Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » nog 'n briefie vir oom kaspaas
nog 'n briefie vir oom kaspaas [boodskap #19175 is 'n antwoord op boodskap #19176] Vr, 13 November 1998 00:00 na volgende boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
dag oom kaspaas,

lyk my my pa was reg, die weerlig of die antie het vir oom ge-mweb,
en nou is oom oorle. nogal jammer, want ek het 'n lekker storie wat
ek oom wil vertel. daar is selfs mense wat dink oom is my pa. seker
ook ge-mweb, maar ek weet nie of daar weerlig oorsee is nie.

laas week was mos die karriebeker finaal, toe kom kyk oom hansie
hier by my pa. nee, nie oom hans van walvisbaai nie, hulle het
moeilikheid met terroriste. oom hansie vannie pênnelbieters.

my pa sê toe ek moet oppie tiewie in die kamer loop kyk, want hulle wil
gesels en brannewyn en kouk drink. ma' dis stoepid, oom. wie wil nou
vir die grys bulle op 'n swart en wit tiewie kyk. toe loer ek maar
skelm van agter die gordyn. dis toe lat ek die storie hoor.

my pa sê jare der jare gelede het niel aamstrong glo gesê 'wan smol
step fô men, wan djaaient liep fô menkaaind' toe hy voet aan wal oppie
maan gesit het. my pa sê dis vekeerd, want dit beteken dieselfde. hy
sê toe daai oom terug klim op sy skip, het hy glo gesê 'ghoed lak
mister ghoerofskie'.

toe wil ammal weet wie is mister ghoerofskie, ma' oom niel willie sê
nie. tot die week vantevore, toe praat hy met die koerante. hy sê
mister ghoerofskie is nou dood, hy kan maar vertel.

hy sê toe hy so groot soos ek was, toe speel hy en sy boetie met 'n
bal, toe skop hulle hom oor die heining tot in mister ghoerofskie se
jaart, en hy moet hom loop haal. toe hy onder die slaapkamer venster
staan, toe hoor hy die antie sê 'orrel sieks, djoel ghet orrel sieks
wên de boi neks dor wôlks on de moen'.

oom hansie het baie gelag, maar ek verstaan dit nie, oom. in ons kerk
is net een orrel met baie pype. die ander orrel is die outjie wat sing,
ma' my pa sê hy is so 'n agtermekaar kêrel, hy weet niks van sieks af
nie. smaak my hy was maar stoepid met somme.

oom, ek is toe nou die aand weer verby daai bybie sitter. die keer het
my pa vas geslaap. weet oom hoe baie honger mense en kannibale in die
wêreld is. ek het met my eie oë gesien hoe daai mense mekaar lewendig
vreet soos wat 'n hotnosgod met 'n skoenlapper maak.

my pa vat ons die naweek na 'n wildsplaas toe oom. ma' dit gaan niks
lekker wees nie, want die grootmense sit net en syp, en dan vertel hulle
str.., e, nonsens stories oom.

ghoed lak, oom kaspaas, en as oom nou nie 'n slag terug skryf nie, weet
ek nie of ek moet aanhou om met myself te sit en gesels nie.

hennerietjie
Re: nog 'n briefie vir oom kaspaas [boodskap #19176 is 'n antwoord op boodskap #19175] Vr, 13 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
> ghoed lak, oom kaspaas, en as oom nou nie 'n slag terug skryf nie, weet
> ek nie of ek moet aanhou om met myself te sit en gesels nie.
>
> hennerietjie

Nee, hennerietjie, moenie ophou skryf nie.
Miskien het Oom Kaspaas ook verkas na oorsee.
Miskien na Australia of New Zealand. Dit lyk
vir my die mense daar in daardie geweste verloor
hulle Afrikaans sommer maklik en wil niks met
ons ander uit te waai hê nie. Want ons hoor
niks van hulle op die nuusgroep nie.
Arme meneer ghoerofskie. Miskien het niemand
ooit vir hom vertel dat dit beter is om te gee
as om te ontvang nie.
Is dit altyd dieselfde babysitter? Sy lyk my
ly aan slaapsiekte. Of miskien is die kanaal
waarna sy gekyk het, so boring dat sy toe aan
die slaap geval het. Ek vind ook dat as mense
na daardie kannibale kyk, hulle sommer maklik
verveeld raak. Snaaks, want hulle verwag nie
om verveeld te raak nie.
Anyway, hoe oud is jy, hennerietjie.

Piggy on the Rideau.
Re: nog 'n briefie vir oom kaspaas [boodskap #19177 is 'n antwoord op boodskap #19176] Vr, 13 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
ek weet nie of daar weerlig oorsee is nie.

> hennerietjie

Ja, hennerietjie, daar is weerlig oorsee.
Weet nie van Australia en New Zealand en
Europa en Asia nie, maar hier in Noord
Amerika bliksem en donder dit sommer 'n
ou hou uit. Hier is daar hurricanes en
tornadoes en ice storms, Julle daar in
Suid-Afrika weet nie van swaarkry nie.

Piggy wat dink aan emigrasie na SA
Re: nog 'n briefie vir oom kaspaas [boodskap #19192 is 'n antwoord op boodskap #19176] Sa, 14 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Alwyn Nel writes:

want erens het my rekenaar ge-mweb geraak

Die soepelheid van die taal. Ek wonder
hoe mweb daaroor voel dat hulle naam
nou 'n werkwoord geword het:
mweb
word ge-mweb
is ge-mweb
ek mweb jou?

Een van die dae sal igs hier by ons
ook weer vir ons begin mweb. Hulle
het dit so 'n rukkie gelede gedoen.
Nou gaan dit weer heel goed.

La porcelette sur le Rideau
Re: nog 'n briefie vir oom kaspaas [boodskap #19193 is 'n antwoord op boodskap #19176] Sa, 14 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Nee, hennerietjie, moenie ophou skryf nie.
> Miskien het Oom Kaspaas ook verkas na oorsee.
> Miskien na Australia of New Zealand. Dit lyk
> vir my die mense daar in daardie geweste verloor
> hulle Afrikaans sommer maklik en wil niks met
> ons ander uit te waai hê nie. Want ons hoor
> niks van hulle op die nuusgroep nie.
>

Ons is hier (ek nou maar pas twee maande) weet nie of hierdie brief twee maal
by die ng gaan uitkom nie, want erens het my rekenaar ge-mweb geraak . 120
000 Suid Afrikaners in Perth op die oomblik met derduisende wat in aantog is.
Qantas en Stutafords lag al die pad bank toe. Moenie dink jy kan iemand
bespreek in Afrikaans nie. Kanse dat jy verstaan gaan word is goed. Ons hoor
Mandela noem ons chickens - het glads 'n faks gekry met 'n spotprentjie
daarop wat glo in 'n SA koerant gepubliseer is; kompleet met die swart mag
wat 'n tingerige boetjie met 'n mes jaag oppad lughawe toe.

Ag nouja. dan is ek maar chicken...
Re: nog 'n briefie vir oom kaspaas [boodskap #19197 is 'n antwoord op boodskap #19176] So, 15 November 1998 00:00 Na vorige boodskap
Sluiper  is tans af-lyn  Sluiper
Boodskappe: 12
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Junior Lid
Hier word gekla dat ons Afrikaanse mense hier in Australie nie van ons laat
hoor op die NG nie. Wel ek het al twee maal iets gepos, nou niks vreesliks
interessant nie maar tog iets wat ek verwag het a paar antwoorde so lok.
Daar was egter net een of twee antworde, en nie eens een om my te se my
spelle is nie reg nie.

Nee wat, soos typiese Afrikaaners is julle op die NG te besig om mekaar sleg
te se en onder mekaar te baklei en het nie tyd om meer opbouend te wees nie.
Van die dae van die Groot Trek het ons al onder mekaar begin baklei en ons
doen dit nou nog en kyk wat is oor van die Afrikaaners vandag as gevolg
daarvan.

Gelukig is daar darem n' paar uitsonderings onder die bydraers tot die NG.

Sluiper in die Nag.

@igs.net wrote in message ...
> Nee, hennerietjie, moenie ophou skryf nie.
> Miskien het Oom Kaspaas ook verkas na oorsee.
> Miskien na Australia of New Zealand. Dit lyk
> vir my die mense daar in daardie geweste verloor
> hulle Afrikaans sommer maklik en wil niks met
> ons ander uit te waai hê nie. Want ons hoor
> niks van hulle op die nuusgroep nie.
> Arme meneer ghoerofskie. Miskien het niemand
> ooit vir hom vertel dat dit beter is om te gee
> as om te ontvang nie.
> Is dit altyd dieselfde babysitter? Sy lyk my
> ly aan slaapsiekte. Of miskien is die kanaal
> waarna sy gekyk het, so boring dat sy toe aan
> die slaap geval het. Ek vind ook dat as mense
> na daardie kannibale kyk, hulle sommer maklik
> verveeld raak. Snaaks, want hulle verwag nie
> om verveeld te raak nie.
> Anyway, hoe oud is jy, hennerietjie.
>
> Piggy on the Rideau.
>
Vorige onderwerp: Re: foto's
Volgende onderwerp: irak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 10:00:14 MGT 2024