Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 'n Nuwe aankomeling
'n Nuwe aankomeling [boodskap #19301] So, 22 November 1998 00:00 na volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Dag almal

Ek het vanoggend 'n seun ryker geword hier in Nederland!!! Om 3H15 is ons
seun, Dante gebore in die Ziekenhuis in Lelystad. Hy weeg 3.615 Kg en ma en
seun is perdfris en gesond. Susan het die eerste pyne om 12H15 ondervind -
dus drie uur van begin tot einde. Die mees verassende aspek vir ons is dat
die datum wat by die eerste toetse wat gestel is die 22e November was en die
dokter het reg deur voet by stuk gehou dat dit so sal wees. Binne 15 minute
na die 22e begin het, begin die geboorte toe!

Groete uit die Laaglande

'n Blymoedige vader

-Gideon-
Re: 'n Nuwe aankomeling [boodskap #19302 is 'n antwoord op boodskap #19301] So, 22 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ekspat  is tans af-lyn  ekspat
Boodskappe: 6
Geregistreer: November 1998
Karma: 0
Junior Lid
Baie geluk Gideon, mag die knaap julle baie vreugde gee!

S

gide...@usa.net wrote in article ...
> Dag almal
>
> Ek het vanoggend 'n seun ryker geword hier in Nederland!!! Om 3H15 is ons
> seun, Dante gebore in die Ziekenhuis in Lelystad. Hy weeg 3.615 Kg en ma en
> seun is perdfris en gesond. Susan het die eerste pyne om 12H15 ondervind -
> dus drie uur van begin tot einde. Die mees verassende aspek vir ons is dat
> die datum wat by die eerste toetse wat gestel is die 22e November was en die
> dokter het reg deur voet by stuk gehou dat dit so sal wees. Binne 15 minute
> na die 22e begin het, begin die geboorte toe!
>
>
> Groete uit die Laaglande
>
>
> 'n Blymoedige vader
>
>
> -Gideon-
>
Re: 'n Nuwe aankomeling [boodskap #19303 is 'n antwoord op boodskap #19301] So, 22 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gideon, van harte gefeliciteerd!

Arthur

gide...@usa.net heeft geschreven...

> Ek het vanoggend 'n seun ryker geword hier in Nederland!!!
Re: 'n Nuwe aankomeling [boodskap #19304 is 'n antwoord op boodskap #19301] So, 22 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Steve Du Plessis  is tans af-lyn  Steve Du Plessis
Boodskappe: 10
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Baie, baie geluk ou maat. Ek hoop jou seun sal vir julle baie vreugde en
geluk
bring. My komplimente en seënwense aan die vrou ook.
Aloha van Hawaii
Steve
Die buitelandse boertjie

gide...@usa.net wrote in message ...
> Dag almal
>
> Ek het vanoggend 'n seun ryker geword hier in Nederland!!! Om 3H15 is ons
> seun, Dante gebore in die Ziekenhuis in Lelystad. Hy weeg 3.615 Kg en ma en
> seun is perdfris en gesond. Susan het die eerste pyne om 12H15 ondervind -
> dus drie uur van begin tot einde. Die mees verassende aspek vir ons is dat
> die datum wat by die eerste toetse wat gestel is die 22e November was en die
> dokter het reg deur voet by stuk gehou dat dit so sal wees. Binne 15 minute
> na die 22e begin het, begin die geboorte toe!
>
>
> Groete uit die Laaglande
>
>
> 'n Blymoedige vader
>
>
> -Gideon-
>
Re: 'n Nuwe aankomeling [boodskap #19305 is 'n antwoord op boodskap #19301] So, 22 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
mera...  is tans af-lyn  mera...
Boodskappe: 16
Geregistreer: November 1998
Karma: 0
Junior Lid
In article ,
gide...@usa.net wrote:
> Dag almal
>
> Ek het vanoggend 'n seun ryker geword hier in Nederland!!! Om 3H15 is ons

Veels geluk!!!!!!

Groetnis,
Mike Erasmus
Re: 'n Nuwe aankomeling [boodskap #19306 is 'n antwoord op boodskap #19301] So, 22 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 22 Nov 1998 04:24:26 GMT, gide...@usa.net wrote:
|Ek het vanoggend 'n seun ryker geword hier in Nederland!!!

Baie geluk met jou nuwe Halondertjie!! Mag hy vir jou baie vreugde
bring.

Ek is, om Anthony Quinn se woorde te gebruik, 'insanely' lief vir my
seuns en hulle word vir my net by die dag dierbaarder. En dit gaan so
vinnig. My oudste kan oor tien jaar al uit die huis begin gaan, en
vir my is hy nou nog maar 'n baie klein ou seuntjie.

Mag jy en Mammie groot liefde en vreugde ondervind, Gideon.

PS, Paul Maclear s'n is mos ook oor so 'n maand of wat op pad, né.

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: 'n Nuwe aankomeling [boodskap #19307 is 'n antwoord op boodskap #19301] So, 22 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Deon  is tans af-lyn  Deon
Boodskappe: 6
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Junior Lid
Baie geluk, Gideon.
Ons twwede baba-seun is so 3 maande terug gebore en ek verstaan die vreugde
van 'n kindergawe. Mag hy vir jou en Susan baie vreugde en geluk bring.
Dankie dat jy dit met ons deel!

Groete uit 'n WARM Potchefstroom!
Deon

gide...@usa.net wrote in message ...
> Dag almal
>
> Ek het vanoggend 'n seun ryker geword hier in Nederland!!! Om 3H15 is ons
> seun, Dante gebore in die Ziekenhuis in Lelystad. Hy weeg 3.615 Kg en ma en
> seun is perdfris en gesond. Susan het die eerste pyne om 12H15 ondervind -
> dus drie uur van begin tot einde. Die mees verassende aspek vir ons is dat
> die datum wat by die eerste toetse wat gestel is die 22e November was en die
> dokter het reg deur voet by stuk gehou dat dit so sal wees. Binne 15 minute
> na die 22e begin het, begin die geboorte toe!
>
>
> Groete uit die Laaglande
>
>
> 'n Blymoedige vader
>
>
> -Gideon-
>
Re: 'n Nuwe aankomeling [boodskap #19308 is 'n antwoord op boodskap #19301] So, 22 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thorsten Müller  is tans af-lyn  Thorsten Müller
Boodskappe: 103
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Herzlichen Glückwunsch!

Thorsten
Re: 'n Nuwe aankomeling [boodskap #19321 is 'n antwoord op boodskap #19301] Ma, 23 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
wrote:
> gide...@usa.net writes:
>>
>> Ek het vanoggend 'n seun ryker geword hier
> in Nederland!!! Om 3H15 is ons
>> seun, Dante gebore
>
> Baie geluk, Gideon. Ek het vergeet:
> is dit die eerste kind? Ek is in sy
> naam geinteresseerd. Heet hy na die
> Dante van die Divina Commedia?

Einste :) Die eerste seun is na een van die beroemdste musikante van alle tye
vernoem. David. Die een is na 'n skrywerekwivalent vernoem.

> Is Dante weens sy geboorte nou 'n
> Nederlander? Ek neem aan jy sal hom
> nog in SA moet laat registreer, totdat
> jy self Nederlandse burger word. Hoe
> lank neem dit om Nederlandse burger
> te word?
Ek is nie heeltemal seker hoe dit werk nie. Ek het hom vanoggend geregistreer
by die Nederlandse owerhede. Die Suid-Afrikaanse ambassade in den Haag was
minder entoesiasties en gese hul sal die dokumente aanstuur. Iets interessants
is die feit dat ek aan die Suid-Afrikaanse Ambassade moet bewys lewer van sy
Nederlandse registrasie voordat ek hom by die Ambassade kan registreer.

> Wat is die Nederlandse
> ekwivalent van "landed immigrant" soos
> dit hier in Kanada heet?
>

Geen idee nie

Groete

-Gideon-
Re: 'n Nuwe aankomeling [boodskap #19322 is 'n antwoord op boodskap #19301] Ma, 23 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
gide...@usa.net writes:
>
> Ek het vanoggend 'n seun ryker geword hier in Nederland!!! Om 3H15 is ons
> seun, Dante gebore

Baie geluk, Gideon. Ek het vergeet:
is dit die eerste kind? Ek is in sy
naam geinteresseerd. Heet hy na die
Dante van die Divina Commedia?
Is Dante weens sy geboorte nou 'n
Nederlander? Ek neem aan jy sal hom
nog in SA moet laat registreer, totdat
jy self Nederlandse burger word. Hoe
lank neem dit om Nederlandse burger
te word? Wat is die Nederlandse
ekwivalent van "landed immigrant" soos
dit hier in Kanada heet?

Gloudina
Re: 'n Nuwe aankomeling [boodskap #19335 is 'n antwoord op boodskap #19301] Di, 24 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
gide...@usa.net wrote in message ...
> Dag almal
>
> Ek het vanoggend 'n seun ryker geword hier in Nederland!!!

Veels Geluk, Gideon!

Mag daar nog baie wees :-)

Groete, Leendert
Re: 'n Nuwe aankomeling [boodskap #19336 is 'n antwoord op boodskap #19301] Di, 24 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Baie geluk, Gideon ! Ook vir jou vrou ! Jammer dat ek nou eers reageer, maar
ek was 'n rukkie afwesig van die nuusgroep.

Ek het hierdie laaste dae aan julle gedink : hoe voel die koue vir julle ?
Dis nou uitsonderlik dat November sê koud is.

Vriendelike groete uit Oostende (Julle suiderbure !).

Hilda.
Re: 'n Nuwe aankomeling [boodskap #19357 is 'n antwoord op boodskap #19301] Wo, 25 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Gervaas Hellin" wrote:
> Baie geluk, Gideon ! Ook vir jou vrou ! Jammer dat ek nou eers reageer, maar
> ek was 'n rukkie afwesig van die nuusgroep.
>
> Ek het hierdie laaste dae aan julle gedink : hoe voel die koue vir julle ?
> Dis nou uitsonderlik dat November sê koud is.
>
> Vriendelike groete uit Oostende (Julle suiderbure !).
>
> Hilda.
>
Dankie Hilda!!

Die weer pla nie regtig nie :) Dit is so mooi as die frost oral langs die
paaie le, en die kanale om ons woonbuurt is nou almal opgevries. Die ys is
nog so 'n bietjie aan die dunnerige kant, so ek dink nie ek sal dit nou al
daarop waag nie, maar eers wag vir die ys om so 'n bietjie dikker te word.
Die mense hier in die buurt se dat teen end Desember is die ys gemiddeld so
20 cm - dit klink omtrent reg vir my. Die afgelope paar dae het die ryp soos
sneeu gelyk hier in ons tuin en oral in die omgewing. Geen wolke en die
temperature het oornag hier by -8 geboer. Bedags het dit nie ver bo vriespunt
gestyg nie. Gedurende die nag het dit egter liggies gereen, en daar was 'n
yslaag oor alles. Ek het maar die grootste deel van die dag van die pad
afgebly, maar het hier teen twaalfuur 'n paar goed gaan aankoop met die
Voyager (die babakamer moet klaar, en ek sukkel tog so met die muurpapier).
Toe ek verby Lelysentrum hier naby ry lees die temperatuur net mooitjies 0
grade Celsius.

Ons wag in elk geval totdat my vrou en die baba ryklaar kom dan wil ons so 'n
bietjie na Belgie om te gaan loer na die Ardennes (tog net weer 'n berg
asseblief!!!). Ek wil ook so 'n bietjie gaan kyk hoe plekke soos Gent en
Antwerpe lyk. As troos dat ons nog nie as 'n gesin kan gaan rondrits nie, het
ek en my seun egter die naweek van die 5e 'n reis oor na Engeland. Ons vertrek
die aand van die 4e met Stena lines se HSS vanaf Hoek van Holland na Engeland.
Die Saterdagoggend wil ons London gaan bewandel, en die middag die
rugbywedstryd tussen SA en Engeland by Twickenham gaan kyk. Die Sondag het ons
die heel dag om meer van Engeland te bereis en kom dan die aand terug met die
veerboot.

In elk geval - ek hoop die weer is dan darem nie heeltemal so koud nie, Ek is
maar versigtig met die ys op die paaie.

Groete

-Gideon-
>
Re: 'n Nuwe aankomeling [boodskap #19377 is 'n antwoord op boodskap #19301] Do, 26 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
> Ons wag in elk geval totdat my vrou en die baba ryklaar kom dan wil ons so 'n
> bietjie na Belgie om te gaan loer na die Ardennes (tog net weer 'n berg
> asseblief!!!). Ek wil ook so 'n bietjie gaan kyk hoe plekke soos Gent en
> Antwerpe lyk.

Wel, ek dink dat die "Ardennes" die mooiste deel van België is - dit lê
egter in die Waalse (Franssprekende) deel van die land. Ek dink darem dat
julle baie Vlaminge in die restourante en hotels sal kry en dus sal die taal
nie 'n probleem wees nie. Gent is my geboortestad en daar kan julle
natuurlik die " 's-Gravensteen" (in die 12de eeu gebou) en die "St
Baafskathedraal" met die "Lam Gods" van die "gebroeders Van Eyck" besoek.
Daar 's nog baie ander historiese geboue. Een van die mooiste stede in
Vlaandere is Brugge. Dáár moet julle beslis 'n bietjie gaan kyk.

Die lekker ding in Nederland en België is dat die lande so klein is en jy
orals so vinnig naartoe kan. As ons een daggie Engeland toe wil, vat ons die
kar en vaar ons in 2 ure van Oostende na Dover. Ons is op 'n half uur van
die Franse grens af en dieselfde geld vir die Nederlandse. In die lente en
somer gaan ons gereeld Sluis toe om mosseltjies te eet.

Wel, ek hoop jy sal oor jou kuiertjies in "Belgeland" vertel. In Vlaandere
sal julle seker welkom wees, want die meeste Vlaminge het 'n sag plekkie in
hul hart vir Afrikaners :-).

Vriendelike groete.
Hilda.
Re: 'n Nuwe aankomeling [boodskap #19498 is 'n antwoord op boodskap #19301] Do, 03 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Gervaas Hellin wrote in message ...
> Een van die mooiste stede in
> Vlaandere is Brugge. Dáár moet julle beslis 'n bietjie gaan kyk.

En dis net 'n paar minute van Oostende af :-)

Groete, Leendert
Re: 'n Nuwe aankomeling [boodskap #19499 is 'n antwoord op boodskap #19301] Do, 03 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Leendert skryf :
> En dis net 'n paar minute van Oostende af :-)

Was jy al in Brugge en Oostende, Leendert ?
Groete.
Hilda.
Re: 'n Nuwe aankomeling [boodskap #19529 is 'n antwoord op boodskap #19301] Vr, 04 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum heeft geschreven...
>
> O ja! My skip het by etlike geleenthede daar vasgemeer, en in Le Havre (ook
> in Rotterdam, maar daar doen ek nie eens die moeite om aan wal te gaan nie
> :-)
>

Zonde, vlak bij het centrum van Rotterdam ligt Delfshaven. Best wel leuk om
daar wat rond te struinen. Of stap bij Blaak op de trein richting Den Haag
en stap na zo'n 15 minuten uit in Delft zelf. Binnen twee minuten wandel je
dan door de oude binnenstad. Heel wat mooier (en echter) dan dat
opgekalefaterde Brugge ;-)

Groeten,
Arthur
Re: 'n Nuwe aankomeling [boodskap #19530 is 'n antwoord op boodskap #19301] Vr, 04 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hilda heeft geschreven...
> Arthur skryf :
>> Heel wat mooier (en echter) dan dat
>> opgekalefaterde Brugge ;-)
>
> Jaloers, Arthur ??? :-)))

Waarop dan!?!? Ik kan zogauw niks verzinnen!
;-)

Groeten,
Arthur
Re: 'n Nuwe aankomeling [boodskap #19531 is 'n antwoord op boodskap #19301] Vr, 04 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Arthur skryf :
> Heel wat mooier (en echter) dan dat
> opgekalefaterde Brugge ;-)

Jaloers, Arthur ??? :-)))

Hilda.
Re: 'n Nuwe aankomeling [boodskap #19532 is 'n antwoord op boodskap #19301] Vr, 04 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Gervaas Hellin wrote in message ...
> Leendert skryf :
>> En dis net 'n paar minute van Oostende af :-)
>
> Was jy al in Brugge en Oostende, Leendert ?
> Groete.
> Hilda.

O ja! My skip het by etlike geleenthede daar vasgemeer, en in Le Havre (ook
in Rotterdam, maar daar doen ek nie eens die moeite om aan wal te gaan nie
:-)

Groete, Leendert
Vorige onderwerp: Vir die skuldsmouse
Volgende onderwerp: Hmmm, Gaap, Snork.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 06:48:18 MGT 2024