Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » SA - 'n paar waarnemings,,,episode 1
SA - 'n paar waarnemings,,,episode 1 [boodskap #19700] Di, 05 Januarie 1999 00:00 na volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Dagse julle lot, voorspoedige nuwe jaar.

Ek het 'n draai in SA gaan maak oor Kersfees, en gedink ek sal 'n paar
gedagtes neerskryf. (Net voordat hiedie NG totaal verval in johan se
bekentenisse oor sy skisofreniese bydraes in die verlede, gloudie-babes se
stadig verbeterende cyberspeurvernuf, squirrel se verwarde gechirp. En te
veel gedigte.)

Onthou ek skryf hierdie vanuit die oogpunt van 'n ou wat nou elders bly:

Eerste ding wat my tref toe ek van die vetneus afklim, is daardie wonderlike
weer. En van daai oggende na reen in die nag, dit is nog koel en klam, maar
jy weet die son gaan 11 uur skyn.

Toe ek in die lughawe gebou instap, sit daar 'n hele paar lughawe personeel
agteroor geparkeer in die lughawe se rolstoele, half in die pad van die
passasiers, besig met 'n groot indaba.

Die man agter die immigrasie toonbank was baie beleefd, en se "welkom tuis".
Ek voel so bietjie skuldig.

Op die hoofweg is ek verbyster oor die steeds verslegtende padgedrag van
bestuurders van alle kleure. Baie mense ry asof die hel hulle jaag, en
uiters aggressief. (Huur 'n groot kar met baie lugsakke. Of 'n M1 Abrams
battle tank.)

Castle bly 'n lekker bier, en goeie rooiwyn bly 'n bargain in SA.

Van die (jonger) besigheidsmense maak 'n killing. Maar dit lyk vir my baie
van die geld word gemaak deur die groterwordende gapings in die
landsadministrasie uit te buit.

Die salarismense in SA trek hard. Party dinge het nogal duur geword. Karre
se pryse is totaal histeries. Die rente koerse knou mense. Huise is op die
mark vir peanuts.

Hoogste reele rentekoerse in die geskiedenis van SA. Rente op 'n gewone
huislening rondom 15% bo die inflasie koers. Die regering is maar in 'n
moelike posisie daarmee, en mens kan nie regtig die beleid kritiseer nie.
Aan die een kant wurg rentekoerse die ekonomie (en mense) maar aan die ander
kant is dit al wat keer dat die rand verder gly. Praat van die duiwel en die
diep blou see. Probleem is dat hierdie duiwel regtig moerig is, en die see
baie diep. Onbenydenswaardig. Maar ek vermoed hulle gaan daai koerse moet
verlaag, met voorspelbare gevolge vir die Rand.

Tot later

Bees.
Re: SA - 'n paar waarnemings,,,episode 1 [boodskap #19701 is 'n antwoord op boodskap #19700] Di, 05 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Bees" writes:

> Op die hoofweg is ek verbyster oor die steeds verslegtende padgedrag van
> bestuurders van alle kleure. Baie mense ry asof die hel hulle jaag, en
> uiters aggressief. (Huur 'n groot kar met baie lugsakke. Of 'n M1 Abrams
> battle tank.)

Ek raak altyd bietjie moeg vir mense
wat in Johannesburg kom en wil swym
oor wat in Johannesburg aangaan, in
vergelyking met byvoorbeeld die
verkeerspatrone in Ottawa, of Calgary
of Minneapolis ens. Raak daaraan gewoond:
Johannesburg se verkeer moet vergelyk
word met die van New York, of Rio de
Janeiro, of selfs met die van Amsterdam
of Parys, om enigiets ekwivalents te
beleef. Johannesburg en sy omgewing is
'n groot stad met uitgestrekte voorstede,
nie 'n kleinerige stad in 'n groot kaal
haai vlakte, soos Calgary is nie.Niks
wat ons in Kanada het, kan vergelyk met
wat in Gauteng aangaan wat bevolkings-
digtheid en industriele ontwikkeling
nie.

> Hoogste reele rentekoerse in die geskiedenis van SA. Rente op 'n gewone
> huislening rondom 15% bo die inflasie koers.

Ek weet nie of jy in die tagtigerjare
in Kanada was nie. Vir 'n ruk was die
rentekoerse vir meeste dinge oor die
20 persent. Ons het vir ses maande 'n
mortgage van 18 % gehad. Mens het 18%
op Canada Savings Bonds gekry. Hierdie
dinge gebeur. En hulle gaan ook verby.

Gloudina
Re: SA - 'n paar waarnemings,,,episode 1 [boodskap #19702 is 'n antwoord op boodskap #19700] Di, 05 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Bees" writes:

gloudie-babes se
> stadig verbeterende cyberspeurvernuf

Wat bedoel jy met "verbeterende"
speurvernuf? Dis ek wat jou ge-out
het.

Piggy Holmes-op die Rideau (wat
nou uiteindelik gevries het.So
ook die Ottawa-rivier.)
Re: SA - 'n paar waarnemings,,,episode 1 [boodskap #19703 is 'n antwoord op boodskap #19700] Di, 05 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 5 Jan 1999 06:51:57 -0700, "Bees" wrote:

bestuurders van alle kleure. Baie mense ry asof die hel hulle jaag, en[/color]
> uiters aggressief. (Huur 'n groot kar met baie lugsakke. Of 'n M1 Abrams
> battle tank.) >>

Ek vermoed jy het aan ander padmaniere gewoond geraak waar jy nou bly.
Wanneer het ons ooit rerig beleefd gery?!
Ek vermoed wat wel gebeur het, is dat die gaping wat die gebrek aan
openbare vervoer veroorsaak het, deur minibus-taxis gevul is en hulle
ry asof die duiwel hulle jaag.
Die kleur die verkeerspatrone.
Hulle het so middel laat 80's ontwikkel.

>

In vergelyking met watter bier?
Waar bly jy nou?

huislening rondom 15% bo die inflasie koers. Die regering is maar in 'n[/color]
> moelike posisie daarmee, en mens kan nie regtig die beleid kritiseer nie.
> Aan die een kant wurg rentekoerse die ekonomie (en mense) maar aan die ander
> kant is dit al wat keer dat die rand verder gly. Praat van die duiwel en die
> diep blou see. Probleem is dat hierdie duiwel regtig moerig is, en die see
> baie diep. Onbenydenswaardig. Maar ek vermoed hulle gaan daai koerse moet
> verlaag, met voorspelbare gevolge vir die Rand.>>>

Daar is n prys wa betaal moet word as grense oopgemaak word. That's
life.
Re: SA - 'n paar waarnemings,,,episode 1 [boodskap #19704 is 'n antwoord op boodskap #19700] Di, 05 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote in message ...

> >
>
> In vergelyking met watter bier?

Enige een - caslte is 'n lekker droee bier.

> Waar bly jy nou?

Kanada

> Alles word deesdae mos (as gevolg van die global ekonomie) in die
> Internasionale eenheid geprys - dis nou dollars (plus effens meer
> omdat ons so ver is). As jy karre se pryse terugwerk na dollar, is dit
> waarskynlik op dieselfde vlak as in bv. die VSA.

Nee, nie naastenby nie. Ek sien hulle verkoop nou bv die Chrysler minivans
daar - die goedkoopste een oor die R200,000. (Hier sowat C$25,000, omtrent
R100,000) Min of meer dieselfde vehoudings geld vir karre wat in SA
vervaardig word (soos die klein BMWs), vergeleke met ewekniee in die
buiteland. (Die verhoudings met VSA pryse, teruggewerk na Rand sal nie
heeltemal so groot wees nie, agv van 'n relatief swak C$ / US$ wisselkoers,
maar dit is nog steeds aansienlik.) As jy dan die prys van die kar vergelyk
met wat die meeste mense maak na belasting, is die kar relatief gesproke nog
duurder.

Cheers
Bees
Re: SA - 'n paar waarnemings,,,episode 1 [boodskap #19712 is 'n antwoord op boodskap #19700] Wo, 06 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 05 Jan 1999 19:31:42 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi
Greyling) said the following:

| As jy karre se pryse terugwerk na dollar, is dit
|waarskynlik op dieselfde vlak as in bv. die VSA.
|
Toe ons VSA toe gekom het, wou ek 'n Toyota Previa koop. Sy prys in
SA was R240 000 en in Amerika $23 000 met 'n wisselkoers daardie tyd
van R5 per $. Sy opvolger, die Sienna, is nog steed s $23 000 hier.
Wat kos hy nou in SA?

Ek het toe nooit 'n mini-van gekry nie - ons het eerder geval vir 'n
conversion van - 'n kommersielle Ford aflewerings wa wat omgebou word
om passasiers te vervoer. Hy's baie groter en ry netso lekker.
Re: SA - 'n paar waarnemings,,,episode 1 [boodskap #19713 is 'n antwoord op boodskap #19700] Wo, 06 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Bees" wrote:
> Dagse julle lot, voorspoedige nuwe jaar.
>
> Ek het 'n draai in SA gaan maak oor Kersfees, en gedink ek sal 'n paar
> gedagtes neerskryf.

Dit is nou nogal toevallig n�

'n Vriend van my wat ook nou hier in die land van Kaas bly het so twee weke
gelede terug gegaan vir vakansie. Ek het sy perspektiewe interessant gevind.
Hy is nou hier vanaf Junie.

Basies kan sy gewaarwordinge saamgevat word in een sin - "Vandat ek daar
aangeland het het ek uitgesien daarna om huistoe te gaan". Huistoe in sy
geval het verwys na sy tuiste van die laaste 7 maande. Ek sal maar nog moet
sien hoe ek dit ervaar. Ek beplan my eerte (helaas korte) "vakansie" vir
Februarie. Die besoek is hoofsaaklik gerig op die besoek aan my
belastingkonsultant in die Paarl. Dan is daar nog een of twee ander sakies
wat ek wil gaan afhandel. Ek het nog twee oumas gehad wat in die lewe was
voor my vertrek. Beide 91 jaar oud - 'n goeie leeftyd. Nouja ek het by my een
Ouma in Montagu uitgekom die week voor ons weg is uit SA. Sy is op Oukersdag
oorlede. Ek het my ander Ouma nie gegroet voor ek weg is nie nadat ek haar
belowe het ek kom besoek aflê. Nouja - mens kan dit seker maar 'n troos vir
'n skuldige gewete noem, maar ek sal moet gaan. Dan het ek op Oujaarsdag 'n
oproep van my skoonma gekry. Skoonpa lê ernstig siek in die hospitaal. Hy het
reeds twee hartomleidings gehad (die laaste - so twee jaar gelede - 'n
trippel). Dit blyk dat hy weer 'n hartaanval gekry het op Oujaarsdag. So -
miskien nog 'n troos vir 'n skuldige gewete...

Dit is wat ons as gesin die moeilikste ervaar op die stadium. Die wegwees van
mense vir wie ons omgee. As die pomp op die plaas in die boorgat inged�nner
het in die verlede, was dit so maklik soos klim in die motor en gaan help
uit. Nou verloor die ou mense hul oes omdat die enigste in die gesin wat
vermoeënd genoeg is om te help met die nood nie gou kan gaan help, of digby
is om minstens morele ondersteuning te gee nie.

Aan die anderkant - ons as gesin is gelukkig soos varke in modder. As die
positiewe oorwegings geskei word van die emosionele naelstring wat ons nog
steeds aan SA verbind, dan bly ek hier in die ongewone warm weer vir Januarie.

Wie weet - miskien is daar nog genoeg tyd in Februarie om daardie ou groot
geelvin te vang waarvan ek so baie jare al droom. Minstens kan ek dit nou
bekostig...

Groete uit die Laaglande

-Gideon-

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: SA - 'n paar waarnemings,,,episode 1 [boodskap #19714 is 'n antwoord op boodskap #19700] Wo, 06 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 5 Jan 1999 19:07:24 -0700, "Bees" wrote:

maar dit is nog steeds aansienlik.) As jy dan die prys van die kar vergelyk[/color]
> met wat die meeste mense maak na belasting, is die kar relatief gesproke nog
> duurder.>>>

Ander karre is dalk nader aan die "dollar reel"?
Soos n 1500 Daewoo vir so R60 000. Dit is 10 000 dollar.
Of n 1400 Golf vir omtrent dieselfde prys.
Re: SA - 'n paar waarnemings,,,episode 1 [boodskap #19715 is 'n antwoord op boodskap #19700] Wo, 06 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Arthur Hagen" wrote:
> gide...@usa.net heeft geschreven...
>> 2. Jaarlikse padwaardigheidskeuring vir motors ouer as 5 jaar.
>
> Als je hier vanuit gaat krijg je gegarandeerd een bekeuring :( Het geldt
> namelijk al voor auto's ouder dan 3 jaar.
>
> Groeten,
> Arthur

Ooops!!... Sorry Arthur - My auto is 'n '91 model - - so ek neem hom gewoon
vir sy keuring ;)

-Gideon-
>
>

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: SA - 'n paar waarnemings,,,episode 1 [boodskap #19716 is 'n antwoord op boodskap #19700] Wo, 06 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article , wrote:
> "Bees" writes:
>
>> Op die hoofweg is ek verbyster oor die steeds verslegtende padgedrag van
>> bestuurders van alle kleure. Baie mense ry asof die hel hulle jaag, en
>> uiters aggressief. (Huur 'n groot kar met baie lugsakke. Of 'n M1 Abrams
>> battle tank.)
>
> Ek raak altyd bietjie moeg vir mense
> wat in Johannesburg kom en wil swym
> oor wat in Johannesburg aangaan, in
> vergelyking met byvoorbeeld die
> verkeerspatrone in Ottawa, of Calgary
> of Minneapolis ens. Raak daaraan gewoond:
> Johannesburg se verkeer moet vergelyk
> word met die van New York, of Rio de
> Janeiro, of selfs met die van Amsterdam
> of Parys, om enigiets ekwivalents te
> beleef. Johannesburg en sy omgewing is
> 'n groot stad met uitgestrekte voorstede,
> nie 'n kleinerige stad in 'n groot kaal
> haai vlakte, soos Calgary is nie.Niks
> wat ons in Kanada het, kan vergelyk met
> wat in Gauteng aangaan wat bevolkings-
> digtheid en industriele ontwikkeling
> nie.
>
Hmmm...

Ek dink daar is tog 'n verskil tussen swak padgedrag en druk verkeer. Ek ry
elke dag 65 Km van Lelystad na Amsterdam, en die verkeersdrukte is hoog. Dit
neem my tussen 50 minute en 1 uur om die afstand af te lê. Dit vergelyk goed
met die 1 en 'n half uur wat dit my geneem het om die 75 Km van die Paarl na
Kaapstad af te lê. Dit is natuurlik 1 oggen uit 'n week. (Sorry - die ironie
kon maar net nie wegbly nie) Die grootste verskil is dat ek hier weinig
ongelukke sien. Faktore wat ek vinnig aan kan dink wat bydra tot hierdie hoë
kwaliteit ten spyte van hoë verkeersdrukte, is: 1. Behoorlike
verkeersopleiding met behoorlike toetsing aan die einde. 2. Jaarlikse
padwaardigheidskeuring vir motors ouer as 5 jaar 3. Elektroniese borde oord
die paaie wat aandui watter paaie "files" het. 4. Behoorlike wetstoepassing.
5. Afwaartse aanpassing van snelheidsperke soos verkeersdruk toeneem. 6.
Goeie kringpaaie om al die hoofsentra (Utrecht s'n is lastig, maar nouja..)

Dan moet ek bysê dat een van die slegste plekke wat ek nog bestuur het
(Johannesburg ingesluit), is London.
Die rigtingaanwysing bestaan gewoon nie. Hul sg. "kringpad" in London is 'n
grap.
Bestuurders is onbeleefd... sorry - plein ongeskik.
Die Taxi's is 'n verskrikking. Byna so erg soos die in SA.
Ek het vir sewe uur lank in die middestad van London in verdwaal. Uit was
makliker - dit was drie ure.
Die padkaarte is gewoon... nie dieselfde as die paaie nie.
As ek weer na London gaan ek met die trein.

'n Voordeel van London? As jy mense vra waar iets is, is hul beleefd en
vriendelik, en probeer altyd help. Jy hoef ook nie eers hul dialek te probeer
uitmaak en uiteindelik in frustrasie oor te slaan na 'n ander taal nie :) Dan
weer... in Nederland hoef jy met 'n kaart, 'n kompas en 'n bietjie
verbeelding nie die rigting te vra nie. Dit is voor die hand liggend hoe jy
kom waar jy moet.

-Gideon-
Re: SA - 'n paar waarnemings,,,episode 1 [boodskap #19717 is 'n antwoord op boodskap #19700] Wo, 06 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
A.A. Hagen  is tans af-lyn  A.A. Hagen
Boodskappe: 155
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
gide...@usa.net heeft geschreven...
> 2. Jaarlikse padwaardigheidskeuring vir motors ouer as 5 jaar.

Als je hier vanuit gaat krijg je gegarandeerd een bekeuring :( Het geldt
namelijk al voor auto's ouder dan 3 jaar.

Groeten,
Arthur
Re: SA - 'n paar waarnemings,,,episode 1 [boodskap #19718 is 'n antwoord op boodskap #19700] Wo, 06 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henry van Zyl  is tans af-lyn  Henry van Zyl
Boodskappe: 30
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
> Interessant dat jy dit sê, Ferdi. Hier in die VSA kan 'n mens 'n klein
> karretjie (Ford Escort of die Kia, bv.) koop vir $10,000 of net onder die
> $10,000. Renetekoerse op karre is vanaf 0% tot so 5 of 6%. Hoe vergelyk dit met
> karre se pryse in SA - in terme van $, wat gister glo iets soos R5,77 vir $1
> was?

> Alles word deesdae mos (as gevolg van die global ekonomie) in die
> Internasionale eenheid geprys - dis nou dollars (plus effens meer
> omdat ons so ver is). As jy karre se pryse terugwerk na dollar, is dit
> waarskynlik op dieselfde vlak as in bv. die VSA.
>
Re: SA - 'n paar waarnemings,,,episode 1 [boodskap #19719 is 'n antwoord op boodskap #19700] Wo, 06 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 5 Jan 1999 18:46:46 -0700, "Bees" wrote:

>[/color]

Hoe is die openbare vervoerstelsel daar?
Hier is nie juis openbare vervoer om rerig van te praat vir die 10
miljoen mense in Gauteng nie.
As jy iewers wil kom, ry jy met n motorvoertuig.
Re: SA - 'n paar waarnemings,,,episode 1 [boodskap #19720 is 'n antwoord op boodskap #19700] Wo, 06 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 06 Jan 1999 08:23:08 +0200, lou wrote:

die afgelope 5 jaar was waarskynlik die vestiging van die twee private[/color]
>> selfoon-netwerke.
>
> En ek wed die ouens wat die berekeninge gemaak het kan hulle hare uit
> hulel koppe trek - die selfoonlisensies was (met hindsight) baie
> goedkoop!>>>>

Maar in 1993 toe daar oor die selfoonlisensies besluit was, was daar
gereken die plafon vir die diens is in die omgewing van 200 000
gebruikers. Daar is ook geskat (en beplan) dat die 200 000 merk teen
die jaar 2000 bereik sal word.
Intussen is die miljoen merk vir gebruikers verlede jaar reeds bereik.
Dit gaan interressant wees om te sien wat die volgende twee toegelate
netwerke gaan doen en bereik.
As hulle n "straight" landwye diens gaan aanbied teen MTN en Vodacom
se bestaande soort tariewe, kan dit interressant wees om te sien of
daar wel n "ceiling" is en wat dit is. Dit kan n duur fout wees
aangesien daar gereken word jy het 12 miljard rand nodig om n netwerk
te vestig.

$'s betaal word nie, ons infrastruktuur - hospitale, skole, paaie is nie[/color]
> vergelykbaar met mense wat in $'s betaal word nie ens. ens. Dit is die
> ou ding wat regerings gebruik om ons te vertel dat dit eintlik nie so
> slegs gaan as dit lyk nie. Maar hulle haal baie selektief aan - soos is
> in 'statistics, lies and damn lies'.>>

Ek praat van pryse, Lou, nie betaling nie. Ons is n ontwikkelende land
en word so betaal. Ek kry dus minder in reele terme as n Yank, maar
die pryse van dinge is dieselfde. Lekker vir die Yanks, sleg vir ons -
maar waarskynlik soort van "in tune" met die onderskeie lande se
rykdomme.
Dit volg seker logies as n mens n oop enonomie en goeie wereldwye
vervoerstelsels het.
As jy n BMW wat hier vervaardig is teen 1000 dollars op die mark plaas
terwyl die Duitsers hulle s'n teen 2000 dollars op die mark plaas gaan
die kak spat want dan gaan almal die SA BMW's koop. Andersom werk dit
ook waarskynlik daarin dat ons bv ons BMW's so moet vervaardig dat
hulle teen die 2000 dollar van my voorbeeld verkoop kan word. Dis waar
die fights met die vakbonde onder meer vandaan kom, lyk dit my.

In die ou dae van grense het ek van n ou geweet wie se besigheid die
uitvoer van BMW's na die Ooste was - altans so het hy dit verduidelik
- maar nie een van sy karre het ooit hier grond gevat nie.
Hy het uitgefigure dat om n aantal redes kan hy n BMW goedkoper in die
Ooste verkoop as hy dit van SA doen as wat dit gedoen kan word vanuit
Europe. Dan voer hy die karre in van Europa en weer uit na die Ooste
en vra daar minder as die Europeers. Volgens hom het sy karre nooit
eers hier aangekom nie. Sy hele besigheid was volgens hom gesetel in
in/uitvoer-vorms wat by Jan Smuts Lughawe geteken en gestamp was.

Dit lyk my dit kan nie meer gedoen word nie aangesien pryse deesdae
wereldwyd eenvormig is - en lyk my dit word in US dollars geprys. Dit
is slegte nuus vir ons, want die Rand kak teen die dollar en ons word
in Rande betaal.
Maar, soos ek se, ek wou net die punt maak dat die meeste goed min of
meer dieselfde hier en die VSA kos - in dollars.

Dit lyk my in Europa is daar nog n mate van beskerming en is sommige
goed actually duurder daar - in dollars.

Rekenaars en CD's ten minste. Musiek CD's kos baie dieselfde hier en
in die VSA - in dollars. Maar is beslis - in my beperkte ervaring -
bietjie duurder in Europa - in dollars.

By the way, iemand se my nou die dag dit kos maar iets soos n Rand om
n musiek CD te maak. Dis nou sonder musiekregte ens.
Re: SA - 'n paar waarnemings,,,episode 1 [boodskap #19721 is 'n antwoord op boodskap #19700] Wo, 06 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:

> Alles word deesdae mos (as gevolg van die global ekonomie) in die
> Internasionale eenheid geprys - dis nou dollars (plus effens meer
> omdat ons so ver is). As jy karre se pryse terugwerk na dollar, is dit
> waarskynlik op dieselfde vlak as in bv. die VSA.
>
Hmm... dit kan nogal interessant wees...

Miskien kan ons 'n paar dinge vergelyk. As julle ouens daar in SA, VSA en
andere kan vergelyk sal dit goed wees

Nederland (in Nfl). Ek weet nie wat die wisselkoers op die oomblik is na die
Euro nie, maat so twee weke gelede was dit ongeveer R3.00 vir een Gulden
Golf 4 - 1600 36595
Audi A4 1800 56900
Volvo S40 1800 46900
Chrysler Voyager 3.3 73995

Sommaar net vir die pret
BMW Z3 M 147500

Finansiering is ook heel interessant. As jy 'n motor vir Fl 40000 sou
aankoop, sal jou maandelikse betaling op 'n lease (36 maande) so Fl 1300
wees. Dan sluit dit alle onderhoud, versekering, wegenbelasting (dit is nogal
hoog) en 30000 Km se brandstof per jaar in.

Een en ander... Een van die dinge wat vir my 'n skok was, is die manier wat
dinge se pryse dieselfde bly. Een van die winkels hier wat Meubels en
allerhande huisdinge verskaf het 'n pryslys uit wat vir 1 jaar geldig bly! Ek
het 'n pryslys van 1997 ook in die hande gekry, en die pryse het ook nie
verander van dit af nie - dus 2 jaar dieselfde pryse en dit is vas tot einde
1999. Dit beteken dat jou jaarlikse "verhoging" nie gemik is om net tred te
hou met inflasie nie, maar in werklikheid 'n verhoging is.

> > moelike posisie daarmee, en mens kan nie regtig die beleid kritiseer nie.
>> Aan die een kant wurg rentekoerse die ekonomie (en mense) maar aan die ander
>> kant is dit al wat keer dat die rand verder gly. Praat van die duiwel en die
>> diep blou see. Probleem is dat hierdie duiwel regtig moerig is, en die see
>> baie diep. Onbenydenswaardig. Maar ek vermoed hulle gaan daai koerse moet
>> verlaag, met voorspelbare gevolge vir die Rand.>>>
>
> Daar is n prys wa betaal moet word as grense oopgemaak word. That's
> life.
>

As jy 'n huis wil koop, is die rentekoers waarteen jy kan aankoop in die
omgewing van 5% Ek het so pas 'n berig gelees dat dit nog verder gaan val met
.2%
Dan natuurlik kan jy al jou rentes wat jy in die jaar betaal aftrek van jou
belasbare inkomste.

Net 'n vraag - wat sou gebeur as die rentekoerse argumentsonthalwe verlaag
word na 10%? Ek ken die ou argument dat buitelandse beleggers hul geld na
ander plekke sal neem, as gevolg van die swak prestasie van die Rand. Maar as
'n "calculated risk" om reele inflasiekoers af te bring behoort dit nie te
onsinnig te wees nie... Die primere uitgawe (behalwe natuurlik vir belasting)
vir die gemiddelde Suid-Afrikane is verblyf. Hier is 'n paar dinge wat kan
gebeur.

Negatief Die Rand gly nog verder.... teenargument - dit gly in elk geval
Mense sal te veel geld leen... - Beter beheer oor die verlening van krediet
met verskeie leningsskale vir verskillende tipes aankope. Banke se
winsgewendheid sal daal... - Ek kan sê "so what", maar as die leningskoers
vir die banke daal en die uitleenkoers ook, word hul winsgewendheid nie
aangetas nie.

Positief Met meer aantreklike rentekoerse kan die behuisingsnood meer
aggressief aangepak word Inflasiekoers kan op die kort termyn in 'n negatiewe
reële koers omgekeer word (natuurlik aantreklik vir buitelandse belegger -
kan self die dalende Rand neutraliseer). Die positiewe effek wat dit kan hê
op die ekonomie sal natuurlik op die medium termyn nie noodwendig so drasties
wees nie, maar behoort nog steeds die inflasiekoers laag te hou.

So - in die kort termyn moontlike ontvlugting van kapitaal, maar in die medium
termy behoort dit terug te keer as die Rand herstel van net nog 'n afdaling.

Soos ek dit verstaan is daar twee benaderings wat jy kan volg as jy die
ekonomie wil stabiliseer. 1. Jy kan probeer om dit bietjie vir bietjie te
doen. Dit is die manier wat "common-sense" sou wou dikteer. Dit is natuurlik
soortgelyk aan die metode van liberalisering van die Nasionale Party polities
probeer deurvoer het in die 80s met die wegdoen van Apartheid. Sê baie, doen
min, en laat jou pas beheer deur jou vrese en die vrese van jou kiesafdeling.
2. Jy kan dit eensklaps liberaliseer. Soos met die uiteindelike politiese
proses in SA het dit die potensieel om op 'n ramp te eindig.

Volgens my, sal die SA ekonomie nooit regkom so lank die inmenging van die
regering in die ekonomie aangaan nie. Kunsmatige inmenging ly tot kunsmatige
teenreaksies. As daar inmenging is, sal die markdinamiek presies dit doen wat
dit in elk geval sou gedoen het - somtyds net meer heftig en later as wat dit
sou gewees het.

In elk geval - dit is my stuiwer.

-Gideon-

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: SA - 'n paar waarnemings,,,episode 1 [boodskap #19722 is 'n antwoord op boodskap #19700] Wo, 06 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Bees" writes:

> Ek het Johannesburg se verkeer vergelyk met, wel, Johannesburg van 'n ruk
> gelede. Vandaar die woord "verslegtende". So terloops, wanneer was jy laas
> in Joburg?

Ek was laas in 1993 in Johannesburg.
Miskien het dit sedertdien versleg.
Maar ons het familie en vriende in
Johannesburg en omstreke, en niemand
is van plan om te emigreer oor die
toestande op die paaie nie. Die mense
wat ons ken wat emigreer, doen dit om
kwasi-politieke redes.

>> niks wat ons in Kanada het, kan vergelyk met
>> wat in Gauteng aangaan wat betref bevolkings-
>> digtheid en industriele ontwikkeling
>> nie.
>
>
> Ek dink nie so nie. Toronto met sowat 5 m mense is heeltemal in dieselfde
> liga. Vancouver nie ver agter nie.

Ek verskil geheel en al van jou oor
byvoorbeeld Toronto. As jy die hele
Toronto-en-voorstede kompleks neem,
en Hamilton daar bygooi, en dan nog
for good measure vir Buffalo ook, dan
kom dit nog nie naby Johannesburg en
sy omstreke nie. Wanneer laas was jy
in Toronto? Alleen as 'n mens 'n klomp
myne uit Kanada se noorde afbring en
dit plant in die middel van Toronto,
en duisende der duisende werkers
elke dag na daardie myne toe moet bring,
en hulle moet huisves, dan kom jy eers
naby aan wat Johannesburg is. En ek
twyfel of dieselfde nie van Vancouver
gesê kan word nie. Vancouver is uitge-
strek, maar dis nie die soort metropolis
wat Johannesburg en New York en Rio de
Janeiro is (en ek neem aan Bombaai en
Tokio ensovoorts ) is nie.

Gloudina
Re: SA - 'n paar waarnemings,,,episode 1 [boodskap #19723 is 'n antwoord op boodskap #19700] Wo, 06 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote:
>
[color=blue]>
Re: SA - 'n paar waarnemings,,,episode 1 [boodskap #19724 is 'n antwoord op boodskap #19700] Wo, 06 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
> "Bees" writes:
>
>> Op die hoofweg is ek verbyster oor die steeds verslegtende padgedrag
> van
>> bestuurders van alle kleure. Baie mense ry asof die hel hulle jaag, en
>> uiters aggressief. (Huur 'n groot kar met baie lugsakke. Of 'n M1
> Abrams
>> battle tank.)
>
> Ek raak altyd bietjie moeg vir mense
> wat in Johannesburg kom en wil swym
> oor wat in Johannesburg aangaan, in
> vergelyking met byvoorbeeld die
> verkeerspatrone in Ottawa, of Calgary
> of Minneapolis ens. Raak daaraan gewoond:
> Johannesburg se verkeer moet vergelyk
> word met die van New York, of Rio de
> Janeiro, of selfs met die van Amsterdam
> of Parys, om enigiets ekwivalents te
> beleef. Johannesburg en sy omgewing is
> 'n groot stad met uitgestrekte voorstede,
> nie 'n kleinerige stad in 'n groot kaal
> haai vlakte, soos Calgary is nie.Niks
> wat ons in Kanada het, kan vergelyk met
> wat in Gauteng aangaan wat bevolkings-
> digtheid en industriele ontwikkeling
> nie.
>
>
>
>> Hoogste reele rentekoerse in die geskiedenis van SA. Rente op 'n gewone
>> huislening rondom 15% bo die inflasie koers.
>
> Ek weet nie of jy in die tagtigerjare
> in Kanada was nie. Vir 'n ruk was die
> rentekoerse vir meeste dinge oor die
> 20 persent. Ons het vir ses maande 'n
> mortgage van 18 % gehad. Mens het 18%
> op Canada Savings Bonds gekry. Hierdie
> dinge gebeur. En hulle gaan ook verby.
>
> Gloudina
>
>

Reële rentekoerse Gloudina - d.w.s. die verskil tussen die Inflasiekoers
en die Rentekoers op bv. 'n huis is 15%. Dit beteken jy betaal oor die
22% op jou huis - maar as jou werkgewer jou 'n inflasie gekoppelde
verhoging gee is dit so iets soos 9%. Maak jou sommetjies self.
Re: SA - 'n paar waarnemings,,,episode 1 [boodskap #19725 is 'n antwoord op boodskap #19700] Wo, 06 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 6 Jan 1999 04:02:52 GMT, wrote:

strek, maar dis nie die soort metropolis[/color]
> wat Johannesburg en New York en Rio de
> Janeiro is (en ek neem aan Bombaai en
> Tokio ensovoorts ) is nie.>>

For what it's worth: Ek ken iemand so half en half wat in Rio
grootgeword het en vir tien jaar reeds in ottowa woon. Hy gaan gereeld
sy familie in Rio besoek en kom deesdae so twee keer in jaar in
Jo'burg en Kaapstad.

Hy se wat hy sien en hoor van Johannesburg laat hom baie aan Rio dink.
Selfde probleme. Verkeer, misdaad, infrastruktuur.
Re: SA - 'n paar waarnemings,,,episode 1 [boodskap #19726 is 'n antwoord op boodskap #19721] Wo, 06 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 06 Jan 1999 08:50:36 GMT, gide...@usa.net wrote:

>

Binnelands sou ek reken dat Suid-Afrikaners na die banke sal hardloop
en hulle simpel sal leen en weer sal uitstorm en voor die voet sal
begin koop.

Ek vermoed die probleem is dat die SA banke nie voorskriftelik is oor
wat jy met die geld maak wat jy leen nie. En dat hulle hulle dood
giggle hoe meer jy leen - want dit beteken meer wins vir hulle.

Die meeste huislenings is byvoorbeeld op n skema waar jy meer kan
afbetaal as jou vasgestelde betaling as jy lus het - een an die ander
kant kan geld uithaal tot by die perk van jou lening - sonder enige
vrae. Jy kan dit in fact by n outomatiese tellermasjien op die
straathoek doen.

Die meeste huiseienaars kak nou baie af. Vir n lening van R100 000
betaal hulle seker in die omgewing van R2000 per maand? Ek is nie
seker nie - my lening spook so by myb dat ek jare al my gat af probeer
om dit so min as moontlik te maak, so dit onder daai bedrag.

verlaag die rentekoers en die bedrag raak nou se maar R1000. Piet en
Sara Kokkewiet is egter reeds gewoond daaraan om R2000 per maand af te
betaal. Hulle gaan dus dadelik daai ekstra R1000 aan iets spandeer. Se
maar n nuwe kar - wat natuurlik n verdere lening is.
En in baie, baie gevalle het hulle n nuwe kar nodig.

So n verlaging van rentekoers op die skaal in jou voorbeeld gaan -
volgens my gut feeling - lei tot n reuse verdere kredietverlening deur
al die banke wat inflasie gaan opjaag, wat die Rand gaan laat val en
so aan.

En as dit waar is, gaan ons binne n jaar sit met baie hoer pryse, n
baie laer Rand en baie minder vertroue in die land.
Re: SA - 'n paar waarnemings,,,episode 1 [boodskap #19733 is 'n antwoord op boodskap #19700] Do, 07 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling skryf:

> > $'s betaal word nie, ons infrastruktuur - hospitale, skole, paaie is nie
>> vergelykbaar met mense wat in $'s betaal word nie ens. ens. Dit is die
>> ou ding wat regerings gebruik om ons te vertel dat dit eintlik nie so
>> slegs gaan as dit lyk nie. Maar hulle haal baie selektief aan - soos is
>> in 'statistics, lies and damn lies'.>>
>
> Ek praat van pryse, Lou, nie betaling nie. Ons is n ontwikkelende land
> en word so betaal. Ek kry dus minder in reele terme as n Yank, maar
> die pryse van dinge is dieselfde. Lekker vir die Yanks, sleg vir ons -
> maar waarskynlik soort van "in tune" met die onderskeie lande se
> rykdomme.

Pryse is nie dieselfde nie - dit was juis my punt - ons betaal meer as
jy die direkte dollar omskakeling doen. As jy wil slim wees en
allerhande ander faktore soos inflasie, salaris, infrastruktuur - dan
betaal ons steeds meer. Ek praat nou van alledaagse goed soos motors,
meubels en. - huise mág 'n ander saak wees.

> Dit volg seker logies as n mens n oop enonomie en goeie wereldwye
> vervoerstelsels het.
> As jy n BMW wat hier vervaardig is teen 1000 dollars op die mark plaas
> terwyl die Duitsers hulle s'n teen 2000 dollars op die mark plaas gaan
> die kak spat want dan gaan almal die SA BMW's koop. Andersom werk dit
> ook waarskynlik daarin dat ons bv ons BMW's so moet vervaardig dat
> hulle teen die 2000 dollar van my voorbeeld verkoop kan word. Dis waar
> die fights met die vakbonde onder meer vandaan kom, lyk dit my.

Dít gaan een van die hoofpunte wees wat ons ekonomie gaan maak of breek.
VW, Mercedes en BMW wil almal sekere modele uitsluitlik in SA vervaardig
en daar sal verwag word dat aan die produksie skedules voldoen word. Nou
sal ons maar moet sien of die vakbonde en die vervaardigers kan saamwerk
op die punt want lyk my al of die vakbond nou die vervaardigers in die
hand het.
Re: SA - 'n paar waarnemings,,,episode 1 [boodskap #19734 is 'n antwoord op boodskap #19700] Do, 07 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 07 Jan 1999 08:31:43 +0200, lou wrote:

jy die direkte dollar omskakeling doen. >>[/color]

My punt is as jy n regstreekse omskakeling doen, betaal ons so te se
dieselfde. Dis altans soos dit vir my lyk. Bv. 14 dollar vir n top,
nuwe musiek CD. Dis omtrent R80 tot R85 - wat jy in die winkels by
ons betaal.
In elk geval, check Amerikaanse tydskrifte en skakel die goed wat
geadverteer word om in Rand en check. Toe ek laas gekyk het, was dit
hier effens duurder, maar beslis in dieselfde prysklas.
Wat motors betref, word - so is aan my gese - pryse 6 maande vooruit
met bv die ooste se vervaardigers in dollars beding.
Rekenaars en software se pryse word ook in dollars vasgestel. En dis
my punt.
Re: SA - 'n paar waarnemings,,,episode 1 [boodskap #19735 is 'n antwoord op boodskap #19700] Do, 07 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 07 Jan 1999 13:11:36 GMT, gide...@usa.net wrote:

potensieel vir reuse kredietverlening. Ek het onlangs 'n interessante artikel[/color]
> gelees oor een van die voorstelle wat Bill Clinton op die tafel gelê het in
> die VSA. As ek dit reg het gaan dit daaroor dat kredietverlening aan ´n
> persoon kan geskied tot by 'n sekere plafon volgens inkomstegeskiedenis. >>

Klink wonderlik.
Een probleem in SA kan natuurlik wees dat die grootste gedeelte van
die land se bevolking geen kredietgeskiedenis het nie. Nie eers
bankrekenings nie.

En so n reeling sal op die vrye mark-mense se tone trap. Daar sal wild
"kommunis!!" geskreeu word.
En in die buiteland sal "kommer" waarskynlik uitgespreek word oor die
"ANC wat klaarblyklik nou poog om ekonomiese vryheid te beheer" .
Tony Leon sal verklarings uitreik. Die NP sal met die hof dreig en
Constand Viljoen sal sy perd opsaal.

En dit sal lei tot ontrekking van beleggings.

Om nie te praat van die makelaars op die JSE wat soos een man wild sal
begin rondhardloop en hulself begin bekak nie.

Maar miskien kan debietkaarte uiteindelik iets in daardie lyn
bewerkstellig.

n Groot bron van kredietskepping hier is glo die feit dat elke groot
winkel deesdae hul eie "kredietkaarte" uitreik. Kry n Woolworths-kaart
en jy kan tot n groot limiet op skuld koop en afbetaal.

Reken self uit wat iemand kan doen wat n Mastercard, n Woolieskaart, n
Edgars-rekening en n Pick n Pay kaart saam het. Veral as die
rentekoerse val.

Die koerante het toevallig vandag gespekuleer oor n verlaging van die
koerse.
Re: SA - 'n paar waarnemings,,,episode 1 [boodskap #19736 is 'n antwoord op boodskap #19700] Do, 07 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:
> On Wed, 06 Jan 1999 08:50:36 GMT, gide...@usa.net wrote:
>
>

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: SA - 'n paar waarnemings,,,episode 1 [boodskap #19746 is 'n antwoord op boodskap #19700] Vr, 08 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 08 Jan 1999 03:00:02 GMT, e...@dot.com (Johan ) wrote:

3.7 liter brandstof kos $0.89 (1 gallon)[/color]
>
> 6 blikkies Coke vir $1
>
> 1kilogram maalvleis vir $4.18 (geen vet nie) ($1.90 / pond)
>
> 1kilogram skaapboud vir $10.56 ($4.80 / pond)
>
> 1 brood vir $2>>

Maak n onderskeid tussen internasionale kommoditeite en dinge wat meer
n funksie van plaaslike omstandighede is, sou ek se.

Die prys van water in Koeweit en Ierland kan om voor die hand liggende
rede nie juis met mekaar vergelyk word wanneer dit gedoen word soos in
die bespreking nie.

Brandstof en Coke is egter seker werkbare voorbeelde.
Petrol is egter dalk bietjie "dicy" aangesien die VSA sover ek weet sy
eie olie produseer. Ek dink hy koop egter die meeste en dan is die
prys van olie internasionaal.

Suid-Afrika sit ook nog met die Sasol-beskermingsfaktor van die
verlede wat sover ek weet petrol se prys bietjie aanjaag. Dit gaan
egter een van die dae weg wees.
Die prys van petrol het in die afgelope jaar of vier nogal heelwat op
en af gery - suiwer op die rug van die rand/dollar-wisselkoers. Dit
was vir my nogal n vreemde ervaring.

Petrol kos op die oomblik so R2.20 per liter in SA. Die prys wissel
egter - soos ek se - op en af aan die hand van die
Rand/dollar-wisselkoers want daar word in dollars betaal vir olie -
"which is my point".

Coke word hier vervaardig. Maar ek sou reken dat die moontlike
voordeel wat eie water en suiker prysgewys sou kon bied, waarskynlik
nie toegelaat sal word nie. Anders kan goedkoop Coke van hier bv. in
Europa verkoop word. En dit sal sekerlik nie toegelaat word nie -
eerstens nie deur Europa nie en tweedens nie deur Coke in Atlanta nie
want dit sal chaos in sy strukture veroorsaak.
En word suiker se prys ook nie internasionaal deur markte in dollar
bepaal nie? Soos die geval met koffie en tee is?

Wat kos Coke hier? Dit wissel baie. Van R2.50 n blikkie op Sondag by
die enigste kafee in die middel van die Karoo tot so tussen R6 en R7
vir n six pack in groot winkels in die stad waar omset n markkrag
word.

Vleis en brood is tot groot mate interne produkte, hoewel
uitvoer-moontlikhede - wat deesdae baie vry is - waarskynlik n
stabilserende faktor op die prys sal wees.
As koring se prys te laag word intern, kan daar uitgevoer word. As dit
te hoog word, word koring ingevoer. By die uitvoerprys moet daar egter
altyd vervoerkoste gereken word - en invoertariewe op baie plekke. Dit
sal beteken daar is waarskynlik weerskante toe n "margin" in die
wisseling in prys voor "aksie geneem word" en eerder in- of uitgevoer
word.

Dieselfde vir vleis.

Die punt is, met n baie oper wereld-ekonomie en vinnige vervoer, is
pryse tot baie groot mate internasionaal.

In fact, pryse van motors en rekenaar-komponente word - sover ek weet
- oor landsgrense heen in spesifiek US Dollars vasgestel vir termyne.
Dit is hoekom die crash in die Ooste NIE juis goedkoper rekenaars in
SA tot gevolg gehad het nie hoewel baie rekenaars hier omtrent 100%
van daar kom en daardie lande se geldeenhede die dieptes ingetuimel
het teen die RAND.

Daar was effense prysverlagings, maar dit is toegeskryf aan die groot
afname in VRAAG.

En die geldeenheid waarin alles gemeet word, is die US Dollar, lyk dit
my. Selfs op die strate van Moskou.
Wat gaan die Euro doen?
Ek wonder soms of die Europeers nie meer as enigiets anders daarvan
hou om mekaar te haat en te bedonner nie. En of dit nie die Euro gaan
knou nie. Soos: Hoeveel tolleransie gaan daar in Duitsland wees vir
die probleme in die Portugese landbou-sektor?
Of by die Franse boere vir die Italianers?

En dan moet n mens natuurlik seker begin wonder wat die Chinese hulle
geldeenheid noem.......
Re: SA - 'n paar waarnemings,,,episode 1 [boodskap #19747 is 'n antwoord op boodskap #19700] Vr, 08 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
A.A. Hagen  is tans af-lyn  A.A. Hagen
Boodskappe: 155
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling heeft geschreven...
> Maak n onderskeid tussen internasionale kommoditeite en dinge wat meer
> n funksie van plaaslike omstandighede is, sou ek se.
>
> Die prys van petrol het in die afgelope jaar of vier nogal heelwat op
> en af gery - suiwer op die rug van die rand/dollar-wisselkoers. Dit
> was vir my nogal n vreemde ervaring.

Dan hoef je de prijs in ieder geval niet te vergelijken met die in
Nederland: slechts 20% van de prijs die wij betalen is voor benzine zelf; de
overige 80% is belasting. Een schommelende dollarkoers of stijgende
internationale olieprijzen hebben dan nog maar een marginaal effect.

NLG 2.08 per liter (bijna 5 USD per gallon).

Belasting is natuurlijk ook een plaatselijke omstandigheid.

Arthur
Re: SA - 'n paar waarnemings,,,episode 1 [boodskap #19748 is 'n antwoord op boodskap #19700] Vr, 08 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 07 Jan 1999 18:29:17 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi
Greyling) wrote:

|My punt is as jy n regstreekse omskakeling doen, betaal ons so te se
|dieselfde. Dis altans soos dit vir my lyk.

Hier is een of twee voorbeelde: Gee asb vir ons die pryse in SA:

3.7 liter brandstof kos $0.89 (1 gallon)

6 blikkies Coke vir $1

1kilogram maalvleis vir $4.18 (geen vet nie) ($1.90 / pond)

1kilogram skaapboud vir $10.56 ($4.80 / pond)

1 brood vir $2

Vrede!

Johan
Re: SA - 'n paar waarnemings,,,episode 1 [boodskap #19749 is 'n antwoord op boodskap #19700] Vr, 08 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hjalmar Gerber  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Volle Lid
hag...@caiw.nl skryf...

> NLG 2.08 per liter (bijna 5 USD per gallon).

'n Amerikaanse "gallon" is 3,87 liter. Is dit
hoe jy dit bereken het ?

Hjalmar
________
Re: SA - 'n paar waarnemings,,,episode 1 [boodskap #19750 is 'n antwoord op boodskap #19700] Vr, 08 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan ) writes:

> 1 brood vir $2

> Johan

Ek kan nie verstaan hoekom julle brood
so duur is nie. Hier by ons betaal ons
alleen vir baie "niche" uitsonderlike
soorte brood so om en by twee dollars.
Alle ander brood is gewoonlik nie veel
meer as 'n dollar of so nie. En julle
pryse behoort laer as ons s'n te wees.
Volgens my ondervinding is die pryse
van meeste goed ho"er in Kanada as in
die VSA (net soos die salarisse ook
ho"er is.) En moenie vir my vertel ek
weet nie waarvan ek praat nie. Ek was
eergister in die VSA. Noordelike New
York staat is minder as 'n uur se ry
suid van ons, en ons het 'n Japannese
meisie oor die grens geneem sodat sy
weer na 'n uur of wat in Kanada kan
inkom met die nodige papierwerk vir
haar nuwe werkpermit.

Mme Piggee pres de la fleuve St. Laurent
Re: SA - 'n paar waarnemings,,,episode 1 [boodskap #19751 is 'n antwoord op boodskap #19700] Vr, 08 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 8 Jan 1999 20:24:39 GMT, said the following:

|e...@dot.com (Johan ) writes:
|
|> 1 brood vir $2
|
| Ek kan nie verstaan hoekom julle brood
| so duur is nie. Hier by ons betaal ons
| alleen vir baie "niche" uitsonderlike
| soorte brood so om en by twee dollars.
| Alle ander brood is gewoonlik nie veel
| meer as 'n dollar of so nie. En julle
| pryse behoort laer as ons s'n te wees.

Ek sal bietjie gaan rondloop en kyk - ons koop min brood - ons eet nie
baie nie en ek het 'n jaar terug 'n broodmasjien op 'n uitverkoping
baie goedkoop gekoop - so ek bak self meeste van ons brood daarmee.
Die brood wat ek nou die dag vir $1.99 gekoop het was dalk 'n fancy
een - ek het nie gekyk nie, net die een gegryp wat meeste na volkoring
gelyk het - skoonma hou van volkoring toast....

Ek weet die broodmasjien se brood kos my net aan die bestanddele $1.50
vir 'n brood wat 1.5pond weeg. So dis seker duurder, maar soos ek sê,
ons eet baie min brood as 'n gesin.
Vrede!

Johan
Re: SA - 'n paar waarnemings,,,episode 1 [boodskap #19752 is 'n antwoord op boodskap #19700] Vr, 08 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 07 Jan 1999 18:29:17 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi
Greyling) said the following:
|My punt is as jy n regstreekse omskakeling doen, betaal ons so te se
|dieselfde. Dis altans soos dit vir my lyk.

Vandag nog 'n voorbeeld gesien: Skoonma koop pille om saam terug te
neem:
Zantac kry sy hier vir $30 vir 'n 1000 (SA prys is R42 vir 10)

Ibubrufen (of so iets) se syfers is glo 'n besparing in dieselfde
ordegrootte.

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: SA - 'n paar waarnemings,,,episode 1 [boodskap #19771 is 'n antwoord op boodskap #19700] Sa, 09 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 08 Jan 1999 20:05:50 GMT, e...@dot.com (Johan) wrote:

Greyling) said the following:[/color]
> |My punt is as jy n regstreekse omskakeling doen, betaal ons so te se
> |dieselfde. Dis altans soos dit vir my lyk.
>
> Vandag nog 'n voorbeeld gesien: Skoonma koop pille om saam terug te
> neem:
> Zantac kry sy hier vir $30 vir 'n 1000 (SA prys is R42 vir 10) >>

En dit is presies hoekom Zuma die wetgewing wil maak wat die verkoop
van generiese medisyne in SA sal toelaat.

Maar vanuit die VSA word sy hewig gekritiseer daaroor.
Re: SA - 'n paar waarnemings,,,episode 1 [boodskap #19772 is 'n antwoord op boodskap #19700] Sa, 09 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
A.A. Hagen  is tans af-lyn  A.A. Hagen
Boodskappe: 155
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
Hjalmar Gerber heeft geschreven...
> hag...@caiw.nl skryf...
>
>> NLG 2.08 per liter (bijna 5 USD per gallon).
>
> 'n Amerikaanse "gallon" is 3,87 liter. Is dit
> hoe jy dit bereken het ?

Nee, ik had niet goed gekeken en de Engelse gallon (4,545 liter) gebruikt.
Dus een Amerikaanse gallon kost bij ons maar 4,25 USD. Ik vond het al zo
duur ;-)

Arthur
Re: SA - 'n paar waarnemings,,,episode 1 [boodskap #19864 is 'n antwoord op boodskap #19700] Wo, 13 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 13 Jan 1999 10:15:17 GMT, tan...@iinet.net.au wrote:

Daar kan nie met hul produkte deur internasoinale handelaars gesmous[/color]
> word nie>>

En as die produk internasionaal is, is die prys internasionaal.
En dit lyk my daardie prys word in US dollar bereken.
Re: SA - 'n paar waarnemings,,,episode 1 [boodskap #19865 is 'n antwoord op boodskap #19700] Wo, 13 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Aussies  is tans af-lyn  Aussies
Boodskappe: 40
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:
> Coke word hier vervaardig. Maar ek sou reken dat die moontlike
> voordeel wat eie water en suiker prysgewys sou kon bied, waarskynlik
> nie toegelaat sal word nie. Anders kan goedkoop Coke van hier bv. in
> Europa verkoop word. En dit sal sekerlik nie toegelaat word nie -
> eerstens nie deur Europa nie en tweedens nie deur Coke in Atlanta nie
> want dit sal chaos in sy strukture veroorsaak.

Maatskapye beheer hul interne pryse dmv hul besit van hul hadelsname.
Daar kan nie met hul produkte deur internasoinale handelaars gesmous
word nie
Re: SA - 'n paar waarnemings,,,episode 1 [boodskap #20035 is 'n antwoord op boodskap #19700] Do, 21 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Jan Megannon  is tans af-lyn  Jan Megannon
Boodskappe: 3
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
A statistician : Someone that says when you are standing with your head in a
furnace and your feet in a bucket of ice, on average you should be feeling
fine!!!!!

Jan Patrick Megannon jmeg...@intekom.co.za.no.bs
Remove the no.bs (No Bullshit) to email me!!.

Some people wonder if there is life after death.
In fact, some people make me wonder if there is life after BIRTH!!!

lou wrote in message ...
> ou ding wat regerings gebruik om ons te vertel dat dit eintlik nie so
> slegs gaan as dit lyk nie. Maar hulle haal baie selektief aan - soos is
> in 'statistics, lies and damn lies'.
Vorige onderwerp: Nuwe Artikels
Volgende onderwerp: Hallo Oom Jan!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 04:17:11 MGT 2024