Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Wat is: Om iemand te "lap" in Afrikaans?
Re: Wat is: Om iemand te "lap" in Afrikaans? [boodskap #20406] Do, 28 Januarie 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Nadi Howe" writes:

> Hallo "@igs",

> Wat bedoel jy met "jou", jong?

Wel, volgende keer kan jy vir my
as "u" aanspreek. Ek is jou meerdere.
Los dan ook maar die "jong" uit. Mens
gebruik dit nie teenoor jou meerdere nie.

> Ek het eintlik van Langenhoven gepraat, en my dogter
> sê vir my: "Pa, Langenhoven was die vereenselwiging van kultuurdilemmas met
> 'n verinneweerde
> swerwersiel.

Sover dink ek stem ek met jou saam.
Wonder of Herrie ook 'n kultuur-
dilemma gehad het? Wie, as jy nou
'n olifant is, wil gesien wees met
hierdie klein ou goetertjies wat
op hulle agterpote loop.


Langenhoven het die morele verbastering
van tradisionele,
> plattelandse bohemiteit met kosmopolitaanse
> vooruitstrewendheid kultureel verteenwoordig.

Ek hou van jou gepraat oor die
"tradisionele plattelandse bohemiteit".
Dis mos van daardie bohemiteit wat
Kramer sing as hy sing van die tannie
wat van talcum powder stink, wat vir
hom sê "druk my, druk my vas."

Langenhoven was gay. Wat maak
> dit vandag saak
> wat hy gesê het?"

Wat vandag saak maak, is dat hy wel
nageslag gehad het. En dat sy geestelike
kinders ons nou nog verryk.

> (4) Hoes sê mens in Afrikaans: "Die one racer lapped the other".
>
> Dit is nie dieselfde as "verbygesteek" nie.

Die een hardloper het die ander
ingehaal en is een rondte voor.
Ek dink nie die Engelse sin
wat jy probeer vertaal is sulke
korrekte Engels nie.

Vlakvarkie - waar ek met 'n krulletjie
in my stert die bobbejane
die tweede keer verbysteek.
Vorige onderwerp: Re: SA musiek - tweedeklas, onoorspronklik? My agterkwart.
Volgende onderwerp: Re: Filter voor bijbel-haters
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 08:46:38 MGT 2024