Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "Klein Siklus" deur G.A. WATERMEYER
"Klein Siklus" deur G.A. WATERMEYER [boodskap #20267] Ma, 25 Januarie 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
KLEIN SIKLUS
GA Watermeyer

die jare trap die kimme oop
en elke pad word wit geloop

I
twee heuwels en die een vallei
kan nie 'n man se dors bevry,
kan nie die donker bloed besweer
tot altyd helder wederkeer;
tussen die rooskknop en die roos
styg die begeerte asemloos,
maar in die later, voller weet
dring dit terug in die vroeër leed:
word weer die wonding, die oop verlang -
dolk in die sterre, hoef teen die hang.

II
Ons vroeër vreugdes hang verwelk
aan stengels sonder knop of kelk,
want hierdie stad is stief van steen
en neonweerlig slaan min reen
uit nagte tussen jou en my ...
Koud in die kamer lê die lied
sonder verwagting of verdriet.

V
Hier in die laat gras buig jou keel
nog ongekus en heimlikheel;
die kiewiet draai en draai sy lied
oor alle einders van verdriet...
Jou lippe is geskulp en rond
en blindbewoë teen my mond
jou hare het die geur van reën
en karmas liefde lank versteen
en in jou hartklop hoor ek weer
my eie jeugbeklemming beur,
weer in jou wydoop sterreblik
my eerste angsroep na geluk...
maar al jou lelies lê alleen
in die stom skede van jou skoot...
Die kiewiet kla oor die bleekwit gras
dat alles was, dat alles was.

XI
Die soetamala van jou mond
sal my in nagte nog verwond
en jou geslote lentegang
my bloed verbitter met verlang...
Nooit sal my liefde, lank-ontsê
sy nag van luiperd langs jou lê
en nooit ons pole in een see
die laaste kiltes ysberg gee...
Jy bly die onvervulde hoop
waarmee my hart sy teerpad loop,
'n siklus van verdriet en dou
wat my illusie lente hou.
Vorige onderwerp: DANKIE
Volgende onderwerp: Lelie wit !
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 23:50:16 MGT 2024