Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Rekenaars & selfone » Virus
Virus [boodskap #1970] Di, 12 Augustus 2003 15:12 na volgende boodskap
Hielie  is tans af-lyn  Hielie
Boodskappe: 18
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Junior Lid
Gister sit ek enkele foto's op my tuisweb met my ftp - en toe kry ek 'n
wormvirus binne. Dis die W32.Blaster.Worm en dit val die Windows-sisteme :
NT 4.0, 2000, XP en Server 2003 aan.
As jy jou rekenaar opstart dan kry jy die melding dat die 'Remote Procedure
Call' nie kan verbind word nie en die opstart word gestop. Jou rekenaar
her-start dus sonder ophou.
Ek het die hele oggend tot vanmiddag aan die ding gewerk ! Gelukkig het my
man ook 'n internetverbinding en so het ek die oplossing gekry.
Ek het nou al die nuuste Windows patches geïnstalleer en ook my Norton
geupdate. Ek gaan dit nou meer reëlmatig doen, want 'n virus kan jou sommer
uit die lug val sonder dat jy dit besef !

Hielie.
Re: Virus [boodskap #1973 is 'n antwoord op boodskap #1970] Di, 12 Augustus 2003 19:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Hielie" skryf in boodskap news:tt7_a.63244$F92.7167@afrodite.telenet-ops.be...
> Gister sit ek enkele foto's op my tuisweb met my ftp - en toe kry ek 'n
> wormvirus binne. Dis die W32.Blaster.Worm en dit val die Windows-sisteme :
> NT 4.0, 2000, XP en Server 2003 aan.


Ek is bly jy het daarin geslaag om van die ding ontslae te raak! 'n Virus
veroorsaak altyd so 'n beslommernis, en mens wonder oor die persoon wat die
ding in die eerste plek geskryf het. Hulle se altyd hier dat die meeste
virusse van universiteite of kolleges afkomstig is (dit sal nogal sin
maak:-))

Lorinda
Re: Virus [boodskap #1974 is 'n antwoord op boodskap #1973] Di, 12 Augustus 2003 20:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hielie  is tans af-lyn  Hielie
Boodskappe: 18
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Junior Lid
">
> Ek is bly jy het daarin geslaag om van die ding ontslae te raak! 'n Virus
> veroorsaak altyd so 'n beslommernis, en mens wonder oor die persoon wat die
> ding in die eerste plek geskryf het. Hulle se altyd hier dat die meeste
> virusse van universiteite of kolleges afkomstig is (dit sal nogal sin
> maak:-))
>
> Lorinda

Ondertussen was dit op die nuus dat duisende mense in België (maar ook
elders, want ek het dit op die BBC nuus ook gelees) die bewuste virus gekry
het. Ek dog ek het dit via my ftp-verbinding gekry, maar dis fout. Net 'n
verbinding met die Internet is genoeg om die virus te kry. Ek dink dat jy
seker moet maak dat jy die Windows patch het wat jou kan beskerm. Jy kan dit
kry op die gewone Windows update page :http://windowsupdate.microsoft.com
In iedergeval : as jy die ding het, kan jy vir my vra hoe om daarvan ontslae
te geraak :-).
En jy moet vinnig werk, want al wat jou rekenaar wil is gaan staan en
herstart ! :-)
Re: Virus [boodskap #1975 is 'n antwoord op boodskap #1974] Di, 12 Augustus 2003 20:41 Na vorige boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Hielie" skryf in boodskap news:STb_a.63713$F92.7288@afrodite.telenet-ops.be...
>
> Ondertussen was dit op die nuus dat duisende mense in België (maar ook
> elders, want ek het dit op die BBC nuus ook gelees) die bewuste virus gekry
> het. Ek dog ek het dit via my ftp-verbinding gekry, maar dis fout. Net 'n
> verbinding met die Internet is genoeg om die virus te kry. Ek dink dat jy
> seker moet maak dat jy die Windows patch het wat jou kan beskerm. Jy kan dit
> kry op die gewone Windows update page :http://windowsupdate.microsoft.com
> In iedergeval : as jy die ding het, kan jy vir my vra hoe om daarvan ontslae
> te geraak :-).
> En jy moet vinnig werk, want al wat jou rekenaar wil is gaan staan en
> herstart ! :-)

Ek gaan onmiddelik die patch haal! Daai virus is nou die laaste ding wat ek
op die oomblik nodig het.....
Het hulle dalk gese waar die ding oorspronklik vandaan kom?

Lorinda
Vorige onderwerp: Linux nuus
Volgende onderwerp: ADSL
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 16:58:21 MGT 2024