Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Ek het bederf geraak" deur MARLISE JOUBERT
"Ek het bederf geraak" deur MARLISE JOUBERT [boodskap #19452] Ma, 30 November 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
EK HET BEDERF GERAAK
-Marlise Joubert -

(- 'n verwerking
van "Jy is ver vandag" deur Marlise Joubert uit
"Domus".)

jy is ver vandag
asof jy nooit bestaan het nie
so bedrywig tussen engele
toegespin in klanke van jou vel

ek het bederf geraak
aan jou trosse ryp woorde se proe
daarom onthou ek kringe van jou tong
en vou my verhemelte sy duiwe-vlerke oop
verlangend omdat dit jy is en omdat jy
goed is soos nuwe bloed uit druiwe loop

(klink die wolke daar
soos neutedoppe teenmekaar
is daar foto's op jou rekenaar
of 'n vers oor 'n begin
reen dit snags oor die bome
en wie tap water vir die voëls
op some van jou tuin?)

ek het bederf geraak met jou
en vandag se afstand word oorbrug
asof jy reeds bloeisels dons
op my bed versamel en 'n sug
van soene op my mond invou

ek het so bederf geraak
en met die lente in die wentel
van my liggaamstaal
skuifel ek teen jou aan
beminde
aromaties met 'n tros note
wat droewig sing
in boorde van jou keel

(kopiereg deur Marlise Joubert)
Vorige onderwerp: "Onverklaarbare" deur LINA SPIES
Volgende onderwerp: "Gigue van die Rotvanger" deur ANTJIE KROG
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 08:17:02 MGT 2024