Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Geseënde Dankseggingsdag! / Happy Thanksgiving!
Geseënde Dankseggingsdag! / Happy Thanksgiving! [boodskap #19327] Di, 24 November 1998 00:00
Koos[3]  is tans af-lyn  Koos[3]
Boodskappe: 16
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Aan al my vriende; aan almal wat my nie ken nie; aan almal wat my liewer nie
wil ken nie; aan almal wat niks of minder as niks van my dink nie; aan almal
wat graag van my hoor en iets of baie van my dink:
GESEëNDE DANKSEGGINGSDAG!
Aan almal wat omgee of nie omgee nie:
GESEëNDE DANKSEGGINGSDAG!
Donderdag 26 November is Dankseggingsdag hier in die VS van A. En al is jy
'n stoere boer met 'n roer, of 'n pienk liberalis, of al noem iemand jou 'n
landsverraaier as jy nie meer in die RS van A wil woon nie, iewers is daar
iets waarvoor jy behoort dankie te sê aan jou Vader in die hemel wat jou
beskerm en oor jou lot beskik.
Aan al diesulkes en aan almal wat ek nie genoem het nie:
GESEëNDE DANKSEGGINGSDAG!
Aan alle Suid-Afrikaanse émigrés, almal wat tydelik of permanent ver van
hulle vaderland af woon:
GESEëNDE DANKSEGGINGSDAG!
Aan almal wat in Suid-Afrika woon en hulleself met watter etieket ookal
brandmerk:
GESEëNDE DANKSEGGINGSDAG!
Aan almal wat Afrikaans praat en lief het, of dit verguis, en aan almal wat
Afrikaans aan moedersknie geleer het, ook aan almal wat dit later aangeleer
het:
GESEëNDE DANKSEGGINGSDAG!
Aan almal wat hierdie boodskap gaan ignoreer, en an almal wat negatief
hierop gaan reageer deur my daarop te wys dat Dankseggingsdag niks met hulle
te make het nie:
GESEëNDE DANKSEGGINGSDAG!
Aan alle optimiste, skeptici, sinici, pessimiste en ander gemoedsbeswaardes:
GESEëNDE DANKSEGGINGSDAG!
Aan christene, muslims, boeddhiste, gelowiges, ateïste, agnostici en alle
ander:
GESEëNDE DANKSEGGINGSDAG!
Kortom: aan al my broeders en susters, in Ghandi se woorde: "They are all
children of God":
GESEëNDE DANKSEGGINGSDAG!
HAPPY THANKSGIVING!

Met beste wense uit Pennsylvania.
Vorige onderwerp: Re: IRC access for South Africans on European IRCNet
Volgende onderwerp: werken in Suid Afrika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 03:09:51 MGT 2024