Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Die Bidder" deur CHARL DURAND
"Die Bidder" deur CHARL DURAND [boodskap #19664] Vr, 25 Desember 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
DIE BIDDER
Charl Durand

as ons tent opslaan
langs die M1 naby Midrand
onthou, ons sal vir jou bid

ons gaan hande oplê,
ons gaan saam met die Hammond sing
vriend, ons gaan vir jou bid

o, laat die heiliges verskyn
stof trap oorkant die heining
hulle weet wat vir hulle wag
die res,
laat hulle maar lag

as jy skuld het, kom bely
as jy jou vrou slaan
dis hier waar jy kan kom skaam kry

want hierdie is jou blinde oomblik
hier, jou grot, jou skuilplek van vergifnis
Vorige onderwerp: Uit "Die Ballade van die Bloeddorstige Jagter" van G.A. WATERMEYER
Volgende onderwerp: Uit "Klipwerk" van N.P. van Wyk LOUW
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 13:13:40 MGT 2024