Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oor wat goed kos
Re: Oor wat goed kos [boodskap #20798 is 'n antwoord op boodskap #19757] Ma, 08 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
e...@dot.com wrote:
> On Wed, 20 Jan 1999 23:46:37 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> |a) Het Clinton die Kyoto protokol onderteken?
> |b) Het die Amerikaanse Senaat die Kyoto protokol bekragtig?
> |
> Kan regtig nie baie belangrik wees nie want niemand het MY nog gevra
> om dit deur te lees of goed te keur nie.
>

Inderdaad!

Jy beskou dus die grootskaalse bevuiling van die wêreld se atmosfeer deur
Morsvark Amerika as onbelangrik.

En die feit dat Amerika weier om sy soevereiniteit onderhorig te stel aan
norme vir besoedelingsbeheer.

Maar jy durf te kraai hê oor al die geld wat die Amerikaners bestee om hul
eie middestandwoonbuurte fraai en suiwer te hou - terwyl hulle giftige
afvalstowwe uitvoer na arm lande waar dit "geberg" word, uitlek, en die
omgewing vir die plaaslike bevolking onbewoonbaar maak. (Want die regulasies
vir besoedelingsbeheer in die VSA self maak dit te duur om die afval daar te
verwerk - dit word goedkoper om dit uit te voer na lande wat dit nie kan
beskostig om dieselfde wetgewing in te stel of te polisieer nie.)

Miskien moet jy soms iets (behalwe die TV Guide) lees sonder dat iemand jou
vra om dit te doen.

Vriendelike groete, Leendert

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Oor wat goed kos [boodskap #20835 is 'n antwoord op boodskap #19757] Di, 09 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 9 Feb 1999 09:30:23 +0200, "Leendert van Oostrum" wrote:

|
|Johan P wrote in message ...
|
|>Dan kan ek dalk meer lees. Mar wat bheveel jy nou an, moet
|>'n mens lees, Leedirt?????????? WAT LEES JY?????????????
|>
|
|So nou en dan iets wat ek nie gevra word om te lees nie.
|
Kom boetie, moenie skaam wees nie - los jou vaaghede en vertel ons presies - jy
is so gou om ander af te skiet en te kritiseer. Haal nou uit en wys - ek vra
tog sekelik nie iets te persoonlik nie.
Re: Oor wat goed kos [boodskap #20836 is 'n antwoord op boodskap #19757] Di, 09 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Johan P wrote in message ...

> Dan kan ek dalk meer lees. Mar wat bheveel jy nou an, moet
> 'n mens lees, Leedirt?????????? WAT LEES JY?????????????
>

So nou en dan iets wat ek nie gevra word om te lees nie.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Oor wat goed kos [boodskap #20837 is 'n antwoord op boodskap #19757] Di, 09 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lvano...  is tans af-lyn  lvano...
Boodskappe: 10
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
In article ,
e...@dot.com (Johan P) wrote:
> On Tue, 9 Feb 1999 09:30:23 +0200, "Leendert van Oostrum"

> wrote:
>
> |
> |Johan P wrote in message ...
> |
> |>Dan kan ek dalk meer lees. Mar wat bheveel jy nou an, moet
> |>'n mens lees, Leedirt?????????? WAT LEES JY?????????????
> |>
> |
> |So nou en dan iets wat ek nie gevra word om te lees nie.
> |
> Kom boetie, moenie skaam wees nie - los jou vaaghede en vertel ons presies - jy
> is so gou om ander af te skiet en te kritiseer. Haal nou uit en wys - ek vra
> tog sekelik nie iets te persoonlik nie.
>

Hmmm.... Iemand wat self soms iets lees sal nie hoef te vra wat ek lees nie.
Soos elders blyk, is die Bybel een van die boeke wat ek soms lees. (Dis nou
die een wat jy beskou as 'n "obskure verwysing".)

Iets anders wat ek soms lees is goeters oor die Kyoto protokol - 'n ooreenkoms
om die emissie van skadelike gasse in die atmosfeer te verminder. Een wat
Morsvark Amerika nie gretig is om te onderteken nie. (Dis nou die een wat
niemand jou nog gevra het om te lees nie - volgens jou.)

Vriendelike groete, Leendert

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Oor wat goed kos [boodskap #20920 is 'n antwoord op boodskap #19757] Wo, 10 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 09 Feb 1999 21:55:14 GMT, lvano...@my-dejanews.com wrote:

|Hmmm.... Iemand wat self soms iets lees sal nie hoef te vra wat ek lees nie.
|Soos elders blyk, is die Bybel een van die boeke wat ek soms lees. (Dis nou
|die een wat jy beskou as 'n "obskure verwysing".)
|
|Iets anders wat ek soms lees is goeters oor die Kyoto protokol - 'n ooreenkoms
|om die emissie van skadelike gasse in die atmosfeer te verminder.

Ek is bly oor die Bybel se lees - hou so aan! Kan jy dalk die teks verwysing
gee van daai obskure stukkie wat jy wil hê ons moet lees? Sal dit waardeer.

En die res is maar skraal.... net goeters, ooreenkomste wat lande moet teken -
"waardelose stukkies papier" sal sommige mense sê, as dit nie toegepas word nie.

Lees jy niks anders nie? Dalk kan ek die TV Guide voorstel....ooo neee, ek
vergeet, hy is nie beskikbaar daar by jou nie. Maar miskien kan ek vir jou die
ding aanstuur - julle sien mos in elk geval die TV programme so paar maande
later eers.

Sjeim, wat kan ons nog doen om jou leesstof effe uit te brei? Dink jy jy sal 'n
Time kan handle??? Jy weet daar is artikels in wat meer a s een sitting op die
troon sal verg!

Kom leendert, "lighten up!!!!!!!!" Jy's nie beter as enige van ons ander nie,
man. Gesels saam as om eerder elkeen te probeer wys hoe minderwaardig hy of sy
is.
Vorige onderwerp: Oeps! - Gewone Woorde
Volgende onderwerp: Oproep Habitat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 22 10:37:31 MGT 2024