Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Profiel van 'n Afrikaner 'Emigrè'
Profiel van 'n Afrikaner 'Emigrè' [boodskap #19297] So, 22 November 1998 00:00 na volgende boodskap
Oom Kaspaas  is tans af-lyn  Oom Kaspaas
Boodskappe: 19
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
From: Oom Kaspaas
Subject: Re: Profiel van 'afrikaner' emigr�
Date: Saturday, November 21, 1998 11:54 PM

Oom Kaspaas wrote in message ...
Dit het 'n graadjie verwerf so met die gehoer en gemoer saam.....
Dit noem elkander wetenskaplikes, ontwikkeldes, geleerdes.....
Dit dink die land en die wêreld skuld hulle nou iets......
Spoorweg- en ambagsouers is 'n skaam las, nie 'n bate.......
Kultuur en taal is verkwansel vir 'n potjie vreemde brousel....
Dit pontifikeer aan Afrikaners tuis vanuit die volksvreemde .....
Dit is altyd beterweterig, aanmatigend en smalend......
Dit gatkruip by nuutgevonde vreemde lojaliteite......
So moet dit bewys dat die Afrikaner in dit...dood is.....
So dink dit word 'n mens 'n burger onder vreemdes.....
Vermoor jou verlede, jou herkoms..... dan is jy weer nuut.....
O dwaas, hoe verfoeilik jou sotheid, hoe veragtelik jou verraad....

>

�
Re: Profiel van 'n Afrikaner 'Emigrè' [boodskap #19314 is 'n antwoord op boodskap #19297] Ma, 23 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
Dit het 'n graadjie verwerf soos almal maar.....
Dit noem elkander vriende.....
Dit dink die nuwe land en die wêreld moet aan gegee word......
Spoorwegouers is 'n trotse verlede.......
Kultuur en taal staan sterk teen 'n potjie vreemde brousel....
Dit pontifikeer aan niemand nie, tuis of in die vreemde nie .....
Dit hoor altyd beterweterigheid en smalende aanmerkings ......
Dit skakel in by nuutgevonde vreemde lojaliteite......
So moet dit bewys dat die Afrikaner trots en lewendig is.....
So probeer dit 'n burger word onder vreemdes.....
Onthou jou verlede, jou herkoms..... dan bly jy nuut.....
O medemens, mooi jou uniekheid, hoe wonderlik jou nuwe vryheid....
Re: Profiel van 'n Afrikaner 'Emigrè' [boodskap #19328 is 'n antwoord op boodskap #19297] Di, 24 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[3]  is tans af-lyn  Koos[3]
Boodskappe: 16
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ag, ouens, vergeet maar om die kaspaas-kêrel se kommentare met 'n antwoord
te eer. Wat hy hier sê, is
maar eintlik net wat hy vantevore gesê het. Hy steek vas op een snaar, soos
'n uitgespeelde langspeel-
plaat. Buitendien vermoed ek dat die ou bitterbek is oor iets en maar net
reaksie wil uitlok. Met sy banale
taalgebruik en growwe veralgemenings, verskuil agter sinisme, toon hy erge
vlakheid van denke. Mense wat
so eendimensioneel soos hy dink, verdien nie intellektuele respek nie en ook
nie die eer van 'n antwoord nie.

Terloops, tensy ek ver verkeerd is, gaan die ou my erg snedig en neerhalend
antwoord. Of indien hy dit nie
doen nie, sal iemand anders. Dis die enigste vlak van debatvoering waartoe
sulke ouens in staat is.

Kortom, Johan, jy mors jou asem op die vent. Hy het geen begrip van waaroor
dit gaan nie.

-**** Posted from Supernews, Discussions Start Here(tm) ****-
http://www.supernews.com/ - Host to the the World's Discussions & Usenet
Re: Profiel van 'n Afrikaner 'Emigrè' [boodskap #19329 is 'n antwoord op boodskap #19297] Di, 24 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 22 Nov 1998 05:54:13 +0200, "Oom Kaspaas"
wrote:

Dit het 'n graadjie verwerf so met die gehoer en gemoer saam.....[/color]
> Dit noem elkander wetenskaplikes, ontwikkeldes, geleerdes.....
> Dit dink die land en die wêreld skuld hulle nou iets......
> Spoorweg- en ambagsouers is 'n skaam las, nie 'n bate.......
> Kultuur en taal is verkwansel vir 'n potjie vreemde brousel....
> Dit pontifikeer aan Afrikaners tuis vanuit die volksvreemde .....
> Dit is altyd beterweterig, aanmatigend en smalend......
> Dit gatkruip by nuutgevonde vreemde lojaliteite......
> So moet dit bewys dat die Afrikaner in dit...dood is.....
> So dink dit word 'n mens 'n burger onder vreemdes.....
> Vermoor jou verlede, jou herkoms..... dan is jy weer nuut.....
> O dwaas, hoe verfoeilik jou sotheid, hoe veragtelik jou verraad....>>

"...stil daad, klein trou, klein trouloosheid
van die wat om n ander diens
soos knegte jou verlaat."

het Van Wyk Louw dit opgesom.
Re: Profiel van 'n Afrikaner 'Emigrè' [boodskap #19330 is 'n antwoord op boodskap #19297] Di, 24 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 24 Nov 1998 14:22:11 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi
Greyling) said the following:

|
|"...stil daad, klein trou, klein trouloosheid
|van die wat om n ander diens
|soos knegte jou verlaat."
|
|het Van Wyk Louw dit opgesom.
|
Kan nie help om te wonder of Van Wyk Louw dieselfde woorde sou gebruik
het in 1998 se konteks in Sa nie en of hy nie dalk self sou padgee
nie.

Soos Alan Paton se vrou....
Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: Profiel van 'n Afrikaner 'Emigrè' [boodskap #19352 is 'n antwoord op boodskap #19297] Wo, 25 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 24 Nov 1998 16:50:17 GMT, e...@dot.com (Johan) wrote:

>

Alan Paton se vrou is n Brit.

Sy seuns is gelukkig hier.
Re: Profiel van 'n Afrikaner 'Emigrè' [boodskap #19372 is 'n antwoord op boodskap #19297] Do, 26 November 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Johan wrote in message ...
> On Tue, 24 Nov 1998 14:22:11 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi
> Greyling) said the following:
>
> |
> |"...stil daad, klein trou, klein trouloosheid
> |van die wat om n ander diens
> |soos knegte jou verlaat."
> |
> |het Van Wyk Louw dit opgesom.
> |
> Kan nie help om te wonder of Van Wyk Louw dieselfde woorde sou gebruik
> het in 1998 se konteks in Sa nie en of hy nie dalk self sou padgee
> nie.
>
> Soos Alan Paton se vrou....
> Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!

Dit is nie moontlik om te bepaal of "Van Wyk Louw dieselfde woorde sou
gebruik het in 1998" nie. Al wat ons kan doen is om te kyk na die woorde wat
hyself gebruik het:

Die woord "trou" beteken juis dat 'n mens "getrou" bly, ook wanneer dit sleg
gaan - "for better or for worse" sê die Engelse in die _trou_-formulier.

Van Wyk Louw se woorde hierbo sê dus dat die wat "jou" verlaat wanneer dit
sleg gaan, daardeur bewys dat hulle nog al die tyd diensknegte was - nie
deelhebbers nie.

Die ander woord wat ewe goed pas as "dienskneg" by iemand wat beding vir die
beste voordele (vir wie "vat dit rustig" en "geniet die lewe meer" die
slagspreuk is) en wat nie gebonde is om te bly wanneer dit moeilik gaan nie,
is "prostituut" of "hoer". As Alan Paton se vrou die omstandighede al die
jare kon verdra en skielik sou utiwyk omdat sy nou nie meer kan nie, moet
dit haar ook beskryf.

Dit geld natuurlik nie net die wat die omstandighede nou nie kan vat nie,
maar ook die wat in die sestigerjare die omstandighede ondraaglik gevind het
en na groener wyvelde uitgewyk het, eerder as om hul bydrae te lewer - dit
was die jare wat Van Wyk Louw geskryf het.

(Opmerklik hoe sulkes steeds soos straatslette beledigings oor die oseaan
staan en skree sonder om enigsins hul eie bas in gevaar te stel.)

In elk geval, dis nie wat ek sê nie. Dis wat ek dink wat Van Wyk Louw sê.

Groete, Leendert
Vorige onderwerp: Kavorkian
Volgende onderwerp: "villanelle vir die oos-vrystaat" deur TOM GOUWS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 23 03:44:36 MGT 2024