Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » (awea) deur MARLISE JOUBERT
(awea) deur MARLISE JOUBERT [boodskap #19678] Wo, 30 Desember 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
(awea)
-marlise joubert-

ek sit in koue lenteson
in die streepstoel onder ons prieel
kyk hoe wit die appelkoos se boom
al skuimend bot
en die wingerdstok se rasper gee
klein groen blaartjies af

die son sit drie duim bo die berg
by wolwas skyn die lente seker nou
op skapies in die groene gras
en reën die veld haar kleure uit
soos 'n kamee

elke woensdag eet ek pannekoek
sinneloos by gkw
kyk na tannies van die dorp
hul klein basaargesiggies suurgeplooi
om die besige breiwerk van elke mond
kletsendekletsende met laslappiehare
en wangetjies volgestop met soet beskuit

ek sit in koue lenteson
en rasper klein 'n groen verdriet
oor wolwas uit
Vorige onderwerp: Uit "Kleuterverse" deur ANTJIE KROG
Volgende onderwerp: Uit "Die dye trek die dye aan" deur ANTJIE KROG
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 07:34:51 MGT 2024