Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Tradisionele troues
Re: Tradisionele troues [boodskap #20014] Wo, 20 Januarie 1999 00:00 na volgende boodskap
Hjalmar Gerber  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Volle Lid
Alwyn Nel:

> Ons het vanoggend hier in Australië op die nuus gehoor dat wetgewing
> ingedien is om tradisionele troues vir alle rasse groepe in SA oop te stel.
> Effektiewelik beteken dit dat wit mans nou ook meer as een vrou kan trou.

Dit pas nou so pragtig by Christina Landman, 'n teoloog aan UNISA
verbonde, wat veelwywery - veral onder SA-blankes - voorstaan,
kwansuis omdat daar nou 'n tekort aan mans is. Ek het die berig
onlangs hier in 'n koerant teengekom. Kan iemand nader aan die
bron dalk hierop uitbrei ?

Hjalmar
________
Re: Tradisionele troues [boodskap #20049 is 'n antwoord op boodskap #20014] Do, 21 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Moeilik om te glo dat Christina Landman veelwywery sou voorstaan. Kan jy dit
dalk op die een ander manier staaf, Hjalmar?

Hjalmar Gerber wrote:

> Alwyn Nel:
>
>> Ons het vanoggend hier in Australië op die nuus gehoor dat wetgewing
>> ingedien is om tradisionele troues vir alle rasse groepe in SA oop te stel.
>> Effektiewelik beteken dit dat wit mans nou ook meer as een vrou kan trou.
>
> Dit pas nou so pragtig by Christina Landman, 'n teoloog aan UNISA
> verbonde, wat veelwywery - veral onder SA-blankes - voorstaan,
> kwansuis omdat daar nou 'n tekort aan mans is. Ek het die berig
> onlangs hier in 'n koerant teengekom. Kan iemand nader aan die
> bron dalk hierop uitbrei ?
>
> Hjalmar
> ________
>
Re: Tradisionele troues [boodskap #20096 is 'n antwoord op boodskap #20014] Vr, 22 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Hjalmar Gerber wrote in message ...
> Alwyn Nel:
>
>> Ons het vanoggend hier in Australië op die nuus gehoor dat wetgewing
>> ingedien is om tradisionele troues vir alle rasse groepe in SA oop te stel.
>> Effektiewelik beteken dit dat wit mans nou ook meer as een vrou kan trou.
>
> Dit pas nou so pragtig by Christina Landman, 'n teoloog aan UNISA
> verbonde, wat veelwywery - veral onder SA-blankes - voorstaan,
> kwansuis omdat daar nou 'n tekort aan mans is. Ek het die berig
> onlangs hier in 'n koerant teengekom. Kan iemand nader aan die
> bron dalk hierop uitbrei ?

Ek het net deel gevang van 'n onderhoud wat sy op RSG gehad het oor die
onderwerp. Dis maar tipies post-moderne getjorrel, en meesal spekulasie.

Daar is heelwat mense wat beweer dat mens by UNISA kan sien dat teoloë nie
in God of 'n god hoef te glo om godsgeleerdes te wees nie. New Age
dingetjies en die multi-faith idee het nogal sterk aanhang daar - dat alle
gelowe maar net verskillende weë na God/god/gode is. Ek het nie 'n probleem
met hulle dinge nie, behalwe dat hulle sterk druk uitoefen dat hierdie
geloof (?) van hulle in die openbare skole onderrig moet word as verpligte
deel van die kurrikulum. Was lanklaas by daardie geveggie betrokke, so ek
weet nie wat die huidige stand van sake is nie.

In elk geval, oor die trouery: Die Grondwet erken tradisionele stelsels van
gesinsreg. Dit beteken o.a. dat Afrika- en ander stelsels van veelwywery ook
"erkenning" moet kry. Dit is natuurlik nog altyd in ons reg erken, maar moet
dit tog nie vir iemand sê nie.

Al wat dit in die praktyk beteken is dat die 2e en verdere vroue se regte op
dieselfde basis gereël word as die 1ste s'n (mens kan, byvoorbeeld, jou 2e
vrou ook voor die landros trou sonder om van die 1ste te skei.) Dit beteken
ook dat ander vorme van tradisionele huwelike dieselfde regstatus geniet as
huwelike wat voor 'n landros of ander huweliksbeampte (bv 'n Cristelike
predikant wat daarvoor gemagtig is) gesluit word. In die verlede was dit
veral vir Moslems 'n probleem - tegnies was kinders uit tradisionele
Moslemhuwelike in die verlede "buite-egtelike" kinders. (Moslems het nie 'n
kerkamp wat direk vergelykbaar is met die van 'n predikant nie - dus moeilik
om iemand te kry om as huweliksbeamte aan te stel.)

In elk geval, Christina is van oordeel dat meervoudige huwelike nie
onversoenbaar is met (haar) Christelike geloof nie, en dat daar voordele in
kan wees om meer stabiele gesinne te onderhou.

Ek het begrip vir die lg deel van haar standpunt, want ek is self van
oordeel dat die kerngesin soos ons dit ken nie struktureel sterk genoeg is
om die omgewingsdruk in ons samelewing goed te weerstaan nie (kyk gerus na
Julie se bladsye oor deadbeat mons & dads vir voorbeelde).

Ek is egter van oordeel dat die oplossing daarin lê dat baie van die
funksies van die gesin wat (veral) oor die afgelope 200 jaar
ge-institusionaliseer is weer binne die gesin tot sy reg moet kom. Dit sluit
in sake soos die versorging van kinders, bejaardes, gestremdes en siekes,
baie aspekte van die onderwysfunksie en ekonomiese bedrywigheid. 'n Bietjie
van 'n terugbeweeg na die uitgebreide gesin en "cottage industry", m.a.w.

Nie dat dit vir Christina persoonlik raak nie. Sy sê sy's nie "trouerig"
nie.

Groete, Leendert
Re: Tradisionele troues [boodskap #20156 is 'n antwoord op boodskap #20014] Sa, 23 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Doedie Nel  is tans af-lyn  Doedie Nel
Boodskappe: 19
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Hjalmar Gerber wrote:

> Alwyn Nel:
>
>> Ons het vanoggend hier in Australië op die nuus gehoor dat wetgewing
>> ingedien is om tradisionele troues vir alle rasse groepe in SA oop te stel.
>> Effektiewelik beteken dit dat wit mans nou ook meer as een vrou kan trou.
>
> Dit pas nou so pragtig by Christina Landman, 'n teoloog aan UNISA
> verbonde, wat veelwywery - veral onder SA-blankes - voorstaan,
> kwansuis omdat daar nou 'n tekort aan mans is. Ek het die berig
> onlangs hier in 'n koerant teengekom. Kan iemand nader aan die
> bron dalk hierop uitbrei ?
>
> Hjalmar

Beste Hjalmar

Ek het al na daardie vrou gekyk, en kan sweer sy is lesbies. Het jy al haar
groot voortande gesien? Hjalmar sy is lelik!

Liefies

Doedie
Vorige onderwerp: Robotte
Volgende onderwerp: Urgint trans-late pleese
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 25 05:27:26 MGT 2024