Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » REGSTELLENDE OPTREDE IN DIE PRIVAATSEKTOR!
REGSTELLENDE OPTREDE IN DIE PRIVAATSEKTOR! [boodskap #19439] So, 29 November 1998 00:00 na volgende boodskap
Hixnet.news  is tans af-lyn  Hixnet.news
Boodskappe: 5
Geregistreer: November 1998
Karma: 0
Junior Lid
REGSTELLENDE AKSIE IN PRIVATE SEKTOR SKIET WORTEL

Die hoeveelheid swartmense in bestuursposisies het die afgelope drie
jaar verdubbel, namate maatskappye gereed maak vir die
inwerkingstelling van die Wet op Gelyke Geleenthede, het 'n peiling
bevind.

Regstellende aksie-maatreels was in werking by 95% van die
ondernemings wat aan die peiling deelgeneem het, in vergelyking
met 58% in 1993. Terwyl swartmense slegs 5% van die senior
bestuursposisies in 1995 beklee het, het die syfer nou gegroei tot 12%
en sal na verwagting tot 21% styg teen 2001. Die verhouding van
swartmense in middelbestuursposisies het in dieselfde tydperk van
10% tot 21% gestyg en sal na verwagting 29% bereik teen 2001. In
1995 was 79% van die middelbestuurslui wit, teenoor net 61% teen
1998. Die syfer sal na verwagting teen 2001 terugsak na 55%.

*Volgens Sanlam*
=================================================

*As u nie wil lees nie - is u welkom om dit ignoreer - dit is hoekom hier 'n
nuusgroep is! *

Volgens my, is hierdie nuwe wet - die "Wet op Gelyke Geleenthede" - niks
anders as 'n diaboliese wet gemik op hardwerkende entrepreneurs nie - wat
nou die teiken gemaak word van swart burokrate se magshonger, en wat niks
minder is as omgekeerde rassisme nie - slegs gedokter met "pittige
bewoording"!

Die gegewens kan u ook bestel van die Sentrale Statistiek diens in Pretoria
af. Ek stel voor as u die geleentheid sien om u eie entrepreneurskap uit
te-oefen, of as u bereid is om te leer, doen dit vinnig - die kanse dat u as
Afrikaner bevorder gaan word, volgens bogenoemde uittreksel is uiters
skraal.

Daar is werklik uitstekende boeke op die winkelrakke beskikbaar, asook
uitstekende instansies wat meer as bereidwillig is om te help met raad!

Daar is werklik baie geleenthede. met 'n bietjie denkvermoë en aanmoediging,
het menige al suksesvolle ondernemings begin. Onthou sukses kom nie oornag
nie - dit is 'n mite - slegs deur harde en deeglike werk kom sukses. As u
iemand sien wat onseker is,(al is sy velkleur anders) help hom deur hom te
verwys na iemand toe, of bemoedig hom, maar moet nie ignoreer nie - dit doen
ons as Afrikaners skade aan - en uiteindelik uself!

Oordink u geleentheid, stel met hulp 'n goeie besigheidsplan op, en beraam
noukeurig u finansiële posisie en terselfdertyd doen u dit - dit is hoe ware
entrepreneurs die lig sien - mense wat waag- en wat (glo my) hard aarde toe
kom - maar daarna weer probeer.

Hoe ly die spreukwoord "Kannie is dood, en sy niggie eet witbrood in die
sloot"!

Groete!

Marius
Re: REGSTELLENDE OPTREDE IN DIE PRIVAATSEKTOR! [boodskap #19473 is 'n antwoord op boodskap #19439] Di, 01 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ag Marius, hier op die nuusgroep praat ons sommer van jy en jou, en partymaal in
duideliker Frans. Die "u" is oud en uitgedien.

Relax man, let your hair down.
Alwyn

"Hixnet.news" wrote:

> REGSTELLENDE AKSIE IN PRIVATE SEKTOR SKIET WORTEL
>
> **As u nie wil lees nie - is u welkom om dit ignoreer - dit is hoekom hier 'n
> nuusgroep is! *
>
> Volgens my, is hierdie nuwe wet - die "Wet op Gelyke Geleenthede" - niks
> anders as 'n diaboliese wet gemik op hardwerkende entrepreneurs nie - wat
> nou die teiken gemaak word van swart burokrate se magshonger, en wat niks
> minder is as omgekeerde rassisme nie - slegs gedokter met "pittige
> bewoording"!
>
> Die gegewens kan u ook bestel van die Sentrale Statistiek diens in Pretoria
> af. Ek stel voor as u die geleentheid sien om u eie entrepreneurskap uit
> te-oefen, of as u bereid is om te leer, doen dit vinnig - die kanse dat u as
> Afrikaner bevorder gaan word, volgens bogenoemde uittreksel is uiters
> skraal.
>
> Daar is werklik uitstekende boeke op die winkelrakke beskikbaar, asook
> uitstekende instansies wat meer as bereidwillig is om te help met raad!
>
> Daar is werklik baie geleenthede. met 'n bietjie denkvermoë en aanmoediging,
> het menige al suksesvolle ondernemings begin. Onthou sukses kom nie oornag
> nie - dit is 'n mite - slegs deur harde en deeglike werk kom sukses. As u
> iemand sien wat onseker is,(al is sy velkleur anders) help hom deur hom te
> verwys na iemand toe, of bemoedig hom, maar moet nie ignoreer nie - dit doen
> ons as Afrikaners skade aan - en uiteindelik uself!
>
> Oordink u geleentheid, stel met hulp 'n goeie besigheidsplan op, en beraam
> noukeurig u finansiële posisie en terselfdertyd doen u dit - dit is hoe ware
> entrepreneurs die lig sien - mense wat waag- en wat (glo my) hard aarde toe
> kom - maar daarna weer probeer.
>
> Hoe ly die spreukwoord "Kannie is dood, en sy niggie eet witbrood in die
> sloot"!
>
> Groete!
>
> Marius
  • Aanhangsel: nelja.vcf
    (Grootte: 0.29KB, 57 kere afgelaai)
Vorige onderwerp: Re: Morfologie
Volgende onderwerp: Morfologie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 19:13:13 MGT 2024