Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Positiewe bydrae ?
Positiewe bydrae ? [boodskap #20687] Do, 04 Februarie 1999 00:00 na volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ek word soms daarvan beskuldig dat ek nie 'n postiewe bydrae lewer nie. Wel
soos wat ek vir ons nuwe "superhero in tights" propachem gesê het, 'n
betekenisvolle bydrae in die NG hang volgens my af van die ander persoon se
persoonlike oortuigings ens ens.

Maar kom ek probeer iets wat niks met politiek uit te waai het nie. Naamlik
M-Net.

Kry julle ook die gevoel dat M-Net die mense na DSTV toe wil druk met matig
tot swak films.

** Propachem, ek los reply spot nr1 net vir jou oop. **
Re: Positiewe bydrae ? [boodskap #20714 is 'n antwoord op boodskap #20687] Vr, 05 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Bryan  is tans af-lyn  Bryan
Boodskappe: 26
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Junior Lid
On Thu, 04 Feb 1999 12:22:39 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:

> Dat hulle ons DSTV toe wil druk is waarskynlik waar, maar nie met die
> films nie aangesien M-Net se films die "hoogtepunte" op DSTV ook is.
>
> Dis maar net vrot films, lyk dit my.
>
> Looking For Richard was egter great verlede week. Onthou om later die
> maand na Smoke te kyk as jy dit nog nie gesien het nie.
>

Ja, Smoke is 'n wenner. Ek is mal oor daardie tipe flieks. Harvey
Keitel is 'n gunsteling akteur. Ek wil net gou die DSTV argument op
sy ander sy gooi... ek is nie seker wat die betaling per maand is
nie, maar dis omtrent R180 toe ek laas gekyk het. M-Net kos so R148
pe rmaand. So jy kry 2 kanale(M-Net en Supersport) vir daardie prys,
maar vir net R32 meer.. kry jy 24 TV kanale en 40 audio kanale op
DSTV. Soos dit vir my lyk, hoef niemand na DSTV "forseer" te word
nie! :o)

Skottels is deesdae ook hier by R1500. As jy in ag neem dat jy reeds
inkomende data vir jou Internet konneksie ook deur dieselfde skottel
kan kry teen topspoed... is dit miskien die rigting om in te beweeg.

Groete

Bryan

************************************************************ ********
Remove 'KAAP' in front of @ to reply

Visit my personal website at: http://springbok.cjb.net/
Afr nuusgroep: http://www.oocities.org/Athens/Troy/2308/
ICQ: 2743655
Vorige onderwerp: Re: Parte - Jong seun - E. Eybers
Volgende onderwerp: Re: Women-page
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jun 06 19:26:16 MGT 2024