Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 'n Wenkie om die gemorspos-verspreiders te fnuik (was Re: Bees ! Luister jy ?)
'n Wenkie om die gemorspos-verspreiders te fnuik (was Re: Bees ! Luister jy ?) [boodskap #19511] Do, 03 Desember 1998 00:00 na volgende boodskap
Johan Conroy  is tans af-lyn  Johan Conroy
Boodskappe: 10
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Hans wrote in message ...



> jdejage...@iafrica.com.na
>
> Haal die water uit bostaande adres vir direkte pos. Dis net daar geplaas
> om spammers te versuip. Gesels gerus. Lyk my die NG se ratkierie is in
> neutraal - almal met vakansie ??
>

In die bostaande geval sal die pos na iafrica.com.na gestuur word, wat dan
sal probeer om dit aan die korrekte ontvanger af te lewer. Hierdie poging
sal natuurlik nie slaag nie, maar in die proses sal die iafrica.com.na
posbediener en moontlik ook die posmeester se tyd gemors word.

'n Beter metode sal wees om die adres te vermom as
jdej...@seewater.iafrica.com.na

In hierdie geval sal die afsender nie 'n poskantoor kan vind om die pos af
te lewer nie en dus slegs sy eie tyd mors.

Groetnis
Johan
Re: 'n Wenkie om die gemorspos-verspreiders te fnuik [boodskap #19597 is 'n antwoord op boodskap #19511] Di, 08 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hans  is tans af-lyn  Hans
Boodskappe: 68
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
Johan
Dankie vir die wenk. Dit was 'n baie spesiale geval hierdie - dat ek so
openlik my E adres adverteer. Die vermomming van jou E adres lê egter nie
by dit wat jy in die sigbare boodskap skryf nie maar eerder by die "account
properties" wat jyself inbou in jou pos en nuusleser programme en wat dan
agterna sigbaar is in die "header detail". (In Outlook Express : regs
kliek op die "header", ens ens) Die "header detail" is die ding wat die
vermomming moet dra - maar jou punt is BAIE geldig. Dankie nogmaals.

Kom ons maak 'n toets. Ek het na jou "header detail" gekyk en jou E adres
afgeskryf. Stuur vir my 'n private E boodskappie met jou korrekte adres as
volg uitgedruk : Vervang die "@" met die woord "by" en die "." met die
woord "punt". Sal graag wil vergelyk.

Gemeet aan bostaande interpreteer en jou adres as volg: Jou van verskyn
eerste gevolg deur jou twee voorletters. Jou voorname mag miskien Hendrik
Johannes of dalkies Henry James wees. Hierna volg "by" met jou
diensverskaffer se naam ('n dingetjie wat op 'n rekenaarskerm vertoon), dan
"punt", dan "co" en laastens Suid Afrika se afkorting met 'n "z". Is dit
korrek ? AS dit reg is, mag jy dalk self 'n slagoffer van spam word
want E adresse word normaalweg uit boodskappe se "headers" onttrek.

Voordat ek my adres in die "header" vermom het, het ek so 'n "spam" aanval
belewe uit die VSA en almal vanaf HOTMAIL gedoen. Klagtes gelê by hulle
"abuse" departement en nogal terugvoer ook gekry. Twee spammers in hulle
m....... in. Maar hulle was seker beginners - die dat hulle gevang is.
My RAAISKOOT is dat mense soos "hackers" inbreek op diensverskaffers se
rekenaars en lêers lees met die adresse en dan die data te koop aanbied.
Enige ander idees ????

Na hierdie boodskap pas ek my eie header detail weer bietjie aan.
Vriendeke Suidwestergroete
Hans

NS
Sou 'n spammer jou regte adres in die hande kry, moet NOOIT toegee aan die
versoeking om op 'n spam boodskap te antwoord nie al sou dit ook net wees om
die blou dinges uit hulle te vloek want dan WEET hulle dat hulle 'n "hit"
het en die walle sal nie die stroom kan keer nie.

Johan Conroy wrote in message ...
>
> In die bostaande geval sal die pos na iafrica.com.na gestuur word, wat dan
> sal probeer om dit aan die korrekte ontvanger af te lewer. Hierdie poging
> sal natuurlik nie slaag nie, maar in die proses sal die iafrica.com.na
> posbediener en moontlik ook die posmeester se tyd gemors word.
>
> 'n Beter metode sal wees om die adres te vermom as
> jdej...@seewater.iafrica.com.na
>
> In hierdie geval sal die afsender nie 'n poskantoor kan vind om die pos af
> te lewer nie en dus slegs sy eie tyd mors.
>
> Groetnis
> Johan
>
Re: 'n Wenkie om die gemorspos-verspreiders te fnuik (was Re: Bees ! Luister jy ?) [boodskap #19606 is 'n antwoord op boodskap #19511] Wo, 09 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Johan Conroy"

>
> Groetnis
> Johan

Johan, ek is geinteresseerd in jou van.
Is een van jou voorvaders Kommandant
Edwin Conroy wat gedurende die Tweede
Vryheidsoorlog in die Kaapkolonie geveg
het? Op een stadium was sy hoofkwartier
op Kakamas, waar ek skoolgegaan het. Ek
onthou dat my pa met groot bewondering
van hom gepraat het.Omdat Conroy van die
Kaapkolonie was, was hy natuurlik 'n rebel
en kon hy voor die vuurpeleton kom as hy
gevang word.

Gloudina
Vorige onderwerp: Bees ! Luister jy ?
Volgende onderwerp: Re: brief vir oorle oom kaspaas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 17:21:30 MGT 2024