Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 2e briefie vir oom kaspaas
2e briefie vir oom kaspaas [boodskap #19166] Do, 12 November 1998 00:00 na volgende boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
hallo oom,

ek sien oom het nie eens ge-rieplaai toe �ther nie. my pa sê hy dink
oom is dood, maar ek sê dit kannie wees nie, anners sou die landbou
weekblad vol gewees het daarvan. ek dink oom is bang vir daai antie
op die nuusgroep.

weet oom, my ma sê sy ken ook vir oom. sy sê die honiball outjie wat
vir die bokke losskakel speel, het oom se stories geskryf. ek sê, met
alle respek ma, selfs oom kaspaas weet daar is meer geld in rugby, as
in stories skryf. vra my. ek dink sy het die bal aan die kat beet,
anders slaat sy hom helemal mis.

in elk geval, my ma sê oom se van is breekwater. sy sê dis 'n skande,
en 'n sonde teen die mensdom. oom moes voor die weeveeka verskyn het
daaroor. my ma is 'n nurs by die hospitaal. sy sê daar is baie nood in
'n hospitaal, daarom dra sy heeldag panne op en af. sy sê oom se van
maak 'n bespotting van 'n vrou se smart en lyding in haar barensnood.

ma' weet oom wat. ek vang toe mos nou die aand daai bybie sitter vas
aan die slaap. toe ek op die plek kom waar daai meisies net so vir jou
lê en loer, toe stap my pa daar in. ek skrik my gaai af, want hy't gesê
hy sal my velle aftrek. weet oom hoe lyk dit. amper soos 'n skaap wat
afgeslag is. ma' toe slaat ek die 'eksit toe dos' knoppie, toe sien my
pa die opstel wat ek vir die skool geskryf het. sien oom hoe flaai is
ek. hy sê dis nie nodig dat ek so laat in die nag tyd aan die akademmit
spandeer nie.

koebaai oom, ek gaan gou weer kyk of daai bybie sitter nog slaap.

(verlangende) hennerietjie

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: 2e briefie vir oom kaspaas [boodskap #19167 is 'n antwoord op boodskap #19166] Do, 12 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2176
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
hennerietjie

My aandele in die speurindustrie het
nou so gedaal na die Bees-episode, dat
ek nie weer Sherlock Holmes wil speel
nie. Ek het eenkeer so ligweg die
"NuweSAer"-etiket voor jou deur wou
neersit deur te praat van hardekool,
maar toe jy nie byt nie, toe dink ek
miskien is ek tog verkeerd. Nou begin
wonder ek of jy die nurs is wat gehelp
het om Oom Kaspaas in die nuusgroep in
te bring? Ek lees weer nou die aand die
vorige poste van Oom Kaspaas, en dit klink
nie soos jy nie. So wat is die waarheid?
Waar dink jy het Oom Kaspaas heen verdwyn?

Piggy Watson
Re: 2e briefie vir oom kaspaas [boodskap #19188 is 'n antwoord op boodskap #19166] Vr, 13 November 1998 00:00 Na vorige boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
> hennerietjie
>
> My aandele in die speurindustrie het
> nou so gedaal na die Bees-episode, dat
> ek nie weer Sherlock Holmes wil speel
> nie. Ek het eenkeer so ligweg die
> "NuweSAer"-etiket voor jou deur wou
> neersit deur te praat van hardekool,
> maar toe jy nie byt nie, toe dink ek
> miskien is ek tog verkeerd. Nou begin
> wonder ek of jy die nurs is wat gehelp
> het om Oom Kaspaas in die nuusgroep in
> te bring? Ek lees weer nou die aand die
> vorige poste van Oom Kaspaas, en dit klink
> nie soos jy nie. So wat is die waarheid?
> Waar dink jy het Oom Kaspaas heen verdwyn?
>
> Piggy Watson

EK dink die eerste vroeër peskes is net reg. Miskien is oompie en nefie
dalk aan't stook daar agter die polulier bos?
Vorige onderwerp: Re: Rooibostee in Virginia
Volgende onderwerp: Liewe Hennerik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Sep 26 22:07:59 MGT 2024