Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "Ek skryf uit Maputo" deur MARK BEHR
"Ek skryf uit Maputo" deur MARK BEHR [boodskap #19909] Vr, 15 Januarie 1999 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
ek skryf uit Maputo
Mark Behr

om oor 'n afstand te erken
dat ek jou wel liefhet

daarvan dat die gekraak van palms
teen die strand herinner
aan die plaashuis se houtgang saans
van jou voete wat by my kom inkruip

mosambiek is net 'n geraamte van
koloniale verledes
maar mense loop met oë wat velkleur ontleer
en maghebbers groot genoeg om foute
te erken.
gister gaan ons kyk waar die president en
kie. sokker speel
teen lede van die ou regime
voor 'n skare wat van opwinding drom -
verbeel jou die dag
wanneer die NP en ANCs teen mekaar
uitdraf
sal seker 'n mengsel rugby en sokker
moet wees -

het ek jou vertel van die aand voor ek
weg is
toe ek voetstappe om die huis hoor sluip
en uitgaan
en dat ek 'n ruk lank weggebly het?
ek het voor jou oop hortjies gaan stilstaan
waar jy besig is om jou hare te borsel,
kop vooroor,
jy bind dit in 'n poniestert
en laat val jou rok soos 'n plas om jou
voete
soos altyd braloos
en jou nippels gooi lang skaduwees
oor jou maag
jy het borste soos Greta Scacchi.

vanaand was ons by die ANC
tussen al die vrae en asemlose opwinding
kon ons vlietend vergeet wat die
Afrikaanse koerante
ons al weer gaan aandoen,
waar begin jy verduidelik
aan dié volk wat soveel dekades dom
gehou afsydig gemaak is?
praat 'n mens hier met mense
luister jy
hoe hulle eie land eie liefde verbied is
word jy opnuut hatig
oor jouself

ek bring vir jou 'n gekleurde doek van
blou duiwe
en gekerfde houtgesiggies klein soos
pinkienaels
wat jy aan jou ore sal hang
dalk kan ons weer in die dam gaan swem
en praat oor al die jare
dalk blom die varklelies nog in die vlei
onder die vinkneste
dalk kan ek jou hare vleg
Re: "Ek skryf uit Maputo" deur MARK BEHR [boodskap #19938 is 'n antwoord op boodskap #19909] Sa, 16 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
> ek skryf uit Maputo
> Mark Behr

Ja, ek dink dis dieselfde Mark
Behr. Hierdie gedig, wat glo
ongepubliseerd was, verskyn in
"Die dye trek die dye aan." Dis
vir my interessant wat hy hier-
onder van die "Afrikaanse koerante"
sê. Vertel hy nou van 'n tyd
toe hy voorgegee het om 'n
"liberaal" te wees, terwyl
hy eintlik vir die NP spioeneer
het? Dit sal interessant wees
om te weet wanneer hy hierdie
gedig geskryf het.

> vanaand was ons by die ANC
> tussen al die vrae en asemlose opwinding
> kon ons vlietend vergeet wat die
> Afrikaanse koerante
> ons al weer gaan aandoen,
> waar begin jy verduidelik
> aan dié volk wat soveel dekades dom
> gehou afsydig gemaak is?
> praat 'n mens hier met mense
> luister jy
> hoe hulle eie land eie liefde verbied is
> word jy opnuut hatig
> oor jouself

Gloudina
Re: "Ek skryf uit Maputo" deur MARK BEHR [boodskap #19939 is 'n antwoord op boodskap #19909] Sa, 16 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 15 Jan 1999 22:42:01 GMT, wrote:

Mark Behr >>[/color]

Is dit dieselfde ou wat n spioen vir die veiligheidspolisie was en sy
kollegas op Stellenbosch stil stil verraai het?
Vorige onderwerp: Soek Afrikaanse Geselskap!
Volgende onderwerp: Re: Orania Tuisblad - Lees, Alwyn, Lees
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 21:09:27 MGT 2024