Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Onder water" deur MARLISE JOUBERT
"Onder water" deur MARLISE JOUBERT [boodskap #19019] Sa, 07 November 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
ONDER WATER
Marlise Joubert

Ek wonder waar die liefde lê
in watter kamp in watter boom
in watter holte van my lyf

en my dae hekel met heilige hande
nege maande lank
terwyl die grys roof van die winter val
terwyl die blomme weer geskape word

en as die somer bruin lê in die son
sal hierdie wit kamp ontsluit
om my klein lammetjie-lief
uit te blêr
Vorige onderwerp: "Omdat daar wyn is" deur MARLISE JOUBERT
Volgende onderwerp: "Die Kalksteengroef" deur CHARL-PIERRE NAUDE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 10:42:16 MGT 2024