Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » briefie vir oom hans
briefie vir oom hans [boodskap #19196] So, 15 November 1998 00:00
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
dag oom hans,

ek is so bly iemand het darem vir my geskryf. wys jou net alle
grootmense issie lelik met kinners nie. ma' oom, oom moet my
nooit weer hennerik noem nie. ek laaik daai naam niks. dit was my
oumagrootjie se broer se naam, en my pa hulle was so baie kinners,
toe hy gebore is, was al die familie name op, toe noem hulle hom
na sy ouma se broer. ma' sy ma hulle het geskiem hulle is grend,
toe noem hulle hom henri, glo nogal 'n franse spelling. toe kry ek
die naam, nou neuk mense om te dink my naam is hennerik. dis amper
so erg as wanneer hulle hom spel soos daai engelse koning wat al sy
vrouens vermoor het sin. asseblief oom.

oom het 'n mooi storie vertel. ek is bly daai oom het nie sy juwele
verloor nie, want my pa sê armoede is 'n swaar ding. hy sê dis nie so
erg soos kommengeit nie. ek verstaan net nie mooi nie, oom, het die
anner oom die gemsbok in die kop geskiet, of vir die oom wat amper sy
juwele verloor het. anners het hy die skoot hoog deur gehad.

oom div wat saam met my pa werk, het ook in suidwes gaan jag toe hy nog
geleer het. by oom billie in die kômas hogland. oom billie werk nou op
swakop, dalk ken oom hom. toe skiet hy 'n koedoe se rug af, toe dink hy
hy is braaf, en stap na daai koedoe toe en vat sy horings vas. toe die
koedoe sy kop knik, toe sit oom div doer op sy gat.

op daai einste trip kom oom div in die nag in die kômas hogland aan. toe
sien hy 'n leeu wyfie in die pad loop. toe hy dit vir die mense vertel,
toe lag hulle hulle vrek, want wie het nou al 'n leeu in die kômas hogland
gesien. seker 'n rooikat gewees, dom stadsjapie. oralster waar hulle in
suidwes kom, oom weet mos hoe ver ry die mense daar om 'n boom te kry om
onner vleis te braai, word die storie vertel. dan lag almal vir die dom
stadsjapie. toe dit al amper eksamen tyd is, toe bel hulle om te sê fôna
en flora het die leeu geskiet wat so beeste gevang het in die kômas
hogland. almal het gedink dis 'n tier. askies.

ek laaik suidwes, oom, daar is baie stories daar. net jammer daar is jaar
in en jaar yt moeilikheid met terroriste.

my pa sê hyt gelees die namib is besig om walvisbaai te begrawe, oorlat die
mense aanhou damme bou in die riviere. wat is die storie oom. miskien moet
oom oom se hys bo op dyn sewe gaan bou, nie eers die namib kan so hoog by
kom nie. dan kan oom elke dag sit en kyk hoe die tryn verby kom, net om weer
om te draai, want dit sallie help om die roomkanne net daar in die sand af te
laai as daar nie meer 'n dorp is nie.

koebaai oom

hennerietjie
Vorige onderwerp: re:leeuwen .....
Volgende onderwerp: Re: foto's
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 13:18:57 MGT 2024