Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Die smeergevaar van die nuusgroep
Re: Die smeergevaar van die nuusgroep [boodskap #20881] Wo, 10 Februarie 1999 00:00
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Nou slaan ek my hande saam. Die heel eerste verwysing na "Raka" wat ek kan
opspoor is my eie - hier aangehaal:

Dalk is dit 'n indeks van die beginselloosheid en morele bankrotskap wat die
Afrikaanse kultuur in toenemende mate begin binnesypel? Miskien was "Raka" meer
profeties as wat selfs Van Wyk Louw besef het.

Dis opgevolg deur 'n uittreksel uit die gedig, en 'n bietjie bespreking met
Robbert Zijlstra.

Daarna kry ek plasings deur iemand wat die skuilnaam "Raka, die swart dier"
gebruik. Dié plasings is deel van 'n bespreking oor musiek - pornografie vind ek
nie daar nie.

Die pornografie wat ek wil gevind het, was die siek beeld wat deur die
kamma-Bybeljuffrou geplaas is - nogal getitel "pRonografie" ipv "poRnografie".

Het ek iets iewers misgeloop?

Of is Leendert besig om die proses te modelleer?

Ek erken dat ek nie altyd baie fyn oplet nie, en iets kon misgeloop het. Indien
dit waar is, sal ek graag wil weet....

Dankie!

En groete uit Pennsylvania.

Leendert van Oostrum wrote:

> Raka, in die persoon van een of ander siek siel plaas 'n walglike stuk
> kinderpornografie op die nuusgroep.
>
Re: Die smeergevaar van die nuusgroep [boodskap #20882 is 'n antwoord op boodskap #20881] Wo, 10 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
bi...  is tans af-lyn  bi...
Boodskappe: 100
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Leendert van Oostrum" wrote:

> Nou kom Ferdi, oënskynlik met sy sogenaamde "verstand" so pas verkwik deur
> die piepiekuur ('n warm glasie van sy eie urine - 'n praktyk wat hy
> aanbeveel vir helder denke!). >
> Teen dwaasheid is daar geen verweer nie, het die Spreukedigter al duisende
> jare gelde geskryf.
>
> Teen kwaadwillige dwaasheid nog minder.
>
> Leendert
>

Leendert, ek sien die piepiekuur (soos jy dit so wonderlik noem) gaan nie
werk nie. Help my om te verstaan presies wat jou probleem is. Is jy besig
om te se ons mag nie gedigte op die ng lees wat enigiets anders as enkels
noem nie? Help my bietjie hierso, ek kan nie glo ek verstaan jou nie. Omdat
gedigte (wat ek net lees as ek die dag tyd het) soms praat van dinge verby
die enkels gee dit anargie, en Raka en die Unibomber die reg om in te stap en
te plunder en verkrag? Is dit nie te wit en swart vir jou nie of gebruik en
nou die verkeerde uitdrukking? Dink jy regtig ons kan die dinge beheer? Deur
een mens of denkers verantwoordelik te maak vir die donkerte kan jy dit
identifiseer en beheer? Jong, dis deel van die samelewing. Dis deel van
demokrasie. Dit is deel van menswees. Om die donkerte op iemand anders se
skouers te laai en jouself as verhewe te sien is n gevaarlike ding. Anargie
en donkerte is in ons almal Leendert. Dit is in jou ook.

Billy.

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Die smeergevaar van die nuusgroep [boodskap #20883 is 'n antwoord op boodskap #20881] Wo, 10 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
bi...  is tans af-lyn  bi...
Boodskappe: 100
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Leendert van Oostrum" wrote:

> Nou kom Ferdi, oënskynlik met sy sogenaamde "verstand" so pas verkwik deur
> die piepiekuur ('n warm glasie van sy eie urine - 'n praktyk wat hy
> aanbeveel vir helder denke!). >
> Teen dwaasheid is daar geen verweer nie, het die Spreukedigter al duisende
> jare gelde geskryf.
>
> Teen kwaadwillige dwaasheid nog minder.
>
> Leendert
>

Leendert, ek sien die piepiekuur (soos jy dit so wonderlik noem) gaan nie
werk nie. Help my om te verstaan presies wat jou probleem is. Is jy besig
om te se ons mag nie gedigte op die ng lees wat enigiets anders as enkels
noem nie? Help my bietjie hierso, ek kan nie glo ek verstaan jou nie. Omdat
gedigte (wat ek net lees as ek die dag tyd het) soms praat van dinge verby
die enkels gee dit anargie, en Raka en die Unibomber die reg om in te stap en
te plunder en verkrag? Is dit nie te wit en swart vir jou nie of gebruik en
nou die verkeerde uitdrukking? Dink jy regtig ons kan die dinge beheer? Deur
een mens of denkers verantwoordelik te maak vir die donkerte kan jy dit
identifiseer en beheer? Jong, dis deel van die samelewing. Dis deel van
demokrasie. Dit is deel van menswees. Om die donkerte op iemand anders se
skouers te laai en jouself as verhewe te sien is n gevaarlike ding. Anargie
en donkerte is on ons almal Leendert. Dit is in jou ook.

Billy.

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Die smeergevaar van die nuusgroep [boodskap #20884 is 'n antwoord op boodskap #20881] Wo, 10 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Gerrit de Blaauw  is tans af-lyn  Gerrit de Blaauw
Boodskappe: 38
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Leendert,

De foto die in deze groep is geplaatst is goor, smerig, infaam.

Dat jij Antjie Krog, Gloudina en anderen met die foto in verband brengt,
is ook infaam.

--
Gerrit de Blaauw

Reference manual: object that raises the monitor to eye level.
Re: Die smeergevaar van die nuusgroep [boodskap #20885 is 'n antwoord op boodskap #20881] Wo, 10 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum"

> Ek stel die gevolgtrekking dat Gloudina die atmosfeer geskep het wat Raka
> daartoe verlei het om sy kinderpornografie te plaas.
>
> Gloudina verstaan die argument so, en herken dit vir wat dit is: die bekende
> een oor die domino-effek (in die regspleging noem hulle dit 'n
> kousaliteitsketting). Sy assosieer selfs my argument met soortgelyke
> argumente wat mens kry van konserwatiewe Christene in die VSA.

Ek het jou nie vergelyk met "konserwatiewe
Christene" in die VSA nie. Ek het jou metodes
vergelyk met die van die "Christian Coalition"
wat teen aborsie predik maar nie optrek teen
die mense wat dokters op 'n lys plaas en metodies
probeer doodskiet nie. Maar toemaar. Hulle dag
kom nou. Nie alleen het hulle druk op die
Republikeinse Party gebackfire sodat mense nou
op groot skaal daaruit bedank nie. 'n Paar
dae gelede het die hof in die VSA 'n straf van
miljoene en miljoene dollars uitgemeet aan
daardie mense wat deur posters en die internet
mense dreig wat aborsies uitvoer. En Jerry
Falwell word al hoe meer deur joernaliste
aangeval as 'n opruier as hy teen die "baba-
moordenaars" predik. Die tweegesigte: dink
maar aan ou Bob Baerr wat die bende lei teen
Clinton se immoraliteit, en dan hoor ons later
hy het vir 'n aborsie van 'n eks-vrou betaal,
terwyl hy al sulke dinge hewig aanval.

Gloudina
Vorige onderwerp: Re: Die wiel draai om en om
Volgende onderwerp: Onskuldige Victim!!!!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 09 08:55:27 MGT 2024