Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Uit "Blom van die Baaierd" deur D.J. OPPERMAN
Uit "Blom van die Baaierd" deur D.J. OPPERMAN [boodskap #20497] So, 31 Januarie 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Uit BLOM VAN DIE BAAIERD
D. J. Opperman

"Waar is U towersteen, U fonkelende graal
dat ek my skik na grense
en tevrede met die plek wat U vir my bepaal
- selfs as gedrog langs medemense,
sien dat U regverdig bo die donker skepping straal?

"Die een word dit gegun en dít word my belet,
tog is 'n elk en ieder deur 'n leed,
'n wellus of 'n donker vel besmet,
en uiteindelik moet ek tussen ander weet
dat op die aarde elke mens sy boggel het.

"Sal ek vannag nog met my vliegtuig vlug
na bondgenote wyd versprei:
na Portugese in Angola, Jode in Johannesburg,
of ronkend oor die Skeurvallei
na Brussel of Brahmaanse tempels teen 'n kerrielug?

"Maar boos bly boos in Brakfontein of Neo-Baäl,
en goed is goed by Golgota of Brussel;
en deur die eeue is dit reeds bepaal:
die plek en spelers sal voortdurend wissel
maar die spel word telkens in die tyd herhaal.
Vorige onderwerp: NUWE GEDIGTE IN AFRIKAANS!!!
Volgende onderwerp: "My vrou" deur BREYTEN BREYTENBACH
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 11:50:12 MGT 2024