Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Baklei terug
Baklei terug [boodskap #19023] Sa, 07 November 1998 00:00
Hans  is tans af-lyn  Hans
Boodskappe: 68
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
Die jongste "Huisgenoot" :

Charl Fourie van Vereeniging het 'n anti-kaper stelsel vir motors ontwikkel.
Onder die voordeure van die motor word twee gasspuitkoppe gemonteer wat
gevoer word vanuit 'n gassilinder in die kattebak. Die ding word in
werking gestel deur 'n knoppie op die vloer te trap. Kapers se normale
modus operandi is dat een die motor van links nader en 'n tweede van regs.
Trap die knoppie en voila - instant braaivleis.

Die fotos van die demonstrasie herinner sterk aan 'n "dragster" wat met 'n
oordosis oksiede aan die gang kom - hoër as menshoogte vlamme weerskante van
die motor. Die winkelpop wat in die demonstrasie gebruik is se klere was
onmiddellik van kop tot tone aan die brand en die vlamme bly uitspuit solank
die knoppie ingetrap gehou word.

My voorspelling :
Charl Fourie gaan 'n paar pond tien in sy sak steek.
Na die eerste gebruik daarvan staan iemand in die hof met moord / manslag /
aanranding teen hom.
Kapers verander hul metodes - skiet eers van 'n afstand voor hulle naderkom.
Daar word 'n wet gemaak om die gebruik daarvan te verbied.
Die uitvinders word aangekla van
Die gebruiker en uitvinder(s) kry eise vir skadevergoeding.

Ons het meer uitvinders nodig......

Gegroet
Re: Baklei terug [boodskap #19024 is 'n antwoord op boodskap #19023] Sa, 07 November 1998 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 7 Nov 1998 09:09:53 +0200, "Hans" wrote:
<<>Die jongste "Huisgenoot" :
>
> Charl Fourie van Vereeniging het 'n anti-kaper stelsel vir motors ontwikkel. >>

'n Paar jaar gelede het n konstruksie-maatskappy 'n moerse sterk
elektriese stroom in die sitplek van sommige van hul bakkies gesit was
ingeskop het as dit gesteel word.

Volgens berigte - niemand weet of dit urban legends is nie - was een
bakkie so 100 meter van die konstruksie-toneel in 'n township gekry met
'n groot kol piepie op die sitplek.
Vorige onderwerp: Re: Could somebody help me out?
Volgende onderwerp: Statistiek van die kantlyn af
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 23 02:46:55 MGT 2024