Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Dimitri
Dimitri [boodskap #19553] Vr, 04 Desember 1998 00:00
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Opsoek na iets te lese noudie aand laat, kom ek weer af op die boek "A
new illustrated history of South Africa" saamgestel deur Cameron en
Spies, uitgegee deur Human & Rousseau (1991)

Ek lees toe weer van die rise and fall van HF Verwoerd. In die boek word
genoem dat Verwoerd se sluipmoordenaar, Dimitri Tsafendas later
kranksinnig verklaar is. Ek het 'n search op die net gedoen om te sien
of ek Tsafendas se lot kon naspeur in die jare na die sluipmoord, maar
daar word bloot na hom verwys. Nie 'n jota of 'n titel oor sy lot nie.
Dit lyk asof die man in die niet verdwyn het.

Wat het van die man geword? Lewe hy nog? Wat het met David Pratt gebeur,
die ryk Transvaalse boer wat Verwoerd in 1960 twee keer in die kop
geskiet het met die opening van die Randse Paasskou? Ook oor hom is daar
nie woord te rep nie..

Alwyn
Re: Dimitri [boodskap #19554 is 'n antwoord op boodskap #19553] Vr, 04 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Henry van Zyl writes:

> Tsafendas was dus minstens 'n jaar gelede nog in die Sterkfontein hospitaal;
> springlewendig indien nie (geestes)gesond nie.... hoewel die verslaggewer
> moontlik anders daaroor dink.

Verbeel ek my dan, of was hy nou kort
gelede in die nuus in Suid-Afrika. Ek
verbeel my dat iemand toe opgemerk
het dat hy nou as 'n held gehuldig word
deur die anti-apartheid geledere, weens
die feit dat hy Verwoerd aangeval het.
Ek verbeel my ook dat ek in die berig
'n taamlike gedetailleerde beskrywing
van sy lewe, voor hy in SA aangekom het,
gelees het. Miskien was dit hier in die
Globe and Mail. Ons kry soms verbasend
goeie beriggewing van SA uit SA, Soms
geskryf deur joernaliste met Afrikaner-
name, soms deur die CBC joernalis wat
die hele suidelike deel van Afrika dek,
gestasioneer in Johannesburg.

Gloudina
Re: Dimitri [boodskap #19555 is 'n antwoord op boodskap #19553] Vr, 04 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskap
Koos[3]  is tans af-lyn  Koos[3]
Boodskappe: 16
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
'n Vinnige soektog lewer die volgende verwysings op:
http://www.mg.co.za/mg/news/97nov1/4nov-assassin1.html
http://www.mg.co.za/mg/news/97nov1/4nov-assassin2.html
http://www.mg.co.za/mg/news/97nov1/4nov-assassin3.html

Tsafendas was dus minstens 'n jaar gelede nog in die Sterkfontein hospitaal;
springlewendig indien nie (geestes)gesond nie.... hoewel die verslaggewer
moontlik anders daaroor dink.

David Pratt? Kon niks inderhaas kry oor hom nie.

Alwyn Nel wrote:

> Opsoek na iets te lese noudie aand laat, kom ek weer af op die boek "A
> new illustrated history of South Africa" saamgestel deur Cameron en
> Spies, uitgegee deur Human & Rousseau (1991)
>
> Ek lees toe weer van die rise and fall van HF Verwoerd. In die boek word
> genoem dat Verwoerd se sluipmoordenaar, Dimitri Tsafendas later
> kranksinnig verklaar is. Ek het 'n search op die net gedoen om te sien
> of ek Tsafendas se lot kon naspeur in die jare na die sluipmoord, maar
> daar word bloot na hom verwys. Nie 'n jota of 'n titel oor sy lot nie.
> Dit lyk asof die man in die niet verdwyn het.
>
> Wat het van die man geword? Lewe hy nog? Wat het met David Pratt gebeur,
> die ryk Transvaalse boer wat Verwoerd in 1960 twee keer in die kop
> geskiet het met die opening van die Randse Paasskou? Ook oor hom is daar
> nie woord te rep nie..
>
> Alwyn
Vorige onderwerp: Mandela en die voortvlugtende moffie
Volgende onderwerp: briefie vir oom leen dit
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 23 07:10:01 MGT 2024