewer kan kom nie).

Vriendelike groete, Leendert

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Eksperiment met anargie [boodskap #20942 is 'n antwoord op boodskap #20849] Wo, 10 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 9 Feb 1999 01:17:22 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

nie tussen die mansfiguur op die foto en die rol van feministiese[/color]
> pornografiedigters en hul publisiteitsbeamptes op die nuusgroep.
>
> Albei partye buit die weerlose uit.>>

Leendert, gaan sien asseblief 'n sielkundige oor jou haat vir
Gloudina. Dis in jou eie belang dat jy dit doen.

(P.S. In sommige kulture word dit as medisinaal beskou om jou eie
urine te drink. Piepie en bier het ook in die algemeen dieselfde
kleur. Net Engelse bier is dit ook warm. So vat jou argument wat jy
gepos het, gaan sit met 'n glas piepie in jou hand, kyk baie goed na
wat jy geskryf het. En doen dan wat jou verstand vir jou se jy moet
doen.)
Re: Eksperiment met anargie [boodskap #20943 is 'n antwoord op boodskap #20849] Wo, 10 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 10 Feb 1999 11:39:58 GMT, oos...@geocities.com wrote:

| Ek sal liewer hou by die bier.
|
En dis baie duidelik wat dit aan jou verstand doen!!!!
Re: Eksperiment met anargie [boodskap #20989 is 'n antwoord op boodskap #20849] Do, 11 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
M.Kruger  is tans af-lyn  M.Kruger
Boodskappe: 91
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Volle Lid
Halo Leendert,

Welkom terug!!!!!!!!! Goed om jou geblanseerde, intelligente stem weer hier
te hoor. Stuur e-pos. Groetnis.

In article ,
"Leendert van Oostrum" wrote:
>
>

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Vorige onderwerp: Re: Hoe lyk jy ? ( was Bill Clinton (was Doedie en kie) )
Volgende onderwerp: Profiel van 'n Afrikaner Emigrè
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jun 21 20:44:25 MGT 2024